SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (26)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

NOG VISIOENE VAN SIENER

"Nou wat dan van Japan, oom Klasie?" Sy antwoord was: "Vir Japan hoef ons nie bang te wees nie, want God gaan Japan nog met aardbewings beveg." (En in die afgelope paar jaar het hierdie gesig ook waar geword!)

20 April  1920 -   In Europa  trek klein witrugosse   voor  waens. Dit raak alles weg. Later kom die osse weer uit. Toe is dit groot en vet osse.  Die wêreld word swart voor hulle. Toe is die Engelse  vroue in rou. Die Duitse  vroue is netjies aangetrek in blauw en roze op hul hoede.
26 April 1920 - In Europa  is vrouwmense wat zwart  aangetrek is en skraal  van figuur  en zo verwild in hul gezichte. Toe kom die Duitse  vrouw mense  weer uit en netjes aangetrek  met blauw klere en wit roze op hulle hoede.
Konsentrasiekampe  van die Duitsers. Die gevangenes is in swart aangetrek,  rouklere,  en hulle lyk verwilderd en ontsteld. Die Duitse vroue  in teenstelling,  is netjies  aangetrek in blou.   Die wit rose op hulle hoede kan dalk heen wys na die berugte helkamp in Buchenwald  -    die Rosengarten   -   hoog teen die hange  van  Ettersberg waar duisende  gevangenes  gesterf het.
Siener het ook eendag  aan 'n  vriend en sy seun,  Kallie,  die uitslag van die oorIog geprofeteer:  "Die Tweede  Wêreldoorlog   sal Duitsland  nie  wen  nie.  Want  dan  sal  die  wêreld  weer  praat  van  die magtige  Duitse ryk   soos van  Engeland  gepraat  is: 'Britania rules the waves'.  Ons sal dan dink dat Duitsland  nooit weer gaan opstaan nie, omdat  hy gedoen  het waarteen  God in Jesaja  14:14 waarsku: Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel  met die Allerhoogste. Maar Duitsland  sal vorentoe  weer by God genade  vind."
Duitsland aan twee gekloof
23  Aug.  1918 -   In Europa  is 'n blok  en  'n skerp mes  kloof die blok  aan  twee; toe kom  'n skêr en skeer om  die onderkantse  stuk, toe is hy 'n droge garingboom.  Hy skeer al om  en om  totdat hy helemaal om geskeer het, aan die anderkant het die skêr 'n bietje wyd geskeer, die wat oorgebly het  word 'n lap en die lap draai om die garingstomp;  die garingstomp  draai in die  rondte.  'n  Groot klomp blauw beeste gaan naar die Zuide  kant  toe; aan die regterkant is 'n klei  muur.
Hierdie  gesig word  as volg verklaar:  Ná die oorIog word  Duitsland verdeel  ('n skerp mes kloof die  blok aan  twee). Die Nazi-party verdwyn  van  die toneel   (toe is hy  'n droge garingboom) en die Skandmuur   word  opgerig.  Daarna  volg  die verval  in Oos-Duitsland, maar uiteindelik  word Duitsland  weer herenig.  (Groot klomp blauw  beeste gaan  na die Zuide).
Toe voeg  oom  Klasie  egter by: "Maar  God gaan  Duitsland  tog weer  ophef.  Dis oor Engeland  wat die nag gaan toesak.  Daar  sien ek ' n swart slang Iê. Dit is nou vir Engeland sy swart probleem.  Dit wys  op hongersnood   en burgeroorlog.   Die  slang  rol op  -    hulle gaan vestig  hulle in Engeland.  En daar begin  al Engeland  se probleme  Sy ondergang. Daar sal ook ' n burgeroorIog  in Frankryk kom wanneer  die swartes begin  instroom,  en ook ' n ontsaglike  burgeroorIog  in Rusland. Dan  staan  Amerika   en Duitsland  bymekaar   en  dan kom  val  die Duitsers  Duitswes  aan. Dan gaan die huidige  regering  in wanorde uiteen,  want hulle steun op die vleeslike  soos Hertzog  ook in 1924 gedoen  het. Lees Jeremia  7:5,7:  Maar  as julle  jul weë en handelinge  waarIik  goed  maak,  as julle  waarIik  reg  doen  onder  mekaar ... dan sal ek julle laat woon in hierdie  plek, in die land wat ek julle  vaders  gegee  het, van eeu tot eeu."
