IS U BESIG MET VEROOTMOEDIGING?
Soos wat die Voortrekkers voor die slag van Bloedrivier vir sewe agtereenvolgende dae 'n gelofte afgelê het, behoort ons weer sewe dae lank 'n nuwe gelofte aflê; die sewe dae voor 16 Desember en voor Mandela begrawe word waarvan daar nou slegs vier oor is. Hierdie verootmoediging voor God mag u nie nalaat nie!
"O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het. Ek sal die wesens van die aarde oor julle aanstel sodat die donker magte julle sal teister dag en nag tot julle na My sal uitroep om genade, en terugkeer na My. 175 Jaar gelede op hierdie dag het ek julle, My diensvolke se smeekgebede aangehoor, en met julle 'n Gelofte aangegaan, vir julle die wonderbaarlike oorwinning gegee teen die swart hordes. Daardie dag was daar vir My 'n nuwe volk gebore, en 'n mooi land is aan julle gegee. Dié dag moes julle as 'n gedenkdag by julle nageslag inskerp, en dié dag aan My toewy as 'n Sabbat vir ewig. Wee dié wat nalaat om die Gelofte te hou."