VOLKSVERRAAD (30)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

Die Nasionale  Party het ook van een probleem  na die volgende rondgestrompel.   Inderwaarheid  het die Nasionale Party beheer oor die bestuur van die land verloor en was die werklike  mag agter die skerms in die hande van die Regering se Staatsveiligheidsraad.   Die Staatsveiligheidsraad, waarin Pik Botha die sterkste hand gehad het, het selfs die sakelys vir die kabinet bepaal. Daar was 'n aantal ministers op hierdie raad verteenwoordig,  waaronder Pik Botha, Magnus Malan en Adriaan Vlok.  Inderdaad  was  dit die  Verligte Aksie-beweging  wat in hierdie tyd die pad oopgehou het vir onderhandeling met die verbanne  ANC en sy leiers wat nog in aanhouding of buite die landsgrense was.

DIE NASIONALE INTELLIGENSIE WORD DIE SLEUTELFAKTOR OM DIE WEG VIR ONDERHANDELEVG-SPOLITIEK TE BAAN

Die Nasionale Inteiligensiediens het 'n sleutelrol agter die skerms vervul om die terrein voor te berei vir die onderhandelingsproses wat uiteindelik tot die Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa) gelei het. Hoogs geheime gesprekke is met Nelson Mandela oor 'n lang tydperk in die tronk gevoer. Neil Barnard het aan Beeld van 18 Februarie 1992 gesê: "In die lig van die Nasionale Intelligensiediens se benadering dat die land se probleme net opgelos kon word indien die politieke probleme besweer word, het ons van omstreeks 1987/1988 al hoe sterker begin besef dat ons aandag moet gee aan mnr. Nelson Mandela en ander lede van die Rivonia-groep wat toe nog in aanhouding was. Die vraag is geopper of dit moontlik sou wees om tot 'n politieke vergelyk te kom terwyl die mense nog in aanhouding was. So het dit gekom dat ons sanksie van die Regering gekry het om in gesprekke met mnr. Mandela te probeer vasstel of hy 'n rol kon speel om 'n politieke skikking in die land teweeg te bring. 'n Span van vier amptenare is vir die taak aangewys. Hulle was mnr. Fanie van der Merwe van die Departement van Staatkundige Ontwikkeling en Beplanning, genl. Willie Willemse, hoof van Gevangenisse, mnr. Mike Louw van die Nasionale Inteiligensiediens en ekself. Sedert Mei 1988 het ons vier by talle geleenthede urelange gesprekke met mnr. Mandela gevoer, eers in die Pollsmoorgevangenis en later by Victor Verster. Dit was geen politieke debat nie, maar het gegaan oor 'n poging van kundige mense om te bepaal hoe werk mnr. Mandela se kop. Drie temas is in die verband deurdie span gehanteer.

"Eerstens moes ons vasstel of hy werklik in 'n vreedsame oplossing belangstel en of hy die land se probleme met geweld wou oplos. By verskeie geleenthede het hy erken dat die ANC nie oor die militêre vermoë beskik om die regering in 'n hoek te dwing nie. Sy posisie was dus anders as wat in Zimbabwe en in die ou Portugese kolonies gebeur het. Wat dus nou in Suid-Afrika gebeur, was 'n wilsbesluit aan die kant van die Regering. Sonder dat hy met die rug teen die muur was, het die Regering besluit om polities die inisiatief te neem.

" 'n Tweede kwessie wat die span moes hanteer, was mnr. Mandela se ideologiese denke, en veral of hy 'n Kommunis is of nie. Mnr. Mandela het konsekwent gesê hy is persoonlik nie 'n Kommunis nie, maar dat daar sekere elemente in die Kommunistiese ideologie is wat vir hom aantreklik is. Hy het ook daarop gewys dat toe die ANC met sy stryd begin het, het die Kommunistiese Party hom hulp aangebied en het sedertdien nou met hom saamgewerk.

" 'n Derde saak wat in die gesprekke geopper is, was mnr. Mandela se siening van die politieke toekoms vir die land. Het hy Suid-Afrika absoluut net beskou as 'n staat waarin een mens, een stem sou geld, of het hy ook 'n plek vir minderheidsgroepe voorsien? In daardie tydperk het hy altyd die standpunt ingeneem van een onverdeelde Suid-Afrika waarin daar nie plek vir outonome state sou wees nie. Hy het egter begrip gehad dat daar verskillende groepe in die land is, dat voorsiening daarvoor in die konstitusionele bedeling gemaak moes word en dat die vrese van die groepe besweer moes word."

"By geleenthede het ons aan mnr. Mandela gesê dat die gesprek aan die gang is, maar daar is ook ANC-mense in die buiteland met wie ons wou gesels. Hy was agterdogtig en gekant teen die gedagte. Ons het lank oor die saak geredeneer. Sy standpunt was dat ons nie deur twee kanale moes praat nie. Hy moes eers vrygelaat word, waarna hy self aandag aan die saak sou gee. Hoe ook al, later is besluit dat ons met die plan sou voortgaan. So het dit gebeur dat die eerste gesprek op 'n bepaalde manier wat ek nie nou wil identifiseer nie, êrens in Europa plaasgevind het. Teenwoordig was sowel senior lede van die Nasionale Intelligensiediens (Mike Louw en Maritz Spaarwater) as die ANC. Die span van die Nasionele Intelligensiediens het teruggekom en verslag oor die gesprek gedoen. Nog twee soortgelyke besoeke het plaasgevind."