Kallie sê verder sy pa het nie net vooruit gesien wat in die 2de Wêreldoorlog  sou gebeur  nie, maar dat hy ook geweet het Duitsland sou die vuur van daardie oorIog aan die brand steek, en dat hy uiteindelik  die stryd sou verIoor. Een van Siener se gesigte wat hierop betrekking  het, is die volgende:
Ek  sien 'n blou  steen  draai in  die  rondte   (Duitsland)   dan verander  dit in 'n kanonwiel   en val stukkend  op die grond.  Maar die grond  waarop  dit  val,  word  omgespit  en dit  word  vrugbare aarde.
Kallie  verklaar   die  gesig  as volg:  "Nadat  Duitsland   die oorlog verIoor  het, sal hy uit die stof herrys,  maar  nie meer as 'n gedugte leërmag  nie. Die vrug van Duitsland  sal nie meer dood en verwoesting  wees nie, maar ekonomiese  voorspoed  ..."
Stigting van die VV
Die tot standkoming van die VV het hy as volg beskryf: "Ek sien mense is besig om ’n wawiel se band oor te trek. Eers is die band te klein, maar toe hulle die band uiteindelik oorgetrek het, toe het die wiel weer geen naaf nie." Oom Nieklas verklaar dan self die gesig: "Generaal Smuts is die man wat sal voorstel dat ’n Bondgenootskap van volke (bestaande uit gealliëerdes) gestig word. Maar hulle sal gou-gou agterkom dat die Bondgenootskap heeltemal ondoeltreffend is (die wielband is te klein). Dan sal hulle ander lande, o.m. ook Duitsland, insluit (die waband is dan groot genoeg, maar dit het geen naaf nie). Dit beteken dat die VV se doelstelling sal wees om met menseverstand ’n mense-organisasie in die lewe roep wat God se almagwerke moet doen. Want as God se 'oorlog', sal geen mense-organisasie dit keer nie, en as God se 'vrede', sal geen mense-organisasie oorlog voer nie. Die wawiel het geen naaf nie omdat die VV God uitgesluit het en as ’n wawiel sonder naaf gebruik word, is daar niks wat hom (sy speke en band) bymekaar hou nie, en dit gaan nie net breek en uitmekaarspat nie, maar ook die wa laat omtuimel (alle lande wat deel is van die VV sal deur hulleself in ’n verskriklike ramp gedompel word. Want die spil waarom alles draai, is Godsbesluit, en nie die mens s’n nie..."
Amerika, Vietnam en Hoesein

Op 27 April 1918 sien oom Nieklas die volgende gesig: Amerikaanse osse (witrugosse) trek na die ooste en daar is ’n leiertjie voor; die leiertjie wil wes gaan, maar die osse wil nie, hulle draai in ’n bondel.
Dat hier van ’n leiertjie gepraat word, dui aan dat die Amerikaanse se mag (witrugosse) wat besig is om oorlog te voer, nie op volle sterkte is nie. Hulle ‘trek na die ooste’ moet ongetwyfeld gesien word as Amerika se betrokkenheid by die uitgerekte Viëtnamese oorlog in Suidoos-Asie. In 1954 was daar aanvanklik net ’n Amerikaanse militêre adviesgroep. Maar in 1965 was dit duidelik dat Suid-Viëtnam hom slegs met sterk Amerikaanse bystand teen Kommunistiese infiltrasie vanuit die noorde sou kon handhaaf. En so het ’n vrugtelose oorlog begin wat tien jaar lank sou duur. Met verloop van tyd ontstaan daar egter konflik in Amerikaanse geledere toe pres. Nixon die stryd ten alle koste wou voortsit (die leier wes wil gaan, maar die osse weier om te gehoorsaam — binne in VSA was daar kwaai teenstand). Dit bereik ’n keerpunt in 1975 wanneer die Amerikaanse kongres weier om addisionele geld vir die Viëtnamese stryd beskikbaar te stel. Noord-Viëtnam het dadelik met hernieude ywer die gevegte voortgesit en op 10 Maart van daardie jaar behaal hulle ’n deurslaggewende oorwinning toe die hoofstad van die provinsie Darlak ingeneem is. Derduisende Amerikaanse troepe moes inderhaas en onder chaotiese omstandighede (die osse draai in ’n bondel) met ’n massale lugbrug uit Saigon verwyder word.
