VOLKSVERRAAD (34)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

TOTALE  OORGAWE

"Ons sal hier sien hoe die Verligte Aksie-bewegingsfaksie (van wie ons pas weer kennis geneem het met Deon Loots se verklaring oor die binnekringgebeure van die Boeremagsaak) binne die Afrlkaner Broederbond daarop uit was om regse weerstand jeens hulle beleid van Totale Oorgawe hok te slaan."

Voordat ons die TOTALE OORGAWE deur FW de Klerk behandel, 'n kort terugblik op die era van PW Botha:

Die Illuminati  het in die P.W. Botha-era  daarin geslaag om met die stigting van die Southern African Development  Coordination  Conference 'n streeksliggaam daar te stel wat later kon lei tot 'n super ekonomiese regering vir die Suidelike halfrond van Afrika.  Tog slaag die Illuminati  daarin om ná 1980 die era van liberalisme vir Suid-Afrika  in te lyf, wat geskoei was op radikale politieke  veranderinge.  Geheime  gesprekke  is met die ANC gevoer en die Suid­wes- en Angolakwessies is in 'n grootmate  besweer om die weg te baan vir politieke oorgawe  aan 'n ANC  Swart meerderheidsregering.    Hoewel  P.W. Botha by  die sluheid  van  Pik  Botha  se politieke model van pluralisme en tegnokrasie  ingetrek  is, het dit mettertyd  tog vir P. W. Botha begin deurskemer  dat vreemde wigte sy  land wil hê. En toe dit vir hom duidelik blyk wat presies aan die gang is, het hy begin voete  sleep met politieke  hervorming. Daarvoor moes hy amper met sy lewe boet.                                                .

(En  wat  die Amerikaanse  burger  en CIA-spioen,  Pik  Botha, betref,  kan ons net meld dat na wat  verneem  word,  was hy ook persoonlik die oorsaak van sy vrou se beserings en val).

TOTALE  OORGA WE  deur DE KLERK EN KIE

Inleiding

Hierdie  gedeelte plaas die, kollig op die bewindsjare  van president F.W.  de Klerk  van Augustus  1989 tot 27 April 1994. President F.W. de Klerk het P.W. Botha se geheime agenda rakende politieke, hervorming  geêrf.  Dis  Pik Botha wat weereens aan die regterkant van die president gaan staan het toe F.W. de Klerk staatspresident geword  het. Die Nasionale Party  se beleid om die Witman totaal uit te verkoop,  word  op daardie stadium nog nie werklik  deur die kiesers besef nie. Dit was  ook nooit  die bedoeling dat die Afrikanervolk  moet sien wat werklik gebeur het voordat  dit glad te laat is om iets  aan die saak te doen nie. Die Nasionale Party het nie volgens 'n mandaat regeer nie, maar wel volgens 'n geheime plan  wat  deur  die Rockefeller Foundation opgestel is e slaafs nagevolg is deur die Nasionale Party.

F.W.  de Klerk  het  op 2 Februarie 1990 met sy Rooi Toespraak die Rubicon oorgesteek. Ons   sal sien hoe die Verligte Aksie-bewegingsfaksie (van wie ons pas weer kennis geneem het met Deon Loots se verklaring oor die binnekringgebeure van die Boeremagsaak) binne  die Afrlkaner Broederbond  daarop  uit was om regse weerstand jeens hulle beleid van Totale Oorgawe hok te slaan. Alvorens die regses se magsbasis geneutraliseer kon word, het F.W. de Klerk die nodige stappe geneem om 'n militêre staatsgreep te voorkom. Toe realiseer die opkoms  van generaals as 'n verdere regeringsintervensie om die Afrikaner Broederbondgedagte van ' n Volkstaat aan die regses in samewerkmg  met  'leiersfigure' van die Konserwatiewe Party, te bevorder.  Uit  hierdie staatsveiligheidsprojek het 'n veelheid van regeringsfrontorganisasies    totstand gekom, waarvan  die Volkseenheidskomitee, die Afrikaner Volksfront,  die Vryheidsalliansie  en die Vryheidsfront , enkele  voorbeelde  is. Generaal  Tienie  Groenewald se Kom. Ops. was weereens die dryfkrag agter grootskaalse misleiding. Alles is gedoen in die naam van staatsveiligheid om bloot  die regering se beleid van totale oorgawe te legitimeer.  Uiteindelik sou die regering daarin slaag om sy beleid van oorgawe deur  te voer.  Ons sal vind dat die Illuminati homself ná April 1994 manifesteer in Pax Americana en dat hy onmiddellik van die Mandela-re gering  verwag  het om  in te  val  by  sy  planne van 'n ekonomiese superstreeksregering vir Suidelike Afrika.

