VOLKSVERRAAD (42)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

DIE AANLOOP TOT DIE STIGTING VAN DIE VRYHEIDSFRONT

Op  15 November 1993 het die lede van die AVU,  FAK  en akademici  (waaronder   Marinus   Wiechers  van Unisa en Lawrence Schlemmer  van  die  RGN)  in die Sinodale Sentrum  in Pretoria ontmoet.  Schlemmer het getoon hoe die NP tydens die onderhandelinge in duie gestort het, en hy en prof. Johan Heyns van die FAK het 'n nuwe politieke party om Afrikanerbelange  te  bevorder, aanbeveel.  Heyns het hom sterk uitgespreek ten gunste van die beleid van die AVU  en vermeld dat Mandela dieselfde sentiment deel.  Daar is besluit dat Viljoen genader moes word word vir die skep van 'n  slenterparty.  Viljoen het op 16 November 1993 saam met Heyns, Attie van Niekerk  en Gerdus Kruger by Kruger se huis bymekaar gekom. Daar  is groot  gewag  gemaak van Heyns en Viljoen se gemeenskaplike bande met die NG kerk en hulle bande  met die Broederbond. Toe Viljoen die noodsaak van 'n slenterparty opper, het Heyns en Kruger  hom daarop gewys dat dit die rol is wat van hom verwag  word.

  Viljoen  was  op  daardie  stadium  gebonde  aan  sy onderneming  met die staat om voor April  1994 'n tuisland van die ANC vir die Afrikaner te beding.

HARTZENBERG  DEMONSTREER DIE ERNS VAN SY VERSETPOLITIEK,   GROENEWALD PRAAT OORLOGPRAA TJIES DOOD EN PRAAT POLITIEKE  INTEGRASIE VOOR

Intussen  het Hartzenberg  met die sogenaamde   'tien plae'  gedreig wat op 9 Desember  1993 sou begin indien die AVF nie hul sin by die onderhandelingstafel kry nie. Dit het onder meer die weiering om TV lisensie te betaal  ingesluit. Luidens die 9 Desember 1993- uitgawe  van die Vrye  Weekblad  van Max du Preez (agent van die Nasionale Intelligensiediens) praat Groenewald   enige moontlikheid  van 'n gewapende  oorname  dood.

Hy het gesê:  "Dit sal net gebeur wanneer daar 'n toestand van totale onregeerbaarheid heers en wanneer alle staatsgesag in duie stort.  Op  die  oomblik konsentreer ons  al ons energie op onderhandeling.   Mense  praat  baie,  maar die totaliteit van  ons energie  is gerig  op onderhandeling.   As daardie deure toegemaak word  moet ons weer dink. Maar ons wil nooit ‘n situasie sien waar besluit  word op optrede  waar ons die eerste skoot  moet skiet  nie. Nooit  nie.  Nooit  nie. "

Groenewald  het tydens  sy onderhoud  met die  blad  ook  aangevoer:   "Ons het daarin  geslaag om  die Afrikanervolk wakker  te maak. Die volk was verslae, het op die ashoop  gaan sit soos  na die Tweede Vryheidsoorlog.  Ons het vir mense nuwe  hoop gegee. "

Die blad berig  dat Groenewald  daarop aanspraak  maak dat die AVF deur middel  van dissiplinêre stappe 'n  einde  gebring  het aan baie van  die gewelddadige  optredes  van groepe  en enkelinge.   "As ons  vandag  kyk  na sogenaamde  regse geweld,  is dit  'n  fraksie  van wat dit ses maande gelede  was. Daar het orde gekom . Ons het beweeg van 'n vennootskap van Afrikaners  na 'n alliansie van wat nie-rassisties gebonde is nie, maar gevestig  is op die beginsel van etnisiteit  ... Ons het besef ons kan net as volk selfbeskikking opeis indien ons voldoen  aan internasionale  maatstawwe  oor menseregte.  Ons is in ‘n evolusionêre fase en sal met verloop  van tyd  'n kultuur-etniese  groep, 'n volk word. Dit sal mense van alle tale en selfs kleure insluit en absorbeer. Maar  dit sal  eers  kom  wanneer  die persepsie  dat die Afrikaner bedreig  word, verdwyn.  Dit sal eers kom met ekonomiese  groei en voorspoed.  Dan eers raak  'n groep meer liberaal  in  denke en baie meer toegeeflik.