8 Feb. 1922 — In die Europa in die verre noorde ploeg ’n span rooi witrugosse na die noorde: Amerika se inval teen Saddam Hoesein. Van die Weste (Amerika) kom ’n breë blauw (Duitsland) voor vol water (nuus). Die voor word altoos voller (goeie nuus van Amerika en Duitsland).
Japan
Mnr. Mussmann vertel hoe hy dikwels voor oom Nieklas se braksteenhuisie op Rietkuil op ’n veldstoeltjie gesit en luister het na die Siener se beskrywing van die lotgevalle van die nasies. "En om te dink hy was ’n ongeletterde man wat geen tydskrif of koerant gelees het nie; hy het ook geen geskiedenis van die nasies geken nie, maar hy het alles van hulle geweet.
"Ag, my heerlike oomblikke wat ek daar deurgebring het! Hy het dikwels vertel van die dinge wat nog hier en in Europa moet gebeur, en eendag toe hy weer daarvan praat, vra ek hom: "Nou wat dan van Japan, oom Klasie?" Sy antwoord was: "Vir Japan hoef ons nie bang te wees nie, want God gaan Japan nog met aardbewings beveg." (En in die afgelope paar jaar het hierdie gesig ook waar geword!)
Die Derde Wêldoorlog?
Lank gelede het oom Nieklas ’n vliegkampskip in Duitsoos sien land. Dit het hy gesien nog voor daar so ’n vaartuig gebou is. ’n Vriend vertel dat hy in Senekal 1938 gepraat het van die vaartuig wat oom Nieklas sê wat soos ’n pont lyk. "Toe sien ek later die portret in die Volksblad en kry ek ’n brief van Kommandant Erasmus waarin hy sê: Dit is mos die vaartuig wat oom Nieklas gesien het!"
Hy gaan dan voort: "U vra of ons nog ’n oorlog moet kry. Ek sê beslis ja, en hierdie keer staan Duitsland by Amerika, en ’n sterk Duitse mag tree op" — iets wat seker min mense verwag wat nie die Siener se voorspellings ken en praktiese ondervinding daarvan het nie. Hoe sal die Duitsers met vyf oorlogskepe in Luderitzburg land? As die skepe nie aan hul oorhandig word nie?
En die oorlog wat hy dan ‘sien’, sal dwarsoor die noordpool gevoer word.  Van Ysland na Moskou  en van Groenland en Alaska tot in Siberië.
Hy  vertel  dan  van  die  man  met  die  bruin  pak  klere  wat  die Boerevolk   by die koppie  noord  van Lichtenburg   gaan  toespreek:
Republiekwording
"Hy is 'n  egte Afrikaner  en wat hy vir ons gaan sê, gaan  die volk aan die hart gryp. Om die koppie wei gekniehalterde  perde. Dit wys dit is kommandoperde.   Hulle moet net nou weer gevang  en opgesaal word.  (vir die laaste,  groot  stryd).
"Ek sien 'n groot huis in 'n ander land. Binne hoor ek baie stemme praat;  dis stemme van mense wat rusie maak. Dan sien ek hoe hulle 'n man, een van ons eie mense, by die voordeur uitdruk. Toe die man uit is, sien ek die agtermuurvan die huis inmekaar val. En meteens is dit helder lig. (9 September  1922)."
