VOLKSVERRAAD (41)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

Die mobilisasie  het egter nooit werklik  van die grond af gekom nie.  Op  daardie  stadium   het  Groenewald deur middel van 'n komitee die 'generaals ' begin help om aan die leiding van die volksfront te staan. Die Komitee  van Generaals,  bestaande  uit Viljoen, Groenewald,  Bisschoff  en Kobus Visser het laat in April  1993 tot stand gekom.   In 'n onderhoud  met The  Johannesburg  Sunday Times van  2 Mei  1993 het  Groenewald  gemeld  dat  die  koms  van  die Komitee van Generaals  die resultaat was van maandelange  beplanning agter die skerms.

Dr. A.P. Treumicht  is deur Groenewald  as 'n struikelblok in  die weg van die  'generaals' se toetrede tot die politiek  geïdentifiseer. Wat vertroulik  en onbevestig  berig  word,  is dat dr. Treurnicht  op 23 April  1993 op 'n onnatuurlike  wyse aan sy einde gekom het.

DIE  STIGTING VAN DIE AFRIKANER VOLKSFRONT

Die opkoms  van Constand Viljoen  as politieke  figuur  was deel van die Staatsveiligheidsprojek       om die algemene  verkiesmg   van  April 1994 te legitimeer:

Die Groenewald-planne   vir 'n Volkstaat  was gemik  op die boeregemeenskap,   waarvan  Constant  Viljoen  op daardie  stadium  ook deel was. Uiteraard  is Dries Bruwer van die Transvaalse  Landbou-unie  en  dr.  Piet  Gous  van  die  Vrystaatse   Landbou-unie   nader getrek. Beide   die Unies  is deur adeling Militêre  inligting se operasionele  werkers  subtiel  oortuig.  Die KP en twintig regse  groepe (waaronder  die Boere Bevrydingsbeweging en die Afrikaner  Weer­standsbeweging)   het  op 7 Mei  1993 In  die TLU  se raadsaal  op Silverton  in eenheid  hande gevat en oorgegaan tot die  stigting van die Afrikaner  Volksfront met  die doel om Afrikanervryheid   in  ‘n Afrikanervolkstaat    te verwesenlik.   Die vergadering   het onder  die voorsitterskap  van genl Bisschoff plaasgevind,  terwyl die afgetrede genls.  Constand  Viljoen, Kobus  Visser  en Tienie Groenewald die leiding help neem het. Die Afrikanervolksfront is toe met  die toetrede van die generaals tot die politiek   gestig. Ons kan duidelik sien dat die intelligensiewese  van Suid-Afrika  'n sterk  hand  het met die stigting van die AVF. Die stigting van die AVF het Viljoen op die politieke voorgrond  gestoot.

Dries Bruwer  en Piet Gouws  het Constand  Viljoen  by Potchefstroom  op 9 Mei  1993 op die voorgrond  geplaas.  Groenewald  het van Hartzenberg  verwag  om die hele beweging  te kaap. Die Afrikanervolksfront   moes aanvanklik  as 'n a-politiese  instelling  begin opereer  en is as 'n sambreelliggaam  vir die breë  regse beweging voorgestel.  Groenewald  wou eers seker maak dat hulle al die regses onder een dak het. Die KP moes daarna  dien as  ‘n lokomotief,  en sodoende  sou regse partye en bewegings  ondergeskik  word aan die KP. Die oogmerk  was dat die ander regse partye  en, bewegings  sou verdwyn.  Daarna moes die generaals  as onmiddellike  doel toesien dat die KP en die AVF aktief betrokke raak  by die by Nasionale  intelligensiediens se georkestreerde onderhandelingspolitiek en as einddoel dat die KP en die AVF deelneem  aan die verkiesing.  Indien dit sou misluk, was die plan om die KP en die AVF dan te vernietig.

'n Verdere onthulling  van die regeringsmagte  se  "dirty play" was toe 'n vertroulike  dokument van die ANC geopenbaar  word van die regering   se  veiligheidsmagte   se  samewerkinge  met  die ANC/­ SAKP om Opposisiegroepe  van die regering  se vredesinisiatiewe  met die   ANC/SAKP  (KP en Inkatha)   te vemietig.  In dié verband berig  Patriot   van  5 Maart 1993 met  die  opskrif  NI  en  DIS  in Duiwelsrol?    die volgende:

