VOLKSHOOP (6)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volkshoop - die boek

Inligtingswaardering van die situasie in Suid-Afrika

Die motivering agterliggend tot Volkshoop is juis geleë in die tendense wat in Suid-Afrika voorkom. Die relevantheid om die huidige stand in Suid-Afrika in öenskou te neem, is daarin geleë om die waarskynlikheid van Siener van Rensburg se voorspellings in terme van ’n staatsgreep deur die Boere in die volgende hoofstuk te meet. Hierdie evaluasie sal die kollig plaas op die saakmakende tendense wat die toekoms van hierdie land wesenlik sal beïnvloed. Dit sal dus ’n tipiese evaluering wees wat ’n buitelandse intelligensiediens oor Suid-Afrika sou doen.

Politieke oorsig van die situasie in Suid-Afrika

Suid-Afrika het ’n ANC en Kommunistiese bewind met 'n sterk Islamitiese inslag sedert April 1994. Die Suid-Afrikaanse politiek is vanaf 1994 tot die jaar 1999 in ’n oorgangsproses. Tydens die oorgangsproses is die land deur ’n Regering van Nasionale Eenheid (RNE) geregeer. Desondanks dat daar sprake is van RNE, was dit ’n Swart meerderheidsregering.  Die Nasionale Party was die amptelike opposisie. Die ANC/SAKP het tydens die verkiesing 64 persent van alle stemme op hulle verenig en wen toe met ’n oorweldigende meerderheid.

Die ander partye in die sentrale owerheid het weinig impak gehad, alhoewel hulle in ooreenstemming met hulle stemme tot die totale stemme verteenwoordiging geniet het. Naas die sentrale gesag is die land in nege streke verdeel, elk met ’n Streekraad. Op die streeksrade domineer die NP toe slegs die Wes-Kaap en die Inkatha Vryheidsparty Natal. Die res van die land se streeksrade is deur die ANC en SAKP beheer.

Nelson Mandela was die behoudende faktor in die Regering van Nasionale Eenheid. Solank hy bly lewe, sou daar hoop bestaan vir kompromieë in die politieke arena, alhoewel Mandela egter voortdurend besig was om sy verhouding met Inkatha te versleg. Sy gesondheid is ook sterk onder verdenking. Indien hy te sterwe sou kom, bestaan daar toe onduidelikheid rondom nuwe leierskap vir die Regering van Nasionale Eenheid en selfs vir die ANC wie se groot probleem tans is dat die party meer as 30 verskillende faksies in homself huisves en dat hy deur die SAKP gedomineer word. Die SAKP het sodoende sy invloedsfeer oor die land se veiligheidsdienste, onderwys, uitsaaiwese en die ekonomie. Die Islams het dominante posisies in die SAKP/ANC.  Alhoewel die RNE van Mandela ’n staatsdiens geërf het wat toe in Blanke hande was, is daar voortdurend deur linksgesindes meegewerk om minstens Blankes in bestuursposisies deur Swartes of anderskleuriges te vervang. In Augustus 1993 het die ANC ’n geheime organisasie bekend as Kabal, in die lewe geroep om deur die land se veiligheidsdienste (wat in Kommunistiese hande is) die ANC en die SAKP se toekomstige posisie te verskans. Die liggaam is egter die verpersoonliking van Indiese en Swart radikalisme en kon met sy Kommunistiese en Islamitiese aksente ’n sluimerende faktor word wat vir die Amerikaners hoofbrekens besorg het.

Na wat vertroulik verneem word, is die Amerikaanse CIA bekommerd oor die veiligheidstendense wat rondom die Moslems ontwikkel.

Die Nasionale Party het tot op 9 Mei 1996 toe hy aangekondig het dat hy met ingang van 1 Julie 1996 aan die RNE gaan onttrek, nie veel van ’n keuse gehad om eerder ’n behoudende faktor in die politieke arena te wees as om die rol van ’n ware opposisie-party te speel nie. Hy was immers die skepper van die nuwe politieke orde. Mandela het reeds vroeg in 1995 vir F.W. de Klerk gesê (toe De Klerk hom gedreig het dat die Nasionale Party gaan onttrek uit die Regering van Nasionale Eenheid weens die vrywaringskwessie rondom bepaalde persone waaronder Magnus Malan, Kat Liebenberg, Johan van der Merwe en Jannie Geldenhuys) dat die Nasionale Party maar kan onttrek uit die RNE, want die RNE het nie meer die Nasionale Party nodig nie. Alhoewel die NP vanaf 30 Junie 1996 die rol speel van ’n amptelike oppossie, moet ingedagte gehou word dat die NP bloot net die debat van kapitalisme vs. sosialisme teen die ANC en die SAKP sou inlyf.

Nieteenstaande die feit dat die Nasionale Party sy Westerse bondgenote via die Vrymesselaarkonneksie kon gebruik om ’n buitelandse disinvesteringsveldtog as ’n hefboom teen die ANC/SAKP te gebruik, is die Nasionale Party se posisie tot ’n groot mate gemarginaliseer. Om verby hierdie probleem te kom, sou die Nasionale Party hom moes versoen met die ideaal van die skep van ’n nuwe politieke party met nuwe lede wat bestaan uit lede van ander minderheidspartye (KR IVP DP en VF). Voorts sou die nuwe party ook werwing doen in die geledere van die ANC/SAKP {hoofsaaklik die gematigdes) wat kapitalisme sou steun. Sedert Mei 1996 is die naam Christelike Party toenemend in die media gebruik om die waarskynlikheid aan te dui dat ’n nuwe party in wording is. lets wat die Nasionale Party uit die oog verloor is dat Mandela reeds ’n gevestigde verhouding gehad het met Harry Oppenheimer wat invloed regoor die wêreld het. Mandela, wat self ’n vrymesselaar is, was besig om groter internasionale statuur as die Nasionale Party te kry. Klaarblyklik sou die CIA mettertyd steun aan so ’n party verleen.

