VOLKSVERRAAD (24)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

"Daar is besef dat die HNP tot die amptelike opposisie sou groei en die CIA wou dit ten alle koste verhoed. Om dit te voorkom, moes die KP gestig word. Op 20 Maart 1982 word die KP gestig in die Skilpadsaal op die Skouterrein van Pretoria."

CIA-SPIOENASIE-NETWERK IN SUID-AFRIKA

Volgens betroubare inligting het die CIA op daardie staduim sowat nege klandestiene bronne/agente op Regeringsvlak gehad wat goed ingeweef was in die Afrikaner Broederbond, die Nasionale Party en die Staatsveiligheidsraad. Hulle was Pik Botha (1982-), GerritViljoen (1973-1991),OwenHorwood (1975-I979), Alwyn Schlebusch (1977-1981), Barend du Plesis (1975-1993), F.W. de Klerk (1975-), Kobie Coetzee (1975-1991), Chris Heunis (1976-1989) en Fanie Botha (1980-1985).

Daar is 'sterk' toegesien dat die Republiek se Veiligheidsgemeenskap (bedoelende die geheime diens, die Afdeling Militêre Inligting, die Veiligheidspolisie en Departement van Buitelandse Sake) op daardie stadium nie deur die Verkramptes gepenetreer kon word nie.

SUIDWES-KWESSIE

As deel van die Totale Strategie van die Staatsveiligheidsraad (en meer bepaald die Suidwes-Afrika Strategie) het Pik Botha in Mei 1981 met betrekking tot sowel die Suidwes-kwessie as die Suid-Afrikaanse atoomgeheime 'onnodig' toegewings gemaak. Dit was toe die Suid-Afrikaanse kernprogram al ver gevorder was en die Amerikaners nog met 'n agterhoedegeveg probeer het om die vooruitgang daarvan te vertraag. Die Amerikaners het ingestem om 'n kontrak vir die lewering van verwerkte uraan deur middel van Frankryk na te kom, op voorwaarde dat Suid-Afrika begin onderhandel oor die oorgawe van Suidwes en ook bereid sou wees om sy geheime uraanverrykingsproses op Valindaba aan Amerikaanse atoomwetenskaplikes bekend te maak. Die onderhandelings oor die prysgawe van Suidwes-Afrika het in alle erns begin kort na 'n gesprek van Pik Botha met president Ronald Reagan van die VSA in Mei 1981. Aldus mnr. Stuart Murray se weergawe van die onderhandelings in sy boek wat handel oor Koeberg en wat bevestig is denr die destydse Amerikaanse onderhandelaar, Chester Crocker.

Die Staatsveiligheidsraad (SVR) het op aandrang van die Afrikaner Broederbond besluit om SWA se ontvoogding as 'n eksperiment aan te wend ten einde komplikasies uit te wys tydens die gebied se ontvoogdingsproses/oorgangsproses na 'n volwaardige onafhanklike staat. In dié verband was 'n SWA-werkgroep as 'n Interdepartementele komitee (bestaande uit 'n militêre navorser van Afdeling Militêre Inligting, 'n ekonoom en 'n politieke navorser van die Nasionale Intelligensiediens, 'n navorser van Departement van Buitelandse Sake en 'n navorser van die Veiligheidspolisie) saamgestel om daardie komplikasies dop te hou. Derhalwe was dit die werkgroep se taak om tweemaandelikse 'n monitorverslag te skrywe wat geoormerk was vir die SVR se Tak Nasionale Vertolking en Tak Strategie. Die verslag is dan opsommenderwys mondelings in die SVR aangebied. Die gebied het tydens sy ontvoogding 'n Regering van Nasionale Eenheid gehad, wat steeds nie deur Swapo (buitelands) erken is nie. Selfs die vakbondwese het onder die leiding en die toesig van die regeringsagent, adv. Anton Lubowski, na Suidwes-Afrika toe uitgebrei.

DIE STIGTING VAN DIE KONSERWATIEWE PARTY: DIE REGERING SKEP SY EIE REGSE OPPOSISIE-GROEP AS DEEL VAN DIE UITVERKOPING VAN BLANK SUID-AFRIKA

Die Konserwatiewe Party was tot op daardie stadium, naas die Afrikaner-Weerstandsbeweging, een van die mees obskure operasies wat Kom. Ops. die lig laat sien het. Hierdie regeringsintervensie was 'n direkte manifestasie van die Staatsveiligheidsraad wat verband gehou het met die Huntington-bloudruk. Die stiging van die KP is (naas 'n Huntington-doelwit) ook 'n CIA opdrag aan Pik Botha wat in samewerking met wigte binne die Staatsveiligheidsraad moes opereer en hier meer spesifiek met Tienie Groenewald.  Alhoewel die Herstigte Nasionale Party in die Algemene Verkiesing van 1981 nog geen setel kon wen nie, het hy tog daarin geslaag om in stemgetalle aansienlike groei te toon. Die groei was aanduidend tot 'n toenemende ontevredenheid van die kieserspubliek teenoor die Verligte politieke beleidsrigtings van die Nasionale Party (en Afrikaner Broederbond) en 'n moontlike herlewing van Verkrampte Afrikanerskap. Hierdie tendens wat aan die ontwikkel was, vind plaas op die vooraand van die Regering se beplande ingrypende politieke veranderinge vir Suid-Afrika.

