1994: ONS VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (1)

Die "Slag van Meintjeskop"

Dr Harry Mocke

Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop

Die Boerevolk het vele veldslae geveg. Hy het roemryke oorwinnings behaal by Bloedrivier, Colenso, Majuba en vele ander. Hy het ook veldslae verloor, neerlae wat hom in 1902 tydelik sy vryheid gekos het. Maar nooit in sy geskiedenis het die Boerevolk so eerloos verloor soos met die Slag van Meintjeskop"nie!

Dit is die begin van 1994. Die emosies loop hoog. Die hoop staan hoog. Ons het politieke en militêre leiers wat die moreel op die oog af hoog hou. Nooit sal die Boerevolk sy vryheid prysgee nie! Hy is gereed om selfs die wapen daarvoor op te neem!

Die skougrondreis: "Nee, nee!" Die Boerevolk se boodskap is hard en duidelik. Die Skilpadsaalvergadering kom en gaan.

Kerkplein, 29 Januarie 1994. Ons brand iets wat bedoel is om 'n vlag te wees.

Ons vertoon 'n kaart. Ons plak ons dokument op die deur van die Ou Raadsaal. Ons pragtige manne marsjeer trots om Kerkplein. 'n Dag om nooit te vergeet nie! Die Boeretrots laat die hempsknope span. Die Boerevolk is weer op mars. Niks gaan hom keer nie.

Verraad op verraad!

Sommige politieke leiers word sonder militêre steun gelaat nadat ander hulle verraai. Hulle het geen keuse nie. Oorlog sou bloed aan hulle hande beteken!

Die Boerevolk swik in sy pas. Ses weke voor die begin van die Slag van Meintjeskop.

Vyf weke! Vier! Drie! Twee! Een week!

Elkeen glo steeds dat daar tog êrens 'n geheime plan is. Daar is geen geheime plan nie!

Die dag breek stil, soos elke ander dag; daardie 27 April 1994. Die slag begin - sonder die knal van een geweerskoot.

Die slag eindig op 10 Mei 1994 - sonder een geweerskoot.

Die blanke regering tuimel oneervol op sy gesig. Terwyl die eerste swart president voor die Uniegebou, teen die hange van Meintjeskop, gekroon word, kyk die De Klerks, Bothas, Meyers en andere stil toe. Baie tevrede met hulle handewerk. Stil, in afwagting op die krummels wat na hulle kante van die tafel sal val. Kabinetsposte, selfs vise-presidentskap vir 'n jaar of twee.

Waar is die Voortrekkerbloed, die Majubabloed, die kampmoederbloed? Het dit werklik alles uit die are uitgeloop?

Die mees oneervolle neerlaag in die Boeregeskiedenis. Dit ontbreek aan die regte woorde om hierdie lafhartige neerlaag te beskryf. Toi-toi-ende hordes wat nie in staat is om hulle eie klein gebiede te regeer nie, neem die regering oor uit hande wat dit vrywillig aanbied, terwyl andere help aangee.

Nege maande later:

"Dag Mevrou! Sê my tog, wat gaan aan? Waar gaan ons heen? Wat gaan van ons word? Ek het die hele nag gehuil van verwardheid en ontnugtering. Is daar enige hoop vir ons mense? Wat beplan julle vir die toekoms?"

'n Stortvloed van woorde, emosies, vrae.

Hierdie is 'n voorbeeld van die telefoonoproepe wat ons dikwels ontvang het. Ons mense betree die tweede fase van die tydperk na die neerlaag van Meintjeskop.

Daar sou drie fases wees.

Die eerste fase is die fase van berusting en oorweldiging. In hierdie fase sit ons mense en wag. Hulle besef nie wat hulle getref het nie.

Die tweede fase is die fase van ontnugtering en teleurstelling. In hierdie fase begin daardie mense wat genoeg verstand het, besef wat hulle getref het. Hulle sien die oneerlike vriendelikheid van die kommuniste, wat hulle gepaai het om hulle eers deur die stroom te kry. Hulle besef die oneerlikheid van daardie leiers wat saam met die kommuniste gespan het by Meintjeskop. Hulle ween oor hulle verlies en hopelose situasie.

Die derde fase is die woede. In hierdie fase stoot woede in die Boerevolk op oor die verraad waarmee hy onterf is. Hy word wakker. Hy bal sy vuiste en haal sy gramskap uit op daardie verraaiers wat hom sy vryheid, sy skole, sy taal, sy land, sy grond, sy werk, sy kos, sy klere, sy waardigheid, ja, sy totale erfenis, sy lewe, gekos het. Daardie mense wat vandag saam in die vernietigende sit en groot salarisse verdien vir hulle hulp.

Die  neerlaag van Meintjeskop sal omgekeer word!

Vervolg...