Volgens Kallie van Rensburg  het dit betrekking  op die gebeure  in Maart 1961 toe dr. H.F. Verwoerd  oorsee probeer  het om, ná Republiekwording,  Suid-Afrika   se  lidmaatskap  van  die  Statebond  te behou.  Dr.  Verwoerd  was  optimisties  dat  sy aansoek  sou  slaag, want lande  soos Indië,  Pakistan  en Ghana  het  republieke  geword sonder verlies van hulle  lidmaatskap  van die Statebond.
Daar  het 'n  reeks  onstuimige   debatte  tydens  die Statebondkonferensie gevolg,  en dr. Verwoerd  is letterlik  gedwing  om die Statebond te verlaat:  (Hulle druk een van ons eie mense by die voordeur uit). In sy afskeidstoespraak   in Londen  het dr. Verwoerd  o.m. gesê: "Ek  was  geskok  en oorweldig  deur  die vyandige  gees wat hier teenoor  Suid-Afrika  geheers  het ... Die teenstand  is gebaseer  op die sogenaamde  diskriminasie  wat  ons  in Suid-Afrika   beoefen. Maar dit was juis afkomstig  van lande waar  die beginsels  van  die sogenoemde   demokrasie afwesig  is ..."
Die agtermuur  wat oom Nieklas  sien 'intuimel',  dui daarop  dat die Statebond  daarna  grootliks  sy steun en invloed  sou verloor  en in die toekoms  tot niet sou gaan. (Met die tot standkoming van die VSE -   Verenigde State van Europa      -   was dit glad nie onmoontlik  nie).
Maar daar sou tog 'n tydperk van voorspoed  en vrede vir die Afrikaner  aanbreek  (En meteens is dit helder lig).
Bloed loop uit my kierie
8  Julie  1919 -   Toe staan ek op my kierie en onder aan  die kierie spring een bloedaartjie oop, en die bloed loop op die grond en op my  veldskoen. Toe gaan een zinkplaat van die balk af, en toe zien ek die lug. Toe gaan die zinkplaat weer op die balk en toe is die huis z'n  mure hoog.
Hierdie aangrypende  profesie  oor  die  sluipmoord  op  dr. Verwoerd  is ongetwyfeld  een van  Siener se belangwekkende  gesigte sover dit die verloop van die Afrikanervolk  se geskiedenis en toekoms betref. Dit dui nie net op die traumatiese  einde van 'n besondere  era in die volksgeskiedenis nie, maar ook op die begin van 'n tydperk van onstabiliteit waarin  daar wegbeweeg  sou word van die oorspronklike  ideale en doelstellings.
Kyk na 'n  paar  van die uitstaande  simbole wat in die visioen voorkom:
Die eerste simbool  waama  verwys  word, is my kierie.   Daar was twee dinge waarsonder  jy die ou Boereprofeet  nooit sou sien nie: sy hoed en sy kierie. Ons weet reeds sy hoed was 'n sinnebeeld  van 'n regering.  Maar sy kierie had tweërlei  betekenisse.  Eerstens kon dit dien as wapen, en tweedens was dit 'n simbool  van iets wat baie na  aan jou  is  -  'n  steunpilaar,  vertroueling  of iets  (of iemand) waarop  jy altyd kon staatmaak.
Die volgende twee simbole, die  bloedaartjie  en veldskoen staan onderskeidelik  vir geweld  en 'n Boereregeringshoof  (of 'n  Boereregering).  Die betekenis  van  ander  simbole  soos zinkplaat,  balk, lug en mure sal uit die verklaring  hieronder  duidelik  word.
DimitrioTsafendas
Om  veertien   minute  oor  twee  op  Dinsdagmiddag   6  September 1966, terwyl  die  skril  gelui  van  die  Volksraad  se  klokkies  weerklink,  het  'n  49-jarige  Griek,  Dimitrio  Tsafendas,   dr.  H.F.   Verwoerd in die Raadsaal  van die Parlementsgebou  met  'n silwerlemdolk  doodgesteek.   Hoewel  Tsafendas  later  deur  'n  hof  geestelik versteurd  verklaar  is, blyk dit nou, volgens Siener  se gesig, dat die sluipmoord  nie net  deeglik vooraf  beplan  is nie, maar  ook  dat  'n 'vertroueling'   van  dr.  Verwoerd  moontlik  direk  daarby  betrokke kon  wees:  (...onderaan  die kierrie spring een bloedaartjie oop en die bloed loop op  die grond en op my  veldskoen).  Die kierie  (geweld)  wat Siener  se veldskoen  (Boere-regeringshoof)   bebloed  agterlaat,  is direk  afkomstig van sy persoonlike  kierie  (steunpilaar of  vertroueling).
