Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
VOLKSEENHEIDSKOMITEE AS REGERINGSFRONT EN BOUSTEEN VIR DIE AFRIKANER VOLKSFRONTEugene Terre' Blanche is deur die Afdeling Militêre Inligting se Kommunikasie Operasie (Kom.ops.) aangesê om 'n geheime vergadering te hou sodat die AWB se verhouding met die staat opnuut gekonstitueer word. In November 1991 hou Terre' Blanche so 'n vergadering en stig hy die Volkseenheidskomitee. Vervolgens rapporteer die Weekend Star van 1-2 April 1995 op bladsy 3 in sy artikel: "AWB formed by Voster government: Plan backfired and resulted in rise of militant neo-Nazis, says secret document.
".... Years later, Terre' Blanche became involved in a power struggle with other council members and it was apparently demanded in 1990 that he resign his post as leader. He refused with the result that several AWB members then resigned. Terre 'Blanche is then said to have called a secret meeting to reconstitute the AWB and this was held in Kiber Park, Johannesburg, in November 1991. At the same time, he established another organisation called the Peoples Unity Committee (Volkseenheidskomtee, known as VEK or VEKOM. VEK is known to be a key group with tentacles throughout the country. But according to some right wing sources, it is now going through what was described as a 'lean period'. VEK came into being at a time when FW de Klerk was in office as executive Staatspresident and international pressures on South Africa were increasing.
"The result of this pressure was the release of Nelson Mandela and the unbanning of the ANC, PAC and South African Communist Party. This was followed by negotiations between the government and various parties which culminated in the formation of the Government of National Unity, with Nelson Mandela as the country's first black president ... The document says the AWB began to exspouse Volkstaat ideals and Professor Carel Boshoff, at the time deputy leader of the Broederbond - then a powerful secret Afrikaner organisation - was alledgedly ordered by the government to wring the neck of AWB ideas. To give further credence to right wing aspirationand and disinformation was apparently sown about the buying of Orania, a small hamlet in the northern Cape where supporters of the right wing could ostensibly continue with their volkstaat ideals. Boshoff has played a leading role in the development of Orania.
"Meanwhile, Groenewald formed the Boerevryheid Vryheids beweging (BVB; which brought into the political spectrum the militant Mine Workers Union and prominent rightwingers such as Andrew Ford, Gawie Volskenk and Piet Bester: According to the document, the then government and the ANC had by then agreed on the identification of the part of the country as a Volkstaat which would stretch from East London to Prieska."
Die Volkseenheidskomitee (VEKOM) was 'n klandestiene frontoperasie van Afdeling Militêre Inligting se Kommunikasies Operasie (Kom. Ops.) wat onder die toeig en leiding van genl. Tienie Groenewald geskied het, alhoewel dit as overte publieke regsliggaam in die openbaar bedryf is. Die drukwerk van VEKOM is ironies genoeg in Afdeling Militêre Inligting se basis op Klapperkop in Pretoria gedoen. VEKOM het onder leiding van genl. Tienie Groenewald in sy 'eenheidstrewe' gepoog om verskeie politieke partye en kultuurorganisasies in ‘n enkele politieke aksie saam te trek. Derhalwe sien VEKOM homself toe as 'n oorkoepelende organisasie in 'n poging om politieke partye en kultuurorganisasies te verenig. Die bestaan van VEKOM is veral geopenbaar in April 1993 toe VEKOM 'n openbare vergadering in Pretoria-Noord gehou het. Wat VEKOM se rol betref, het genl. Groenewald tydens daardie vermelde vergadering 'n drie-opsie-strategie uitgewys vir die verwesenliking van 'n Volkstaat:
(a) die regering verslaan by die stembus - VEKOM het geweet dat daar nie weer 'n Blanke verkiesing gaan wees nie.
(b) VEKOM gaan die pad van onderhandeling volg – VEKOM kies hierdie opsie.
(c) VEKOM meen dat die geweldsopsie slegs gevolg sal word indien aIle ander metodes sou misluk. Voordat tot geweld oorgegaan sou word, voorsien hulle nog 'n periode van tydelike verset. Deur VEKOM het genl. Groenewald ook kennis gedra van die gevoel van magteloosheid wat in die Konserwatiewe Party bestaan het vanweë direkte kontakte binne die binnekringe van die party. VEKOM wou van meet af met sy voorstelle vir 'n Volkstaat 'n onderhandelingspad volg en ook inval by die KP se mobilisasieskema.
