Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Siener lei Boere deur die 'Rooi See'!
Daar is vroeër reeds na enkele parallelle tussen die Afrikaner en Israeliete verwys.
Soos die Israeliete van ouds deur die Rooi See gegaan het, so het genl. De Wet en sy vasgekeerde burgers op 'n keer in die Boere-oorlog deur'n vol rivier voor die vyand uitgcvlug, en die Engelse wat op hul hakke was, het hulle onmiddellik agternagesit. Maar toe gebeur daar iets wat selfs genl. De Wet tot sy dood toe nie kon verklaar nie.
Tydens die Boere-oorlog was dit nie net die gewone burgers wat groot agting en respek vir Siener gehad het nie, maar onder sy werklike bewonderaars was mense soos Koos de la Rey, pres. Burgers, pres. Steyn en ook die onverskrokke Christiaan de Wet. Genl. De Wet het self erken dat hy en sy manskappe etlike kere op die nippertjie deur oom Nieklas se persoonlike boodskappe en/of waarskuwings gehelp is om uit die hande van die Engelse soldate te bly.
Een van die wonderbaarlikste visioene wat Siener ooit gehad het, het juis betrekking op genl. De Wet en dateer uit die dae kort voor Danie Theron se dood in September 1900 toe die generaal en sy manskappe amper deur 'n sterk Engelse oormag tot oorgawe gedwing is. Hierdie visioen is jare gelede noukeurig deur die bekende ds. J.H. Loubser opgeteken en bewaar.
Ds. Loubser stel genl. De Wet self aan die woord: "Waar die Caledon- en Oranjerivier bymekaarkom, is ek eenmaal te midde van 'n sterk reënbui met sowat vier- tot seshonderd man deur die Engelse magte in 'n hoek vasgekeer. Een of twee keer het my manne daarin geslaag om die vyand effens terug te dryf, maar spoedig het dit geblyk dat die Engelse die oorhand gaan kry. Trouens, ek het later gehoor hulle het reeds 'n boodskap Engeland toe gestuur dat 'old dirty De Wet' klaar gevang is.
"Ek het die hopeloosheid van die situasie besef en dit baie sterk oorweeg om die wit vlag te hys. Maar terwyl ek nog besluiteloos daar staan, kom Danie Theron deurnat en bebloed vanuit die bosse aangestrompel. Hy het pas deur die rivier geswem en kom van Transvaal af met 'n brief van genl. De la Rey.
"In die brief skryf Koos de la Rey aan my die Siener is daar by hom en hy sê hy het 'gesien' ek en my manskappe sal op een tydstip so diep in die moeilikheid wees dat ek dit sal oorweeg om oor te gee.
" Maar, skrywe De la Rey, ek moenie skrik nie, die Here sal voorsien: oom Nieklas sê daar is 'n groot klip aan my kant van die Caledonrivier. Net daar moet ek en my manskappe in die water afgaan, al is die rivier ook hoe vol. Ons moet dan reguit oorkant toe koers na waar ek 'n maroelaboom sal sien staan. Volgens De la Rey het die ou Siener voorts gesê dat selfs ons perde se pense nie eens nat sal word nie en ook dat geen haar van ons hoof beskadig sal word nie, want die Here gaan saam met ons wees. Aan die oorkant van die rivier sou ons 'n groepie slapende Engelse aantref.
"By die rivier kry ons toe ook werklik die klip. Maar van my manne het gedink dis gekkerny om deur daardie vol rivier te probcer gaan, en ek moes eers met die sambok onder hulle invlieg voordat hulle opgesaal het. Ook Danie Theron, wat intussen verpleeg is en van skoon klere en ‘n perd voorsien is, is saam met ons die rivier in.
"Tot my verbasing is ons almal veilig deur en het die water waarlikwaar nie eens die perde se buike bereik nie, want presies daar waar oom Nieklas gesê het ons die rivier moet kruis, het 'n dik sandbank gelê. Anderkant die rivier kry ons toe ook die slapende Britte en ons het so kwaai op hulle Iosgebrand dat hulle in harwar op die vlug geslaan het. Intussen was die Engelse magte aan die oorkant besig om feitlik in ons voetspore die rivier oor to steek. Hulle was ongeveer halfpad toe daar iets gebeur wat ek nooit sal kan verklaar nie. Al daardie soldate en hul perde het skielik, byna net soos Farao en sy ruiters destyds by die Rooi See, onder die water begin verdwyn en almal van hulle (etiike honderde) het daardie dag in die Caledonrivierverdrink.
" Al wat ek kan se, is dat die sandbank op daardie oomblik onder hulle moes weggespoel het. Ek twyfel nie daaraan dat die Here daardie dag deur Danie Theron oom Nieklas se boodskap aan my gestuur het nie!"
Vervolg...