DIE LOON VAN VERRAAD

VOLKSVERRAAD (44) SLOT)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad- die boek

"Tog het oom Niklaas sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle  ook met die rug teen die muur veg, want hy  het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike  republiek,  sonder  'n pennie  skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee  monde  praat,  want  eers  sê hy daar  gaan  'n  emmer bloed  omval  en baie gaan sterf, en nou sê hy weer  daar sal nie 'n druppel  bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord:  "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier...  van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."

Op die pad van verraad,  is die Afrikanervolk  herhaaldelik  en skandalig met valse beloftes deur F.W. de Klerk en die NP op dwaalweë gelei; en juis wanneer  daar 'n verkiesing  of referendum  op hande was, het hulle die vals noot aangehef:  stem NP, stem vir eie skole, eie woongebiede, eie kultuur, eie taal! Maar dan het geen haan ooit weer daarna  gekraai  nie! En verder  swyg hulle  soos die graf oor sake wat vir die Afrikaner nog van belang  is, waarskynlik  omdat hulle  nou 'n reënboognasie het om na om te sien. Hierdie  sogenaamde  "reënboognasie"  moet beslis gereken word as die grootste misterie  van die twintigste  eeu, want  'n reënboog  waarin  daar Swart en Wit voorkom,  is sedert Noag se dag nog nie op aarde gesien nie!

Die misleide  Blanke  Afrikaners  het egter nog skaars  hulle ontnugtering  na die fiasko van die  1994-verkiesing  te bowe  gekom, of hulle was alweer by die volgende  verkiesing  (November  1995) ingesleep   om  die bietjie  mag  wat  hulle  miskien  nog  gehad  het, finaal aan die ANC/SAKP  te oorhandig.  En tydens  die aanloop tot hierdie  verkiesing  openbaar  F.W. de Klerk  sy ware  kleure toe hy, sonder om te blik of te bloos, die Blankes daaraan  herinner dat hulle nog altyd die NP kon vertrou! Maar 'n mens moet selfs vir FW gee wat hom toekom: van al sy beloftes is daar darem een wat ongetwyfeld vir tyd en ewigheid  sal bly staan:   dit was sy  herhaaldelike versekering  voor en na die Kodesa-debakel dat die NP se hervormingsinisiatiewe  "onomkeerbaar"   is. Hieroor bestaan daar dan ook geen  twyfel  nie, want nooit in sy leeftyd,  sal sy oorgawe  aan 'n Swart  meerderheidsregering ooit weer by die stembus  (m.a.w . polities) verander kan word.

'n  Mens wil amper sê FW  De  Klerk se voorspelling oor  die "onomkeerbaarheid"   van sy oorgawe aan die ANC, het profetiese ondertone,  want  dit herinner  sterk aan 'n voorspelling  van Siener van  Rensburg  wat hy tydens  die Rebellie  van  1914 gemaak  het. Volgens hom  sou  die geskiedenis van die Afrikanervolk  in Suid­ Afrika in drie fases verloop.  Ten eerste was daar die militêre fase wat vanaf 1834 tot 1914 gestrek het -  gedurende  hierdie tydperk is elke bedreiging  of konflik  waarvoor die volk te staan gekom het, met die vuurwapen  besleg. Maar op Maandag 25 Januarie 1915 het die Siener op Upington  aan genl. Jan Kemp  gesê:  Ons (die   Afrikaner  se) werk is afgedaan, want ek sien ons gewere word in die kas weggepak...

Daarmee het die militêre fase tot  'n  einde gekom  en is die politieke fase ingelui. Die ware Afrikanerpatriot  sou ook nie weer in groot getalle  die wapen  opneem  voordat  sy laaste vryheidstryd aan  die  einde  van  die  eeu  aanbreek  nie.  Die politieke fase  het gestrek vanaf  1914 tot en met die 1994- verkiesing  toe dit finaal afgesluit is. Hierna,  sê die  Siener,  sou  selfs  die  eens  magtige Nasionale Party van die toneel verdwyn,  en sal daar ook nie weer 'n Algemene Verkiesing  plaasvind  nie, want  hy  'sien'  hoedat  'n Swart regering  die regeermag  oorneem  en oor sy volk heers totdat daar 'n  Blanke  geestelike leier op  die  toneel  verskyn   om  die verdeelde Afrikanervolk  weer bymekaar  te bring.  Hierdie  geestelike leier verteenwoordig  dan ook van die derde en laaste fase voordat die Afrikanervolk   'n vrye en onafhanklike  republiek  gaan kry. Die publikasie van Siener se gesigte so kort na De Klerk se Rooi Vrydagtoespraak,   was ook geen toeval of 'n voorafbeplande regse  slenter nie want  die Siener het al in 1916 voorspel  dat eendag wanneer  die Afrikaner sy vryheid verloor, onder 'n  Swart regering staan en sy finale oorlewingstryd   begin, sal hy (Siener)  weer baie in die nuus wees.    Ondanks  die feit dat tientalle van sy gesigte daagliks  in vervulling  gaan,  swyg die Ja-stemmers    die media  en kerke soos die graf daaroor, want hulle hoef maar net die profetiese  stem, die geweld,  groterwordende  ashoop en chaotiese toestande rondom jou te ignoreer,  dan bestaan  dit nie!

