VOLKSVERRAAD (40)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

VOLKSEENHEIDSKOMITEE AS REGERINGSFRONT EN BOUSTEEN VIR DIE AFRIKANER VOLKSFRONT
Eugene  Terre' Blanche  is deur die Afdeling Militêre Inligting  se Kommunikasie  Operasie  (Kom.ops.)  aangesê  om 'n geheime  vergadering  te hou sodat die AWB se verhouding  met die staat opnuut gekonstitueer   word.  In November 1991 hou Terre' Blanche so 'n vergadering  en stig hy die Volkseenheidskomitee. Vervolgens rapporteer die Weekend Star  van  1-2 April 1995 op bladsy 3 in sy artikel: "AWB formed  by Voster government:   Plan backfired and resulted  in rise of militant neo-Nazis,  says secret  document.
".... Years later, Terre' Blanche became involved in a power struggle  with other council  members and it was apparently  demanded in 1990 that he resign his post as leader. He refused with the result that several  AWB  members  then resigned.    Terre 'Blanche  is then said to have called a secret meeting to reconstitute the AWB and this was held in Kiber Park, Johannesburg,  in November 1991.   At the  same  time, he  established  another  organisation  called  the Peoples  Unity Committee  (Volkseenheidskomtee,  known as VEK or VEKOM.  VEK is known  to be a key group with tentacles  throughout the country. But according  to some right wing sources,  it is now going  through  what was described  as a  'lean period'.   VEK came into being at a time when FW de Klerk  was in office as executive Staatspresident and international pressures  on South Africa  were increasing.
"The result of this pressure  was  the release  of Nelson Mandela  and the unbanning  of the  ANC,  PAC and South African Communist  Party. This was followed   by negotiations  between  the government  and various parties  which culminated  in the formation of the Government  of National  Unity, with Nelson Mandela  as the country's first black president  ... The document says the AWB began to exspouse  Volkstaat ideals and Professor Carel Boshoff, at the time deputy  leader of the Broederbond  -  then a powerful  secret Afrikaner organisation -  was alledgedly  ordered by the government to wring the neck of AWB  ideas.  To give further  credence  to right wing  aspirationand and disinformation  was apparently  sown  about  the buying  of Orania,  a small  hamlet  in  the  northern  Cape  where supporters of the right  wing  could  ostensibly continue  with  their volkstaat  ideals. Boshoff  has played  a leading  role in the development of  Orania.
"Meanwhile,   Groenewald  formed  the Boerevryheid Vryheids beweging (BVB; which brought into the political  spectrum  the militant Mine  Workers Union and prominent  rightwingers  such as Andrew  Ford, Gawie  Volskenk and Piet Bester: According  to the document,  the then government  and the ANC had by then agreed on the identification of the part of the country as a Volkstaat which would stretch from  East London  to Prieska."
Die  Volkseenheidskomitee   (VEKOM)  was 'n klandestiene  front­operasie van Afdeling  Militêre Inligting se Kommunikasies Operasie (Kom. Ops.) wat onder die toeig en leiding van genl. Tienie Groenewald geskied  het, alhoewel  dit as overte publieke  regsliggaam  in die  openbaar  bedryf  is. Die  drukwerk  van  VEKOM  is ironies genoeg  in Afdeling  Militêre  Inligting se basis op Klapperkop in Pretoria gedoen. VEKOM het onder leiding van genl. Tienie Groenewald   in  sy  'eenheidstrewe' gepoog  om  verskeie   politieke partye  en kultuurorganisasies  in ‘n enkele politieke  aksie saam te trek. Derhalwe  sien VEKOM homself  toe as 'n oorkoepelende   organisasie in 'n poging om politieke partye  en kultuurorganisasies te verenig. Die bestaan van VEKOM  is veral geopenbaar  in April 1993  toe VEKOM  'n openbare vergadering  in Pretoria-Noord gehou het. Wat VEKOM se rol betref,  het genl. Groenewald  tydens daardie vermelde vergadering 'n drie-opsie-strategie  uitgewys  vir die verwesenliking  van 'n Volkstaat:
(a) die regering verslaan  by die  stembus - VEKOM  het geweet dat daar nie weer  'n Blanke  verkiesing  gaan wees nie.
(b) VEKOM  gaan die pad van onderhandeling  volg – VEKOM kies hierdie opsie.
(c) VEKOM  meen dat die geweldsopsie  slegs gevolg  sal word indien aIle ander metodes sou misluk. Voordat tot geweld oorgegaan sou word, voorsien hulle nog 'n periode van tydelike verset.  Deur VEKOM  het genl. Groenewald  ook kennis  gedra  van  die gevoel van  magteloosheid  wat  in die Konserwatiewe  Party  bestaan  het vanweë   direkte  kontakte   binne   die  binnekringe  van  die  party. VEKOM wou van meet af met sy voorstelle vir 'n Volkstaat 'n onderhandelingspad volg en ook inval by die KP se mobilisasieskema.
Tienie  Groenewald   het egter nie oor voldoende  invloed beskik om hierdie party te manipuleer  nie, en die uurglas het uitgeloop vir die Nasionale Party  om sy mag aan 'n ANC/SAKP  bewind  oor te gee. Daarom  moes nog 'n faktor ingebring  word. Die toetrede  van die generaals  tot  die politieke speelveld.  Dit sou  'n nuwe,  onbekende  faktor  tot  die politiek  in Suid-Afrika  toevoeg.  Dit het  die algemene   gespreksonderwerp   geword,  terwyl  min  mense  inderdaad  besef  het waaroor  dit in werklikheid  gaan. Die generaals  se strategie  word aangebied  as die groot oplossing  op 'n redelik  kort termyn vir die land se probleme, terwyl daar inderdaad groot onsekerheid  bestaan  oor die oplossing wat hulle spesifiek vir Suid­ Afrika  in gedagte  het.
VERKLEINING VAN DIE WAARSKYNLIKHEID VAN 'N REGSE STAATSGREEP
Alvorens  die generaals  op die politieke arena hulle verskyning  kon maak, moes die Staatsveiligheidsraad   eers toesien  dat daar met die 'lang messe'  in  die  Weermag  en  Polisie  ingesny  word  om  die moontlikheid  van 'n staatsgreep te verklein.  In hierdie verband  het
die  aanwysing  van  die  Harms-kommissie  van  ondersoek  na  die sogenaamde    'moordbendes'  in  die  Suid-Afrikaanse  Polisie en Weermag  gelei  tot  die ontbinding  van  die Burgerlike  Samewerkingsburo.  In November  1992 word  dit opgevolg  deur die Pierre Steyn-ondersoek   binne  die  Suid-Afrikaanse   Weegmag  om Militêre Inligting by te kom. Altesaam  23 offisiere  van Militêre  Inligting se Direktoraat  Koverte  Inligting (vier sleuteloffisiere by name genl.  Chris  Thirion,  brig. Tollie Botha,  brig.  Fredi  van  Wyk  en brig.  Koos  van  der  Merwe)  is in Desember 1992 of op verpligte verlof  of op vroeë  aftrede  of op ondersoek  geplaas.  Hierdie  regeringsoptrede  het  "die hart van die Derde Mag uitgeruk". (Vyftien maande  later is polisie generaals deur Regter Goldstone ondervra oor 'Derde Mag'-optrede,   waaronder  genl Basie Smit, genl Krappies Engelbrecht  en genl. Le Roux.) Hulle word daarvan  beskuldig  dat "...van hulle hul eie agenda gehad het om te verhoed dat die nuwe bedeling slaag, en bewerings oor politieke moorde en (wapen)smokkelary. Voorts het F.W. de Klerk op versoek  van die ANC 32 Bataljon  laat ontbind. "                                                                      '
POLITIEKE INTERVENSIE VAN DIE GENERAALS

