Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
" 'n Strategie (wat reeds in die sewentigerjare deur die Afrikaner Broederbond beplan is) is gevolg om regse politieke groepe (waaronder die KP, die Herstigte Nasionale Party en die AWB) in te trek, Afrikanerskap kultureel brandend te hou en dan die volkstaatgedagte te propageer. Dié pogings op politieke gebied was nie 'n sukses nie, en die Herstigte Nasionale Party en die KP het mekaar in die een verkiesing na die ander teengestaan."
CIA WERK KOVERT MEE OM DRUK OP DIE REGERING TE VERHOOG OM SWARTMENSE IN DIE POLITIEKE BESTEL TE AKKOMMODEER
As deel van die Rockefeller Foundation se Aksieplan om binnelandse druk op die Suid-Afrikaanse Regering te plaas vir politieke hervorming, het afvaardigings van alle rasse, wat 575 organisasies verteenwoordig het—vakbonde, sportliggame, gemeenskapsorganisasies, vroue en jeugorganisasies — in Augustus 1984 die United Democratic Front (UDF) gestig met die doel om alle interne/binnelandse weerstand teen Apartheid te koödordineer. Die UDF het tydens sy stigtingskonferensie verklaar dat dit die organisasie se doel is om 'n "united democratic South Africa, free of Homelands and group areas and based on the will of the people " daar te stel.
Die UDF was die breinkind van die CIA. Die CIA se agitator was Allan Boesak. Die UDF het die weerstandsaksies oor die breedte van Suid-Afrika in 1983-1985 geloods. Werkers wat in Ciskei woonagtig was, het busse wat hulle daagliks na Oos-Londen moes neem, sporadies geboikot.
Die Kleurlinge en Indiërs se eerste verkiesing in 1984 was ook gekenmerk deur wydverspreide geweld — wat 58 voorvalle van sabotasie teen staatseiendomme (waaronder die afbrand van klaskamers), vulstaties, kraginstallasies en spoorlyne en 26 aanvalle op polisiemanne ingesluit het. Hierdie aksie was geloods om stemreg vir Swartes te bevorder.
Die Release Mandela Committee het ook in daardie tyd 'n wegbly-aksie in Soweto geloods.
Intussen het anti-apartheidsveldtogte in die VSA momentum begin kry. Die Amerikaner en uitvoerende direkteur van Trans-Africa ('n Swartbewussyngroep), Randall Robinson, het met CIA-fondse 'n swart koalisie van studente, vakbondwerkers, burokrate en politici gevestig. Teen 1984 het dit reeds 6 000 lede gehad. Verskeie Amerikaanse Federate state en Stadsrade het hulle beleggings in maatskappye, wat besigheid met Suid-Afrikaners gedryf het, teruggetrek en 'n disinvesteringsveldtog is ook geloods teen beleggings in Krugerrande en investering in Suid-Af-rika.
Intussen het die binnelandse veiligheidsituasie sodanig versleg dat P.W. Botha op 20 Julie 1985 genoop was om 'n noodtoestand (a state of emergency) in 36 landdrosdistrikte af te kondig. Op 12 Junie 1986 het hy 'n landswye noodtoestand aangekondig. Daarmee saam het hy bepaalde regte van die pers ingekort, bepaalde agitators laat arresteer, vergaderings sonder polisiemagtiging is ook verbied en bepaalde organisasies is verbode verklaar, waaronder die UDF en Azapo.
EKONOMIESE AANSLAG TEEN SUID-AFRIKA
Toe die internasionale gemeenskap daarop met 'n intensiewe ekonomiese dwangmaatreël-veldtog teen die land begin, was die graad van Suid-Afrika se afhanklikheid/kwesbaarheid van die buiteland taamlik hoog. In Julie 1985 het Dave Rockefeller se Manhattanbank 'n finansiële krisis in Suid-Afrika geskep toe sy bank weier om Suid-Afrika se korttermyn buitelandse skuld om te rol. Ander banke het ook deelgeneem aan die finansiële aanslag teen Suid-Afrika en soortgelyke stappe gevolg. Intussen het Amerikaanse multinasionale maatskappye hulle investering in Suid-Af¬rika onttrek. Nagenoeg 40 ondernemings in Suid-Afrika is deur die stap in 1985 geraak en 50 in 1986.
