Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL EINDIG NIE WERKLIK NIE
TIENIE GROENEWALD VERVANG ESCHEL RHOODIE II
"Gerrit Viljoen: 'Die oomblik sal kom wanneer ons die eerste veelrassige geïntegreerde gemeenskap in die wêreld gestig sal hê. Dit sal 'n land wees wat meer Swart as Wit sal wees.' Die Franse joernalis het toe gevra: 'Sal die Blankes bereid wees om u te volg? ' waarop Viljoen antwoord: 'Hulle sal volg omdat hulle geen ander keuse sal hê nie' ".
Kom. Ops. is 'n voortvloeisel van die geheime inligtingsprojekte van Eschel Rhoodie se ontbinde Departement van Inligting en Tienie Groenewald het Rhoodie vervang. Dit was in wese nog dieselfde slaghuis, maar net met 'n ander blokman. Met ander woorde, in wese was dit nog steeds die Departement van Inligting se geheime inligtingsprojekte wat gereïnkrineer is in Kom. Ops., en het die inligtingskandaal in sy aard nooit verdwyn nie. Tienie Groenewald het inderwaarheid Eschel Rhoodie II geword.
Kom.Ops. is in Junie 1978 geaktiveer en die geheime operasies van Kom, Ops. word regstreeks die verantwoordelikheid van die Eerste Minister. Na wat verneem word, het Pik Botha en Tienie Groenewald se paaie eers in Februarie 1978 gekruis. Ons sal in die volgende hoofstuk sien dat die twee persone van die grootste dryfvere in hierdie land se politieke hervorming sou word.
P.W. BOTHA VERKIES AS PREMIER: SEGE VIR DIE CIA-POLITIEKE HOOFSTROOM
Vorster bedank as Premier teen die agtergrond van 'n kontroversiële verwikkeling tussen hom en P.W. Botha. Dit was die voorspel tot die publieke ontbloting van die Inligtingskandaal. Tydens die kieskoukus se verkiesing tussen menere P.W. Botha, Connie Mulder en Pik Botha, het Pik Botha daarin deelgeneem om Mulder te blokkeer ten einde as premier verkies te word. Eschel Rhoodie meld in sy boek THE real INFORMATION SCANDAL op bladsy 507 : "P. W. Botha became Prime Minister of South Africa not that he was the best man for the job but because a dozen men believed a rumour that the man the majority preferred, Dr. C. P. Mulder was going to be hauled up before a Judicial Commission of Inquiry two days after the election to answer questions concerning a secret R2 million personal account in a Swiss bank. It turned out to be a lie spread by Botha supporters just before the election, citing as their source theMostert Commission into currency violations. Dr. Mul¬der, in fact, was never questioned. Had it not been for this malicious romour Mulder would have won on the first ballot. He was six votes short of victory." Dit het meegebring dat P.W. Botha 78 stemme op hom verenig het teenoor Mulder se 72 stemme.
'n Tweede verkiesing het plaasgevind. P.W. Botha is verkies met 'n meerderheid van 24 stemme en hy word in Augustus 1978 as Premier van die Republiek ingehuldig. Hierdie hulp wat Pik Botha aan P.W. Botha verskaf het om Eerste Minister te word sou vir die Rockefeller-CIA-konneksie lonend wees. Pik Botha sou gedurende P.W. Botha se bewindsjare aan P.W. Botha se regterkant beweeg.
Terugblik op Vorster se rol
Alvorens ons 'n terugblik op Vorster se rol in die politiek gee, herhaal ons graag die Rockefeller-Rothschild-Oppenheimer-plan wat in 1960 daargestel is soos wat deur die Washington Observer van Januarie 1975 gepubliseer is. Dit maak voorsiening vir die volgende doelwitte:
i. die instel van 'n ekanomiese super-regering oor die suidelike deel van die kontinent;
ii. die ineenskakeling van die ekonomiee van Angola, Zaire, Zambie, Rhodesie (nou Zimbabwe), Malawi, Mosambiek en die Republiek van Suid-Afrika;
iii. die verwydering van dr. Verwoerd as Eerste Minister;
iv. die vernieting van Portugese koloniale beheer in Mosambiek en Angola, en
v. die politieke hervorming in Suidelike Afrika na 'n demokratiese bestel.
