VOLKSVERRAAD (28)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

AFRIKANER BROEDERBOND EN DIE ONDERHANDELINGSPOLITIEK

Die onderhandelings-konsepdokument waarna Pik Botha verwys, is 'n werksdokument van die Afrikaner Broederbond van 1986. Hierdie dokument is dan ook die bewys dat die Broederbond uiteindelik 'n volslae instrument van die liberalisme geword het. In die Broederbond-dokument,  wat 'n navolging is van die Rockefeller-aksieplan van 1981, word die aanvaarding van 'n Swart meerderheidsregering [paragrawe 3.3 en 3.9 op bladsye 5 en 6] en 'n Swart staatspresident [paragraaf  3.7 op bladsy  5] verkondig.  In die dokument  wat  as 'n  'werksdokument'     beskryf  is, en 'streng vertroulik'  gemerk  is, is die planne om die Afrikaner se magsbasis in die politiek permanent tot 'n einde te bring, volledig uitgespel.

As uitgangspunt aanvaar dit dan ook die grondliggende gedagte van 'nie-groepsoorheersing '. Daar word ook aanvaar dat Christelike norme nie vir alle mense geld nie. Die dokument meld  dat afsonderlike woongebiede op daardie stadium  noodsaaklik is, maar dat dit net 'n tydelike  maatreël moet wees.  Daar  word voorsiening  gemaak vir die infasering van grys gebiede.  Op daardie stadium  het die Afrikaner Broederbond nog kultuurgebonde moedertaalonderrig in eie skole as rede vir voortbestaan erken. As uitgangspunt aanvaar die Broederbond  dat groepsbelange oor kleurgrense heen kan strek. Taal en kulturele  regte  moet  ook nie  so vereng  word  dat eie sake eksklusief in die hande van Blankes  bly nie en ten  koste  van ander  groepe  opgeëis  word  nie.  'Afskaffing van statutere maatreels moet dus nie as toegewings onder druk beskou word nie  maar as 'n voorwaarde vir voortbestaan.'  DIe Broederbond  maak voorts  die gevolgtrekking   dat  die uitsluiting van  Swart  deelname  aan  die  regering 'n  bedreiging vir Blanke voortbestaan is. Daarom  moet alle  'burgers' van die staat nie net deelneem  aan die wetgewende   proses  nie, maar ook deel hê in die  verrigtinge   om  hulle  aan  bewind   te  stel.  Verder   word   in paragraaf  4.5  verkondig:  'Dit is noodsaaklik dat verteenwoordigers van verskeie magsgroeperinge   aan die opstel van  ‘n nuwe grondwet deelneem (onderhandelingspolitiek).   Daar moet getrag word om die wyds moontlike verskeidenheid tot deelname te beweeg.'  Hier word  dus gepleit  vir 'n politieke stelsel  van  'n  een­ mens-een-stem verkiesing.  Dit moet ook geskied op wetgewende en uitvoerende   vlak.  Dit beteken  ook dat die staatshoof  ‘n Nie­Blanke kan wees. Willem de Klerk was die persoon wat primêr vir die opstel van die dokument  verantwoordelik  was.

Die skokkende waarheid  is dat dit nie die kongresse  van die Nasionale  Party was wat hierdie  'hervorming'   en radikale  omwentelinge  gevra het nie. Die NP-kongresse  moes telkens  bloot  die rol van 'n rubberstempel speel en elke aangekondigde beleid aanv:aar. Dit bring  die morele en wetlike  posisie  van  die NP-bewind   in  die gedrang.  Dit word duideliker dat die Regering  se hervormings-   en onderhandelingspolitiek bloot daarop gemik  is om buitelandse eis te bevredig  en om mag aan die Afrikaner se vyande  in Suid-Afrika  te oorhandig.

Inderwaarheid  het die Broederbond  in die geheim  die weg voorberei vir 'n Swart Staatspresident,  wat 'n Kommunis  sou wees  en enige grondwet kan wegvee. Dit was 'n ope geheim dat die Broederbond  se Uitvoerende  Raad  almal lede van die Nasionale Party was.

AANSLAG   TEEN P.W. BOTHA

Die politieke hervorming  het tot  'n sti1stand gekom.  P.W.  Botha het self besef dat die buiteland,  die politieke stand nie sou aanvaar nie, behalwe as Suid-Afrika  sou toetree tot samesprekings  met die ANC en beweeg  na 'n demokratiese  stelsel wat sou eindig in Swart meerderheidsregering  vir  Suid-Afrika.    Hierdie  totale  oorgawe was vir hom onaanvaarbaar.

Teen  1986 was die skrif vir P.W. Botha aan die muur  en het sy politieke loopbaan  vir hom  'n  eensame  hel geword.  Die  aanslag teen PW word geloods  ondanks  die feit dat aan die meeste van die aanbevelings  van  die Rockefeller-bloudruk  gehoor  gegee  is. Dit was  reeds  duidelik  dat  die  CIA  en die  Verligte Aksie-beweging totale oorgawe  soek. Ons sal later vind dat met gesprekke  tussen prof.  Pieter  de Lange  van  die Afrikaner  Broederbond   en Thabo Mbeki  van  die African National Congress in 1986, is pres.  P.W. Botha  geïdentifiseer as  'n  belemmering  of  'n  meulsteen  vir  die politieke  oorgangsproses.   Die voorneme  om P.W. Botha  as President te verwyder  het ook reeds in 1986 gestalte gekry. Sy politieke vriende  het nou 'n ommekeer  gemaak  en sy vyande  geword. Dit was ook duidelik dat die Nasionale Pers,  wat in die verlede altyd  'n instrument was om die Nasionale  Party in die Kaap na links te druk, nou ook in die Noorde  'n linkse magsfaktor  geword  het, waar  hy met Beeld en in bondgenootskap met Pik Botha getree het.

P. W. Botha het nou feitlik geen perssteun geniet nie, behalwe by Perskor wat besig was om te vou. Die hoofdoel was dan ook uitsluitlik om PW, wat nog Leier van die NP en ook Staatspresident  was, al hoe meer te isoleer. Die Nasionale Pers het dit teen PW se kleitrappery oor politieke hervorming en die aanhouding van Nelson Mandela gehad. Losstaande daarvan het Frederick van Zyl Slabbert nie sy weg oop gesien om politieke veranderinge in Suid-Afrika in die Parlement te weeg te bring nie. Hy het op II  Februarie 1986 as PFP leier bedank  en het sy politieke loopbaan  in  'n buite-parlementêre rol voortgesit.   Colin Eglin neem die leierskap  van die PFP toe oor. Slabbert  en Alex  Borraine  het  in 1987  die Institute  for  Democratic Alternative for  South Africa  (IDASA) gestig.  Die doel van IDASA was om verskillende politieke denkrigtings  met mekaar te versoen, en verskillende   politieke  oortuigings  in gesprek  met  mekaar  te bring.

Die  linkse   Verligte Aksie-beweging-faksie binne die Broederbond  het hulself gereorganiseer   vir  'n  subtiele  verwydering  van P.W Botha en hierdie taak sou val op Tienie Groenewald.  Eerstens sou hy toesien dat P.W. Botha  se magstrukture  verbrokkel  en dat die Angolese  en Suidwes-kwessies  besweer word en dan laastens dat 'n coup  d'etat op PW uitgevoer  word. Na bewering  was daar selfs  'n poging  om P.W. Botha  om die lewe te bring.

Vervolg...