VOLKSVERRAAD (35)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

IN DIE BUITELAND PROMOVEER  PIK BOTHA SE DEPARTEMENT  DIE REGERING  SE VERSKUILDE AGENDA OOR POLITIEKE  VERANDERINGE

In Oktober 1989 het die Departement  van Buitelandse  Sake 'n regeringsbeleid   begin  verkondig   wat  die  Regering   se  geheime agenda  verteenwoordig.   In dié verband  het die Departement   aan die internasionale  media gemeld  dat die regering  noodwendig  met die Demokratiese   Party  sal moet  saamwerk  sodat  hulle  'n  verenigde front teen die regses kan vorm. Voorts het die Departement aangedui  dat F.W. de Klerk in die nabye toekoms die vereiste dat die ANC geweld moet afsweer,  sal laat  vaar en slegs sal eis dat die ANC  'ernstig en vredeliewend'  moet onderhandel.  Ons sal sien dat dit inderdaad  op 2 Februarie  in F.W. de Klerk se  'Rooitoespraak' sou reflekteer.

F.W. DE KLERK VESTIG SY EIE PASIFISTIESE  MAG­ STRUKTURE

Die Bosberaad  van  November  1989 het  finaal  Blanke  oorheersing geskrap, die veillgheidstruktuur   verander  en is daar ook besluit op agendapunte  om regses  hok te slaan.

Binne  die kabinet  is daar klem gelê op die uitgangspunt  dat die Nasionale Party die land nie langer  kon regeer nie en dat Blanke oorheersing  finaal moet  verdwyn.  Met  die oorhand  wat  die verlinkses (en meer spesifiek die Verligte Aksie-bewegingfaksie) verkry het,  het  die sielkunde  van  oorgawe  en kapitulasie   die dominante  faktor  in  kabinetsbesluite  geword.   So  is  daar  gedurende November  1989 by 'n bosberaad  van die kabinet buite Pretoria gesê: dat  alle  skeidingswette  binne  twee  jaar  volledig  geskrap  moes word, dat  planne in werking  gestel moes word om die invloed van die regse politiek  te probeer  hokslaan  en dat die SA Weermag  uit die politieke arena verwyder  moes word.

Betreffende   die  beleid  van  demilitarisasie, is  besluit om  die belangrikheid  van die Suid-Afrikaanse  Weermag  in die formulering  en  die  uitvoering  van  beleid (soos  wat  gedurende  die  P W  Botha-bewindera   geken  is) te verminder  deur  die inkort  van die Staatsveiligheidsraad  se status en die afskaffing van die Nasionale Veiligheidsbestuurstelsel. Die     Staatsveiligheidsraad  sou  weer ‘n gewone kabinetskomitee word wat aan die kabinet verantwoordelik was.

Die Nasionale Veiligheidsbestuurstelsel was gedemilitariseer en vervang deur 'n stelsel waarin die Weermag voortaan nie langer 'n dominante  rol sou speel nie. Dit was ook die einde van die Totale Strategie en die Totale Aanslag soos  geken  in die P.W.Botha­ era. Die   Veiligheidsgemeenskap  het  toe die  OU  benadering  van Eschel Rhoodie heringevoer,  naamlik  dié van  propaganda  en sielkundige  oorlogvoering.   Uit  die aard van die saak het dit daartoe gelei dat Kom. Ops. en Tienie Groenewald sleutelfaktore geword het tot die regering se aanslag vir politieke veranderinge -’n aanslag waarin  daargeen  reëls bestaan het nie. Kom. OPs. en die Buro vir Inligting  word  toe die belangrikste  instrument  in die binnekring van die Veiligheidsgemeenskap en genl. Tienie Groenewald  word toe die persoon  rondom wie die hele offensief van politieke veranderinge  draai.

Kort ná hierdie beraad is die begrotings van die Weermag  en Krygkor  dramaties  ingekort.  Die Nasionale  Intelligensiediens sou een  van  die  belangrikste  akteurs  word  in  die skep van die Nuwe Suid-Afrika (soos pas bevestig in die onthulling van die Boermagsaak).   Allister Sparks  wys  in sy boek  TOMORROW  IS  ANOTHER  COUNTRY (The Inside Story of South Africa's Negotiated  Revolution)  op  bladsy   III   dat:  "Resolution   of State Security  Council meeting no. 13 of 1989: 'It is necessary  that more  information  should  be obtained  and processed  concerning the ANC,  and the aims, alliances  and potential  approachabIlity  of its  different  leaders  and  groupings.   To enable  this  to  be done, special additional  direct action will be necessary, particularly with the help of National  Intelligence  Service functionaries.    This could mean  everything  or nothing:  the authorisation of the first direct meeting with the ANC  itself or simply more spying  on it. If news of the meeting  leaked  out,  the State  Security Council  resolution could  be used  to explain  it away:  after  all,  it was  the National Intelligence  Service's job  to undertake  investigative  work.”       .

