Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
REORGANISERING VAN DIE CIA POLITIEKE HOOFSTROOM BINNE DIE AFRIKANERPOLITIEK: TIENIE GROENEWALD WORD DIE HOOF VAN DIE VERIGTE AKSIE-BEWEGING
Tienie Groenewald het lid geword van die Verligte Aksie-beweging gedurende Augustus 1977. Groenewald is in Junie 1978 tot hoof van Kom. Ops. bevorder. Hy het toe die rang van kolonel beklee. Hy is in 1979 tot brigadier bevorder en in 1983 tot generaal.
Die CIA het in Mei 1980 'n teikenontleding op Tienie Groenewald gedoen met die oog om hom by hulle spioenasienetwerk in te trek. Groenewald word in 1982 as informant en in Februarie 1983 as spioen by die CIA spoenasie-netwerk ingetrek.
Groenewald het in 1986 die Amerikaanse mormoonse geloof aangeneem en Amerikaanse burgerskap (dit is onduidelik onder welke naam en van) verkry. Sover vasgestel kon word, sit die CIA agter sy burgerskap.
Hy was vanaf Augustus 1986 tot November 1995 die hoof van die Verligte Aksie-beweging. Groenewald het later in Suid-Afrika die Illuminati se belangrikste man binne die hartjie van die Afrikanerpolitiek geword om veranderinge te weeg te bring.
Die intelligensiegemeenskap is, in soverre daar vasgestel kon word, egter in die duister oor hierdie man se verskuilde agendas. Harry Oppenheimer was wel bekend met hierdie verwikkelinge. Soos ons verneem het, het Oppenheimer sy volle samewerking gegee aan Groenewald en Groenewald se offensief om Suid-Afrika van binne af te vernietig. Daar was ook periodieke gesprekke tussen hierdie persone.
NASIONALE INTELLIGENSIEDIENS EN STAATSVEILIGHEIDSRAAD 'N RAT VIR POLITIEKE OORGAWE: P.W. BOTHA SE MAGSBASIS VERBROKKEL
In 1987 is die Staatsveiligheidsraad met die Nasionale Intelligensiediens saamgevoeg. Die sekretaris van die Staatsveiligheidsraad het sy mag behou om na buite en met die openbare sektor te skakel. Grootliks na aanleiding van Clem Sunter van Anglo-American se Wêreld en Suid Die -Afrika in die Jare Negentig, het dr. Nell Barnard van Nasionale Intelligensiediens, mnr. J. Claassen (gewese onderwyser van Afrikaans Seuns Hoërskool in Pretoria) as hoof van Nasionale Intelligensiediens se dinkskrum aangestel wat die insette van hierdie tegnokrate regoor die land ondersoek het. Futuristiese modelle is onder meer gebou. Hierdie dinkskrum was ook verantwoordelik vir stragtesiese navorsingsprodukte. Die dinkskrum het ook die Hoofdirektoraat Navorsing se insette rakende die Nasionale Veiligheidsituasie gekoördineer, strategiese knelpunte geïdentifiseer en politieke opsies aan die beleidmaker uitgewys met gepaardgaande kort- en langtermyn implikasies. Hierdie dinkskrum was ook verantwoordelik vir 'n Staatsveiligheidsprioriteitslys.
Hierdie uitsette het groot aandag geniet in die Afrikaner Broederbond. Die Nasionale Intelligensiediens het die rol van Tak Nasionale Vertolking oorgeneem. Die Hoofbestuur van die Nasionale Intelligensiediens het die rol oorgeneem van Tak Strategie. Kommunikasie Operasies was nou direk onder Afdeling Militêre Inligting se beheer, alhoewel daar noue kontak tussen Koms. Ops. en die Nasionale Intelligensie bestaan het. Kom. Ops. is waar Groenewald hom self met sy geknoeiery besig gehou het. Dr. Neil Barnard van die Nasionale Intelligensiediens het as't ware P.W. Botha se skadubeeld geword. Die Nasionale Intelligensiediens het 'n situasiekamer en 'n operasiekamer tot standgebring om ‘n beter vloei van inligting daar te stel. Die verandenng in die Inligtingsopset was nie soseer om dit meer vaartbelyn te maak nie, maar om P.W. se magsbasis te laat verbrokkel. Weer eens 'n wanvoorstelling deur Pik Botha (wat deur Tienie Groenewald geïnisieer is) waarin Pik Botha daarin geslaag het om selfs vir dr. Neil Barnard om die bos te lei. Dr. Neil Barnard het geen geheim daarvan gemaak dat hy geen sentiment het jeens die Amerikaners nie. Pik Botha het dit geweet. Hy wou dr. Neil Barnard bloot misbruik en dr. Barnard word 'n slagoffer van Amerikaanse ekspansionisme.