"Die samewerking tussen Nasionale Intelligensiediens en die SAKP (ANC) se Department of Intelligence Information (DIS), om die Konserwatiewe  Party (KP), en die Inkhata Vryheidsparty (IVP), te diskrediteer en selfs te vernietig, het aan die lig gekom in 'n ANC/SAKP-dokument wat in Patriot se besit gekom het. Volgens die dokument, wat ook in mnr. FW de Klerk se besit is, moet NI en DIS  die KP en die IVP so ontwrig  dat ANC/SAKP uiteindelik maklik in sy geskrewe doelwit kan slaag om mag in Suid-Afrika  oor  te neem," Volgens die dokument word' kamerade 'binne in die Regering gebruik om  die KP en IVP so te beduiwel dat 'n politieke skikking uiteindelik  op ANC-terme kan geskied, NI/DIS word nou aangewend om  'n politieke hergroepering in Nasionale Party-geledere aan te moedig en die resultaat  is reeds 'ongeloofwaardig suksesvol' om vir die ANC/SAKP die oplossing te bewerkstellig . Die SAKP/ANC  geniet volgens die dokument die feit dat NI en MII (Afdeling  Militere  Inligting)  voorheen dieselfde taktiek teen die ANC/SAKP gebruik het as wat hulle nou teen die KP en die IVP aanwend.  Die aktiwiteite van NI/DIS word op verskeie vlakke teen die KP en IVP gevoer,  sê die dokument.  Dit het ook 'n baie interessante verwysing na 'n sekere rol van Vrye  Weekblad  en na 'n verslaggewer,  ene mnr Jacques Pauw. Die Dokument sê NI het 'n voormalige agent, Mhlabunzima Maphumalo, gebruik  om  Controlesa in Natal uit te bou, wat 'n voorloper was van Inkathagate. NI/DIS het uit sy pad gegaan om vorige samewerking tussen die regering en Inkatha te vernietig, met die gevolg dat die regering nou in ’n  posisie is waar nog met Inkhata  onderhandel  word maar waar enige tyd van Inkhata ontslae geraak kan word, aldus die ANC/SAKP-dokument.

Die doel van die vernietiging van die eens goeie verhouding tussen die regering en Inkhata is om mnr. De Klerk se onderhandelingsposisie met die ANC/SAKP te verswak.

Die resultaat sal wees, met Inkhata buite die Nasionale Party se kamp, dat die Nasionale Party nie meer as 15 persent van alle stemme sal kry in  'n vrye verkiesing nie. sê die dokument. Die SAKP/ANC/M/lDIS  sal onder geen omstandighede  toelaat dat die ekonomiese sektor van Suid-Afrika ná magsoorname deur die ANC/SAKP die land indirek regeer deur middel van die uitoefening van 'ekonomiese  beheer' deur die Wit ekonomiese leiersgroep nie, sê die dokument. Die dokument dank NI en DIS vir die rol wat hulle speel om die ANC/SAKP in 'n beter posisie, as  ooit te plaas om die ANC/SAKP  se historiese missie en revolusie in Suid-Afrika uit te bou. Die dokument se NI en DIS het meegehelp om te verseker dat die Nasionale Party gefaal het om 'n magsbasis te skep onder die onderdrukte Swart massas.

Afdeling Miliitere Inligting  het ook  sy byrae gelewer in die deurvoer van hierdie staatkundige skepping. Die stigting van die Afrikanervolksfront  op 10 Mei  1993 is ‘n veiligheidsprojek van die Weermag  se Afdeling Inligting  (met Constand Viljoen  en Tienie Groenewald   as  geheime  agente  van  Afdeling   Inligting)  om  die regse politiek finaal te verdeel en by deelname aan die skepping van die Nuwe  Suid-Afrika  betrokke  te kry. Daarby  het Afdeling Militêre Inligting  by  wyse  van  die  AVF projek  die regering se veiligheidsmagte instaat gestel om 'n naamlys  saam te stel van die land se regses. Tienie Groenewald  gebruik Afdeling  Inligting se koverte  insamelingsvermoë  ook  vir  die  CIA  en  die  Nasionale Intelligensiediens. Tienie Groenewald  word in 1993 agent (agentverwysing  93G1092MG)   van die Nasionale  Intelligensiediens   en verskaf   sedertdien   informasie   betreffende  regse  aksies  aan  die diens.

As betaalde  agent  (nou vir die CIA, Afdeling  Inligting  en Nasionale  Intelligensiediens) het hy by wyse van Constand Viljoen die Boere  Krisis Aksie  (BKA) gepenetreer en 'n naamlys  van die top leiers van die Boere Krisis Aksie versamel en aan sy handlanger Koos van Rensburg  gegee om aan die Nasionale  Intelligensiediens en wie  ookal  in die plaaslike  en die internasionale   inligtingsgemeenskap belangstelling het in die regse politiek van Suid-Afrika (die  CIA,  Mi6,  die  Franse-,   die  Italiaanse-,   die  Duitse-  en  die Portugese  intelligensiediens) te verskaf.  Die Nasionale  Intelligensiediens  het ook van sy koverte  operasionele  personeellede   ingespan  om  die  Boere  Krisis  Aksie  te  monitor  en te  help  om  die uitsaaifasiliteite van Radio Pretoria  uit te brei.

