VOLKSVERRAAD (32)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

" Namibië se onafhanklikwording  sou ook die weg baan vir Suid-Afrika om die linkse pad te loop.  Vir die Suid-Afrikaanse  akademici  sou die onafhanklikwording  van Namibië 'n eksperiment  wees vir die onderhandelingspolitiek wat nog in Suid-Afrika moes kom."

KULTURELE UITBUITING OM DIE VOLKSTAAT-IDEE TE BEVORDER

Die Afrikaner Volkswag het die 150-jarige herdenking van die Groot Trek in 1988 aangewend om konserwatiewe Afrikaners saam te snoer. Gedurende hierdie periode het die volkstaatgedagte sterk begin vorm aanneem. Die Oranjewerkers het dit die aktiefste gepropageer. Robert van Tonder het die idee van die Boerestaat by die AWB geplant voordat hy uit hulle geledere verdwyn het. SABRA met professor Carel Boshoff as voorsitter het intussen akademiese navorsing oor 'n volkstaat-idee gedoen. Hy het ook die Vryheidstigting in die lewe geroep om die Noord-Kaap as volkstaat te bevorder.

Ná die fees verby is, het Boshoff al meer van die Volkswag misbruik gemaak om sy volkstaat-idee te propageer. Onwetend van die agendas van Tienie Groenewald se Kom. Ops., het Boshoff as't ware 'n rytuig vir die Verligte Aksie-beweging geword. Selfs in die KP, waar die beleid van partisie sonder duidelike formulering gepropageer is, is die gedagte van 'n volkstaat al sterker gehoor.

In Februarie 1988 het honderde gewapende lede van die Afrikaner Weerstandsbeweging in die strate van Pretoria na die Uniegebou opmarsjeer en 'n petisie aan die Regering oorhandig waarin hulle 'n beroep op die Regering doen om 'n tradisionele Boerstaat met geen Swartes te skep nie. Die volkstaat-idee het egter nie wyd aanklank gevind nie. Dit was egter beperk tot die Oranjewerkers (met die okkupasie van Morgenzon) en die Vryheidstigting (met die okkupasie van Orania).

SUIDWES-AFRIKA WORD NAMIBIE

In skrywes gedurende Augustus 1988 aan die VN sekretaris-generaal, het beide Suid-Afrika en Swapo hulle verbind tot 'n vuurstaking op die dag toe die VN se Resolusie 435 geïmplementeer moes word. Swapo het ook onderneem om sy soldate noord van die 16de parallel te hou en dat hulle nie nader as 200 kilometers van die SWA grens sou kom nie. Ingevolge Resolusie 435 moes 'n verkiesing van 'n Wetgewende Raad onder die toesig van die VN geskied. Gevolglik het die eerste lede van die United Nations Transition Assistance Group (Untag) vroeg in 1989 aangekom.

Op 1 April 1989, toe die onafhanklikheidsplan vir SWA in werking getree het, het meer as 600 swaar gewapende Swapo soldate die grens oorgesteek. Meer as 30 000 uitgewekenes het stelselmatig na SWA teruggekeer. Uiteindelik het die verkiesing op 7 tot 11 November 1989 plaasgevind. Swapo het die verkiesing met 41 uit 72 sitplekke gewen. Na die verkiesing het Suidwesters 'n konstitusie vir die Republiek van Namibië opgestel.

"However, it soon became obvious that an assembly of 72 members was too large for such a task, and so a smaller committee under the chairmanship of Hage Geingop was asked to draw up a draft constitution for the consideration of the whole Constituent Assembly. The task of the Geingop Committee, assisted by three South African jurists, the advocate Mr Arthur Chaskalson, Professor Marinus   Wiechers  and Professor   Gerhard  Erasmus,   was facilitated  in three  ways.

"Firstly,  there was  a spirit  of mutual  understanding  among  the constitution   makers.  All  of them  wanted  the draft  constitution   to be put  to the  Constituent  Assembly   unanimously,  in order to prevent  it being received   with a demonstration of disunity.  Secondly,  Swapo's  draft constitution,  which was used as a working document,  was generally  accepted  by the DT A. It had been  drawn  up  by a Johannesburg   advocate;  Ismael  Mahomed, making  use of the Hiemstra  constitution  of 1987.  Third, the onstitution  makers  were  able  to take advantage   of guidelines.   In  a document  drawn up by the five  Western powers  (the USA, the UK, Germany,   France   and  Canada)  as  early  as  July  1982.  These guidelines,  accepted  by all parties,  laid down that Namibia   should be a unitary  state,  that the constitution  should  be accepted  by a two-thirds  majority,  that it should  be a democratic  document  with guarantees  for  human  rights,  that there should  be a multi-parsystem  with regular  elections,  and that there should  be no pro VI­ sian-for  any discrimination.   In the constitutional   negotiatons  all parties     including   Swapo,   repeatedly   referred   to  these  guidelines

Die konstitusie  van Namibië is in Februarie  1990 goedgekeur .

Sam Nujoma,  die leier van  Swapo, het Namibie se eerste  Staatshoof  geword.  Op  20 Maart   1990 het  Suidwes-Afrika   Namibië geword.   Daardie  dag is die Republiek  van Suid-Afrika  se vlag as die gebied  se amptelike  vlag vir die laaste maal gestryk.    Namibië se onafhanklikwording   sou ook die weg baan vir Suid-Afrika  om die linkse pad te loop.  Vir die Suid-Afrikaanse  akademici  sou die onafhanklikwording  van Namibië  'n  eksperiment   wees  vir   die onderhandelingspolitiek  wat nog in Suid-Afrika  moes kom.

Vervolg...