VOLKSVERRAAD (29)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

REORGANISERING VAN DIE CIA POLITIEKE  HOOFSTROOM BINNE DIE AFRIKANERPOLITIEK:  TIENIE GROENEWALD  WORD DIE HOOF VAN DIE VERIGTE AKSIE-BEWEGING

Tienie Groenewald  het lid geword van die Verligte Aksie-beweging gedurende  Augustus   1977. Groenewald  is in Junie  1978 tot hoof van Kom.  Ops. bevorder.  Hy het toe die rang van kolonel  beklee. Hy is in 1979 tot brigadier  bevorder  en in 1983 tot generaal.

Die CIA het in Mei 1980 'n teikenontleding  op Tienie Groenewald gedoen met die oog om hom by hulle spioenasienetwerk  in te trek. Groenewald  word  in  1982 as informant  en in Februarie 1983 as spioen by die CIA spoenasie-netwerk  ingetrek. 

Groenewald  het in 1986 die Amerikaanse   mormoonse  geloof  aangeneem  en Amerikaanse  burgerskap   (dit is onduidelik  onder  welke  naam  en van) verkry.  Sover vasgestel  kon word, sit die CIA agter sy burgerskap.

Hy was vanaf Augustus  1986 tot November  1995 die hoof van die Verligte Aksie-beweging.   Groenewald  het later in Suid-Afrika  die Illuminati  se belangrikste  man binne die hartjie van die Afrikanerpolitiek  geword  om veranderinge  te weeg te bring.

Die intelligensiegemeenskap is, in soverre  daar vasgestel  kon word, egter in die duister oor hierdie man se verskuilde  agendas. Harry Oppenheimer was wel bekend  met hierdie verwikkelinge.   Soos ons verneem het, het Oppenheimer sy volle samewerking  gegee aan Groenewald en Groenewald  se offensief  om Suid-Afrika  van binne af te  vernietig. Daar was ook periodieke  gesprekke  tussen hierdie persone.

NASIONALE INTELLIGENSIEDIENS   EN STAATSVEILIGHEIDSRAAD  'N RAT VIR POLITIEKE  OORGAWE: P.W. BOTHA SE MAGSBASIS VERBROKKEL

In 1987  is die Staatsveiligheidsraad  met die Nasionale  Intelligensiediens  saamgevoeg.  Die sekretaris  van die Staatsveiligheidsraad het sy mag behou om na buite en met die openbare  sektor te skakel. Grootliks na aanleiding  van Clem Sunter van Anglo-American  se Wêreld en Suid Die -Afrika in die Jare  Negentig, het  dr.  Nell  Barnard   van  Nasionale   Intelligensiediens,  mnr.  J. Claassen  (gewese  onderwyser  van Afrikaans  Seuns Hoërskool  in Pretoria)  as hoof  van Nasionale  Intelligensiediens  se dinkskrum aangestel  wat die insette van hierdie tegnokrate     regoor  die land ondersoek  het. Futuristiese  modelle  is onder meer gebou.  Hierdie dinkskrum  was ook  verantwoordelik   vir stragtesiese   navorsingsprodukte.   Die dinkskrum  het ook die Hoofdirektoraat   Navorsing se insette  rakende  die Nasionale  Veiligheidsituasie   gekoördineer, strategiese   knelpunte  geïdentifiseer   en  politieke  opsies  aan  die beleidmaker  uitgewys  met  gepaardgaande    kort-  en  langtermyn implikasies.   Hierdie  dinkskrum  was  ook  verantwoordelik   vir  'n Staatsveiligheidsprioriteitslys.

Hierdie  uitsette   het  groot  aandag geniet in die Afrikaner   Broederbond.   Die Nasionale   Intelligensiediens het die rol van Tak Nasionale Vertolking oorgeneem.  Die Hoofbestuur  van die Nasionale  Intelligensiediens het die rol oorgeneem  van  Tak  Strategie.   Kommunikasie    Operasies   was  nou direk  onder  Afdeling  Militêre  Inligting  se beheer,  alhoewel  daar noue  kontak  tussen  Koms. Ops.  en die Nasionale  Intelligensie  bestaan het. Kom. Ops. is waar Groenewald hom self met sy geknoeiery besig  gehou  het.  Dr. Neil  Barnard  van die Nasionale  Intelligensiediens het as't ware  P.W. Botha  se skadubeeld  geword.  Die Nasionale    Intelligensiediens  het  'n  situasiekamer en 'n operasiekamer tot standgebring om ‘n beter vloei van inligting daar te stel. Die verandenng  in die Inligtingsopset  was nie soseer om dit meer vaartbelyn  te maak nie, maar om P.W. se magsbasis te laat verbrokkel. Weer eens 'n wanvoorstelling  deur Pik Botha (wat deur Tienie Groenewald  geïnisieer  is) waarin  Pik Botha  daarin geslaag  het om selfs vir dr. Neil  Barnard  om die bos te lei.  Dr. Neil  Barnard het geen geheim  daarvan gemaak dat hy geen sentiment het jeens  die Amerikaners  nie.  Pik  Botha het  dit  geweet.  Hy  wou  dr. Neil Barnard  bloot misbruik  en  dr. Barnard  word   'n  slagoffer van Amerikaanse  ekspansionisme.

