VOLKSHOOP (4)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volkshoop - die boek

Die opkoms van die Boerevolk: die Boerestaatsgreep en die nuwe Boere Republiek

Oom Niklaas voorspel ’n Boerestaatsgreep en ’n nuwe Boererepubliek. Dit is die doel van Volkshoop om die realiseerbaarheid van daardie voorspellings by wyse van 'n intelligensie-evaluering, wetenskaplik te meet.

Volkshoop het verder ten doel om aan te spreek wat 'n nuwe regering sou moes doen om orde en stabiliteit te herstel asook om ’n mag in die Suidelike halfrond te word, wat die wêreld se saambindende magsfaktor kan word. Hierdie opkomende mag sal voortgeplant word uit ’n werklikheid waarin die Boer die wêreld se nuwe heersers sal wees. Dit is nog die einste Boer, wat die Britte sedert die 1830’s wou onderdruk. Hierdie herontwaking van die Boer gebeur reeds en dit op ’n tydstip wat sy ergste vyande nie voorsien het nie.

Maar Oom Niklaas van Rensburg het gewaarsku dat die onafhanklike republiek se koms voorafgegaan sal word deur ’n donker tyd waarin jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie. Die donker tyd sal saamval met die grootste staking in die land, het Siener voorspel: Dan sal daar (wanneer die staking begin) groot moeilikheid wees met die swartes en die koelies - behalwe ook vir die moeilikhede oorsee (rassekonflik en burgeroorloë). "In verband met die swartmoeilikheid het ek gesien die vroue vlug. Hul het nie eens tyd om hul vensters toe te maak nie. Die gordyne waai na buite."

Tog het Oom Niklaas sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle ook met die rug teen die muur veg, want hy het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike republiek, sonder ’n pennie skuld en sonder dat ’n druppel (eie) bloed gestort word. Siener het op ’n keer gesê: Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem, en die wat nie wil padgee nie, trap hulle dood.

Dan sal daar ’n groot stilte heers net voor die storm wat geweldig, maar kort van duur sal wees. Daar sal een emmer bloed omval en daarin sal ons vlag gedoop word en die bloedvlag sal dan wapper oor ’n vrye volk.

As ons voorlopig aanvaar dat Oom Niklaas se voorspellings waar sou word, dan sal ons daarvolgens meer as net ons tradisionele gebied Suid-Afrika (met al die ou Boererepublieke) herower. Die Boere se heerskappy sal ook strek tot Angola, Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek, Lesotho en Botswana, terwyl die Duitsers Namibië en Tanzanië weer sal beset, ’n Grondoppervlakte wyer as wat die meeste van ons in ons wildste drome voorsien.

Die opkoms van ons Boerevolk (as ’n nuwe moondheid) sal saamval met ’n visie van ongekende ekonomiese oplewing aan die onderpunt van Afrika. Namate hierdie welvaart van die Boer sou groei, sal hy al hoe meer sy eiesoortige imperalisme opwaarts in Afrika bevorder. Die Boerevolk sal die heersers word van ’n nuwe magsfaktor met sy eiesoortige politieke en ekonomiese orde. Naas die realiseerbaarheid van die Siener se voorspellings, is dit die taak van Volkshoop om riglyne neer te lê om die visie van ’n Boererepubliek vleis te gee.

Inligtingswaardering van die komende Wêreldoorlog Inleiding

Hierdie hoofstuk wat byna ’n kort uittreksel uit die skrywer se boek Volksverraad is, word ingesluit omdat dit noodsaaklik is vir ’n beter begrip van hierdie boek. Ons plaas die kollig op die evaluering van die komende wêreldoorlog en enkele mega-tendense in die Internasionale politiek. Die verbrokkeling van die Amerikaanse Imperialisme (Pax Americana) is die enkele groot faktor agterliggend tot die komende wêreldoorlog. Terwyl Pax Americana in ’n proses van verbrokkeling is, is die koue oorlog tussen die Weste en die Ooste beëindig met die hoop dat die Nuwe Wêreldorde daarin sou slaag om die hedendaagse Wêreldorde instand te hou. As gevolg van praktiese probleme wat die Nuwe Wêreldorde ondervind, is ’n nuwe Koue Oorlog tussen die Arm- en Ryklande ontketen. Volkshoop sal ook aandag skenk aan die plan hoe die Derde Wêreldoorlog moontlik sal begin.