'n Mens hoef maar net te kyk na die vele onopgeloste  en raaiselagtige  aspekte  van die sluipmoord  op dr. Verwoerd  waarvoor  daar destyds nooit bevredigende   verklarings  gegee kon word nie, om te besef dat daar dalk meer agter sy dood geskuil  het as die blote obsessie van 'n  geestelik  versteurde  man. Enkele  aspekte hieroor:
• Twee maande voor die moord het Tsafendas gesê dat hy Suid-Afrika nie kan verlaat voordat hy 'n 'sekere taak' hier voltooi het nie;
• Tsafendas het met ondergrondse groepe oorsee kontak gehad en kort voor die moord 'n boodskap ontvang dat 'die tyd amper ryp is' (tyd vir wat?);
• Geheimsinnigheid  omhul nog  steeds die wyse waarop  (en redes waarom) 'n  oud-tronkvoël met 'n  kriminele rekord soos Dimitrio Tsafendas as Parlementsbode aangestel is, want hy is vantevore reeds uit Griekeland, Portugees-Oos-Afrika en Amerika gedeporteer. In Portugees-Oos-Afrika was hy lank in die tronk waar hy breinspoeling ondergaan het en daarna  het hy homself in Suid-Afrika ingesmokkel deur op 'n goederetrein weg te kruip;
• Op Vrydag 2 September (vier dae voor die sluipaanval op dr. Verwoerd het 'n Britse Liberale Partykandidaat,  mnr. AlIan Lomas  op die Dieppe-Newhaven-pont gewag om koffie te koop toe  ’n jongman aan hom kom vra: "Is daar al enige nuus in  die koerant oor die sluipmoord op dr. Verwoerd?" en  bygevoeg dat hy nie  kleingeld het om self 'n koerant te koop nie. Mnr Lomas het vinnig deur sy oggendkoerant geblaai, niks gesien nie en dit aan die jong man gegee. (Het iets verkeerd geloop dat Tsafendas die moord eers vier dae later kon pleeg?) en;
• Tsafendas het herhaaldelik by die hoofbode toestemming gevra om die koerant na die raadsaal te neem, maar dit is elke keer geweier. Wie het hom daardie dag toestemming gegee om die raadsaal binne te gaan?
Dit wat betref  die moord  op dr. Verwoerd.
Die res van Siener se visioen kan as volg saamgevat  word:  Ná dr. Verwoerd  se dood begin  dinge  verander  (Toe gaan  een zinkplaat  van die balk af). Die Nasionale  Party vergroot lettelik sy beleidsgrense  en begin wegbeweeg  van apartheid (en toe sien ek die lug).  Dog na verloop van tyd sal hy (die regering)   egter  weer  na die ou weë probeer  terugkeer  (Toe gaan  die zinkplaat  weer op die balk - maar  die veranderinge is onherroeplik, die parlement is groter  en sluit ook nou ander groepe  in (en toe is die huis z’n mure hoog).   Dis interessant  om daarop  te let dat die Boereregering wat in 1948 die bewind  van Smuts  oorgeneem  het, hier nie meer deur  'n grasdakhuis verteenwoordig word nie, maar wel deur 'n sinkdak, 'n simbool waarmee  oom Nieklas nooit sy volk sou kon vereenselwig nie.  M.a.w.  die  eertydse   'Boereregering'   het andermaal,  net soos  dit destyds  met Jan  Smuts  en Louis  Botha  die geval  was,   'n metamorfose   ondergaan  en heeltemal  ontaard).
Vervolg...