Pik Botha het behoort aan internasionale  netwerke  (soos die vrymesselary  en CIA wat daarop uit was ‘n Swart meerderheidsregermg  in Suid-Afrika daar te stel. Dit het in 1990 aan die lig gekom dat Pik Botha as 'n belangrike  skakel  van buitelandse  invloed  binne  die kabinet  optree.  Sy optrede het dit moontlik  gemaak  om P.W. Botha van sy tradisionele  magsbasis te skei. Daarmee is Pik Botha se Departement van Buitelandse Sake en die Nasionale  Intelligensiediens   in 'n prioriteitsposisie ingeskuif bo  verdediging.

Die Departement  van Buitelandse Sake was bestem ‘n deurslagewende rol te speel ten opsigte  van buitelandse taktiese inligting in te samel. Die Departement  het reeds in 1986 'n gerekenariseerde   berggingstelsel  in werking  gehad. Die Departement  se hoofkantoor  was elektronies met  al sy buitelandse missies  verbind.   Hierdie  versamelde   nligting het ook  sy  weggevind na die Situasiekamer van die Staatspresident wat deur die Nasionale  Intelligensiediens  bedryf  is.

Ook in 1987 is ‘n interne partementele  operasiekamer  inwerking gestel met die taak om drie keer per dag  inkomende  en uitgaande  inligting  in  ‘n gerekenariseerde  verslag  saam te vat en beskikbaar te stel. Dit  was bedoel vir die oë van Pik Botha en sy senior personeel van die Departement van Buitlandse Sake. Daaruit  is ook inligting deurgestuur  vir die Situasiekamer  van die Staatspresident.  Dit was die vinnigste  kanaal waardeur   inligting  aan  P.W. Botha beskikbaar  gestel kon word. Derhalwe  is die Nasionale  Intelligensiediens en Departement van Buitelandse   Sake se aansien  in die Veiligheidstrukture ten koste van die Afdeling Militêre Inligting  verhoog.  PW. Botha  se magstrukture  is stelselmagtig  deur Pik Botha  in die Staatsveiligheidsraad afgebreek. Die verandering  in die veiligheidstrukture was reeds 'n aanduiding  van die einde van die P.W. Botha-era.

Die  feit  dat  die  Staatsveiligheidsekretariaat  en die Nasionale Intelligensiediens saamgesmelt   het, het  ook  daartoe  aanleiding gegee dat die Nasionale  Intelligensiediens funksies  van die sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad  moes oorneem.  Die Nasionale Intelligensiediens was  nou  ook verantwoordelik  vir die administrasie van die klandestiene operasies wat voorheen  deurdie  Staatsveiligheidsraad geloods  is. Uiteraard  het die  implikasie ingehou dat  die  diens  oor  die  breër  spektrum  van  die  politiek  koverte insameling  moes doen. Politici  soos dr. Ferdie Hartzenberg,  Koos van  der  Merwe  en Andries  Beyers  (1993/94)  was  nou geheime spioene  of  agente van die Nasionale  Intelligensiediens.

Gedurende  1987 word die inhoudelike van Suid-Afrika  se Totale Strategie  radikaal  gewysig.  Detente  of onderhandelingspolitiek word  by die  Staatsveiligheidsraad  formeel  gelegitimeer.  Detente was  nie net beperk  tot  die binnelandse  politiek  nie, maar  is ook uitgebrei  na Strategieë van state in die Suidelike Afrika  streek. In die binnelandse  konteks word die strategie gewysig  van  'afsonderlike ontwikkeling';    'gewapende  konfrontasie',    'politieke  arrestasie'  en  'verbode  organisasies na 'ontbanning  van verbode  orga­nisasies ', 'vrylating van politieke  gevangenes',   'onderhandelingspolitiek',   'magsdeling',   'herinlywing  van die TBVC-state by Suid­ Afrika',   'fundamentele   menseregte'   en  'nie-rassige  demokratiese grondwet  '.

In regionale  verband  verander  Suid-Afrika  sy aanslag van een van  'destabiliseerder' na  een van  'vreedsame  naasbestaan en streeksamewerking' .  Hierdie  strategiese verandering  word later aan geregverdig  deur die internasionale  veranderlikes   soos die val van Kommunisme,   die Opkoms  van Japan as 'n ekonomiese  reus en die eenwording  van die Europese  Gemeenskap.

Die  veiligheidsgemeenskap  het tot  'n  groter  mate  saam  begin werk  tot  'n  eenvormige   veiligheidspersepsie  van  detente.  Neil Barnard   het  aan  Beeld  van   17 Februarie   1992 gesê:   "Ek  kan vandag  sonder  vrees vir teenspraak sê dat die Inligtingsgemeenskap  in Suid-Afrika  goed  werk en dat die land se Inligtingsdiens van die beste ter wêreld is. Bitter min verskille  bestaan oor wie wat moet doen.  Ou politieke  verskille  en vetetjies  het heeltemal  in die agtergrond  verdwyn.  Dit was dinge  wat ons in die begin van die tagtigerjare  eers moes sorteer.  Ons het eintlik  nie  'n keuse gehad nie. In daardie  jare  was ons in 'n sekere opsig met die  rug teen die muur. Binnelandse  onrus het  'n  geweldige  omvang  aangeneem.  In sulke  omstandighede  moes die persoonlike  verskille  en burokratiiese  'empires'  op die agtergrond geskui fword."

Vervolg...