Die verbrokkeling van die Amerikaanse Imperalisme (Pax Americana)

Hoewel Pax Americana eers sedert die 1940's kon opkom as ’n mag wat die wêreld se strukture tot die Verenigde Nasies kon saambind en verantwoordelik is vir die stuur van die internasionale politiek in die tweede helfte van die Twintigste Eeu, het hierdie magsfaktor sedert 15 Augustus 1971 stelselmatig verbrokkel toe pres. Nixon die inwisselbaarheid van die dollar opgehef het. Nixon het hierdie stap gevolg toe dit aan die lig gekom het dat die Verenigde State van Amerika nie oor genoegsame goud beskik om die dollar by opvraag van goud te ondersteun nie. Hoewel die Amerikaners daarin kon slaag om hulle monetêre goudreserwes geheim te hou, het die opheffing van die dollar se goudvenster tog geïllustreer dat die Amerikaanse Ryk finansiële vraagstukke onderlede het.

Sedertdien is die VSA vasgevang in ’n skuldnet, wat tot so ’n mate vererger het dat die VSA tans gewikkel is in ’n skuldlokvalsituasie. Die staat se skuld groei tans maandeliks met 20 miljard VSA-dollars aan, waarvan 5 miljard VSA-dollars buitelandse skuld is. Dis die enkel belangrikste rede waarom die hele wêreld met hoë rentekoersvraagstukke sit. Die Franse bank het in die 1930s oor inligting beskik wat daarop dui dat die VSA se Fort Knox slegs oor 10 persent van die Amerikaanse goudreserwes beskik wat die Amerikaners beweer hulle in voorraad hou. Tog kon die Amerikaners daarin slaag om hierdie skyn te bewaar.

Nietemin raak die VSA se huidige ekonomiese agteruitgang ook sy vermoë om as Supermoondheid gekatagoriseer te word direk. Daar bestaan egter empiriese voorbeelde waar die VSA poog om voor te hou dat hy wel oor die vermoë beskik. Aangesien die VSA se militêre slaankrag oor die afgelope jare heelwat afgeneem het, blyk dit dat hy ietwat versigtig is om in situasies betrokke te raak waar hy ernstige verliese kan ly. Indien die  Amerikaanse skuldsituasie sodanig sou versleg (wat in elk geval oor die mediumtermyn — tussen twee en vyf jaar — voorsien word) dat hulle gedwing sou word om van hulle korttermyn buitelandse skuld te herskeduleer, word dit voorsien dat die Amerikaanse regering gedwing sal word om sy goudreserwes aan sy vernaamste skuldeisers ten toon te stel. Dit word ook voorsien dat die VSA as magsfaktor sy stuur na die Nuwe Wêreldorde reeds voor die einde van die eeu sal verloor en dat die ideaal van ’n Nuwe Wêreldorde aan skerwe sal lê

Die einde van die Koue Oorlog en die begin van die Nuwe Wêreldorde

Holisties beskou ondervind die internasionale gemeenskap veral sedert die 1980’s ’n omwenteling. Die wedloop tussen die vernaamste Supermoondhede (die VSA en die Sowjetunie) kom eers laat 1980 tot ’n einde. Hierdie beëindiging van die Koue Oorlog het die vrees dat ’n atoomoorlog tussen die Weste en die Sowjetblok ontketen kon word, bygelê en het dit vir Westerse politici die weg gebaan vir ’n vreedsame wêreldorde wat op die beginsels van kapitalisme en demokrasie sou berus; die Nuwe Wêreldorde (bedoelende die Vrye Wêreld). Die konsep Nuwe Wêreldorde is deur die Council on Foreign Relations geskep en is deur pres. George Bush van die VSA (wat ook voorheen hoof van die CIA en toe steeds lid van die CFR was) vir die eerste keer op die internasionale politieke arena geopenbaar toe hy in 1991 oorlog teen Irak verklaar het.

