VOLKSVERRAAD (8)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING

AS GEHEIME INLIGTINGSPROJEK:

SUBVERSIE OM REGSES TE VERDEEL EN VOLKSTAATIDEE TE BEVORDER TYDENS SWARTHEERSKAPPY

Teen die agtergrond van die Parlementêre opdrag aan die Erika Theron-kommissie om 'n nuwe grondwetlike bestel te ondersoek, is op grond van 'n voorstel van Eschel Rhoodie van die Departement van Inligting en genl. Hendrik van den Bergh van die Buro vir Staatsveiligheid (ook die argitek) besluit dat die Afrikaner Weerstandsbeweging (as 'n moontlike herlewing van die Ossewa-Brandwag) gestig moet word met die doel "as 'a resistance orga¬nisation' and to provide the basis of a right-wing army. It was hoped that this along with the volkstaat concept, would appease militant rightist aspirations. "

Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) is toe gedurende 1973 in Heidelberg gestig — 'n organisasie wat daargestel is deur regeringsintervensie om Blanke Afrikaanse waardes 'glo' te beskerm 'to provide a political bal¬ance as (a result of) the government changing its policy'.

Die Beweging het aanvanklik onder toesig van die  Suid-Afrikaanse Polisie se Afdeling Veiligheidspolisie geopereer en sedert 1979 het Kom Ops (Weermag) pa gestaan vir die AWB. Die beweging was geïnisieer om ruggraat te verleen aan 'n strategie om langs die idees van Volkstaat (of Blanke tuisland) te ontwikkel wat eers later sou volg. Die Afrikaner Weerstandbeweging het ten doel die beveiliging van die Blanke en die hereniging van die Afrikanervolk. In dié verband is 'n weerstandsbeweging tot stand gebring met die doel om 'n partylose Volkstaat te skep. Volgens die Afrikaner Weerstandsbeweging sal die president van 'n staat deur Blankes verkies word en die regering sal gelei word deur gespesialiseerde verteenwoordigers van verskillende beroeps-en professionele groepe. Die AWB sou inderwaarheid die hoop van die armblankes word. Die beweging het tot en met 1979 in die geheim geopereer. Aangehaal uit 'n artikel getiteld "AWB 'formed by Voster govt': Plan backfired and resulted in rise of militant neo-nazis, says secret document " in die Engelstalige nuusblad, Weekend Star (uitgawe 1 -2 April 1995 bladsy 3) soos volg:

"The Vorster government anticipated a black majority govern¬ment and set out to form the nucleus of right-wing army 'to protect the whites', according to an official document leaked to Weekend Star. Norman Chandler reports. An astonishing official document leaked to Weekend Star claims the Afrikaner Weerstands¬beweging (AWB) did not arise spontaneously from the political urgings of conservative Afrikaner but was formed by the BJ Vorster government 'to proctect the interests of whites.' It says the AWB was established in 1973 to act as 'a resistance organisation and to provide the basis of a right-wing army'. It was hoped that this along with the volkstaat concept, would appease militant rightist aspirations ... Reacting to the contents of the document, the AWB denied it was ever government-backed. But a top right wing source is adamant that the document's claims are fact and that the AWB formed part of government strategy of government at the time ... 'Rhodesia (now as Zimbabwe) was already at that stage in fight against a black majority takeover' The bush war in Rhodesia - in which the UDI government of Ian Smith fought black liberation movements such as ZANU and ZAPU   — resulted in Robert Mugabe becoming president of a newly-independent Zimbabwe.

Describing how the AWB was formed, the document says '(Jan) Groenewald and other persons were brought together by a government representative (this person is not named). It was said (to them) that a resistance organisation had to be established, and an army built up, to protect the interest of the whites in the future. 'Members of the group were apparently consulted by the ministry of law and order (now known as safety and security) and became founder members of what became known as the AWB. No confirmation of the consultations could be obtained from political sources this week, Terre Blanche was chosen as leader and the founders, including Groenewald, were appointed to the management council (hoofraad) — 'the management council worked in association with the government,' the document says ... The document gives this background to the formation of the AWB: 'As a result of pressure from outside the country and from certain political groups, the National Party (then the governing party) was encouraged to state its future policy and was at the same time under the impression that it was losing support from the electorate. This meant also that right-wingers would lose.' The AWB, and, it is also claimed, the Conservative Party, came into 20-odd years ago (to) 'provide a political balance as (a result of) the government changing its policy'. It was apparently decided to form party to the right of the political spectrum but in such a manner that the public would not know about it (the government interest)."

