VOLKSVERRAAD (39)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

AFRIKANER BROEDERBOND EN DIE OPOFFERING VAN DIE AFRIKANER

Die Afrikaner Broederbond se  omsendskrywe,  gedateer April 1991  (vir  behandeling en oorweging,   vernietig  teen 30 September) word in  ‘n scenario-oorsig    'n  "demokratiese  oplossing"   deur onderhandelde-een-mens-een-stem-kiesreg,   'n verskanste  grondwet, proporsionele  verteenwoordiging,   een of ander vir die meerderheid aanvaarbare   beskerming   van  minderhede   en  konsensusbesluitneming  bepleit.  Dit was  die scenario  wat hy verkies,  waarin  die Broederbond   ewe gelate waarsku  dat die Nuwe  Suid-Afrika wat hyself as die vernaamste  inisiëerder  besig is om in die lewe te bring, dalk tot chaos,  bloedvergieting   en anargie  kan lei. 

Die hoofklem in die omsendbrief  lê  juis  op die tydsame  selfopoffering   van  die Afrikaner  in al die ellende wat die Nuwe Suid-Afrika  sal meebring. "Ons moet ons (as Afrikaners )  onbaatsugtig  aan die mense van hierdie land gee, onsself vir hulle almal op die altaar plaas,  met oorgawe  en offervaardigheid. "

Die Broederbond het erken dat die realiteite insluit 'n heterogene  bevolking  met daarmee verbandhoudende   sosiale, ekonomiese  en politieke  vraagstukke  en groeiende  spanninge  wat daaruit voortvloei.  Die omsendbrief  het klem  op die noodsaaklikheid om verwagtings af te skaal gelê en gesê  dat  daar  baie  hard  gewerk  moet  word  om  die  konsep  van onderhandelde  demokrasie  te red.

Dit waarsku  teen  die moontlike  scenario  van uitgerekte  onderhandelings,   onder  omstandighede   van  voortslepende   of  eskalerende  geweld,  'n verslegtende  ekonomie,  'n alles-of-niks  houding en onoorbrugbare  verskille.  Politieke  en ekonomiese  onstabiliteit, armoede  en wetteloosheid neem dan toe, die regering  van die dag bly  wel aan bewind  maar  sy gesag  word  steeds  meer  afgetakel, sodat die ekonomie  verder verswak en onstabiliteit  erger word. Dit is  "moontlik", sê die Broederbond,  dat die land in sulke omstandighede  in 'n toestand  van anargie kan sink. Hierdie was sy derde scenario  of moontlike  lyn van gebeure.

'n Regse  oorname  of militêre  staatsgreep,   inplaas  van  'n volwaardige Swart meerderheidsregering,   word in 'n slot-scenario  as totaal  onrealisties  geskilder in teenstelling met moreel  afdwingbare partisie-sanksies,  Swart  geweld  en uiteindelike  buitelandse inmenging  of voortdurende  anargie.

REGERINGSAGENTE  BEVORDER  DIE PLEIDOOI  VIR  'N VOLKSTAAT

Derhalwe  moes die Nasionale  Intelligensiediens  later die hulp van  sy ander  agente,  Koos  van  der  Merwe  en Andries  Beyers, inroep.  Die KOOS-dokument  het toe die lig gesien,  waarin  Koos van der Merwe  'n Volkstaat  voorstel. Hierdie dokument is deur die sekretariaat  van die Staatsveiligheidsraad  (Afdeling  Militêre Inligting) se Kommunikasie Operasie opgesteL  In April  1992 het Koos van der Merwe  aan Rapport  gesê dat die Konserwatiewe   Party  en die  Nasionale   Party  in  die  Nuwe   Suid-Afrika   saamwerk   in  'n  "losse alliansie " om die ANC te verslaan.  Voorts  het hy gesê dat hy deelname  aan Kodesa steun. Uiteindelik het dit gelei tot Van der  Merwe  se gedwonge  bedanking  uit  die  KP.  Daarna  het  'n ander  agent van die Nasionale  Intelligensiediens,   Andries  Beyers vier  ander  KP-LP's   (adv.  Moolman  Mentz,  adv. Chris  de Jager, Rosier de Jager en Cehill Pienaar)  se vertroue  gewen en hulle oortuig om saam met hom weg te breek en op die Nasionale  Intelligensiediens  se voorstel,  die Afrikaner-volksunie te stig en sodoende by die Nasionale  Intelligensiediens se georkestreerde   onderhandelingspolitiek  betrokke te raak. Gedurende  Augustus  1992 is die Afrikaner-volksunie   as 'n  "intelligensie-rookskerm" (Nasionale  Intelligensiediens)   gestig.  Die Afrikaner-volksunie    het in sy Volkstaat-ideaal  'diskriminasie' op grond van ras verwerp  en die standpunt gehuldig   dat alle  inwoners  (afgesien van ras) volle burgerskap sal geniet en dat daar geen gedwonge verskuiwing van mense sal plaasvind nie.