Maar Nicolaas van Rensburg het gewaarsku  dat die onafhanklike republieke se kom voorafgegaan  sal word deur 'n donker tyd waar jy niejou hand voor jou  oë sal kan sien nie. Tog sou dit, volgens die Siener, vir die opregteAfrikaner  wat 'weet',  nie so donker wees soos vir hulle  wat nie 'weet'  nie en met al die veranderinge  saamgestem of daaraan meegedoen het. Hy het dit so aan sy vriend, Boy Mussmann,  beskryf:  Ek sien 'n emmer bloed in die noorde (Pretoria,  Johannesburg en die Vaaldriehoek)   omval -    dit beteken groot geweld waarin honderde sal sterf. Hy het verder ook beskryf  dat hierdie geweld so skielik en onverwags  gaan losbars, dat duisende  Blanke vroue halsoorkop  en verskrik op die vlug gaan slaan. Daar was skynbaar by hom min twyfel dat hierdie Gees van Verskrikking hoofsaaklik  onder  die  liberaalgesindes  gaan  voorkom.  Die 'donker wolke' sal ook saamval met die grootste staking  in die land, het die Siener voorspel:  Dan sal daar (wanneer  die staking begin) groot moeilikheid wees met die Swartes en die Indiërs, behalwe ook vir die groot moeilikhede oorsee (rassekonflik   en burgeroorloë).  In verband met die Swartmoeilikheid het hy gesien die vroue vlug. Hul het nie eens tyd om hul vensters toe te maak  nie. Die gordyne waai na buite.

Tog het oom Niklaas sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle  ook met die rug teen die muur veg, want hy  het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike  republiek,  sonder  'n pennie  skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee  monde  praat,  want  eers  sê hy daar  gaan  'n  emmer bloed  omval  en baie gaan sterf, en nou sê hy weer  daar sal nie 'n druppel  bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord:  "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier...  van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."

En toe  'n vriend  van hom wou weet waar  die volk dan die keer gaan Laer trek, was oom Niklaas  se antwoord:  "Nee, julle  sal nie weer Laertrek soos by Bloedrivier  nie, want die ding werk so: almal wie se harte reg is, wat nie meegedoe het aan die oorgawe nie, vir hulle sal dit wees asof hulle  in die Laer is ... in Gods beskermende Hand.  Maar julle  gaan  tog  daar  by  Prieska  saamtrek  om  'n  eie president  te kies..."

Die loon van verraad  sal ook nie uitbly nie, want hierna breek  ‘n tyd van grootse  ellende  en vernedering  vir die volksverraaiers  aan. Oom Nicolaas  het aan genl  De la Rey se seun, Adriaan,  vertel hy sien hoedat hulle in wanhoop  en met trane in die oë op hulle knieë neersak.  En toe het hy bygevoeg: Dan sien ek, jy en ek het ook trane in ons oë. Waarop die jong De la Rey antwoord  dat hy nooit 'n traan oor een van die verraaiers  sal stort nie. Toe was die Siener se antwoord:  Nee, broer; dis trane van blydskap omdat God ons nie verneder het soos vir hulle nie...

Vir meer as 'n eeu lank het die Geldmag gepoog om die rykdomme  van Suid-Afrika in die hande te kry, maar die Boerevolk het nog altyd in sy pad  gestaan.  Elke  dekade  het egter meer versigtiger  beplanning  van die Geldmag  meegebring  sodat  die Boerevolk finaal uit sy erfenis gekul word,  sodat die ontsaglike  minerale  rykdomme  van hom  weggevat  kon word.  En nou, na soveel dekades  en ook soveel oorwinnings  deur die Geldmag,  en met die hulp van Afrikanerverraaiers,  staan hulle eindelik op die drumpel om daardie  droom  te verwesenlik.   Ja, dis nog net 'n hanetreetjie en alles wat God aan die Boerevolk gegee het, sal aan hulle behoort!

As 'n mens egter Siener van Rensburg se profesieë  oor Suid-Afrika bestudeer,  besef jy dat hy nog altyd in die kol was. En al ignoreer die media dit, al trap die magtige Geldmag reeds met sy Russiese beerpoot op ons nek, sal dit niks kan verander  aan wat die ou Boereprofeet  gesê het nie. Want juis wanneer hulle dink hulle het hierdie volk nou finaal  ondergrawe,  sal hulle, volgens  die Siener, self in die proses verpletter  word. Hulle ekonomieë  sal in duie stort,  - hulle eie lande in rook en as opgaan, en die dekades van beplanning om God se volk te vernietig,  sal aanstons  soos die oggendmis  verdwyn.

Die loon van verraad  was nog nooit winsgewend  nie.