Die generaals  en die rol wat hulle sou speel, was 'n uitvloeisel van die toetrede van Afdeling  Militêre  Inligting se front, die Volkseenheidskomitee   (VEKOM)   tot  die  politiek.   Dit  is  waar  die  welbekende   Constand   Viljoen   (voorheen   Hoof  van  die  Suid-Afrikaanse  Weermag)   met  militêre  prestasies  in Angola,  deur  Tienie Groenewald  nadergetrek  is.
Na  wat  verneem  is,  het  Viljoen  op daardie  tydstip  gebuk gegaan onder  ernstige   finansiële probleme.  Indien ons die feite reg vertolk, het Tieme Groenewald  sy magsposisie in die Verligte Aksie­ beweging  misbruik,  Groenewald  het die druk wat die banke op Constand Viljoen geplaas het, georkestreer.  Toe het Groenewald die geldwortel  voor Constand  se neus gehang  om hom in te trek as marionet van die staat, en uit die hele operasionele  oefening  van die Afnkanervolksfront   en die Vryheidsfront  blyk dit duidelik hoe groot Groenewald  se invloed op Viljoen was.
Groenewald  het verder  gegaan  en die Afrikaner-volksunie  wat op daardie  stadium  'n niksseggende   groepie  was,  na Viljoen gestuur om Viljoen se toetrede  'n onskuldige  kleur  te gee.  Groenewald het Andries  Beyers  opdrag gegee om sy party met Viljoen te versterk.  Daarom  is advokate Moolman  Mentz en Chris de Jager op 3 Desember 1992 na Viljoen  se plaas  om hom  te vra om aan hulle leiding te gee oor hulle onderhandelinge  met die NP en die ANC.  Hulle  het pertinent  gevra  dat hy hulle  moes adviseer  oor verdedigingsmag-aangeleenthede.  Hy  het  toegestem,   maar  op voorwaarde  dat hy nie  polities betrokke  raak nie. In die gesprek  het hy erken dat hy die KP 'haat', maar dat hy begrip het vir die AVU se beleid.  Hierop  het Viljoen  op 4 tot 6 Januarie 1993 die AVU se koukusvergadering  bygewoon.  Die  oogmerk  was  'n strategie  vir die  onderhandelinge   met  die  regering   oor  'n  Volkstaat  op  21 Januarie   1993.
Op 2 Februarie  1993, met die voorsetting  van die onderhandelinge,was Viljoen ook by. Viljoen het as 'n sogenaamde Milltêre Adviseur van die Afrikaner-volksunie  sy eerste politieke openbare  verskyning  gemaak.  Die KP (Ferdi  Hartzenberg  op instruksies  van  Groenewald)   het intussen  die afgetrede  genl.  Koos Bishoff van  die NP  nadergetrek  om  hulle  mobilisasieplan   te loods.

Vervolg...