Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
AFRIKANER BROEDERBOND EN DIE ONDERHANDELINGSPOLITIEK
Die onderhandelings-konsepdokument waarna Pik Botha verwys, is 'n werksdokument van die Afrikaner Broederbond van 1986. Hierdie dokument is dan ook die bewys dat die Broederbond uiteindelik 'n volslae instrument van die liberalisme geword het. In die Broederbond-dokument, wat 'n navolging is van die Rockefeller-aksieplan van 1981, word die aanvaarding van 'n Swart meerderheidsregering [paragrawe 3.3 en 3.9 op bladsye 5 en 6] en 'n Swart staatspresident [paragraaf 3.7 op bladsy 5] verkondig. In die dokument wat as 'n 'werksdokument' beskryf is, en 'streng vertroulik' gemerk is, is die planne om die Afrikaner se magsbasis in die politiek permanent tot 'n einde te bring, volledig uitgespel.
As uitgangspunt aanvaar dit dan ook die grondliggende gedagte van 'nie-groepsoorheersing '. Daar word ook aanvaar dat Christelike norme nie vir alle mense geld nie. Die dokument meld dat afsonderlike woongebiede op daardie stadium noodsaaklik is, maar dat dit net 'n tydelike maatreël moet wees. Daar word voorsiening gemaak vir die infasering van grys gebiede. Op daardie stadium het die Afrikaner Broederbond nog kultuurgebonde moedertaalonderrig in eie skole as rede vir voortbestaan erken. As uitgangspunt aanvaar die Broederbond dat groepsbelange oor kleurgrense heen kan strek. Taal en kulturele regte moet ook nie so vereng word dat eie sake eksklusief in die hande van Blankes bly nie en ten koste van ander groepe opgeëis word nie. 'Afskaffing van statutere maatreels moet dus nie as toegewings onder druk beskou word nie maar as 'n voorwaarde vir voortbestaan.' DIe Broederbond maak voorts die gevolgtrekking dat die uitsluiting van Swart deelname aan die regering 'n bedreiging vir Blanke voortbestaan is. Daarom moet alle 'burgers' van die staat nie net deelneem aan die wetgewende proses nie, maar ook deel hê in die verrigtinge om hulle aan bewind te stel. Verder word in paragraaf 4.5 verkondig: 'Dit is noodsaaklik dat verteenwoordigers van verskeie magsgroeperinge aan die opstel van ‘n nuwe grondwet deelneem (onderhandelingspolitiek). Daar moet getrag word om die wyds moontlike verskeidenheid tot deelname te beweeg.' Hier word dus gepleit vir 'n politieke stelsel van 'n een mens-een-stem verkiesing. Dit moet ook geskied op wetgewende en uitvoerende vlak. Dit beteken ook dat die staatshoof ‘n NieBlanke kan wees. Willem de Klerk was die persoon wat primêr vir die opstel van die dokument verantwoordelik was.
Die skokkende waarheid is dat dit nie die kongresse van die Nasionale Party was wat hierdie 'hervorming' en radikale omwentelinge gevra het nie. Die NP-kongresse moes telkens bloot die rol van 'n rubberstempel speel en elke aangekondigde beleid aanv:aar. Dit bring die morele en wetlike posisie van die NP-bewind in die gedrang. Dit word duideliker dat die Regering se hervormings- en onderhandelingspolitiek bloot daarop gemik is om buitelandse eis te bevredig en om mag aan die Afrikaner se vyande in Suid-Afrika te oorhandig.
Inderwaarheid het die Broederbond in die geheim die weg voorberei vir 'n Swart Staatspresident, wat 'n Kommunis sou wees en enige grondwet kan wegvee. Dit was 'n ope geheim dat die Broederbond se Uitvoerende Raad almal lede van die Nasionale Party was.
AANSLAG TEEN P.W. BOTHA
Die politieke hervorming het tot 'n sti1stand gekom. P.W. Botha het self besef dat die buiteland, die politieke stand nie sou aanvaar nie, behalwe as Suid-Afrika sou toetree tot samesprekings met die ANC en beweeg na 'n demokratiese stelsel wat sou eindig in Swart meerderheidsregering vir Suid-Afrika. Hierdie totale oorgawe was vir hom onaanvaarbaar.
Teen 1986 was die skrif vir P.W. Botha aan die muur en het sy politieke loopbaan vir hom 'n eensame hel geword. Die aanslag teen PW word geloods ondanks die feit dat aan die meeste van die aanbevelings van die Rockefeller-bloudruk gehoor gegee is. Dit was reeds duidelik dat die CIA en die Verligte Aksie-beweging totale oorgawe soek. Ons sal later vind dat met gesprekke tussen prof. Pieter de Lange van die Afrikaner Broederbond en Thabo Mbeki van die African National Congress in 1986, is pres. P.W. Botha geïdentifiseer as 'n belemmering of 'n meulsteen vir die politieke oorgangsproses. Die voorneme om P.W. Botha as President te verwyder het ook reeds in 1986 gestalte gekry. Sy politieke vriende het nou 'n ommekeer gemaak en sy vyande geword. Dit was ook duidelik dat die Nasionale Pers, wat in die verlede altyd 'n instrument was om die Nasionale Party in die Kaap na links te druk, nou ook in die Noorde 'n linkse magsfaktor geword het, waar hy met Beeld en in bondgenootskap met Pik Botha getree het.
P. W. Botha het nou feitlik geen perssteun geniet nie, behalwe by Perskor wat besig was om te vou. Die hoofdoel was dan ook uitsluitlik om PW, wat nog Leier van die NP en ook Staatspresident was, al hoe meer te isoleer. Die Nasionale Pers het dit teen PW se kleitrappery oor politieke hervorming en die aanhouding van Nelson Mandela gehad. Losstaande daarvan het Frederick van Zyl Slabbert nie sy weg oop gesien om politieke veranderinge in Suid-Afrika in die Parlement te weeg te bring nie. Hy het op II Februarie 1986 as PFP leier bedank en het sy politieke loopbaan in 'n buite-parlementêre rol voortgesit. Colin Eglin neem die leierskap van die PFP toe oor. Slabbert en Alex Borraine het in 1987 die Institute for Democratic Alternative for South Africa (IDASA) gestig. Die doel van IDASA was om verskillende politieke denkrigtings met mekaar te versoen, en verskillende politieke oortuigings in gesprek met mekaar te bring.
Die linkse Verligte Aksie-beweging-faksie binne die Broederbond het hulself gereorganiseer vir 'n subtiele verwydering van P.W Botha en hierdie taak sou val op Tienie Groenewald. Eerstens sou hy toesien dat P.W. Botha se magstrukture verbrokkel en dat die Angolese en Suidwes-kwessies besweer word en dan laastens dat 'n coup d'etat op PW uitgevoer word. Na bewering was daar selfs 'n poging om P.W. Botha om die lewe te bring.
Vervolg...