Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
IN DIE BUITELAND PROMOVEER PIK BOTHA SE DEPARTEMENT DIE REGERING SE VERSKUILDE AGENDA OOR POLITIEKE VERANDERINGE
In Oktober 1989 het die Departement van Buitelandse Sake 'n regeringsbeleid begin verkondig wat die Regering se geheime agenda verteenwoordig. In dié verband het die Departement aan die internasionale media gemeld dat die regering noodwendig met die Demokratiese Party sal moet saamwerk sodat hulle 'n verenigde front teen die regses kan vorm. Voorts het die Departement aangedui dat F.W. de Klerk in die nabye toekoms die vereiste dat die ANC geweld moet afsweer, sal laat vaar en slegs sal eis dat die ANC 'ernstig en vredeliewend' moet onderhandel. Ons sal sien dat dit inderdaad op 2 Februarie in F.W. de Klerk se 'Rooitoespraak' sou reflekteer.
F.W. DE KLERK VESTIG SY EIE PASIFISTIESE MAG STRUKTURE
Die Bosberaad van November 1989 het finaal Blanke oorheersing geskrap, die veillgheidstruktuur verander en is daar ook besluit op agendapunte om regses hok te slaan.
Binne die kabinet is daar klem gelê op die uitgangspunt dat die Nasionale Party die land nie langer kon regeer nie en dat Blanke oorheersing finaal moet verdwyn. Met die oorhand wat die verlinkses (en meer spesifiek die Verligte Aksie-bewegingfaksie) verkry het, het die sielkunde van oorgawe en kapitulasie die dominante faktor in kabinetsbesluite geword. So is daar gedurende November 1989 by 'n bosberaad van die kabinet buite Pretoria gesê: dat alle skeidingswette binne twee jaar volledig geskrap moes word, dat planne in werking gestel moes word om die invloed van die regse politiek te probeer hokslaan en dat die SA Weermag uit die politieke arena verwyder moes word.
Betreffende die beleid van demilitarisasie, is besluit om die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse Weermag in die formulering en die uitvoering van beleid (soos wat gedurende die P W Botha-bewindera geken is) te verminder deur die inkort van die Staatsveiligheidsraad se status en die afskaffing van die Nasionale Veiligheidsbestuurstelsel. Die Staatsveiligheidsraad sou weer ‘n gewone kabinetskomitee word wat aan die kabinet verantwoordelik was.
Die Nasionale Veiligheidsbestuurstelsel was gedemilitariseer en vervang deur 'n stelsel waarin die Weermag voortaan nie langer 'n dominante rol sou speel nie. Dit was ook die einde van die Totale Strategie en die Totale Aanslag soos geken in die P.W.Botha era. Die Veiligheidsgemeenskap het toe die OU benadering van Eschel Rhoodie heringevoer, naamlik dié van propaganda en sielkundige oorlogvoering. Uit die aard van die saak het dit daartoe gelei dat Kom. Ops. en Tienie Groenewald sleutelfaktore geword het tot die regering se aanslag vir politieke veranderinge -’n aanslag waarin daargeen reëls bestaan het nie. Kom. OPs. en die Buro vir Inligting word toe die belangrikste instrument in die binnekring van die Veiligheidsgemeenskap en genl. Tienie Groenewald word toe die persoon rondom wie die hele offensief van politieke veranderinge draai.
Kort ná hierdie beraad is die begrotings van die Weermag en Krygkor dramaties ingekort. Die Nasionale Intelligensiediens sou een van die belangrikste akteurs word in die skep van die Nuwe Suid-Afrika (soos pas bevestig in die onthulling van die Boermagsaak). Allister Sparks wys in sy boek TOMORROW IS ANOTHER COUNTRY (The Inside Story of South Africa's Negotiated Revolution) op bladsy III dat: "Resolution of State Security Council meeting no. 13 of 1989: 'It is necessary that more information should be obtained and processed concerning the ANC, and the aims, alliances and potential approachabIlity of its different leaders and groupings. To enable this to be done, special additional direct action will be necessary, particularly with the help of National Intelligence Service functionaries. This could mean everything or nothing: the authorisation of the first direct meeting with the ANC itself or simply more spying on it. If news of the meeting leaked out, the State Security Council resolution could be used to explain it away: after all, it was the National Intelligence Service's job to undertake investigative work.” .
