VOLKSVERRAAD (33)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

DIE COUP D'ETAT (STAATSGREEP):  FINALE LINKSE OORNAME VAN DIE KABINET

Intussen het die Vrymesselaars  (die Rockefeller­ CIA-konneksie)  besef dat 'n persoon  uit die Doppergeledere  die leisels  by P.W. Botha  as Staatspresident moet oorneem.  F.W. de Klerk  (lid van die Afrikaner  Broederbond  en 'n Vrymesselaar) wat op die ou einde daardie Dopper was, het veral sedert1988 begin met sy aanslag om Staatspresident te word. In die Afrikaner Broederbond  het sy aanhang  toegeneem.

Die leierskapstryd  in die NP het 'n aanvang geneem.  P.W. Botha was nie meer gesond nie. Hy het ligte beroerte aanvalle gehad, wat vir die publiek weggesteek  is. Hy kon nie meer die pas volhou nie, en  is  by  een  geleentheid inderhaas na 2 Militêre hospitaal in  Wynberg geneem. Na wat onbevestig verneem  is, is daar tydens sy hospitalisasie  ook 'n aanslag op  sy lewe gemaak.   Die  aankondiging  dat P.W. Botha na 2 Militêre Hospitaal in Wynberg  gehaas  is, het die bespiegelinge oor opvolging laat  opvlam.   Toe Chris Heunis op 19 Januarie 1989  ingehuldig  is as waarnemende  Staatspresident,  het almal gedink dat dit sy kanse sal verbeter om as kroonprins  in P.W. Botha se voetspore  te volg, en kort na sy beroerte  is hy deur Chris Heunis en Pik Botha  besoek.

Heunis  en Pik Botha het die tyd nou ryp geag om hul eie posisies te verstewig. Heunis wou graag  Eerste  Minster word  onder  P.W. Botha as Staatspresident op die Franse  model. Pik Botha  wou net sommer  sy naamgenoot as Staatspresident opvolg. Altwee het P.W.Botha  aangeraai  om die partyIeierskap  neer te lê en aan te bly as Staatspresident.   Hy het toe as leier van die NP bedank,  en so die weg gebaan  vir sy uiteindelike slagting. Daar  was  vier moontlike  aanspraakmakers.   Pik  Botha,  Chris Heunis,  Barend  du Plesis  en F.W. de Klerk.  Daar  moes  drie keer gestem  word  omdat  nie een van die kandidate  in die eerste  twee rondtes  'n volstrekte meerderheid van  130 koukuslede  behaal het nie. In die eerste ronde  het Pik Botha onverwags  uitgeval  toe hy, ondanks  sy groot openbare aanhang,  slegs sestien stemme ontvang het.  In  die tweede ronde  het  Heunis  sy  stemme van 25 tot 26 opgestoot  maar is uit die finale rondte weggelaat.  Barend  du PIessis wat as die leier van die tegnokrate  beskou is, moes die knie buig voor F.W de Klerk wat 69 stemme teenoor  61 ontvang  het.

Uiteindelik is De Klerk  in Februarie 1989 as leier van die NP verkies en het die NP die verkiesing  onder sy leierskap aangedurf. Pik Botha  word toe as't  ware  F.W.  de Klerk  se skadubeeld.  Pik Botha het in 'n groot mate F.W. de Klerk se  'visie' gemanupileer. P.W.  was  nog  Staatspresident,   maar  die antagonisme   oor  sy onversetlike  houding  teenoor  die Kommunisme  en Mandela  se vrylating  het  hom  al hoe  meer  onder  druk geplaas  en voortdurend spanning  in die kabinet  veroorsaak.  Hy het nou feitlik man-alleen in die NP nog probeer  weerstand  gebied  teen die uitlewering  van sy volk aan die barbarisme  van Afrika,  aan die verradelike Kommunistiese   ideologie;  en ook man-alleen  gestaan  vir die behoud van 'n kosbare kulturele erfenis wat oor 'n tydperk van meer as drie eeue gevestig  is.                                                     .

Maar  die swaard was reeds agter hom uitgetrek en met sy bedanking  as leier van die Nasionale  Party, kon die vyande van die Afrikaner  Blankedom  toe sonder  enige weerstand  hulle greep  op die binnewerking van die Nasionale Party verstewig.  Met Pik Botha as tussenganger was die Illuminati  nou weer in beheer van die politieke oorgawe  van  Suid-Afrika  en Suidwes-Afrika.   Die  vêr­ Iinkse faksie in die kabinet het met die bedanking  van P.W. Botha as  leier van  die  Nasionale  Party feitlik onmiddellik 'n plan in werking  gestel wat voorberei  was om die sogenaamde  hervormingsproses  in Suid-Afrika  in ‘n rewolusionêre fase in te stoot.