Die CIA se front, Verligte Aksie-beweging, wat 'n invloedryke faksie binne die Afrikaner Broederbond gevorm het, het hulle planne agtermekaar gehad om die verslag van die Rockefeller Foundation as bloudruk slaafs na te volg.Daarby was die CIA van opinie dat indien die Verligte Aksie-beweging die HNP as 'n opkomende politieke faktor sou ignoreer, sou die NP met sy politieke hervorming te min tyd gelaat word. Gevolglik kon die hele hervormings proses gestop word indien die HNP die bewind by die NP sou oorneem. Die stigting van die KP was so vroeg as middel 1980 deur die Verligte Aksie-beweging beplan. Die aanvoorwerk om die klimaat te skep, was reeds in Oktober 1980 aan die gang toe Willem de Klerk in 'n toespraak voor die landsberaad van die Rapportryers op Nelspruit die idee van 'n skeuring in die Nasionale Party en die onafwendbaarheid daarvan beklemtoon het.

'n Moontlike herlewing van Verkrampte Afrikanerskap is 'n tendens wat in alle opsigte voorkom moes word. Die vermoede is by die CIA en gevolglik die Verligte Aksie-beweging gewek dat die Herstigte Nasionale Party in 'n komende Algemene Verkiesing nog sterker op die voorgrond kon tree. Daar is besef dat die HNP tot die amptelike opposisie sou groei en die CIA wou dit ten alle koste verhoed. Om dit te voorkom, moes die KP gestig word.

Op 20 Maart 1982 word die KP gestig in die Skilpadsaal op die Skouterrein van Pretoria. Die KP is gestig met die doel 'to provide a political balance as (a result of) the government changing it's policy'— aldus in 'n verslag wat deur 'n gewese lid van Nasionale Intelligensiediens aan die blad Weekend Star gegee is om die intervensie van die regering in die politieke arena te onthul.    Die tyd sou ook leer dat die KP (net soos die AWB) 'n rytuig sou word om die volkstaatidee te bevorder, net soos die verslag dit uitgewys het, en dat die gemene deler in beide die AWB en die KP, Tienie Groenewald en Kom. Ops. was. So is die Herstigte Nasionale  Party (HNP) dan as politieke bedreiging vir die Nasionale Party reeds in 1982 met die stigting van die K.P netjies geëlimineer en is die opkoms van Verkrampte Afrikanerskap ingeperk tot Gematigdheid.

Die Konserwatiewe Party en Herstigte Nasionale Party kon mekaar nooit in tussenverkiesings vind nie, en so is die regse stemme elke keer verdeel, terwyl magsdeling hand oor hand gegroei het en 'n al hoe groter werklikheid in die Suid-Afrikaanse politiek geword het. Verkrampte Afrikanerskap was toe in 'n doodloopstraat.

Dr. Ferdi Hartzenberg het doelbewus agter die skerms en as deel van 'n uiters geheime projek van die Staatsveiligheidsraad, saamgewerk met die Regering van P.W. Botha om die regses te mislei.

Dr. Ferdi Hartzenberg sowel as bepaalde ander politici (Tom Langley, Casper Uys, Daan du Plessis en C.H. Werth) is deur die Staatsveiligheidsraad genader om saam te werk met die voorbok, Koos van der Merwe, ten einde 'n regse front daar te stel. Hierdie persone was regeringsagente. Koos van der Merwe is in 1981 in die Pointon-gebou in Pretoria se kelderverdieping in die teenwoordigheid van Brig. Tienie Groenewald van Kom. Ops. gesien.

Hierdie bovermelde persone se bymekaarkomplek was by Militêre Inligting se Fortana-plaas langs die Murrayhill- en Petronella-afdraaipad op die Nl -Pietersburg/Pretoriasnelweg (sowat 20 kilometer buitekant Pretoria). Dit is die eiendom van Afdeling Militere Inligting. Die persone was daar afgeskerm vir opleiding. Tienie Groenewald se seun, Hendrik Groenewald, was as onderoffisier ook by hierdie projek ingetrek om onder meer kosvoorrade aan te ry. Hierdie projek is ongeveer middel 1980 geaktiveer. Sedertdien is die media gebruik om 'n 'tweespalt' in die NP aan te blaas.

Van hierdie persone het steeds as lede van die Afrikaner Broederbond aangebly, nadat hulle weggebreek het van die NP. Ons sê die KP was 'n Regeringslenterparty. In dié verband wys ons graag op 'n uittreksel uit Chester Crocker se artikel "South Africa: Strategy for Change" bladsy 333: "...the primary issue facing Botha and his like-minded lieutenants is how to organise and lead Afrikanerdom away from the dead end of Verwoerdian ideology. The answer lies in using the NP and the state apparatus itself as instrument for change. " Die artikel is in 1980 geskryf.

Vervolg...