SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (11)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

Met Kemp se kommando

In briewe aan mnre. Cornelius  Borman van Kimberley en oom Joos Haasbroek  van Potchefstroom,  asook in 'n artikel uit 'n ou maandblad, Mense,  (Jan.  1956) gee mnr. Boy Mussmann 'n breedvoerige en baie  interessante beskrywing  van sy wedervaringe saam met oom Nieklas in genl. Kemp  se kommando  tydens  die Rebellie  toe hulle die  moeilike  tog  van  600 myI (1  000 kilometer) deur die Namibwoestyn aangepak  het.  Ek  maak  ook gebruik van inligting wat mnr.  D.J. Esterhuizen van Upington  gestuur  het.

(Ter wille van groter duidelikheid is die styl en spelling plek-plek aangepas  en verander):

Mnr. D.l.  Esterhuizen  van Upington:

Hy vertel  dat sy vader en oom Nieklas van Rensburg  in die loop van  die  Rebellie  goed  bevriend  geraak  het.  Tydens  hulle  tog  na Duitswes is hulle een aand in 'n geveg  met regeringsmagte  betrokke  en is die groepie  Rebelle  kort  voor  donker  omsingel.   Sy vader,  kmdt.  Esterhuizen,  het toe besluit om te wag  tot later die aand en dan met sy manne  op 'n bepaalde  plek deur die vyandelike linie te breek.  Maar toe kom die Siener by hom en sê: "Daar waar jy beplan  om vannag  te ontvlug, sal ons  gevang  word -   maar die Here  maak  vir  ons  by die  anderkant  'n  plek oop en ons moet daardeur -  ek sal julle in veiligheid uitlei."

Kmdt.  Esterhuizen het die klomp manskappe bymekaargeroep en  hulle   daarvan  gesê.  Maar ook  gewaarsku  dat  alles baie stil  en ordelik moes  verloop.    Hy  en Siener  sou  die  voortou  vat,  en gedurende  die  uittog   moes  geen  roker  'n  vuurhoutjie  trek  nie.  Hulle  het skaars   'n  entjie   gevorder  of  die  Siener sê:  "Kommandant,   ek  gewaar dat  daar  vuurhoutjies  getrek  word."   Kmdt.   Esterhuizen  roep halt  en  verbied  sy  manne   ten  strengste  om  weer te  rook,   en hulle sit toe die staptog   voort.  Maar nie  lank  nie  of oom  Nieklas waarsku andermaal op  fluistertoon:     "Kommandant,   hier  word   weer   vuurhoutjies  getrek om  pyp  op  te  steek"   Die  kmdt.   se geduld  was op en hy  vra  Siener  om  alleen   die  manne  verder  te lei,  pluk  toe sy perd,  Ruby, om  en ry na  die  agterpunt  van  die  linie.  Dis  toe  dat hy  die  man  opmerk   wat  met  sy jas  half  oor  sy kop  getrek,  probeer pyp  opsteek.   Die  kmdt.  moker  hom  toe  met  sy sambok  oor  die  kop en dit was die einde  van  die kêrel  se rooklus!   Oom  Nieklas het hulle deurgelei sonder dat die regeringstroepe daarvan   geweet het.

Boy Mussmann aan mnr. Cornelius Borman:                     .

"Hoofsaak  is die tog wat ons in 1914 moes ondemeem na Duits-wes om te gaan traktate maak. Daarin beskryf ek hoedat oom Klasie ons dag en nag vertel  het waar  ons vyande  is en waar  ons tussen hulle kan deurtrek.  'n Ware simboliese trek. Soos wat die Israeliete  deur  die woestyn  moes  trek,  so moes  600 man van  ons (sleg gewapen)  deurtrek.  Genl. Smuts het al die verdedigingsmanne en seuns onder sy hand gehad, ook al die kanonne  en oorlogsuitrustings,  en hulle het hul uiterste gedoen om ons te keer, te vang, of dood te skiet, sodat ons nie Duitswes kon bereik  nie, maar  dit was tevergeefs.

Nou  is my plan om daarmee na die Vaderland te gaan en te vra wat sal dit my kos om 30 of 50 boekies  te druk ... en so publiseer ek my hele boek wat die Transvaler en die Volksblad nie wil druk nie omdat juis genl. Kemp  se boek  oor die tog vol leuens  is.  Die stukkie geskiedenis is net so belangrik in ons volksgeskiedenis as die plegtige Gelofte  by Danskraal."

Mussmann aan oom Joos Haasbroek -  met aanvullende aantekeninge uit 'n artikel in Mense:

"Liewe  Jozua en gesin,

Ek lees in die Kongo (Zaïer) sien oom Klasie 'n rooi skilleros.

Dit is mos Rusland se bees! Dan omtrent die drie siwwe entjies van mekaar.  (Dit is drie verkiesings).   Dit het niks te doen met die drie blou briewe nie. Nou  sal die poppe dans!  Lees sy visioen van 24 Desember 1917:  In Weste van Europa is 'n groot oond en groot vuur brand in die oond die vlam slaat by die oond se bek uit. Dit beteken:  In die geheim  word oorlog  (agter  in die oond)  gestook. As die vlam by die bek uitslaan, dan trek ons Prieska toe. Ek wil probeer voldoen aan die belofte wat ek gemaak het om vir jou die tog na Duitswes neer te skryf dan kan jy dit aan jou vriende  gaan voorlees.

Vervolg...