1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (18)

Die dag sal kom... soos by Vereeniging

Dr Harry Mocke

Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop

DRUIP WISKUNDE, MAAR SLAAG LOGIKA...

Die sin vir waardes  raak  dikwels, selfs aan  opvoedkundige  inrigtings,  'n probleem.

Vir die Amerikaners is voetbal  dikwels  die oorheersend  belangrike  saak wat  alle ander  waardes  oorheers.  Dit suur  deur  na skole en universiteite. Soos hier  te lande  dan  ook gebeur,  "koop"  hulle  goeie voetbalspelers met beurse  en ander  voorregte  om aan hulle universiteite   te "studeer"   en sommer  "terloops"   ook  vir hulle  voetbal  te speel.  Daar  bestaan  egter  'n reël dat  hierdie   "studente"    af en toe toetse  moet  slaag  en  "vordering"    moet toon.

Aan  een  van  hierdie  universiteite   was  daar  ook  so 'n  student   wat  'n uitmuntende    voetbalspeler  was.  Hy  het  egter  'n  groot  probleem   gehad. Die vermoë  om met sy studie  te "vorder",   het ontbreek.

Daar  breek  toe  'n  uiters  belangrike   finale  wedstryd aan.  Die  professor roep  die student.   "Meneer,  jy weet  van hierdie  wedstryd?"

"Ja, Professor."

"Jy weet ons kan dit nie verloor  nie en jy moet daarin  speel? Jy weet ook jy het lanklaas  'n toets geslaag?"

"Ja Professor."

"Nou  goed,  watter  vakke  neem jy?"

"Wiskunde  en Logika."

"Goed, Logika  is uit. Kom ons probeer Wiskunde.  Beantwoord  vir my die volgende vraag:  Daar  sit sewe vlieë op die tafel. Skielik vlieg vyf van hulle  weg.  Hoeveel  bly oor?"

Die student   worstel  'n paar  minute,  toe kom  dit: "Nie  een nie, Professor."

"Kom  ons probeer  weer."  Die vraag  word  in besonderhede  herhaal. Na vyf minute  se worsteling:   "Nie een nie, Professor."

"Oooo!  Nou  moet jy mooi  dink.  Onthou,   die wedstryd.   Jy moet  speel, anders  verloor  ons."

"]a Professor."

Die vraag  volg  weer  en die professor  hou  selfs twee  vingers  reg voor die student   se oë.

Dieselfde   antwoord   volg.  Die professor   gooi  sy hande  in die  lug. Die sweet  slaan  op sy voorkop  uit. Hy sien 'n ramp  kom.

"Ek  aanvaar    nou   dat  jy  nie  die  vraag   kan  beantwoord   nie, maar verduidelik net vir my hoe jy by jou antwoord  uitkom."

"U sien, as vyf van die sewe vlieë skielik wegvlieg,  moet hulle  'n goeie rede daarvoor  hê. Hulle moes geskrik het. Dus sal die ander ook wegvlieg en daar  sal nie een oorbly nie."

"Dankie tog. Jy druip Wiskunde,  maar slaag gelukkig Logika."

Die "onderwysleiers"  wat nou in die "nuwe"  Suid-Afrika  vir die onderwys  van  ons  kinders  verantwoordelik  geword  het, het  aangekondig dat kinders  in die laerskole outomaties  bevorder  gaan word.  Dit beteken dat hulle  nie eers soos daardie  voetbalspeler 'n toets sal moet slaag nie.

Hulle  kan dus maar, soos nou in die swart  skole, kort voor pouse  by die skool opdaag,  hulle gratis maaltyd  geniet en weer die pad huistoe aandurf. Boeke is glad nie nodig  nie en huiswerk  ook nie. Hulle moet darem  net so af en toe hulle  gesigte  wys sodat  die register  gemerk  kan word.

Dit was  nog  al die jare  die  kontras  tussen  die  blanke  en swart  skole. Afgesien  van die basiese  verskille, is daar  verskille  soos stiptelikheid,  orde, leerkultuur,   beplanning   en basiese harde  werk.   Die  belangrikste   van alles  is egter die  handhawing   van standaarde,    wat  nog  altyd  in ons  blanke  onderwys  ononderhandelbaarwas. As jy die  vereiste  standaard   behaal,  slaag jy; anders  herhaal  jy die standerd.   Almal  het dit geweet.

Wat was  die  gevolg?  In Duidelike  verskil in standaarde en resultate tussen  wit  en swart.

Toe kry ander faktore die skuld. Skielikis die verskille te wyte aan geboue, geld, boeke,  toerusting   en wat nog alles.

Nee.  Die  verskil   lê hoegenaamd nie  in hierdie  faktore  nie.  Dit  lê in die wil  binne  jou  en die vermoë  om daaraan  uitvoering   te gee.

Met  die  indra  van  die Soweto-gebrek aan  leerkultuur, tesame met die swart  onderwysers  by wie dieselfde soort kultuur teenwoordig is, kom ook Soweto­ resultate.  As dit is wat blanke  ouers vir hulle kinders  verkies, kan niemand iets daaraan  doen nie. Hulle,  en ongelukkig  ook hulle onskuldige  kinders, moet  dan  maar  die gevolge  aanvaar.

Goddank    vir  daardie   ouers   vir  wie  hulle   kinders   nog  belangrik   is. Daardie  kinders  sal in die toekoms  in CVO-skole  en huisskole  onderwys ontvang   deur  ons  eie onderwysers,  binne Christelik-volkseie  verband. Hulle sal die wetenskaplikes en die leiers van die toekoms  wees.

Hierdie   fase  sal ons   moet  deurgaan   totdat  ons  weer  die moed  en die wil het  om selfs  te veg vir ons eie land  as dit moet.