DIE VERLIGTE AKSIE-BEWEGING WEEF HOMSELF IN IN DIE LAND SE VEILIGHEID-STRUKTURE EN MANIPULEER VANUIT DAARDIE STRUKTURE DIE LAND SE POLITIEKE TOEKOMS
Vername lede van die Broederbond is by die Staatsveiligheidstrukture ingetrek by wyse van 'n dienspligstelsel om hulle dienste aan Afdeling Militere Inligting te verskaf. Dit het die implikasie gehad dat invloedryke lede van die Verligte Aksie-beweging (wat uiteraard ook lede van die Afrikaner Broederbond sou gewees het) by die Staatsveiligheidsraad geïntegreer was.
Die Verligte Aksie-bewegingfaksie binne die Broederbond (wat ook die Bond tot 'n sterk mate reeds gelei het) het in 1978/79 aangedui dat hy van die Nasionale Party verwag om voortaan 'n tweeledige politieke pad te volg. Een van overte (openlike) politieke Afsonderlike Ontwikkeling en 'n koverte (geheime) een van politieke integrasie. Laasgenoemde is tot 'n groot mate as UITERS GEHEIM versteek in die geklassifiseerde lêers by die Staatsveiligheidsekretariaat, wat beperk was tot enkelinge in die Veiligheids-/Inligtingsgemeenskap (Afdeling Militêre Inligting, Departement van Buitelandse Sake en Nasionale Intelligensiediens). Die politieke pad vorentoe was wel deur Gerrit Viljoen as die Voorsitter van die Verligte Aksie-beweging en Voorsitter van die Afrikaner Broederbond (en Rektor van RAU) in 1978/79 aangedui en in die verband meld Schoeman die volgende:
"Op 10 Julie 1979 het Viljoen voor die Afrikaanse Kultuurraad gesê: "Die nuwe grondwetlike voorstelle sal ook 'n einde maak aan Blank Suid-Afrika" (Oggendblad, 11 Julie 1979). Wat dit beteken, sal vir elkeen duidelik wees. As die begrip Blank Suid-Afrika beëindig word, moet iets anders in die plek daarvan kom. Wat dit moet wees, het Viljoen reeds op 12 Desember 1978 in 'n SATV-program aangedui toe 'n onderhoud met hom as voorsitter van die Broederbond gevoer is: "Ons sal moet leer om baie versigtig te wees om 'nee' of 'nooit' te sê. Ons sal moet leer om saam te leef met radikale Swart leiers in 'n politieke stelsel waarin alle opsies oop bly. Ek sal die moontlikheid van een mens een stem in die toekoms nie uitskakel nie. " Viljoen het hierdie woorde nooit ontken nie, hoewel dit groot prominensie in die koerante geniet het. In die Algemene Verkiesing is hy daaroor tot verantwoording geroep. Dat dit nie maar 'n glips was nie, blyk duidelik uit 'n onderhoud wat Viljoen met die Franse blad Le Pont gevoer het. Die onderhoud is agt dae voor sy TV-onderhoud van 4 Desember 1978 gepubliseer. Die toekomstige Suid-Afrika, soos die voorsitter van die Broederbond dit sien, word soos volg deur hom in die onderhoud met die Franse joernalis geskets: "Die oomblik sal kom wanneer ons die eerste veelrassige geïntegreerde gemeenskap in die wêreld gestig sal hê. Dit sal 'n land wees wat meer Swart as Wit sal wees. " Die Franse joernalis het toe gevra: "Sal die Blankes bereid wees om u te volg? " waarop Viljoen antwoord: "Hulle sal volg omdat hulle geen ander keuse sal hê nie." Dus, volgens die voorsitter van die Broederbond, sou die Blankes stap vir stap gelei word op die pad van integrasie totdat hulle in magteloosheid nie meer sou kon omdraai nie. Dit was die voorsitter van die Broederbond wat hier aan die woord was, maar die Broederbond het steeds aan sy lede te kenne gegee dat hy nog in Afsonderlike Ontwikkeling glo. Selfs uit die geledere van die Uitvoerende Raad het daar nie 'n woord van repudiëring van hierdie integrasiepolitiek van sy voorsitter gekom nie.
Ná hierdie onderhoud is die AB-voorsitter, sonder dat hy sy voorsitterskap hoef neer te lê, as Administrateur-Generaal na Suidwes-Afrika gestuur om daar aan die stelsel van een mens een stem, wat hy ook nie as 'n moontlikheid vir Suid-Afrika uitgesluit het nie, verdere beslag te gee."
Vervolg...