Die Nuwe Wêreldorde ondervind praktiese probleme

Die opkoms van die Nuwe Wêreldorde word tans ondermyn deurdat die wêreldekonomie sedertdien gebuk gaan onder een van sy grootste resessietoestande ooit. ‘n Invloedryke Amerikaanse saketydskrif, Strategic Investment, voorspel dat die wêreldekonomie voor sy grootste ineenstorting staan sedert die Groot Depressie in 1930. Die Amerikaanse effektebeurs, Wall Street, Verkeer tans in ’n stand van oorwaardasie, menende dat dit tot agtkeer hoër is as die vorige vlakke toe dit laas in die 1990's getuimel het. Die ineenstorting van Wall Street is net ’n kwessie van tyd. Ondervinding het geleer dat as Wall Street sou tuimel het dit noodwendig ’n oorspoeleffek op ander effektebeurse regoor die wêreld. Strategic Investment voorspel dat met die ineenstorting van die wêreldekonomie, die Meksikaanse ekonomie gaan disintegreer. Naas Meksiko flits rooi ligte ook vir die ekonomieë van Kanada, Italië, Brittanje, Australië, België en Suid-Afrika. Juis as gevolg daarvan kon die skeppers van hierdie orde sedert die beëindiging van die Koue Oorlog nog nie daarin slaag om die ou Kommunistiese Bloklande onder die neo-imperialistiese beheer van die Vrye Wêreld se kernstate in te lyf nie. (Daar is dus nie werklik sprake van ’n eenwordende Vrye Wêreld nie.) Die ou Sowjet-Rusland word bedreig deur kriminele anargie. Dit sou veroorsaak dat die Jeltsin-regering nie oorleef nie.

Hoewel die kernstate in die Vrye Wêreld hulp as beïnvloedingsinstrument gebruik om die Nuwe Wêreldorde ’n demokraties-kapitalistiese inhoud te gee, blyk dit duidelik dat die verskuiwing van welvaart van die Weste na die Stille Oseaangebied met Japan as kern, ’n versteuring in die Westerse Magsbasis (sowel die VSA as Europa) meegebring het en dat Japan onvolwasse is om as die nuwe samebindende faktor uit te styg. ’n Leemte in leierskap vir die Nuwe Wêreldorde het ontstaan. Hoewel die Westerse state poog om hierdie leemte by wyse van samewerking by te lê, slaag dit nie weens die onduidelikheid van wie nou die kop en wie die stert is. Om die probleem meer ingewikkeld te maak, blyk dit tans dat Japan wat beskou word as die bankier van die wêreld self gebuk gaan onder ernstige likiditeitsvraagstukke. Meer as 60 persent van daardie staat se leenbare fondse sit in vreemde state. Hulle ondervind probleme met invordering van skuld, terugvloei van dividende en rente.

Terwyl die VSA ’n sterk ekonomiese agteruitgang ervaar weens ’n skuldkrisis (wat sy rol as die enigste supermoondheid in wêreldpolitiek laat verbrokkel, die  leenbare fondse skaarser word, blyk dit dat die Nuwe Wêreldorde met die toestroming van immigrante uit die Armlande na die Ryklande, die groot waarskynlikheid van die heroplewing van Kommunisme in Rusland in die nabye toekoms, en die huidige militêre opbou van Irak, die opkoms van Islamitiese Fundamentalisme in veral Noord-Afrika en die Midde- Ooste, en die internasionale dwelmhandel, verdere bedreigings in die oë staar. Daarby het die Verenigde Nasies tans weinige bytvermoë. Vele state kom nie hulle jaarlikse bydraeverpligtinge, wat ingevolge hulle lidmaatskap- vereistes van hulle verlang word, na nie. Dit plaas ’n vraagsteken op die voortbestaan van die Verenigde Nasies.

Vervolg...