Die ys word  gebreek  deur 'n direkte inmenging  van die CIA in die Suid-Afrikaanse   politiek  met die 2 Februarie  1990-toespraak  (die sogenaamde  Rooi Toespraak). Die Rooi  Toespraak  is deur die voorsitter  van  die Verligte Aksie-beweging  (die CIA se mees invloedryke  front  in Suid-Afrika),   genl. Tienie  Groenewald   geskryf.   President  F.W. de Klerk het toe die toespraak  voorgelees.  F.W. de Klerk het volgens die linkse kringe   "sowaar  die Rubicon  oorgesteek." F.W. het sy toespraak  so begin:  "Die algemene  verkiesing op  6 September   1989 het  ons  land  onwrikbaar   op die pad  van ingrypende  verandering geplaas.  Grondliggend  hiertoe is die toenemende  besef by  al hoe meer Suid-Afrikaners   dat slegs  'n onderhandelende vestandhouding  tussen die verteenwoordigende  leiers van die hele bevolking  blywende  vrede kan verseker:"

Ingevolge die inhoud daarvan is Mandela  en ander   politieke  gevange nes se vrylating bekend gemaak  en ook  die ontbanning  van  die ANC, die  SAKP  en die  PAC afgekondig.   Dit  was  deel van  die liberale aanslag  om  Suid-Afrika  oor te gee aan 'n Swart meerderheidsregering.   Dit  is alles  gedoen  onder  die  dekmantel  van  die Nuwe Suid-Afrika.                                    ..

In die  Veiligheidsgemeenskap  was dit die Nasionale  Intelligensiediens se opdrag om as argitek daarvan op te tree. Selfs die Direkteur-Generaal van die Nasionale  Intelligensiediens  was sterk onder die indruk dat die Nasionale  Intelligensiediens 'n wesenlike rol sou speel met die skep  van die  Nuwe Suid-Afrika.  Hulle was vir Tienie Groenewald  bloot  ‘n middel  tot 'n doel en dit alles om die Amerikaanse  saak te dien.

Holistiese redes (soos die Verval van Kommunisme, die Opkoms van Japan as 'n Ekonomiese  Moondheid  en die Eenwording van die (EG) is aangevoer vir die regverdiging  van die skep van   ‘n Nuwe  Suid-Afrlka. Die holistiese redes wat die Nasionale Intelligensiediens sowel as F.W. de Klerk  aangevoer  het vir die regverdiging  van  die skep van 'n Nuwe  Suid-Afrika  is aanduidend tot die mate waarin die vermelde regspersoon  en De Klerk reeds toe verlig  geraak  het.

Die regering  misbruik  die Nasionale  Intelligensiediens  toe om inligting te bekom  oor die ANC/SAKP  se onderhandelingsstrategieë.  Die dinktenk  (onder die leiding van J. Claasse  en Tobie Janse van Rensberg) van die Nasionale Intelligensiediens, het sedert Oktober 1990  in  samewerking   met  die Raad  vir Geesteswetenskaplike Navorsing, parameters   geïdentifiseer   om die veiligheidsituasie  in streekverband  te monitor, waaronder  gesindhede  'n belangrike  rol sou speel -  persepsiële  navorsing.  Die stemming  van die breë publiek sou derhalwe belangrik word. Die hantering van beriggewing deur die media is ook gemonitor. Hierdie eksperiment  sou vanaf 1993 ontwikkel  tot 'n volledige Afdeling  wat  onder Casper  Snyman  en Chari Jooste sou werk.  Akademici  soos prof.  Pieter  Potgieter en prof. Pieter Joubert van die Potchefstroomse   Universiteit is ingetrek  om ook riglyne  saam te stel vir 'n moontlike  strategie wat sou volg.

Buitelandse  besoeke was uiteraard die inding en die Departement van Buitelandse  Sake het in 'n prioriteitsposisie bo staatsveiligheid ingeskuif.   Die Nasionale Intelligensiediens moes nou tevrede wees met die tweede plek. De Klerk moes nou die hele wêreld gaan inlig oor  sy  beleid  van  totale   oorgawe   om  ekonomiese  sanksies  te beëindig.

Vervolg...