Die vraag van volledige ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika was vuurwarm gedebateer dwarsoor die VSA. Die opposisie teen ekonomiese sanksies het erken dat die vootspruitende ekonomiese agteruitgang wel apartheid sal "wegvreet" , dat die ekonomiese agteruitgang meer nadelig vir die Swartes as vir die Blankes sou wees en dat Botha se hervormingsbeleid Suid-Afrika tog in die regte rigting laat beweeg. Die ondersteuners van sanksies het egter geargumenteer dat segregasie en apartheid ontwikkel het in 'n dekade van ekonomiese groei, dat baie Swart Suid-Afrikaners sanksies ondersteun en dat Botha onversetlik was in sy weiering om Swartes 'n effektiewe inspraak in die politieke stelsel te gee.
Die Amerikaanse Ekonomiese Sanksiewet (die Compression Anti-Apartheid Act - CAAA), is in Oktober 1986 goedgekeur, wat 'n verbod op nuwe investering in en banklenings aan Suid-Afrika plaas, die lugverbinding tussen die VSA en Suid-Afrika beëindig, 'n beperkte handel teen Suid-Afrika voorstaan en dreig om militêre hulp aan bondgenote op te skort wat die wapenverbod teen Suid-Afrika oortree. Dit vorm die steunpilaar van 'n internasionale ekonomiese aanslag teen die Republiek. Die wet stel vyf voorwaardes vir die opheffing van ekonomiese dwangmaatreëls teen die Republiek voor:
- Die vrylating van politieke gevangenes;
- Die ontbanning van verbode politieke organisasies;
- Opheffing van die noodtoestand;
- Afskaffing van die oorblywende anti-apartheidswetgewing;
- Verbintenis tot onderhandelinge vir 'n nie-rassige demokrasie in Suid-Afrika.
Om jaarliks in die Republiek te investeer was die P. W. Botha-regering gedwing om nagenoeg 54 persent van al investeringsfondse in die buiteland te vind.
Teen die agtergrond van die ekonomiese dwangmaatreëls teen die land moes die landsgrense steeds beveilig word. Die volkshuishouding het in 'n likiwiditeitslokvalsituasie beland en het toe met die staat se skuldeisers 'n skuldmoratorium aangegaan. Die staat kon hierna tesame met die ekonomiese aanslag teen die land nie meer skuld in die buiteland bekom nie. Al alternatiewes wat vir die staat bestaan het, was om Staatsbelange te privatiseer. Saam met privatisering het die P.W. Botha-regering ook die ekonomie gedereguleer. Die ekonomiese aktiwiteite van die informele sektor sowel as dié van die ondergrondse aktiwiteite (dwelms, smokkelary, roof, kinderdiefstalle, geldvervalsing en swendelary) het toegeneem.
