Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Met die water wat verby is
Ons staan op die oewer van die Nyl in Kairo. Letterlik aan ons voete, storm die massas en massas water van die Nyl verby. Diep in Afrika ontspring hierdie langste rivier ter wêreld. Van die Victoriameer in Tanzanië, vloei dit 6 671 km deur Afrika, breek op in die Nyldelta en stort sy water in die Middlellandse See. Ek het gesê die Nyl vloei letterlik aan ons voete verby.
Ons staan op die perseel van die Sheraton Hotel in Kairo en kyk na die massas water en ek dink. Ek dink aan wat my Boervolk met hierdie waterskat sou kon doen. Ek doen nog iets. Terwyl ons vir enkele dae deur Kairo reis om na die stad, die piramides en die kinderarbeid in die matweeffabrieke te kyk, kyk ek ook na die mense van die land.
Elke bykomende dag in Egipte oortuig my meer van die waarheid dat hierdie mense nie lus het vir werk nie. Ek dink soms hulle het nie eers lus om te lewe nie. Hulle is te lui daarvoor.
Oral langs die strate, in die koeltetjies en op die stoepe sien jy hulle. Almal sit. Die grootste opoffering wat 'n Egiptenaar bereid is om te maak, is om vir 'n kort rukkie te staan. Beweeg is haas buite die kwessie.
As hy verplig is om te beweeg, gaan sit hy op die kruis van sy donkie. Die donkie kan mos die loopwerk doen. Gewoonlik dra die donkie sy baas plus 'n vrag papirustakke. Dit is seker waarom donkies so lui is. Hulle het dit van hulle voorouers in Egipte geleer.
Benewens sy "menslike hulpbronne" het Kairo nog 'n bate. Dit is loshande die vuilste stad ter wêreld. (Wag, miskien doen ek die Egiptenare 'n onreg aan.) Kom ons sê "een van die vuilste stede". Ek weet van nog 'n paar. Maar, vuil is Kairo. Vuil... en vol kieme.
Maar terug by die water van die Nyl. In my gedagtewêreld bring ek die twee dinge bymekaar. 'n "Sittende" bevolking, met die magtige lewegewende waterbron wat verbyvloei - onbenut. My mense sou onbedaarlik huil oor sulke skade.
Ek ken die Boerekultuur van drie-uur in die oggend opstaan en saans na donker uit die lande terugkom. Ek kom self uit daardie kultuur.
Ek ken die verlangende staar na die saampakkende wolke en die gebede om reën. Ek ken die beelde van verdorrende graan op die lande. Geen reën nie. Intussen storm die water van die Nyl by die sittende Egiptenare verby na die see. Water wat Egipte groen kon gekleur het. Wat voedsel aan ‘n sterwende Afrika kon lewer. Wat Egipte ryk en welvarend kon maak.
Maar ons moet seker nie te veel verwyte aan die adres van die Egiptenare alleen rig nie. Ons hoef ook nie ver te soek na soortgelyke voorbeelde nie. Die van ons wat al 'n draai in die Transkei gemaak het, ken hierdie kultuur. Terwyl die water van die talle strome en riviere van die waterryke Transkei na die Indiese Oseaan storm, kap die Xhosavroue lusteloos onkruid op primitiewe wyse met pikke tussen die sukkelende mielieplantjies uit. Die mans is intussen met veel belangriker werk besig. Hulle drink bier en bespreek belangrike sake. Lande bewerk is vrouewerk, nie manswerk nie. Buitendien het die blankes mos die 'slegste' dele van die land vir hulle gegee. Daarom kan hulle maar die hande bakhou, of sommer op rekening van die Suid-Afrikaanse regering by die bank gaan geld leen.
Wonder ons nog waarom sterf Afrika? Van die Egiptenare in die noorde tot by die Xhosas in die suide, is daar beslis dinge wat Afrikavolkere in gemeen het.
Met die water wat verby is, sal die meule nooit weer maal nie. Daardie water is verby. Weg. See toe. Onbenut. Ongebruik.
Ek wil nie bitterbekkig klink nie, maar dit is die mensemateriaal wat die totale Afrika nou regeer. Dit is 'n sluipende pes wat van noord na suid deur Afrika getrek het en die kontinent omskep het in 'n sittende kontinent. Die verskil is net dat hoe verder suid die sit gaan, hoe luukser word dit.
Op die suidelikste uithoek sit elkeen in die soustrein en probeer die grootste hap uit die krimpende koek kry. Ek wag vir die dag wanneer hulle mekaar se neuse gaan raakhap.
Die water loop egter nie net vir ander volkere verby nie. In baie opsigte loop dit ook vir die Boerevolk verby. Sit talle van ons mense nie ook maar in die figuurlike sin en bier drink terwyl die geleenthede om ons vryheid te herwin, verby gaan nie?
Die water loop verby. Die meule staan stil.
Ons aanvaar die plig om ander se munisipale en telefoonrekeninge vir hulle te betaal.
Ons aanvaar die ekstra heffings van honderde rande per maand op ons inkomstebelasting.
Ons aanvaar die vernietiging van ons kinders se onderwys waarvoor hulle ons eendag sal vervloek.
So loop die water verby maar, ons sit.
Die Nyl vloel deur 'n paar Afrikastate wat die water kan gebruik. Die geleenthede vloei deur elke dorpie en gemeenskap in ons land.
Skakel die meul aan voordat te veel water verbygevloei het.