HOKSLANERY VAN DIE REGSE POLITIEK

Samewerking    tussen   Tienie  Groenewald,    die  CIA  en  die Nasionale  Intelligensiediens:

Die  hand  van  die  CIA  het sedert  die begin  van  die negentigs toenemend   sigbaar  geword om  die  regse  politiekery   te  laat  verbrokkel.

Omrede  die Afrikaner  Broederbond  se Volkstaat-idee  voorheen nie juis aftrek gekry het nie, het dit op advies van die CIA weereens as strategie  (vir die verbrokkeling   van regse  politiekery)   herleef. Een van die CIA se Britse  frontorganisasies   (naam  onbekend)  het artikels gepubliseer  rondom die Afrikanervolkstaat   as oplossing vir die  Afrikaner   se  huidige  politieke   probleem.     Die  CIA  was  op daardie   stadium  goed  ingegrawe   in die  Suid-Afrikaanse   volkshuishouding,  die Nasionale  Party, die Afrikaner  Broederbond,   die Vrymesselary   en die Intelligensiewese.   Volgens  beskikbare  inligting is F.W. de Klerk, Tienie Groenewald,  Mike Louw, Chris Stals, Pik Botha,  Roelf Meyer, Kobie Coetzee en Leon Wessels deel van die CIA spioenasienetwerk.

Genl. Tienie Groenewald,  die voorsitter  van die CIA  se invloedrykste front, die Verligte Aksie-beweging,  het gepoog om sy invloed in regse kringe te laat geld. Will Roberts van die CIA het 'n boek, African White Tribes,  geskryf waarin  hy 'n Afrikaner  Boerestaat bepleit.  Met die aanslag  om die Volkstaat-idee  te laat herleef, word die Afdeling  Militêre Inligting ingetrek. Genl Groenwald  het in die vroeg 90's (presiese  datum is onbekend)  bedank na aanleiding  van sy seun Hendrik,  se beweerde  skietery  op swartes.  (Hoewel  Hendrik  Groenewald   hom  in die VSA  gaan  vestig  het,  is die skietvoorval  op  sigself  ook  verdag.  Dit  is wat  Groenewald   in  regse kringe  voorgehou  het as die hoofoorsaak  vir  sy bedanking).   Die bedanking  van  Groenewald  word skepties deur die Herstigte  Nasionale  Party  aanvaar.  Groenewald   het  saam  met  die Van Rensburg-broers   (Riaan  en Koos,  wat  toe  reeds  bekend  was met  die onderwêreld  van spioenasie)  die Val de Grace-gebou  geokkupeer.

Groenewald   het  hierna  sy Instituut  vir Strategiese  Analise   (operasionele  lede van  die Afdeling  Militêre Inligting is aan die projek toegeken)  gestig.   Hy werk nou saam met sy  broer, Jan Groenewald  (wat ook reeds  bekend  was met die onderwêreld  van spioenasie)  van die Boere  Vryheidsbeweging,  Afdeling  Militêre  Inligtingsfront).   Pogings  is deur die lede van die afdeling Militêre Inligting aangewend  om Toekomsgesprek en die Vryheidsbeweging  te infiltreer.  Die Afrikanervolkstaat-idee  word toe bevorder. Alles as deel van 'n sielkundige  en propagandafront  van Afdeling Militêre Inligting wat ten nouste geskied met die samewerking  van die  Nasionale Intelligensiediens (terwyl  die  CIA  alles  monitor). Die Patriot  van 15 Mei  1992 publiseer  kritiek wat Tienie Groenewald lewer op die regering -  alles 'n blote foefie om Groenewald 'n regse dekking  te gee.

Vervolg...