PIK BOTHA MISBRUIK SY POSISIE BY DIE STAATS-VEILIGHEIDSRAAD  OM SUID-AFRIKA TE BETREK BY ONDERHANDELINGSPOLITIEK OOR DIE ANGOLESE EN SUIDWES-KWESSIES

Pik Botha misbruik gedurende 1988 in die Staatsveiligheidsraad die Angolese Burgeroorlog om die Regering se detente-beleid voort te sit en die sogenaamde Suidwes-Afrika kwessie af te handel. Tienie Groenewald was die groot dryfveer agter die skerms. Dit was duidelik sigbaar dat die Verligte Aksie-beweging' n agenda gevolg het om die oorsake/redes agterliggend tot die Totale Strategie te neutraliseer. Hulle het gevolglik hulle oog op 'n klimaat vir onderhandelingspolitiek gehad wat eers in Suidelike Afrika-verband moes realiseer wat uiteindelik sou lei tot onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika. Gesprekke met die ANC was toe reeds aan die gang om onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika in te lei. Dit sou fataal wees om onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika te implimenteer, terwyl die Suidwes- en die Angola-kwessies nie besweer is nie. In 'n onderhandelingsproses sou die twee kwessies vir die ANC sterk hefbome gegee het, indien dit nie besweer sou gewees het nie.

Jonas  Savimbi  van  Unita  het  op  die stadium  meer  gereeld  in Suid-Afrika  besoek  kom aflê, die  Suid-Afrikaanse   Weermag  het ook  'n pro-Savimbi/Unita-agenda  gevolg  ooreenkomstig   die Totale Strategie.   Ondervinding  het reeds  uitgewys  dat die Republiek se Angola  Strategie  fataal is, naamlik  om toe te sien dat Unita die regering  van Angola  moes oorneem.  Unita het nie oor die vermoë beskik om die Angolese  hoofstad,  Luanda oor te neem nie. Dit het Pik Botha  van die Departement  van Buitelandse  Sake en dr. Neil Barnard  van die Nasionale  Intelligensiediens  geweet. Die Suid-Afrikaanse Weermag het met die goedkeuring  van die Staatsveiligheidsraad  vir oulaas  'n intensiewe  poging geloods  om te kyk of hulle met geweld  die Angola-kwessie kon bylê. Die Weermag  het met Krygkor  se mees  moderne  wapentuie  in Angola  ingetrek  en die staat se burgeroorlog  is as toetsveld  gebruik.  Die prestasie  van die wapentuie  tydens  die gebruik daarvan in die vermelde oorlog is as bemarkingsmateriaal    aangewend  in die buiteland.   Dit  het geskied  met Groenewald  en Pik Botha  se medewete  en die besef dat indien dit sou realiseer,  sal:                                               
die Sowjetblok  terugantwoord   met moderne  wapentuie;
die Kubaanse  getalle verhoog  word,  en
dit die nodige  klimaat  skep vir onderhandeling,   wat  sou lei tot die  oorgawe   van  Suidwes-Afrika  en sal eindig met die totale oorgawe van Suid-Afrika.

Die  Suid-Afrikaanse  Weermag  het met  die  G5-kanonne   in Angola  ingetrek.  Die Weermag behaal aanvanklik   heelwat  sukses. Die nuus word  die wêreld  ingestuur  oor die ongelooflike  vermoë van  die  G5-kannonne.    Die  uiteinde is dat Kuba spoedig versterkings  na Angola stuur. Kuba verhoog  sy bestaande  soldategetal van 30 000 na 50 000. Daarby het die Kubane ook met hulle mees moderne wapentuie in Angola aangekom.  Dit word toe 'n gesofistikeerde oorlog  en het meegebring dat die militêre koste  van die SA Weermag  se oorgrensoptrede  die uitvoerverdienste  van Krygkor  se  wapentuie  oorskry  het.  Die  militêre koste van  die  SA Weermag  het vanaf Rl  miljoen per dag  tot die buitensporige vlak van R10 miljoen  per dag toeneem.

Dit baan finaal die weg vir die Republiek om te onderhandel met SWAPO, die MPLA-regering van Angola, Kuba en die Sowjet­ Unie oor die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika  en  die buitelandse invloed in die Angolese burgeroorlog. Aan die Suid-Afrikaanse kant was Pik Botha ook een van die voorste orkestreerders in hierdie proses wat Suidwes -Afrika tot 'n onafhanklike Namibië sou lei.

In Mei 1988 het die Amerikaanse adjunk-minister vir Afrika-sake, Chester Crocker daarin geslaag om verteenwoordigers van Suid-Afrika, Angola en Kuba in Londen, Brittanje saam te trek om die Suidwes- en Angolese kwessie te bespreek. Crocker het druk op die partye geplaas om in beginsel tot 'n vergelyk te kom oor die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika en die onttrekking van die Kubane uit Angola. Twee  ooreenkomste is in Desember1988 gesluit:
"One, a bilateral treaty between Angola and Cuba, agreed that the 50 000 Cubansoldiers would be withdrawn from Angola in phases: 300 beforeApri11989 (the implementation date of Resolution 435); 25 000 before November 1989 (election day in South West Africa); and 50 000 beforeJuly 1991. It was also agreed that the Cubans in Angola would be moved northwards: to the 15th parallel of south latitude by August 1989, and the 13th parallel by November 1989. The other treaty was trilateral, between South Africa, Angola and Cuba, in which the parties undertook to bring about South  West African to independence by implementing Resolution 435 on 1 April 1989. "

Vervolg...