AANSLAG TEEN DIE BLANKE KIESER, SY GODSDIENS EN SY KULTUUR
Na aanleiding van bevindings van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, berig Beeld van 21 Augustus I984 dat: "Blanke Suid-Afrikaners, veral Afrikaanssprekendes, is oorweldigend ten gunste van bestaande apartheid-strukture in die Republiek". Dit lei daartoe dat:
- die Afrikaners se finansiële vermoëns in die slag gebly het en Barend du Plessis as Minister van Finansies bloot net verder gegaan het en 'n verbruiksgeleide ekonomiese beleid gevolg is. Die Afrikaner se spaargeld het opgedroog en hy het meer en meer in skuld verval, Armoede was baie Afrikaners se voorland;
- die Staatsveiligheidsraad se Kommunikasie Operasie aan Johan Heyns opdrag gegee het, in soverre dit Heyns se anti-Apartheid sentiment betref, om toe te sien dat dit deel vorm van 'n kultuurverandering binne die mees invloedryke kerk in Afrikanergeledere, naamlik die NG-kerk. As gevolg van die belangrike rol van godsdiens by die Afrikaner , is die kerklike aanslag op die verkrampte/konserwatiewe denke van die Afrikaner deur die plaaslike kerke in die middel tagtigs begin. Professor Johan Heyns (Afrikaner Broederbonder) het hier 'n kardinale rol gespeel veral in die opleiding van voornemende Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG) predikante, asook gedurende sy leierskap as Moderator van die NG kerk. Dit het meegebring dat die regsgesindes van die NG kerk weggebreek het en die Afrikaanse Protestante Kerk (APK) kerk gestig het of hulle lidmaatskap na die Hervormde Kerk verskuif het;
- daar in 1984 deur die Afrikaner Broederbond 'n beweging op tou gesit is om die Afrikaner in 'n hegter kulturele eenheid saam te voeg. Die grondoorsaak van hierdie strewe was egter die afdraai-paaie waarop die Afrikaner Broederbond die Afrikaner mislei het. Agter die skerms het die Afrikaner Broederbond gepoog om alle Afrikanerorganisasies onder sy beheer te kry sodat daar nie vanuit regse geledere geleenthede sou wees om die kultuur te kaap nie. 'n Strategie (wat reeds in die sewentigerjare deur die Afrikaner Broederbond beplan is) is gevolg om regse politieke groepe (waaronder die KP, die Herstigte Nasionale Party en die AWB) in te trek, Afrikanerskap kultureel brandend te hou en dan die volkstaatgedagte te propageer. Dié pogings op politieke gebied was nie 'n sukses nie, en die Herstigte Nasionale Party en die KP het mekaar in die een verkiesing na die ander teengestaan. Uit hierdie inisiatief is die Afrikaner Volkswag onder die leiding van die Broeder (prof.) Carel Boshoff gestig. Die organisasie het neerslag gevind in 'n takstruktuur wat landwyd gevestig is, en 'n hoofbestuur wat sake gekoördineer het. Daar is aandag gegee aan die behoefte om die volk op groot skaal byeen te bring. Volksfeeste is hiervoor aangewend. Terselfdertyd het die liberale faksie binne die Afrikaner Broederbond begin met hulle planne om Swartes by die Suid-Afrikaanse politieke arena te betrek. Ons sê geensins dat Boshoff persoonlik deel was van die komplot teen die Afrikaner nie. Ons weet dat hy geen verbintenis het met die Verligte Aksie-beweging nie. Boshoff het egter 'n agenda gevolg wat wel deur die Verligte Aksie-beweging misbruik is;
- Johan van Rooyen die inisiatief geneem het en 'n onafhanklike tydskrif De Kat uitgegee het. Die tydskrif het 'n subtiele bydrae verleen aan die stukrag wat daarop gemik is om Suid-Afrika te help verander.
- Voorts het Max du Preex, 'n oud-offissier van Afdeling Militêre Inligting, gedurende 1988 in opdrag van die Nasionale Intelligensiediens die Vrye Weekblad begin bedryf. Die gedagte met die blad was om dwars te wees, heilige koeie aan te vat en om met die Afrikanerleiers te spot. Die blad het daarin geslaag veral sedert 1990 (met artikels soos Dirk Coetzee se bewerings van die Polisie-betrokkenheid by Derde magoptrede ) daarin om 'n gesindheidsverandering by die breë publiek te bevorder.
Sodoende het die starre infrastrukture van die Verkrampte Afrikaner in die politieke arena teen die Republiek stelselmatig verbrokkel.
Vervolg...