Op 25 Junie  1993 het die Afrikaner Volksfront  'n protesoptog  by die Wêreld-Handelsentrum    gehou  waar Kodesa-onderhandelings plaasgevind  het.  Die AWB-magte het die sentrum oorgeneem. Wrywing  tussen  genl. Viljoen  en die AWB het in alle erns begin. Vanaf Julie  1993 tot Maart 1994 het die Afrikaner  Volksfront  die gewelddadige  afstigting van 'n Afrikaner  Volkstaat in aanloop  tot die veelrassige  verkiesing  van April 1994 beplan.  Genl. Viljoen  is deurgaans  deel van die bespreking  en beplanning.  Die plan is as volg voorberei:

• Die Afrikaner Weerstandsbeweging  moes verantwoordelik wees vir die fisieke oomame van verskeie dorpe en stede, meestal gekonsentreer  in Transvaal.

• Die Konserwatiewe Party moes die infrastruktuurvan plaaslike  besture wat hy reeds beheer, inspan om bystand (insluitende  finansiële hulp) aan die afstigtingsplan te verleen.

• Genl. Viljoen is aangesê om te reël dat 'n aansienlike deel van die Suid-Afrikaanse Weermag se bevelstruktuur (daar is gepraat van 44 generaals wat onder sy invloed was) en die kommandostelsel  hul gewig by die afstigtingsplan  ingooi.

Die Veiligheidsgemeenskap het in Augustus 1993 bewus geraak van  die beweerde  Kommunistiese   Operation   Sunrise.  By nadere beskouing  was dit duidelik dat Kom. Ops. (Militêre  Inligting)  die argitek was van die dokument  wat later moes  dien as basis van 'n ANC/SAKP   inval in suider-Afrika  en dat al die Swart onafhanklike state se heerskappy  beëindig  moet word om deel te vorm van die Nuwe  Suid-Afrika.   Op Saterdag  4 September 1994 het Radio Pretoria  as 'n versetmondstuk  van die Afrikaner  Kultuurbond  met sy  eerste  uitsendings   op Donkerhoek   begin.  Genls.  Viljoen  en Groenewald  was saam met Hartzenberg  by die okasie teenwoordig.

Viljoen  en Groenewald  het in Oktober  1993 ook direk met die ANC begin onderhande1 sonder dat hulle volgelinge  daarvan moes weet. Tot die skok van Viljoen se ondersteuners  bet dit tog aan die media  uitgelek.  Intussen  het  die Staatkundige   Ontwikkelingsde-    . partement   die  moontlikheid   van  'n  Uitvoerende   Oorgangsraad (UOR) voorsien as 'n interim-reëling om Swart politieke deelname reeds voor  die 27 April  1994 verkiesing  te akkommodeer.  By tye van die ter tafellegging  van die wetsontwerp  van die UOR het Ferdi Hartzenberg  op Vrydag 1 Oktober  1993 die  KP se standpunt duidelik gestel dat hulle die bekragtiging  van daardie  wet as  'n 'oorlogverklaring' beskou. Die Pariot van 1 Oktober 1993 berig dat Hartzenberg  as Hoofleier  van die KP gesê het dat die aanvaarding  en  inwerkingstelling van die UOR  deur die  parlement,   'n oorlogverklaring  teen die vredeliewende  mense van Suid-Afrika  is wat vry wil wees. Die KP was  van mening dat hierdie wetsontwerp die  wetgewende gesag  uit  die  hande  van  die  parlement  en die kabinet neem en dit plaas  in die hande van 'n onverkose  liggaam.

Die  KP  het  nie  hierdie  UOR  erken  nie  en ook  uitdruklik uitgespel dat hulle nie daarin sal dien nie.  Hartzenberg het  vervolgens  gesê:  "Ons  sal  ons  eie alternatiewe  strukture in die lewe roep. "

Teen  die  middel  van  Oktober  1993  is  die  Concerned  South African  Group (Cosag) gereorganiseer  wat gelei het tot die stigting van die Vryheidsalliansie.   As 'n nie-rassige  magsblok het die Vryheidsalliansie hom aan Kodesa-onderhandelings ontrek en sy teenkanting   teen  deelname  aan  dIe voorgestelde  verkiesing  van April  1994 aangekondig. Die  onttrekking  het die regering  en die ANC/SAKP erg in die moeilikheid  laat beland.  Waar die KP uit die parlement  uitgestap het omdat hy nie met die ANC wou onderhandel  nie, het die stigting van die Vryheidsalliansie in die plek van Cosag  weer  die pad na die onderhandelingstafel vir die AVF en die KP oopgemaak.  Viljoen  en die ander  generaals  het vanaf die Direktoraat  Volksmobilisasie  hulle  spel  van  onderhandehng  of  verset gespeel.  Vanaf hierdie basis het Viljoen ook sy vleuels wyer gesprei deur betrokke te raak by die veelrassige organisasies,  soos die Vryheidsalliansie. Die Vryheidsalliansie het uit die AVF, die KP, die Inkatha-vryheidsparty, brig.  Oupa  Gqozo van Ciskei en pres. Lucas  Mangope  van Bophuthatswana   bestaan.

Vervolg...