Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
" Smuts is 'n geel hond met 'n wit halsband. Hy is kompleet Engelsman, en het net ‘n Boerenaam (wit halsband)... "
Generaal Botha se einde
Die uitbreek van die Groot Griepepidemie in 1918 het 'n tragiese begin en ewe tragiese einde gehad.
Hierdie gegewens kom grootliks uit geskrifte in privaatbesit.
'n Vriend en vertroueling van oom Nicolaas vertel dat Siener hom reeds vóór die uitbreek van die Eerste WêreldoorIog gewaarsku het dat genl. Louis Botha nog eendag sy rug op die Afrikaner sou keer. Hy vertel as volg:
Toe ons in 1910 selfregering kry, toe hou ons volk bidure sodat die Heer vir ons die regte man as Eerste Minister moet aanwys.
Destyds moes ons tussen Botha en Merriman kies. Botha val toe uit met die verkiesing. Maar ons gee hom Losberg en maak hom Eerste Minister. Vier jaar later (1914) laat skiet die einste Botha toe die Boeregeneraals wat in die Tweede VryheidsoorIog hul plig gedoen het omdat hul nie onskuldige bloed wou vergiet en landpale wou verruk nie. Daarna stop genl. Botha al die offisiere in die Fort en die gewone burgers in die swartes se kompounds by Kimberley. Dit was toe dat oom Klasie aan my gesê het: "As ons volgens ons gebede gehandel het en Merriman Eerste Minister gemaak het, dan was daar nooit ‘n Rebellie nie. Maar selfs toe Botha uitval wou ons nie luister nie, en nou gebruik die Heer daardie Botha waarmee ons gesondig het om ons mee te straf."
Oom Nieklas verduidelik toe verder: "Ek sien van Kaapstad stoot 'n hand 'n swart blok oor ons land. As die swart blok verby is, dan sien ek hoe loop die mense in rouklere."
Op 'n vraag of dit 'n ramp is wat oor ons volk gaan kom, en wat kan ons daaromtrent doenm het die Siener geantwoord: Broertjie, dit sal iets verskriklik wees, en vir ons volk sal dit 'n tyd van geloof en gebed wees.
Na die Russiese Rewolusie van 1917 gee Rusland oor en in die lente van 1918 gebruik die Duitsers hierdie troepe om 'n groot nuwe aanval teen die Weste te onderneem. Teen Junie was Parys weer in gevaar, soos aan die begin van die oorlog. Genl. Botha was erg bekommerd dat Engeland nou die stryd teen Duitsland kan verloor indien Amerika nie meer daadwerklik tot die oorlog toetree nie. Terwyl hierdie onderhandelings aan die gang was, arriveer daarin Kaapstad 'n skip vol Engelse Kleurlinge met verlof. Omdat daar 'n griepepidemie aan boord was, is hulle versoek om buite die hawe anker te gooi.
Hierna wou die hawe-owerheid van genl. Botha weet of hulle die skip moet laat land en of daar gewag moet word totdat die epidemie verby is. Genl. Botha telegrafeer terug en sê die passasiers kan maar aan wal kom, hulle verlof geniet en daarna weer terugkeer Engeland toe.
Kort daarna breek toe die grootste griepepidemie in ons land se geskiedenis uit en sterf daar in een maand sowat 70,000 duisend siele. In 1919 kry genl. Botha self die griep. Hy het aIle moontlike mediese hulp ontvang, maar dit was te vergeefs.
Wat nou volg, is enkele kort uittreksels uit die geskrifte en 'n samevatting van die tragedie wat hom toe blykbaar afgespeel het: Genl. Botha het toe (terwyl hy daar siek gelê het), gedink aan hoe hy die Rebelle (sy mede-Boere) laat vang en party laat doodskiet het omdat hulle nie teen onskuldige Duitsers wou gaan veg om Duitswes vir Engeland te verower nie. Soos oom Klasie gesê het: "Generaal Botha was nie soos Smuts nie. Smuts is 'n geel hond met 'n wit halsband. Hy is kompleet Engelsman, en het net ‘n Boerenaam (wit halsband), maar genl. Botha het nog 'n gevoel vir die Afrikaner ('n Boerehart) gehad ..."
Dit was brommers
(Uittreksel uit 'n brief): Toe genl. Botha net pas dood is, toe was ek by oom Klasie. Ek vra hom toe: "Waarom het oom Klasie nie vir my vertel van genl. Botha se dood nie? Ek het gedink oom Klasie vertel my altyd alles." Hy sê toe: "Ek het jou vertel van die man wat met die trappe van die leer afkom (sy leierskap is verby) ek sien hoe sy klere van hom afskif ('n teken dat hy sy eie lewe sou beëindig, want hy sak agteroor en sterf. Toe pak die bye op hom." Ek sê: "Maar oom het nie vir my gesê dis Botha nie." Sy antwoord was: "Nou sê ek mos vir jou. Al fout wat ek gemaak het, was om te dink dit was bye wat op hom toesak. Dit was brommers, want na al daardie inspuitings het genl. Botha se liggaam skielik sleg geword."
Ek kom toe op Wolmaransstad. Daar laat roep ds. Van der Horst my en sê: "As jy op Wolmaransstad was, dan kom jy mos altoos van Siener en wat sê hy?" Ek vertel hom toe die hele geskiedenis soos ek hier geskryf het. Ds Van der Horst sê toe: "Ek het verlede nag van Pretoria af teruggekom. Generaal Botha se lyk het daar in staatsie gestaan in die kerk. Die lyk het so sleg geword dat die kerk ontsmet moes word en die kis met lood uitgelê moes word.
Nou vra ek: Waarom is sy lyk nie gebalsem nie? Is dit nie omdat die nuus dan sou uitgelek het wat eintlik met die Generaal gebeur het nie? Dat hy geen natuurlike dood gesterf het nie. Dat hy'n daad gepleeg het waarvoor geen staatsman 'n staatsbegrafnis kan kry nie. Sou 'n mens kan glo dat genl. Botha homself om die lewe gebring het (oor die dinge wat hy sy volk aangedoen het? ..." (Einde van aanhaling).
Behalwe vir oom Nieklas se visioen, ook mondelinge mededelings deur oud-amptenare (wat verkies om anoniem te bly) en 'n aantal privaatdokumente en briewe in my besit, kon ek uit "amptelike bronne" geen stawing kry vir die hardnekkige gerugte oor genl. Louis Botha se beweerde selfmoord nie. Maar van ons historici was later druk besig om met "oop gemoed" die hele geskiedenis van Suider-Afrika te herskryf en hopelik sal hulle ook met dieselfde gesindheid na hierdie tydperk in ons geskiedenis terugkyk en op 'n meer wetenskaplik gefundeerde wyse kan vertel wat werklik op daardie dag van 27 Aug. 1919 gebeur het toe genl. Louis Botha op die betreklik jeugdige ouderdom van 57 jaar skielik oorlede is.
Vervolg...