DIE  WEERMAG  WAARSKU  DIE  AFRIKANER  VOLKSFRONT  TEEN  SY PLANNE  VAN GEWELDDADIGE   AFSTIGTING

Viljoen  poog as regeringsagent  om die Afrikanervolksfront  om  te praat  om deel te neem aan  die algemene verkiesing  van April 1994:

Die plan van die AVF om 'n Volkstaat  gewelddadig  af te  stig, het 'n gevorderde  stadium  bereik.  Die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag,  genl. Kat Liebenberg,  waarsku in Januarie  1994 die leier van  die  Afrikanervolksfront   dat  die regering  bewus  is  van  die Afrikanervolksfront   se  afstigtingsplanne.  Hy  het die Afrikanervolksfront  aangeraai  om daarvan  af te sien. Genl.  Viljoen  het op 29 Januarie 1994 tydens 'n massa-volksvergadering  by die Pretoriase Skouterrein  voorgestel  dat die Afrikanervolksfront  aan die verkiesing in April  1994 moet deelneem.  Viljoen  lees 'n toespraak  voor  wat  weereens   deur   Groenewald   geskryf  is. Die voorstel  word deur die massa  verwerp.  Die Afrikanervolksfront  se Volksraad  is by hierdie geleentheid  beëdig  met  die  leier van  die  Konserwatiewe Party,  dr. Ferdi  Hartzenberg,   as president  van  die Volkstaat.   Hy stel onder meer genl. Viljoen aan as Minister van Verdediging.

OPERATION SUNRISE WORD GEAKTIVEER  EN DIE TVBC-STATE  WORD DEEL VAN UNITêRE  SUID­ AFRIKA

Die Bophuthatswana-slagting moes regse oorlogspraatjies  stilmaak.

Afdeling Militêre Inligting en die Generaals het in Maart 1994 in sameweking met die Suid-Afrikaanse Weermag, die Suid-Afrikaanse Polisie en die ANC/SAKP toegesien dat die Vryheidsalliansie se magsbasis verbrokkel en dat die Vryheidsfront gestig word. Die Vryheidsfront (VF) is op 4  Maart  1994 as  'n  staatsveiligheidsnoodplan geregistreer toe die AVF steeds volhou om nie aan die Algemene Verkiesing van April 1994 deel te neem nie. Dit dien as 'n  'steppingstone'   vir moontlike regse deelname aan die verkiesing. In Maart 1994 word Operation  Sunrise  uitgevoer. Ná die uitvoering van hierdie operasie is die TBVC-state weer onder die Republiek se heerskappy gebring, wat ook ooreenstem met die woorde 'undivided  South Africa'   soos vervat in die Deklarasie van Voorneme wat in Desember 1991 tydens die opening van Kodesa goedgekeur is. Vier regse blanke mans is koelbloedig in Bophuthatswana vermoor, wat deel uitgemaak het van 'n sielkundige aanslag teen regses se sogenaamde oorlogpraatjies.

DIE VRYHEIDSFRONT  REGISTREER  VIR DEELNAME AAN DIE ALGEMENE  VERKIESING  VAN APRIL 1994

Pieter Groenewald het namens Constand Viljoen in Maart 1994 die Vryheidsfront gaan registreer om aan die Algemene Verkiesing van April 1994 deel te neem. Die kombinasie van gebeure in Bophuthatswana (verwysende na die sterftes van Blanke mans) en die Vryheidsfront se registrasie vir deelname het skokkend ingewerk op die Afrikaner en het hom met 'n gevoel van totale wanhoop en magteloosheid gelaat. Slegs sowat 300 000 het toe met die Vryheidsfront saambeweeg. Op 20 April 1994 het Viljoen van die Vryheidsfront  'n ooreenkoms met die ANC in IDASA se kantoor gesluit. Met die ondertekening van die ooreenkoms het  die regering die Vryheidsfront ingebind met die skrywe van die Volkstaatsraad van 20 lede in die grondwet. Dr. Ferdie Hartzenberg het net voor die Algemene Verkiesing van April 1994 alle versetopsies gestaak en ook Radio  Pretoria  se uitsendings in April 1994. Hartzenberg het korrespondensie met Viljoen gehandhaaf selfs ná die Algemene Verkiesing van April 1994. Hartzenberg se reg­ kraglose Volkstaat het net soos sy politieke party 'n  kraglose mondstuk geword. Intussen het die Afrikaner-volksunie ontbind en Andries Beyers sluit toe by die Nasionale Party aan. Koos van der Merwe word deur die Nasionale Intelligensiediens voorgesê om die Inkatha Vryheidsparty te penetreer.

Vervolg...