Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
REAKSIES OP SUID-AFRIKA SE BELEID VAN TOTALE OORGAWE
Die sogenaamde Rooi Toespraak is deur die regse groepe met weersin ontvang. Die Konserwatiewe Party het byvoorbeeld hulle ongelukkigheid gedemonstreer deur uit die ParIement te stap. Pieter Groenewald het ook aan F.W. de Klerk by 'n geleentheid sewe munte oorhandig as 'n simbool van die uitverkoping van die Blankes in Suid-Afrika.
Die Britse ekonomiese navorsingseenheid, The Economist Intelligence Unit, het in Februarie 1990 die standpunt gehuldig dat ekonomiese sanksies weinige uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad het. Daar word gewys dat dit slegs op 5 persent van alle uitvoerverdienste impak gehad het. Hulle was van mening dat ekonomiese sanksies 'n meer sielkundige uitwerking op die Suid-Afrikaanse beleidmakers gehad het. Vervolgens het Harry Oppenheimer in lyn daarmee die standpunt gehuldig dat: "Ek meen nie ekonomiese sanksies het 'n deurslaggewende rol gespeel in die stappe om apartheid te beëindig nie ... Die enigste ding wat 'n uitwerking gehad het, was die opskorting van normale bankbetrekkings met die buitewêreld".
Nelson Mandela en die ander politieke leiers word in Februarie 1990 vrygelaat. Mandela word kort na sy vrylating as 'n Vrymesselaar ingesweer, wat aanduidend is tot die Vrymesselaars se strewe vir 'n veelrassige demokrasie vir Suid-Afrika. Swart politieke bewuswording is sporadies by wyse van optogte in belangrike strate oral in die land geïllustreer. Swart geweld was van meet af aan aan die orde van die dag. Ondertussen is die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) opnuut gestig nadat sy lede langer as 30 jaar in ballingskap was.
De Klerk en sy Kabinet het op 4 Mei 1990 tydens die Groote Schuur-minuut deelgeneem aan onderhandehngs met die ANC/SAKP, terwyl daardie organisasie uitdruklik verklaar het dat dien gewapende stryd voortgesit word: FW en Mandela het ‘n gesamentlike persverklaring uitgereik, wat lui: “Die regering en die ANC kom ooreen op 'n gemeenskaplike verbondenheid tot 'n oplossing vir die huidige klimaat van geweld en intimidasie van watter kant ook al, asook 'n verbondenheid tot stabiliteit en ‘n vreedsame proses van onderhandelinge.
'n Taakgroep was saamgestel om aandag te gee aan die definisie van politieke oortredings" en ook die "normes en meganismes om die vrylating van politieke gevangenes, asook die verlening van immuniteit ten opsigte van politieke oortredings aan hulle binne en buite Suid-Afrika ". Daarby het die regering onderneem om die bestaande veiligheidswetgewing te hersien om dit in lyn te bring met die nuwe "dinamiese situasie" teneinde normale en vrye politieke aktiwiteite te verseker. Die regering het hom ook daartoe verbind om die noodtoestand op te hef. Ten einde dit alles te bereik, is daar ooreengekom om doeltreffende kanale vir kommunikasie tussen die regering en die ANC te skep.
Die polisiehet dit intussen aan die media laat val dat die ANC oor 'n geheime agenda beskik, Enersyds het die ANC voorgegee dat hy 'n organisasie is wat 'n vreedsame oplossing nastreef, en andersyds het sommige lede van die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC saamgesweer om die regering omver te werp. Besonderhede van 'n geheime vergadering is bloksgewys in die mediaberigte bekend gemaak. Hiervolgens sou die AN C deur middel van Operation Vula die gewapende stryd hervat as die onderhandelinge misluk. Dit het die Groote Schuur-minuut geskend en die regse politiekery gestimuleer.
In Augustus 1990 is dit opgevolg deur die Pretoria-minuut. Die Pretoria-minuut het die Groote Schuur-minuut bevestig. Aanvullend is meer spesifieke planne aangekondig vir die vrylating van ANC-gevangenes en die vrywaring van mense in fases.
Uit die Pretoria-minuut het die regering die noodtoestand opgehef. Die ink op die Pretoria-minuut was egter nog skaars droog, of geweld het in die Swart woonbuurtes losgebars. Van Natal af het die geweld versprei na die Witwatersrand.
Vervolg...