DIE ONTWAKING VAN DIE IDEE VAN "N STREEKSBLOK VIR SUIDER-AFRIKA EN DETENTE

Die streeksblokgedagte spruit uit 'n idee van 'n vry 'Konstellasie van State'. Om hierdie idee tot uitvoering te bring moes die Swartes se vriendskap buite en binnekant Suid-Afrika gewen word. Vorster was baie maklik te vinde vir die idee van 'n 'Konstellasie van State', veral toe aan hom vertel is dat Suid-Afrika dan die leier van die Streek sou word. Vorster het reeds in 1968 gese dat daar moet" 'n groeiende konstellasie van Suider-Afrikastate" kom en dat Suid-Afrika dan die leier van hulle gaan word. Dit sou in werklikheid 'n magtelose streeksliggaam wees wat geen mag oor enige land sou hê nie. Suid-Afrika moes nou opgebreek word in 'n reeks swartstate wat dan daarna almal weer saamgevoeg sou word in die 'Konstellasie'.

Die Wet op Burgerskap van Bantoetuislande word in 1970 goedgekeur, waarkragtens burgerskap aan alle Swartes in Suid-Afrika behorende tot een of ander tuislandgebied toegeken word, wat bepaal dat aan elke Swart persoon 'n burgerskapsertifikaat uitgereik sal word. Die feit dat hy dan 'n burger van 'n tuisland is, beteken egter nie dat hy in Suid-Afrika as 'n vreemdeling beskou word nie; volgens die internasionale reg bly hy vir alle doeleindes 'n burger van die Republiek. Die Wet op die Grondwet van Bantoetuislande word in 1971 aanvaar, waarin daar voorsiening gemaak word vir die instelling van wetgewende vergaderings met wyer bevoegdhede en wetgewende magte as dié van die gebiedsowerhede deur proklamasie van die Staatspresident. Die proklamasie van 'n wetgewende vergadering in 'n tuisland sou noodwendig lei tot selfbestuur.

Verskeie tuislande het dan ook die voorbeeld van die Transkeise regering gevolg en gedeeltelike selfregering gekry. Bophuthatswana (met Lucas Mangope as hoofminister), die Ciskei (met Lennox Sebe as hoofminister) en Lebowa (met dr. C. Phatudi as hoofminister) het in 1972 selfregerend geword. In 1973 het Gazankulu (met prof. Hudson Ntsanwisi as hoofminister) en Venda (met Patrick Mpephu as hoofminister) gevolg. Basotho Qwa-Qwa (met Wessels Mota as hoofminister) het in 1974 ook gedeeltelik selfregerend geword. Teen die einde van 1974 was dit nog net KwaZulu (met Gatsha Buthelezi as hoofraadslid) en die tuislande van die Swazi's en die Ndebeles wat nie gedeeltelike selfregerende status gehad het nie.

Soos ons reeds geleer het, beoog die Illuminati 'n super ekonomiese regering vir Suidelike Afrika. Vorster het in Februarie 1974 tydens 'n wantrouedebat die gedagte van 'n streeksblok vir Suider-Afrika geopper. Daardie idee was inderwaarhcid deur die Sekretaris van Inligting, Eschel Rhoodie op grond van voorstelle van die Council on Foreign Relations na Suid-Afrika ingevoer. In sy boek The Third Africa bepleit hy die skep van 'n groot supra-politieke struktuur wat hy die Organisasie van Suidelike Afrika-State noem. "Destyds het dit uitgelek dat dr. Rhoodie sy idee aan dr. Mulder 'verkoop' het, wat op sy beurt weer mnr. Vorster se belangstelling daarvoor gewek het. So het dit dan in die wantrouedebat van 1974 te lande gekom. Dit was egter die laaste woord wat van mnr. Vorster se kant daaroor gehoor is." Hoewel dit duidelik was dat die Konstellasie van State nie ten volle deur die hoofstroompolitiek van Vorster gehuisves is nie, het die medelede van Inligting tog toegesien dat dit in die P.W. Botha-era vergestalt moes word. Dit was immers 'n breinvrug van die Illuminati self.

Vervolg...