VOLKSVERRAAD (9)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

INKATHA WORD GESKEP AS ALTERNATIEWE MAGSTRUKTUUR VIR DIE ANC
As een van die mees opspraakwekkende Swart bewegings wat voortspuit uit die koverte inligtingsprojekte was Gatsha Buthelezi se Swart vryheidsbeweging, Inkatha yeNkululeko yeSizwe (Vryheid van die Nasie), wat in 1975 tot stand gekom het. Inkatha is gestig as alternatief vir die ANC met sy pro-Kommunisme en Buthelezi het toe sy nuutgestigte party in die buiteland gaan bemark. Die verwagting was dat indien die buurstate die Konstellasie van State- beginsel sou aanvaar, dit tesame met die opkoms van Inkatha outomaties kon lei tot internasionale erkenning van die Republiek se Nie-BIanke beleid en kon dit in 'n groot mate die buitelandse aanslag teen die Republiek lam lê en die ANC/SAKP se internasionale aansien diskrediteer. As 'n Swart vryheidsbeweging sou Inkatha nie 'n beleid van geweld volg nie. Inkatha sou toesien dat "liberation " sal plaasvind op alle vlakke en spesifiek op die gebied van die politiek, ekonomie en kultuur. "Apart from the process of peace evolution, it believes liberation will also come through education for equal citizenship, equitable land distribution, and the encouragement of foreign investment to provide employment for a growing population. "
Na die CIA georkestreerde Soweto-onluste het Buthelezi op instruksie van die Vorster-regering 'n vergadering belê waarin leiers van verskeie swartgroepe (insluitende vakbonde, lede van Swart bewussynsbewegings, tuislandleiers en swart sakelui) byeengekom het om 'n Swart Eenheidsfront te vorm. Buthelezi het ook op instruksie 'n beroep gedoen vir 'n nasionale konvensie om vir Suid-Afrika 'n konstitionele toekoms uit te werk. Die Swart Een¬heidsfront het nie werklik van die grond af gekom nie, aangesien hy nie daarin kon slaag om as 'n samebindende faktor te kon optree nie. In 1978 was Buthelezi instrumenteel verantwoordelik vir die stigting van die South African Black Alliance wat aanvanklik bestaan het uit die Labour Party of SA, die Indian Reform Party en Inkatha.
LIBERALISERING VAN DIE SPORTBELEID, SOSIALE INTEGRASIE EN DIE BROEDERBOND
Veelrassige invloede uit Amerika soos dié van die Swart popster Percy Sledge, die Swart tennisster Athur Ashe en die Swart bokser Bob Foster was vir Suid-Afrika met sy beeldradio's onvermydelik.
Vorster se sportbeleid, wat deel gevorm het van sy uitwaartse beleid, het wesenlik verskil van dié van sy voorganger. Op 11 April 1967 het hy die eerste tree in die rigting van 'n nuwe sportbeleid gegee toe hy in die Volksraad aangekondig het dat hy nie aan lande met wie Suid-Afrika tradisionele sportbetrekkinge het, sal voorskryf welke sportmanne in hul spanne ingesluit mag word en watter nie. Tog het hierdie stap Suid-Afrika nie gered van internasionale druk nie. Suid-Afrika se uitnodiging na die 1968 Olimpiese Spele in Mexiko is in April 1968 teruggetrek. 'n Voornemende besoek van 'n Engelse krieketspan is ook in 1968 afgelas. Een van die sterk wigte wat agter die aflas van die besoek sit is die Britse intelligensiediens, Mi6, met sy frontorganisasie die Anti-Apartheid Movement. Op 1 Oktober 1968 het die Uitvoerende Raad se sportkomitee (Broederbond) aanbeveel dat "die beleid van afsonderlike ontwikkeling ook op sportgebied toegepas moet word en dat geen mededinging tussen Blank en Nie-blank binnelands moet plaas¬vind nie." In 1969-1970 het 'n Springbokrugbyspan Engeland besoek. Dit is ontwrig deur anti-apartheidsbetogings. Hierdie keer het Mi6 Peter Hain as 'n leidende figuur gebruik.
In April 1971 het die Broederbond se Uitvoerende Raad in 'n omsendbrief en studiestuk oor sport gesê dat " 'n vrugbare twee-daagse samespreking tussen 'n groot aantal vriende uit verskillende sportbeheerliggame vanoor die hele land gehou is. 'n Komitee uit hulle midde het 'n aantal fundamentele formuleringe vir oorweging aan die UR voorgelê, en dit word verwag dat die formuleringe in die volgende dae en weke neerslag sal vind in die amptelike regeringsverklarings." Vorster het dan ook 'n nuwe sportbeleid in April 1971 aangekondig waarin hy 'n onderskeid getref het tussen veelrassige sport en veelvolkige sport. Veelrassige sport, dit wil sê waar blank en nie-blank in dieselfde span speel, was nog steeds verbode. Veelvolkige sport, dit wil sê sport waar blank en nie-blank in aparte spanne teen mekaar meeding, sou voortaan toelaatbaar wees — maar net op internasionale vlak en nie op klub-, provinsiale of nasionale vlak nie. Hoewel Vorster hom gedistansieer het van veelrassige sport, was sy nuwe sportbeleid tog 'n verdere tree in die rigting van veelrassige sport. Die beginsel dat geen veelrassige sport in Suid-Afrika toegelaat word nie, het stelselmatig afgewater geraak. Piet Koornhof is dan ook as minister van sport in 1972 vanweë sy bydrae tot die integrasie in Suid-Afrikaanse sport met die Groot Offisierskruis van Yerdienste deur die Orde van Malta ('n Vrymesselaarorde) vereer.