Die ys word gebreek deur 'n direkte inmenging van die CIA in die Suid-Afrikaanse politiek met die 2 Februarie 1990-toespraak (die sogenaamde Rooi Toespraak). Die Rooi Toespraak is deur die voorsitter van die Verligte Aksie-beweging (die CIA se mees invloedryke front in Suid-Afrika), genl. Tienie Groenewald geskryf. President F.W. de Klerk het toe die toespraak voorgelees. F.W. de Klerk het volgens die linkse kringe "sowaar die Rubicon oorgesteek." F.W. het sy toespraak so begin: "Die algemene verkiesing op 6 September 1989 het ons land onwrikbaar op die pad van ingrypende verandering geplaas. Grondliggend hiertoe is die toenemende besef by al hoe meer Suid-Afrikaners dat slegs 'n onderhandelende vestandhouding tussen die verteenwoordigende leiers van die hele bevolking blywende vrede kan verseker:"
Ingevolge die inhoud daarvan is Mandela en ander politieke gevange nes se vrylating bekend gemaak en ook die ontbanning van die ANC, die SAKP en die PAC afgekondig. Dit was deel van die liberale aanslag om Suid-Afrika oor te gee aan 'n Swart meerderheidsregering. Dit is alles gedoen onder die dekmantel van die Nuwe Suid-Afrika. ..
In die Veiligheidsgemeenskap was dit die Nasionale Intelligensiediens se opdrag om as argitek daarvan op te tree. Selfs die Direkteur-Generaal van die Nasionale Intelligensiediens was sterk onder die indruk dat die Nasionale Intelligensiediens 'n wesenlike rol sou speel met die skep van die Nuwe Suid-Afrika. Hulle was vir Tienie Groenewald bloot ‘n middel tot 'n doel en dit alles om die Amerikaanse saak te dien.
Holistiese redes (soos die Verval van Kommunisme, die Opkoms van Japan as 'n Ekonomiese Moondheid en die Eenwording van die (EG) is aangevoer vir die regverdiging van die skep van ‘n Nuwe Suid-Afrlka. Die holistiese redes wat die Nasionale Intelligensiediens sowel as F.W. de Klerk aangevoer het vir die regverdiging van die skep van 'n Nuwe Suid-Afrika is aanduidend tot die mate waarin die vermelde regspersoon en De Klerk reeds toe verlig geraak het.
Die regering misbruik die Nasionale Intelligensiediens toe om inligting te bekom oor die ANC/SAKP se onderhandelingsstrategieë. Die dinktenk (onder die leiding van J. Claasse en Tobie Janse van Rensberg) van die Nasionale Intelligensiediens, het sedert Oktober 1990 in samewerking met die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, parameters geïdentifiseer om die veiligheidsituasie in streekverband te monitor, waaronder gesindhede 'n belangrike rol sou speel - persepsiële navorsing. Die stemming van die breë publiek sou derhalwe belangrik word. Die hantering van beriggewing deur die media is ook gemonitor. Hierdie eksperiment sou vanaf 1993 ontwikkel tot 'n volledige Afdeling wat onder Casper Snyman en Chari Jooste sou werk. Akademici soos prof. Pieter Potgieter en prof. Pieter Joubert van die Potchefstroomse Universiteit is ingetrek om ook riglyne saam te stel vir 'n moontlike strategie wat sou volg.
Buitelandse besoeke was uiteraard die inding en die Departement van Buitelandse Sake het in 'n prioriteitsposisie bo staatsveiligheid ingeskuif. Die Nasionale Intelligensiediens moes nou tevrede wees met die tweede plek. De Klerk moes nou die hele wêreld gaan inlig oor sy beleid van totale oorgawe om ekonomiese sanksies te beëindig.
Vervolg...