Pik Botha het behoort aan internasionale netwerke (soos die vrymesselary en CIA wat daarop uit was ‘n Swart meerderheidsregermg in Suid-Afrika daar te stel. Dit het in 1990 aan die lig gekom dat Pik Botha as 'n belangrike skakel van buitelandse invloed binne die kabinet optree. Sy optrede het dit moontlik gemaak om P.W. Botha van sy tradisionele magsbasis te skei. Daarmee is Pik Botha se Departement van Buitelandse Sake en die Nasionale Intelligensiediens in 'n prioriteitsposisie ingeskuif bo verdediging.
Die Departement van Buitelandse Sake was bestem ‘n deurslagewende rol te speel ten opsigte van buitelandse taktiese inligting in te samel. Die Departement het reeds in 1986 'n gerekenariseerde berggingstelsel in werking gehad. Die Departement se hoofkantoor was elektronies met al sy buitelandse missies verbind. Hierdie versamelde nligting het ook sy weggevind na die Situasiekamer van die Staatspresident wat deur die Nasionale Intelligensiediens bedryf is.
Ook in 1987 is ‘n interne partementele operasiekamer inwerking gestel met die taak om drie keer per dag inkomende en uitgaande inligting in ‘n gerekenariseerde verslag saam te vat en beskikbaar te stel. Dit was bedoel vir die oë van Pik Botha en sy senior personeel van die Departement van Buitlandse Sake. Daaruit is ook inligting deurgestuur vir die Situasiekamer van die Staatspresident. Dit was die vinnigste kanaal waardeur inligting aan P.W. Botha beskikbaar gestel kon word. Derhalwe is die Nasionale Intelligensiediens en Departement van Buitelandse Sake se aansien in die Veiligheidstrukture ten koste van die Afdeling Militêre Inligting verhoog. PW. Botha se magstrukture is stelselmagtig deur Pik Botha in die Staatsveiligheidsraad afgebreek. Die verandering in die veiligheidstrukture was reeds 'n aanduiding van die einde van die P.W. Botha-era.
Die feit dat die Staatsveiligheidsekretariaat en die Nasionale Intelligensiediens saamgesmelt het, het ook daartoe aanleiding gegee dat die Nasionale Intelligensiediens funksies van die sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad moes oorneem. Die Nasionale Intelligensiediens was nou ook verantwoordelik vir die administrasie van die klandestiene operasies wat voorheen deurdie Staatsveiligheidsraad geloods is. Uiteraard het die implikasie ingehou dat die diens oor die breër spektrum van die politiek koverte insameling moes doen. Politici soos dr. Ferdie Hartzenberg, Koos van der Merwe en Andries Beyers (1993/94) was nou geheime spioene of agente van die Nasionale Intelligensiediens.
Gedurende 1987 word die inhoudelike van Suid-Afrika se Totale Strategie radikaal gewysig. Detente of onderhandelingspolitiek word by die Staatsveiligheidsraad formeel gelegitimeer. Detente was nie net beperk tot die binnelandse politiek nie, maar is ook uitgebrei na Strategieë van state in die Suidelike Afrika streek. In die binnelandse konteks word die strategie gewysig van 'afsonderlike ontwikkeling'; 'gewapende konfrontasie', 'politieke arrestasie' en 'verbode organisasies na 'ontbanning van verbode organisasies ', 'vrylating van politieke gevangenes', 'onderhandelingspolitiek', 'magsdeling', 'herinlywing van die TBVC-state by Suid Afrika', 'fundamentele menseregte' en 'nie-rassige demokratiese grondwet '.
In regionale verband verander Suid-Afrika sy aanslag van een van 'destabiliseerder' na een van 'vreedsame naasbestaan en streeksamewerking' . Hierdie strategiese verandering word later aan geregverdig deur die internasionale veranderlikes soos die val van Kommunisme, die Opkoms van Japan as 'n ekonomiese reus en die eenwording van die Europese Gemeenskap.
Die veiligheidsgemeenskap het tot 'n groter mate saam begin werk tot 'n eenvormige veiligheidspersepsie van detente. Neil Barnard het aan Beeld van 17 Februarie 1992 gesê: "Ek kan vandag sonder vrees vir teenspraak sê dat die Inligtingsgemeenskap in Suid-Afrika goed werk en dat die land se Inligtingsdiens van die beste ter wêreld is. Bitter min verskille bestaan oor wie wat moet doen. Ou politieke verskille en vetetjies het heeltemal in die agtergrond verdwyn. Dit was dinge wat ons in die begin van die tagtigerjare eers moes sorteer. Ons het eintlik nie 'n keuse gehad nie. In daardie jare was ons in 'n sekere opsig met die rug teen die muur. Binnelandse onrus het 'n geweldige omvang aangeneem. In sulke omstandighede moes die persoonlike verskille en burokratiiese 'empires' op die agtergrond geskui fword."
Vervolg...