Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
NOG VISOENE VAN SIENER REEDS IN VERVULLING
Die Depressiejare
Kort voor sy dood het die Siener 'n gesig gehad wat nogal sterk herinner aan die droom van die Farao van Egipte in verband met die sewe vet koeie en die sewe maer koeie:
Ek sien twee wit perde in die more in die vlei kom wei. Hul wei met hul koppe na mekaar toe, en in die middag draai hulle van mekaar weg. Hulle is maer en uitgeteer. Toe kom nog een by wat net soos die ander twee lyk en hulle was drie.
In Oktober 1929 stort die aandelemark van New York in duie. Bankrotskappe en selfmoorde het gevolg. Skielik was daar nie meer geld in om loop nie. Die Depressie het begin. En vir die daaropvolgende drie jaar beleef Suid-Afrika die kwaaiste droogte in sy geskiedenis.
Die Tweede Wêreldoorlog In een van sy briewe skryf mnr. Boy Mussmann: 'n Paar jaar ná die beëindiging van die Eerste Wêreldoorlog, het 'n Duitse artilleris aan iemand in Schweizer-Reneke gesê dat ná die stillegging van Krupp se wapenfabriek volgens die bepaling van die vredesverdrag van Versailles, was die beste Duitse deskundiges in Russiese wapenfabrieke werksaam, en het hulle toe reeds die voortsetting van die oorlog in die vooruitsig gestel."Na aanleiding hiervan het ons toe met die eerste geleentheid besoek by Nieklas van Rensburg afgelê en hom gevra of hy miskien iets sien wat op 'n samewerking tussen Duitsland en Rusland kan uitloop. Hy deel ons toe die volgende mee:
"Ek sien spanne, spanne osse uit die verre noorde van Europa afkom na die suide, elk met twee blou voorosse."
Hieruit het ons dadelik afgelei dat genoemde twee lande wel eendag gesamentlik sou optree en dat Duitse offisiere (blou voorosse) die rou, ongeletterde Russiese troepe sou aanvoer. En toe die Vriendskapsverdrag op 23 Augustus 1939 tussen Duitsland en Rusland onderteken is, was daar verder ook niks meer aan te twyfel nie. Die gesig het later letterlik en op die presiese plek in vervulling getree - net soos oom Nieklas dit gesien het.
Van die noordelike Yssee tot aan die Swart See in die suide was Duitsland met die Russe in 'n stryd gewikkel. Hulle (die blou voorosse) het die inisiatief en militêre leiding geneem teen die Russiese troepe en nie oor hulle nie; en die Roemene, Hongare, Slowake, Finne, Hollanders, Franse, Spanjaarde, Italianers, ens. (spanne, spanne osse) is almal teen wil en dank deur Duitsland in die oorlog ingesleep.
Boere in 'n drukgang
In Suid-Afrika sou die Boerenasie andermaal in 'n drukgang geplaas word wanneer Jan Smuts se oproep kom om die wapen vir die Britse Empire op te neem. Oom Nieklas het dit meer as twee dekades gelede reeds voorsien en gesê dit sal weer wees soos voor die Eerste Wêreldoorlog toe die einste Smuts en Louis Botha oorlog teen Duitsland verklaar het. Maar nou sal Botha nie meer daar wees nie en sou Smuts sy hoop op genl. J .B.M. Hertzog moes vestig. Oom Nieklas het die ook volk gewaarsku om nie agter Smuts aan te loop nie, en het gesê dat genl. Hertzog nie enduit by Smuts sou bly nie en dat dit die einde van Hertzog politieke loopbaan sal beteken.
Mnr. Mussmann skryf: "Maar ons volk slaan nie ag op die waarskuwings nie. Destyds op Senekal het ek ook oom Nieklas se woorde aangehaal: Ons volk sal ongewapen wees en verdeeld. Hy het verder gesê: Nadat genl. Smuts in 1924 in Pretoria-Wes uitgeval het, het genl. Hertzog hom die Standerton-setel onbestrede gegee (net soos genl. Botha Losberg gekry het). Oom Nieklas se woorde was drie keer: Generaal Smuts is generaal Hertzog se val!