In September 1976 het dr. Piet Koornhof, Minister van Sport, verdere aanpassings in die sportbeleid aangekondig. Dit het in hoofsaak daarop neergekom dat die beginsel van veelvolkige wedstryde nou tot op klubvlak uitgebrei is. Later in 1976 het Koornhof ook verklaar dat alle Suid-Afrikaanse spanne voortaan op 'n merietegrondslag gekies sou word, dat veelrassige proefwedstryde gehou sou word, en dat sowel Nie-Blankes as Blankes Springbokkleure kon verwerf.
In soverre dit die arbeidsterrein betref, het daar veral in die sewentigerjare 'n omwenteling plaasgevind. Die gebrek aan Blanke immigrante en plaaslike vakleerlinge het 'n tekort aan geskoolde arbeidskragte laat ontstaan. Aan die begin van 1971 was daar 'n tekort van 4 700 geskoolde werkers in die boubedryf, waarop die Minister van Arbeid, Marais Viljoen, werkafbakening in die bedry f versag en toegelaaf het dat Kleurling-arbeiders as geskoolde werk-ers in diens geneem kon word. Ook in die Spoorwee en Poskantoor is Nie-biankes in diens geneem vir werk wat voorheen deur Blankes verrig is. In 1971 het die regering toegelaat dat werkaf¬bakening in die tuislande verval: in die mynbou word daar Swartes vir geskoolde werk gebruik. Ten spyte van skerp kritiek wat op die jaarvergadering van die Broederbond in 1970 gelewer is met die voordrag van 'n referaat getiteld Arbeidsintcgrasie in Suid-Afrika het sosiale integrasie op die arbeidsterrein steeds onverpoos voortgegaan.
Die Verligting in Suid-Afrika het nou by die welbekende Afrikaanssprekende 'snobs” sterk posgevat. Die meeste van hulle het ook verbintenisse met die SA-Stigting gehad. Die lede van die  
Engelse Round Table en Rotary is in Afrikaanse kringe toenemend met ope arms ontvang. Sasol (wat as 'n monument van die Broe¬derbond beskou kan word) en Gencor het toe begin om Engelsprekendes uit bogemelde kringe in hulle bestuur op te neem. Inte¬grasie tussen Afrikaans- en Engelssprekendes was aan die orde van die dag. Anderkleuriges is in 'n toenemende mate in die produksielyne betrek. Werksreservering is stelselmatig afgebreek. Dit was ' n 'sterker' praktyk by Engelse instansies. By die werksplekke het dit toenemend sigbaar geword dat Blankes onder Nie-blankes moet werk. Vooraanstaande lede van die Broederbond in die handel en nywerheid en in die beroepslewe het gemeen dat die Blanke gespeen moet word van die gedagte dat hy nie onder' n Nie-blanke mag werk nie. In die vernaamste Afrikaanse akademiese inrigtings is toe ook (by wyse van professore en dosente wat Afrikaner Broederbonders was) die filosofie van groter anderkleurige deelname in die volkshuishouding aan blanke Afrikaanssprekende studente bevorder.
Die Stedelike Stigting het in 1976 tot stand gekom. Die direkteur van die stigting, oud-regter Jan Steyn, het te kenne gegee dat sy hoofdoelwit ook is om alle rassediskriminasie uit te skakel naas die kanalisering van fondse na Swartes in die stedelike gebied om hulle ekonomiese posisie te verbeter ten einde hulle politieke doelstellings op die Blanke af te pers (soos verbruikerboikotte). Harry Oppenheimer se Anglo-American Corporation is een van die Stedelike Stigtng se vernaamste donateurs. Intussen het die Amerikaanse regering aangedui dat hy hom veral op die arbeidsterrein gaan toespits. Ellen Ray brei in sy boek Dirty Work 2: The CIA in Africa uit op die volgende:
"In a 'confidential'Telex sent by the U.S. Embassy in Cape Town in February 1976, to various U.S. missions in Africa, it was stated: 'In South Africa, (U.S.) Embassy would give first priority to the labor field,' in terms of training black South Africans. At least sixteen South African unionists have visited the United States in the last five yearn (1975-1980), as guests of the State Department They tend to be drawn from the ranks of the most moderate black trade unionists and TUCSA."
Ter voorbereiding tot 'n toekomstige nuwe bedding is die welbekende Riekert-verslag deur die Kommissie van Ondersoek na Arbeidswetgewing rakende die benutting van mannekrag onder leiding van dr. PJ. Riekert (lid van die Afrikaner Broederbond sedert 1973 asook 'n hooggeplaaste Vrymesselaar) in 1977 uitgereik. Ons sal in die volgende hoofstuk sien hoe belangrik die verslag vir die Huntington bloudruk is. Die verslag het die verhoging in die lewenstandaard van veral die Swartmense en die vooruitgang van die nywerheidswese en dienssektor in die stede-like gebiedc in die vooruitsig gestel. Hoewel die verslag op daardie tydstip niks oor die bevordering van Swart politiek gese het nie, was dit in bepaalde linkse kringe as 'n stap in die ‘ regie rigting' beskou. Die Afrikaner Broederbond het vervolgens met 'n meduimtermynstrategie van immigrasie gevolg ongetalle na die linkerkant van die politieke spektrum uit te brei. Naas die 600 000 Portugese wat toe reeds in die Republiek woonagtig was, is Sweedse en Ierse immigrasie na die Republiek bevorder hoofsaaklik ter ondersteuning met hulle doel om tegnostrukture te vestig vir 'n industriële gemeenskap in die Republiek.

Vervolg...