Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
"Waarom is hulle ogies so dof?"
"Daar is 'n klomp wie se oë dof is. Dit is die uitsigloses wat gehelp het om hulleself in hierdie gemors te dompel. Dit is hulle wat in 1992 JA gestem het toe hulle moes NEE gestem het. Vandag pluk hulle die vrugte van daardie ja-stem."
Ons is op pad terug huis toe uit Turkye. Ons is honger vir nuus oor wat alles hier te lande aan die gang is of nie aan die gang is nie. Ons volkseie media is nog nie in Istanbul te koop nie.
Die enigste koerant wat ons op die Griekse vliegtuig in die hande kry, is die Britse Guardian. Ons snuffel vinnig deur. Daar staan 'n opskrif wat net so wel in een van die plaaslike nuusblaaie kon gestaan het:
"Poverty invades schools, leaving children without hope."
Die berig begin met 'n verwysing na die elfjarige seuntjie op die eerste skooldag, wat troosteloos snik terwyl sy jeugdige moeder dreig om hom warm te klap as hy nie ophou nie. Hy probeer ophou . .. snik dan deur sy tandjies. Sy moeder kyk anderpad.
Die berig vertel van die sinkskuilings wat rondom die Britse stede begin ontstaan het en waaruit hierdie kinders kom. Dit vertel die treurige verhaal van armoede, honger, pornografie, geweld.
Hierdie kindertjies kom uit 'n hopelose agtergrond en is op pad na 'n nog hopeloser toekoms.
Die onderwysers help waar hulle kan, maar ook daardie hulp het grense. Die meeste vind geen werk na skoolverlating nie en verval in soortgelyke swak toestande as waarin hulle ouers verkeer het en waaruit hulle kom. Enkeles vorder ietwat. Enkeles styg uit. Een het 'n polisieman geword en nog een 'n onderwyser. 'n Paar het die hoërskool gehaal. Dan is daar die meer suksesvolle ondernemende outjie wat meer as R750 000 uit rooftogte verdien het voordat hy elf jaar oud was.
Hulle kan nie aan jeugbewegings behoort nie, omdat hulle nie uniforms kan bekostig nie. Begaafde kinders, natuurlike gimnaste en atlete se talente kan nie ontwikkel word nie.
Maar die ergste lê nog voor. Dit kom wanneer daar vir die kinders gevra word wat hulle wil word.
Niks!
Die meeste jong seuntjies wat ons ken, wil treindrywers of brandweermanne word. Hierdie kinders wil "niks” word nie.
Op 'n stadium het 'n baie belangrike gas die skool besoek. Ná die besoek wou hy weet waarom die jonger kindertjies se oë skitter soos die oë van alle jong kinders, terwyl al die kinders van tien of elf jaar oud, se oë feitlik sonder uitsondering dof en sonder flikker was.
Hy het die waarheid gehoor: "Hierdie kinders het geen hoop of toekomsverwagting nie."
Waarom sal hulle oë blink?
'n Koue hand vat ons harte vas. Ons dink aan ons pragtige twee kleinkinders en aan dié wat nog sal kom.
Sal hulle oë ook dof wees wanneer hulle tien of elf jaar oud word?
Sal hulle ook sonder hoop en toekomsverwagting wees?
Sal hulle ook elke oggend uit sinkskuilings kruip om doelloos skool toe te stap?
Sal hulle ook smiddae moet terugkeer na 'n wêreld van wanhoop?
In die res van Afrika, waar swartes regeer, is dit so. Waarom sal hierdie gedoemde land met sy swart ANC-regering anders wees, tensy ons ons pad oop presteer na 'n wêreld van hoop en toekomsverwagting vir ons kinders?
Die groot vraag hier, is of daar nog 'n flikker in die oë van ons Boerevolk se volwassenes is en of hulle oë ook dof geword het. Wanneer ons om ons kyk, is altwee kante van die saak waar. Daar is 'n klomp wie se oë dof is. Dit is die uitsigloses wat gehelp het om hulleself in hierdie gemors te dompel. Dit is hulle wat in 1992 JA gestem het toe hulle moes NEE gestem het. Vandag pluk hulle die vrugte van daardie ja-stem. Hulle word uit hulle werk geskop om plek te maak vir die swartes wat hulle na die magsposisie gehelp het. Miskien moet hulle twee keer dink voordat hulle nou kla. Is dit dan nie waarvoor hulle gestem het nie?
Daar is, Goddank, nog honderdduisende wie se oë flikker. Uit die oog van die Boer kan jy die flikker nie haal nie. Hy het 'n ingeboude wil, geloof, vermoë om te oorleef en te oorwin. Dit is deur sy geskiedenis bewys. Hy het wel sy verliese langs die pad gely. In die kampkerkhowe het 27 000 agtergebly. By Dingaanstad, BlouKrans, Moordspruit en op die slagvelde van die Vryheidsoorloë lê die getuienis.
Verwond maar onoorwonne!
Soos daardie tye, sal die pad voor, deur die "woestyn", weer oopgaan, sal die berge plat word en die riviere driwwe oplewer. Die Boer met die flikker in sy oog het 'n sterker wapen as selfs geloof. Hy is een stap verder as geloof. Hy weet!
Ter wille van die flikker in ons eie oe, ons kinders se oe, ons kleinkinders se oë, sal ons die pad oopskraap na 'n toekoms van hoop en toekomsverwagting.
Ons weier om die land van ons vaders, wat hulle met bloed en offers aan ons nagelaat het, gratis weg te gee of enigsins daarvan afstand te doen. Ons eis ons regverdige deel daarvan. Ons sal glo.
Ons sal bid.
Ons sal werk.
Ons sal ywer.
En ... as dit moet, sal ons selfs daarvoor veg soos ons voorvaders geveg het.