"In 1924," skryf mnr. Mussman verder, "was vier van ons (my broer, twee Haasbroeks en ek) by oom Nieklas. Daardie dag het hy weer gepraat van ons volk se fout om altyd van sy voormanne afgode te maak. My broer sê toe aan die Siener: Oom Nieklas, ek glo net aan genl. Hertzog; hy is ons beste staatsman. Waarop ek (Boy Mussmann) laat volg: Ek glo weer Tielman Roos is ons beste staatsman. Die Siener antwoord: Broertjies, julle is altwee verkeerd. Ek sien daar kom 'n tyd dat Tielman Roos en Hertzog kop-en-punt lê. Hulle gaan nie met ons volksaak saam nie. Maar uiteindelik sien ek genl. Hertzog staan op en kom terug.
"Toe ek dit op Senekal vertel, toe staan 'n sekere mnr. Van Dyk in die vergadering op en sê: 'Alles wat u van die Siener vertel het, glo ek; maar dat genl. Hertzog sal terugkom, glo ek nie, want hy het ons te veel gevloek en geskel.' Ek het herhaal (dit was in Feb.1938): "Genl. Hertzog sal terugkom, maar die volk sal nie bymekaarkom nie, nie voordat die rooi kleihouer ons bymekaargebring het nie."
In '33 vind die samesmelting plaas. Ses jaar later breek die Tweede Wêreldoorlog uit. Hertzog wil neutraal bly, maar Smuts skaar hom aan die kant van die Empire. Hy wen die stryd teen Hertzog en dompel Suid-Afrika in die bloedigste oorlog wat die wêreld nog geken het.
(Oom Nieklas se waarskuwing aan sy volk en genl. Hertzog was andermaal tevergeefs...).
Wit perd sonder tuig
In die Volksblad van Vrydag 30 Sept. 1940 skryf mnr. Mussmann: "Alles wat (nou) hier gebeur, het die Siener voorspel. Daarom het ek soveel moontlik van die gesigte (probeer) onthou. As ek die geheue van ds. C.W. Retief van Paul Roux had, sou min daarvan verlore gegaan het.
"Op 4 Sept. 1939 sien oom Nieklas die volgende visioen: 'n Wit perd sonder tuig staan by Kaapstad en kyk na oorlogsmoeilikhede in die ooste. Die perd is sonder tuig. Hy verklaar dit self: Sonder tuig beteken dat die span wat vir onsydigheid gestem het nie oor die middele beskik om dit te handhaaf nie.
8 Jan. 1917 - Waens met wit seile sonder osse vlug in Europa uit mekaar. (Die verwarring en angs wat in Europa gevolg het op Hitler se Blitzkrieg).
12 Jan. 1917 - In die Unie is waens wat na ons kom. (Suid-Afrika tree toe tot die oorlog). In Europa rol 'n geel steen na die Zuide.
Achier is waens met blauw muile. (Japan tree toe as bondgenoot van Duitsland).
19 Jan. 1917 - In die Noord Weste is 'n emmer bloed wat omval.
21 Jan. 1917 - 'n Groot skotel mielies en die ou vrouw skep daaruit. (Jaargety) Aan die Zuide staan 'n man met die roer aan die kop.
24 Des. 1917 - In Weste van Europa is 'n groot oond en groot vuur brand in die oond die vlam slaat by die oond se bek.
"Die gesigte wat dateer van 19 Jan. 1917 tot 27 Jan. 1918 verwys onderskeidelik na die geweldige bloedvergieting wat sou volg; skaarste aan voedsel; die lugbombardemente dwarsoor Europa en laastens na Hitler se inval in Rusland. In hierdie verband het oom Nieklas verder ook gesê: Toe kom in Europa 'n groot, blou steen (Duitsland) uit. Hy rol eers na die westekant toe, draai om en rol na die ooste en toe draai hy na die noorde...
"In die weste het die 'steen' eers Holland, België en Frankryk verower; daarvandaan swaai hulle na die ooste en word die Balkanstate platgerol. Vervolgens draai hulle noordwaarts en so begin een van die roemrykste veldslae van die 2e Wêreldoorlog: Die maandelange stryd tussen die Duitse Sesde Leër onder bevel van genl. Paulus en die Russiese magte. Die Duitsers het tot op die walle van die Wolga gevorder. Die finale oorwinning was reeds in sig toe hulle met die aanslag teen Stalingrad begin het. Maar die Russe het verbete vasgebyt, en hoewel hulle meer as 'n miljoen soldate verloor het, het hulle uiteindelik die oorhand gekry en Hitler sy eerste groot neerlaag toegedien.