Tienie Groenewald het egter nie oor voldoende invloed beskik om hierdie party te manipuleer nie, en die uurglas het uitgeloop vir die Nasionale Party om sy mag aan 'n ANC/SAKP bewind oor te gee. Daarom moes nog 'n faktor ingebring word. Die toetrede van die generaals tot die politieke speelveld. Dit sou 'n nuwe, onbekende faktor tot die politiek in Suid-Afrika toevoeg. Dit het die algemene gespreksonderwerp geword, terwyl min mense inderdaad besef het waaroor dit in werklikheid gaan. Die generaals se strategie word aangebied as die groot oplossing op 'n redelik kort termyn vir die land se probleme, terwyl daar inderdaad groot onsekerheid bestaan oor die oplossing wat hulle spesifiek vir Suid Afrika in gedagte het.
VERKLEINING VAN DIE WAARSKYNLIKHEID VAN 'N REGSE STAATSGREEP
Alvorens die generaals op die politieke arena hulle verskyning kon maak, moes die Staatsveiligheidsraad eers toesien dat daar met die 'lang messe' in die Weermag en Polisie ingesny word om die moontlikheid van 'n staatsgreep te verklein. In hierdie verband het
die aanwysing van die Harms-kommissie van ondersoek na die sogenaamde 'moordbendes' in die Suid-Afrikaanse Polisie en Weermag gelei tot die ontbinding van die Burgerlike Samewerkingsburo. In November 1992 word dit opgevolg deur die Pierre Steyn-ondersoek binne die Suid-Afrikaanse Weegmag om Militêre Inligting by te kom. Altesaam 23 offisiere van Militêre Inligting se Direktoraat Koverte Inligting (vier sleuteloffisiere by name genl. Chris Thirion, brig. Tollie Botha, brig. Fredi van Wyk en brig. Koos van der Merwe) is in Desember 1992 of op verpligte verlof of op vroeë aftrede of op ondersoek geplaas. Hierdie regeringsoptrede het "die hart van die Derde Mag uitgeruk". (Vyftien maande later is polisie generaals deur Regter Goldstone ondervra oor 'Derde Mag'-optrede, waaronder genl Basie Smit, genl Krappies Engelbrecht en genl. Le Roux.) Hulle word daarvan beskuldig dat "...van hulle hul eie agenda gehad het om te verhoed dat die nuwe bedeling slaag, en bewerings oor politieke moorde en (wapen)smokkelary. Voorts het F.W. de Klerk op versoek van die ANC 32 Bataljon laat ontbind. " '
POLITIEKE INTERVENSIE VAN DIE GENERAALS
Die generaals en die rol wat hulle sou speel, was 'n uitvloeisel van die toetrede van Afdeling Militêre Inligting se front, die Volkseenheidskomitee (VEKOM) tot die politiek. Dit is waar die welbekende Constand Viljoen (voorheen Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag) met militêre prestasies in Angola, deur Tienie Groenewald nadergetrek is.
Na wat verneem is, het Viljoen op daardie tydstip gebuk gegaan onder ernstige finansiële probleme. Indien ons die feite reg vertolk, het Tieme Groenewald sy magsposisie in die Verligte Aksie beweging misbruik, Groenewald het die druk wat die banke op Constand Viljoen geplaas het, georkestreer. Toe het Groenewald die geldwortel voor Constand se neus gehang om hom in te trek as marionet van die staat, en uit die hele operasionele oefening van die Afnkanervolksfront en die Vryheidsfront blyk dit duidelik hoe groot Groenewald se invloed op Viljoen was.
Groenewald het verder gegaan en die Afrikaner-volksunie wat op daardie stadium 'n niksseggende groepie was, na Viljoen gestuur om Viljoen se toetrede 'n onskuldige kleur te gee. Groenewald het Andries Beyers opdrag gegee om sy party met Viljoen te versterk. Daarom is advokate Moolman Mentz en Chris de Jager op 3 Desember 1992 na Viljoen se plaas om hom te vra om aan hulle leiding te gee oor hulle onderhandelinge met die NP en die ANC. Hulle het pertinent gevra dat hy hulle moes adviseer oor verdedigingsmag-aangeleenthede. Hy het toegestem, maar op voorwaarde dat hy nie polities betrokke raak nie. In die gesprek het hy erken dat hy die KP 'haat', maar dat hy begrip het vir die AVU se beleid. Hierop het Viljoen op 4 tot 6 Januarie 1993 die AVU se koukusvergadering bygewoon. Die oogmerk was 'n strategie vir die onderhandelinge met die regering oor 'n Volkstaat op 21 Januarie 1993.
Op 2 Februarie 1993, met die voorsetting van die onderhandelinge,was Viljoen ook by. Viljoen het as 'n sogenaamde Milltêre Adviseur van die Afrikaner-volksunie sy eerste politieke openbare verskyning gemaak. Die KP (Ferdi Hartzenberg op instruksies van Groenewald) het intussen die afgetrede genl. Koos Bishoff van die NP nadergetrek om hulle mobilisasieplan te loods.
Vervolg...