'n  Geheime  gesprek  tussen  P.W. Botha  en Nelson  Mandela  het tydens  Mandela   se gevangenisskap  op 5 Julie 1989   in  Tuynhuys plaasgevind.  Neil Barnard  en Wynand Bezuidenhout  van die Nasionale Intelligensiediens was ook in die agtergrond  teenwoordig. Hulle het  sorg  gedra  dat die gesprek op band opgeneem  word. Mandela het in sy personderhoud   met die Britse blad, Observer, vroeg in 1995 die kollig laat val op die gesprek waarin  hy meld dat hy  P.W. Botha  versoek het om die regses voor te berei op die politieke oorgangsproses.   P.W. Botha het Mandela  reguit gesê dat hy hom wil vrylaat,  maar dat sy vrylating  onderhewig  was aan die afsweer  van geweld.  Mandela  wou egter nie geweld  afsweer  nie. P.W. Botha wou nie verder voortgaan  met die bevrydingsproses van Mandela nie. P.W. Botha het nou besef dat indien Mandela bevry word dan sou die ANC en die SAKP ontban word; dit was ietwat in stryd met sy opvattings  oor Kommunisme.   P.W. Botha het nou die politieke hetvormingsproses    ontmoedig.  In die Broederbond het gerugte  die rondte  gedoen  dat P.W.  Botha  moet  bedank.  Die November 1989-Verkiesingsdag  het nader gekom  en 'n  kraak  in die Nasionale  Party was duidelik  sigbaar.

Pik Botha het tydens 'n besoek aan die Britse Premier, mev. M. Thatcher,  gedurende  die eerste helfte van 1989 haar volledig  ingelig oor die stryd tussen die meer radikale "hervormingsgesindes" in die kabinet  en die ander. Pik Botha  het aan haar gesê  dat  "die hervormingsgesindes  nou die oorhand  het.  Hy het verwys na die swak posisie van die Nasionale  Party in Transvaal en die feit dat dit F.W. de Klerk  minder  afhanklik  van  "konserwatiewe steun" gemaak  het. Die verlies  aan steun vir die NP  in Transvaal  het De Klerk volledig  afhanklik  van die steun van die NP se linkervleuel gemaak.  As  gevolg  van die verswakking  van  De  Klerk  se politieke basis, het Pik verklaar dat De Klerk wil hê dat Thatcher 'n aktiewe rol moes speel om Swartes, waaronder  die ANC, te oortuig om aan die demokratiese  proses in Suid-Afrika  deel te neem.

In die eerste week van Augustus 1989 het F.W. de Klerk en Pik  Botha in uiterste geheimhouding    'n  lang samespreking tydens 'n middagete  met  die voorsitter en die ondervoorsitter van Anglo-American, Gavin Relly en Julian Ogilvie Thompson  gehad. Dit is  deur Bill Jameson van die Britse  nuusblad,  Sunday   Telegraph  gerapporteer.  Hoewel  die inhoud van die gesprek  onbekend is, is dit duidelik dat die Geldmag  minstens ingelig was dat P.W. Botha as Staatshoof  binnekort  deur F.W.  de Klerk  onttroon sou word.  Voorts  het  die  Geldmag  hoë  verwagtinge  van  De  Klerk gekoester  om onderhandelingspolitiek in die Suid-Afrikaanse  politieke arena in te voer.  De Klerk  en Pik Botha het aan Reily Thompson  van die Nasionale Intelligensiediens, die se konsep van die Nuwe  Suid-Afrika  meegedeel  en wat hulle beoog het vir wanneer De Klerk  die leisels by PW Botha  sou oorneem.  Reilly het aan De Klerk gesê daar word van hom verwag om eers die klimaat vir werklike onderhandelings met die ANC te skep. Daarna word  van hom verwag  dat hy Mandela en ander Swart politieke gevangenes vrylaat. Om die klimaat te skep, moet De Klerk die vereistes  in die Harare­deklarasie nakom. Dan eers kan daar werklik onder handel word.

Allan  Hendriks  rig toe  'n direkte uitdaging tot P.W. Botha  deur 'n baaiverbod  op Gekleurdes  in Port Elizabeth te ignoreer en in die see te gaan swem. Dit het gelei tot Hendricks  se ontslag as Minister en ook byna die konstitusionele  bestel met sy drie-kamerparlement . Asof  hy net hiervoor  gewag het, gryp F.W. de Klerk toe gedurende  Augustus 1989 in,  en neem  die  binnekringe  van die Afrikaner Broederbond  'n finale besluit rakende die bedanking  van P.W.  Botha as president.  Binne die Kabinet is die finale swaai  na links op die spits gedryf toe  F.W. de Klerk  president  P.W. Botha in 1989 gedwing  het (by wyse van afpersing om laasgenoemde  se lidmaatskap  van die Nasionale Party op te skort) om te bedank as Staatshoof van die Republiek.   Eschell  Rhoodie  meld  in sy boek P.W. BOTHA   THE   LAST  BETRAYAL   op bladsy  298:  "At a private   week-end   meeting  in mid-August  Mr De  Klerk won  the cabinet's support  for  his  demand  to inform  Mr. Botha  that  the President had become an embarassment  to the NP; a loose canon; and a dangerous  one. No-one  argued more heatedly  in favour  of giving  the President  the boot than Mr. Pik Botha  who,  if nothing else, is  an expert  at reading  the right moment for  a political  kill. On  Monday  August  14, 1989 the  cabinet,  most  of  whom  were handpicked  by Mr. Botha  during  his heyday as dictator, asked Mr. Botha for  his resignation.  When he refused he was told that papers would  be handed  to him on, departure  ending  his membership  of the National  Party. That same  evening he announced  his resignation on national  television, lashing out that his authority  was being defied by  his  own  cabinet, leaving  him  no option but  to  resign."

P.W.Botha het as Staatshoof van die Republiek bedank.  F.W. de Klerk  is op 15 Augustus 1989  ingehuldig  as Staatspresident.

Vervolg...