VOLKSVERRAAD (38)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

In die beplanningsfase  van hierdie  ondermynende  komplot  teen die regses mog die plan  die implikasie inhou  dat die Nasionale Intelligensiediens se invloed aangewend sou word en moes dit as 'n doel tot die middel gesien word. Dit blyk  duidelik uit 'n onderhoud  van dr. Neil Barnard  met Alf Ries van Die Burger  van  19 Februarie  dat hy nie genoeë  was  dat die Nasionale   Intelligensiediens   misbruik  word  wanneer  sy regering hom  opdrag  gee  om gebruik  te word  by uitvoerende  aksies wat eenvoudig  nie gedoen behoort te word nie. By die Nasionale  IntelIigensiediens  se jaareindfunksie   was dit reeds duidelik  dat daar  'n effense konflik bestaan tussen dr. Barnard  en pres. De Klerk. Hy is egter as Direkteur-Generaal   van die Staatkundige  Ontwikkelingsdiens met ingang van  1 Januarie 1992 oorgeplaas  en vervang  met Mike Louw  as Nuwe Direkteur-Generaal   van die Nasionale  Intelligensiediens.

Om enige  moontlikheid  van kritiek  deur die media van die Nasionale  Intelligensiediens   se betrokkenheid   by die onderhandelingspolitiek  te  minimaliseer,  is  daar  op regeringsvlak besluit  om saam met Neil Barnard  ook ander dienslede waaronder Maritz  Spaarwater,  Riaan Botha,  Gustav von Bratt  en Nel Marais na die Staatkundige  Ontwikkelingsdiens   oor te plaas.

Voortspruitend  uit bovermelde  besluite  het  dr. Neil  Barnard  in Januarie  1992 (toe Barnard nog besig was  om sy kantoor  by die Nasionale  Intelligensiediens  skoon  te  maak) by  die  Nasionale Intelligensiediens se kantoor wat die diens se Klandestiene bronne administreer,  Ferdi Hartzenberg  se telefoonnommer  bekom en hom gekontak. Barnard kon nie deur gesprekvoering  met die agent Hartzenberg  daarin  slaag om die Konserwatiewe  Party reeds  in 'n vroeë stadium   by  die  Nasionale   Intelligensiediens  se  georkestreerde  onderhandelingspolitiek betrokke  te kry nie. Hartzenberg het wel in die Parlement  die feit dat sodanige  gesprek  plaasgevind het,  geopenbaar  om  inderdaad  sy verbintenis  met die Nasionale Intelligensiediens te verbloem.

AFRIKANERWEERSTANDSBEWEGING           BEGIN BOEMERANG AS STAATS-VEILIGHEIDSPROJEK

Die  Afrikaner  Weerstandsbeweging    (A WB)  moes  onder  leiding van Afdeling  Militêre  Inligting  se Kom. Ops. in samewerking  met die Engelse  koerant,  The  Sunday   Times  op daardie  stadium  'n illussie  skep van  'n opkomende  of nuwe  staatsveiligheidsbedreiging. Die pleidooi van 'n Volkstaat moes nou 'n werklikheid  word. Ná  die Afrikanerweerstandsbeweging se leier,  Eugene  Terre'Blanche se Jani Allan-eskepade  in 1988, het die aansien van die Boere­ beweging met sy kamma pleidooi van 'n Volkstaat  daaronder  gely. Hierdie  staatsveiligheidsprojek,  wat toe nog nie ten volle in rat gekom het nie, het in ernstige kredietwaardigheidsprobleme ingeloop. Ná die eskapade  het generaal  Tienie  Groenewald  versoek  dat Terre'Blanche  van sy leierskap van die Afrikaner  Weerstandsbeweging moes  afstand  doen.  Terre'Blanche het  voet  by  stuk  gehou en geweier  om van sy leiersposisie  afstand te doen.

Verskeie verteenwoordigers   van Volkstaatorganisasies het in hulle reaksies  op die uitslag van die referendum  gesê dat Afrikaners moet begin werk aan die daarstelling  van hul eie onafhanklike  staat. Jannie Groenewald,  hoofsekretaris   van die Boere  Vryheidsbeweging (BVB) (en 'n regeringsagent) het gesê: "Ondanks die leidende  referendumvraag,  onbehoorlike  beïnvloeding,  dreigemente  van die  buitelandse  afsondering   en  buitengewone   inmenging   in  die   huishoudelike sake van Suid-Afrika,  het  'n beduidende  aantal lede van die Boerevolk aangedui dat hulle magsdeling  verwerp.  Die BVB beywer hom steeds vir die samestelling  van  'n volksgesagsliggaam wat  in opdrag  van  en  namens  die  Boerevolk   deur  middel  van eisestelling  aan die owerheid  en tweesydige  onderhandeling   met veral naburige  state volksgroepe,  sal kan beding vir 'n Boerestaat. om  hierdie  doel te bereik, het die reël van  'n Volkstaat- vryheidsberaad  'n noodsaaklik  geword. "

Die  BVB het voorts  'n beroep op volksgenote  gedoen om geduld te beoefen, nie tot sinnelose geweld oor te gaan nie en die uitkoms  van die beoogde  vryheidsberaad  af te wag. Die Verenigmg.van  Oranjewerkers  het nie die uitslag  van die referendum as  'n uitspraak  teen  die gedagte  van  'n Volkstaat beskou  nie,  maar  eerder as ten  gunste van  onderhandeling.

Prof.  Carel Boshoff die voorsitter van die Afrikanervryheidstigting (Avstig), het gesê dat Avstig besluit het om 'n voorlegging  aan Kodesa  se Kommitee   oor grondwetlike   beginsels  te  doen.   "Die voorlegging  handel  oor die Afrikanervolk  se reg van selfbeskikking en van afskeiding  van die Republiek  van Suid-Afrika   om  'n onafhanklike  staat te kan oprig. " het Boshoff  gesê.

Vervolg...