DIE  PROMOSIE  VIR  DIE NUWE SUID-AFRIKA  TYDENS DIE NASIONALE PARTY SE VERKIESINGSVELDTOG BLY VAAG EN DERHALWE  HET DIE NASIONALE PARTY SE POLITIEKE  HERVORMING NIE OP 'N MANDAAT BERUS NIE

F.W. de Klerk het sy ampstermyn as Staatspresident  met 'n nuwe propagandastrategie  ingelyf. Feitelik direk nadat De Klerk Staatspresident geword het, het hy tydens die Nasionale  Party se verkiesingsveldtog  in 1989 in alle ems begin met die propagering  van die Nuwe Suid-Afrika.  Hy beskou Mandela  se vrese rondom die regses as ongegrond,  omrede  hy van mening  is dat hy met sy leuens die regses self sal kan hanteer. Die vermelde versoek van Mandela aan P.W. Botha  (dat die regses  voorberei  moet word  op die politieke hervormingsproses)  word  geïgnoreer,   hoofsaaklik  omrede De Klerk geweet het indien hy met 'n oop agenda die verkiesingstryd sou lei, die Konserwatiewe Party die bewind by die Nasionale Party as die regerende  party  sou oomeem.  Geen woord word  derhalwe gerep oor die ontbanning  van onwettige politieke  partye  nie.

Die Nasionale Party wen die Algemene Verkiesing  van September 1989  en  die Konserwatiewe   Party  word  die  amptelike opposisie.  As pres. F.W. de Klerk  se onridderlike  taak het hy begin om die groterwordende   bedreiging  in Angola  en die Suidwes-Afrika-vraagstuk aan te spreek.  Bepaalde  wêreldtendense  (soos die afbreek van die Oos-Duitse  muur en die Sowjetunie  se glasnost-en perestroika-beleid)  het 'n klimaat geskep vir ontspanningspolitiek in Suidelike Afrika. Om beide die Angolese en SWA- vraagstukke aan te spreek,  het Suid-Afrika  sy hulpverlening  aan Unita gestaak en Namibië se onafhanklikheid  erken. Dit het die weg gebaan vir sy sogenaamde  vredesinisiatiewe vir die Republiek.  Die  Amerikaanse Compression Anti-Apartheid  Act van 1985 is voorgehou om te dien as riglyne vir FW de Klerk se ontspanningspolitiek.   Die wet stel  vyf  voorwaardes  vir die opheffing  van  ekonomiese dwangmaatreëls  teen die Republiek:

  1. Die vrylating van politieke gevangenes;
  2. Die ontbanning van verbode politieke organisasies;
  3. Opheffing van die noodtoestand;
  4. Afskaffing van die oorblywende anti-Apartheidswetgewing;
  5. Verbintenis tot onderhandelinge vir 'n nie-rassige demokrasie in Suid- Afrika.

Om  sy onvoorwaardelike steun aan die Afrikaner se vyande in die buiteland  te bewys,  en sy erns  met politieke hervorming  aan hulle te illustreer, het hy in Oktober  1989 agt politieke  gevangenes vrygelaat,  waaronder  Walter  Sisulu,  Raymond  Mhlabu  en Oscar Mlangeni.

Vervolg...