SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (17)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

Soos 'n Moses van ouds

Boy Mussman vertel verder:

Die  voorwaardes  was: 'Julle  Iê die  wapen  neer'.  Die  offisiere  sal aangehou  word.  Die  burgers  sal huis toe  gestuur  word  met  hulle perde.  As die regering  die perde  nodig  het,  sal hulle gewaardeer word en aan ons uitbetaal  word. Op  die plaas Koegoeskop  is baie soetdoringbome. Oom Nieklas sê hy sien elke burger  pluk 'n geelperske van die soetdoringboom, maar hy (Siener)  kry eers  die geelperske  in Pretoria.

Toe die Duitse owerheid  hoor dat ons gaan oorgee, stuur hulle vir elke burger 'n goue pond vir padgeld.  Oom Klasie  se naam het nie voorgekom op die korporaals se naamlys  nie. Dus  kry hy toe nie 'n pond nie.

Ons kommando   trek hierna  na Upington  om te gaan  oorgee  en ons slaap die nag net buite Upington.  Elke afdeling  afsonderlik  by sy offisier. Die artillerie  was net voor my broer Chris se kommandantskap.  Willie van Rensburg  en ek slaap bymekaar.  Willie sê aan my: "My pa (Siener)  sê die regering gaan die offisiere lank vashou, want  hy sien die bande  om die offisiere  se bene, maar vir ons sal hulle nie lank vashou  nie." Hy sê toe ook aan my ek moet by hom in Wolmaransstad  kom ploeg  dan is ons altoos bymekaar.

Met Manie  Maritz  se oorgawe  na die slag van Upington,  is die wat nie dood is nie, gevange  geneem  en per trein teruggevat  Transvaal toe. Daar is kosvoorrade  aan hulle uitgedeel  en elkeen het o.m. ook  ‘n rantsoen  suiker ontvang  -   presies soos Sienervoorspel   het! Die offisiere word na Johannesburg  se fort gestuur en ons burgers word  na die Kimberley-kompound  gestuur.

Toe ons daar aankom,  is 40 van ons siek aan maagkoors.

Op Sondagmôre   27 Maart  1915 kom  die kampkommandant  na my toe en vra: "Do you know Corneels  and Nieklas van Rensburg?" Ek sê: "Yes, I do." Hy sê toe: "Please  call them for me." Ek sê vir die twee broers  die kampkommandant  roep julIe. Ongelukkig  vra ek nie  aan  die kommandant   hoekom  hy hulle  wil  sien  nie.  Eers Sondagmiddag   net  na  sononder  sien  ek Corneels  van  Rensburg waar  hy voor hulle sel sit en huil. Ek vra hom wat makeer?  Hy sê:

"Ons was vanmiddag  na die hospitaal  en broer Willie Iê op sterwe." Ek vra: "Het julIe hom daar aIleen gelaat?"  Hy skud sy kop: "Nee, ons moeder  en verskeie  ander  vroue wat gekom  het om hul mans en kinders  te sien, is by hom."  (Willie van Rensburg  is nog daardie  selfde  nag nog aan maagkoors  oorlede).

Ons het op 7 Feb. 1915 in Kimberley  aangekom.  Ons is in April ontslaan.  Die hospitaal was die wit huis wat oom Klasie gesien het. Teen die offisiere  is 280 getuies  gedagvaar.  Nie een kon verklaar dat hy die Siener in die  kommando  gesien het met 'n geweer  in die hand of dat hy aktief aan die Rebellie  deelgeneem  het nie.

Niemand kon  ook verklaar  dat oom  Klasie  vir hom gesê  het hy moet gaan rebelleer  nie. So kon daar geen vonnis  teen die Siener  uitgespreek word  nie. Nadat   elke  rebelle-offisier  se  saak afgehandel   is,  kom  regter Lang met twee assessore  en lees elkeen se vonnis  af. Genl. De Wet kry 7 jaar  tronkstraf  en 1 000 pond boete,  ens. Na al die vonnisse afgelees  is, kom hy by die Siener. Daar is geen verklaring  teen hom nie. Die regter  sê toe net: "You eat to much  meat  at night.  That is why you dream dreams  and see visions. But I tell you to keep your dreams  and visions for yourself,  or I'll put you in yale (jail) for the rest of the war."

Die  aand  slaap  my broer  Chris  en oom  Klasie  bymekaar.  My broer  sê aan oom Klasie:  "Die Engelsman  het vandag  sy mes vir jou  in  gehad."  Oom  Klasie  sê:  "Ja,  ou  Chris,  maar  ek  sien  hul begraaf  hom."

Drie  dae later word  regter  Lang toe ook begrawe.  Hy is skielik oorlede.

Mnr.  Boy  Mussman   sluit  sy beskrywing   af met  die volgende woorde:  "Genl.  Kemp  het, met behulp  van Siener  van Rensburg, ons soos 'n Moses van ouds veilig  deur die woestyn  gebring."

Vervolg...