In die weste van Europa kom 'n vrou met swart syrok (ryk mense), swaar in rou. (Selfs die welgesteldes sou die verskrikking van die Tweede Wêreldoorlog nie kon ontvlug nie). In die Unie staan ook 'n vrou in rouklere en kyk na die slagvelde van Europa (ons sou ook betrokke wees).
19 Aug. 1922 - In die Noorde van Europa is 'n groot misvuur van uitgesteekte mis - die vlam slaat in die middel uit. Daar is drie groot stene, tussen die stene is vuur. Naderhand is die stene ook vuur of is aan die brand. Die drie groot stene verwys na Europa, Amerika en Japan se betrokkenheid by die oorlog.
15 Okt. 1918 - In die Noord Westevan Europa is een schewwe blauw steen en hy verander in een ploeg wiel en breek aan stukke. Duitsland se ondergang word herbevestig.
15 Aug. 1923 - (Aanhaling uit 'n lang visioen oor die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie aanhaling verwys o.m. nie net na die skrikwekkende gevolge van die oorIog nie, maar volgens die Siener se seun Kallie, sê dit ook vir ons hoe en waar die oorIog begin het): Toe is daar 'n dorp en uit die dorp vlug mense bosse in. (Ek gaan in Europa om 'n groot huis en kom in die volgende huis - in een kamer lê osrieme). Die mense wat die bosse in vlug, verwys na die dag toe Duitse magte die Sudetenland en Oostenryk in 1938 binnemarsjeer het.
25 Aug. 1922 - Ek gaan op na die noorde met motor. Die grond voor my is eers brakagtig toe zanderig en daar is bale groen garingbome en raak weg. Ek kom toe by droë bome en tussen is voetpaadje. Toe kom ek deur die bome is dit 'n pad en ek ry met my kar in die pad en daar is nog karre agter my, ek kom by 'n hek en gaan deur toe ek deur die hek is kom 'n klomp boere te perd by my verby. In Europa is 'n nuwe, lang zinkhuis met nieuwe deure en vensters en alles staan toe (belang aan Duitsers). Daar staan 'n baksteenhuis wat die voormuur heeltemal weggeval het die Agtermure staan nog (Belang aan Engeland.]Toe is daar 'n groot Zinkhuis maar baie bouvallig (Be lang aan Franse.)
Verklaring (kortliks): In die eerste maande van die oorIog sal 'n deeglik voorbereide Duitsland heeltemal ongeskonde bly): In Europa is 'n lang zinkhuis met nieuwe deure en die staan toe. DIe volgende beeld: Toe is daar 'n baksteenhuis wat die voor muur helemal weggeval het, net die aehter murasie staan nog - dui op Engeland wat, ondanks groot verIiese, die vele aanslae van die Duitsers sal oorIeef. Toe is daar ’n groot zinkhuis maar banja bouvallig. (Frankryk se kaputilasie kort na die uitbreek van die oorIog).
Meer breedvoerige verklaring: 'n Motor is geriefliker as 'n perd en dus is die reis sonder vermoeienis. Die brakagtige grond en sanderige grond dui op 'n gebrek aan vooruitgang of dat daar weinig kans op sukses is op die pad wat gery word. (Jan Smuts). Droë garingbome beteken 'n regering wat nutteloos is en waarmee die Afrikaner geen kontak meer het nie. Die droë bome met die voetpad is probleme van die kant van ander lande (klein, onbelangrike lande). Die voetpad bemoeilik vordering totdat die Afrikaner uit die versperrings en probleme kan kom. Dan is daar 'n pad en kry die Afrikaner rigting en koers.
'n Hek is 'n verandering, ‘n deurgaan van een plek na 'n ander of van een situasie na 'n ander. Op daardie punt kom boere te perd verby - die behoudende, konserwatiewe Afrikaner wat weet waarnatoe hy wil? (NP-bewind 1948). .
Wanneer hierdie gebeure 'n aanvang neem (1939), het Duitsland ’n nuwe sterk regering. (Die Nazi-party). Alles aan die gebou is nuut, en sy een besondere kenmerk is dat hy baie dinge in die geheim doen. Daarom is die deure en die vensters alles toe. Niemand sal presies weet wat daar in die mou gevoer word nie. Die huis is egter van sink en daarom is dit 'n harde, ongenaakbare regering. Engeland kry in daardie tyd die wind van voor en word op grootskaal verwoes, want die voorste muur is weg. Heel swakste van die drie is egter Frankryk wat nou slegs 'n bouval is. Al drie lande sou later ‘n belangrike rol in die Afrikaner se toekoms speel.
Vervolg...