Die IVP het vanaf die verkiesing in April 1994 sy betekenis in die RNE verloor. Die IVP bly steeds ’n destabiliseringsfaktor in die veiligheidsituasie in Natal. Die RNE poog om by wyse van ’n konflik tussen die Zoeloe Koning en die IVR die IVP verder te neutraliseer. Tog kon die RNE met hierdie taktiek nie daarin slaag om die IVP se vuur volkome te blus nie en bly die geweldkwessie een van die land se top tien veiligheidsprioriteite. Bepaalde analiste ag die geweldsituasie in KwaZoeloe as ’n burgeroorlog met ’n lae intensiteit.

Suiwere Blanke politiek (veral Blanke Nasionalisme) is sedert die ontstaan van die Nuwe Suid-Afrika gemarginaliseerd. Die Vryheidsfront, wat net voor die April 1994 verkiesing totstand gekom het om aan die vermelde verkiesing deel te neem, was tans die enigste 'Blanke party' wat verteenwoordiging geniet in die Sentrale regering en die streeksrade. Ten spyte daarvan bly die kern van daardie party se saak sy volkstaatsindroom wat ook blyk ’n dooie roep te wees om Afrikanerskap minstens te beveilig.

Die amptelike erkenning van 'n Afrikanervolkstaat deur Mandela in Mei 1995 (wat in ooreenstemming met ’n aksieplan van die Nasionale Intelligensie Agentskap was) erken slegs die handhawing van Afrikaans as taal binne ’n bepaalde geografiese gebied wat geensins diskrimineerd mog wees teenoor ander taal-, ras- en gods- diensgroepe nie. Hierdie nie-haalbare doelwit maak die Vryheidsfront ’n doodgebore party. Volgens die aksieplan wat deur die Nasionale Intelligensie Agentskap voorgeskryf word, was die Vryheidsfront bestem om met die Nasionale Party te assimileer.

Die KP en die AVF was sedert April 1994 in ’n proses van finale verbrokkeling. Hoewel die KP nie aan die verkiesing van April 1994 deelgeneem het nie, neem hierdie party tog met geringe sukses aan die plaaslike verkiesing van November 1995 deel. Die Herstigte Nasionale Party en die Boerestaat Party was die enigste anti-establishment-partye wat geensins legitimiteit verleen het aan die politieke oorgangsproses nie.

Beoordeel teen die agtergrond van die Nuwe Grondwet van Suid-Afrika, is daar geen sin in die voortbestaan van ’n suiwere Blanke ideologie en Blanke politieke partye meer nie. Die Blanke Afrikaner se strewe na selfbeskikking as politieke oogmerk in die politieke orde van die Nuwe Suid-Afrika is gemarginaliseer. Die feit dat daar nie na die sogenaamde ultra-regse groepe geluister word nie, is ’n ernstige berekeningsfout van die ANC en die SAKP.

Stelselmatig was die Afrikanerbond en die Nasionale Party besig om hul inspraak/beheer oor die politieke oorgangsproses te verloor. Die sterkste bewys daarvan is geleë in die feit dat Afrikaans as taal ten gunste van Engels in die politieke en die ekonomiese arena meer en meer ter syde gestoot is. Die Nasionale Party wat die vergestalting van die Afrikanerbond (voorheen bekend as die Afrikaner Broederbond) is, was aanduidend tot die verbrokkeling van die Afrikanerbond en die NP se magsbasis. Die Afrikanerbond is in een van sy grootste oorlewingskrisisse.

Dit is die oogmerk van die Afrikanerbond om onder die vaandel van die Nuwe Regses ’n sambreel te vind om die uitgediende partye (soos die KP en Vryheidsfront) met die Nasionale Party in ’n nuwe politieke party te assimileer met die kreet van pro-kapitalisme en Afrikanereenheid (let wel met ’n Swart partyleier). Omrede die Afrikanerbond nie voorsiening maak vir Blanke Nasionalisme (omdat dit rassisties is) nie, was dit te wagte dat die Afrikanerbond mettertyd daarin sou slaag om die Nasionale Party en die Vryheidsfront (wat ook rassisme verwerp) met mekaar te verenig.

Die deurvoer van so ’n organisasie kon ’n tweespalt in die Nasionale Party tot gevolg hê, naamlik die Nuwe Regses en die groep wat met die ANC sou saamsmelt. Hoewel ’n klein hoeveelheid van die KP by die sg. Nuwe regses sou assimileer, was dit sigbaar dat ’n sogenaamde ultra-regse party, die Herstigte Nasionale Party, veld sou wen onder ou KP lede (minstens met sentiment). Aangesien politieke onrus selfs oor die korttermyn ’n ernstige werklikheid was, blyk dit dat die Afrikanerbond se Nuwe Regses as motto vir vereniging ’n dooie oefening sou wees.

Buitelandse betrekkinge

Die RNE plaas ’n hoe premie op buitelandse betrekkinge. Sedert 1990 het verskeie state hulle sanksies teen die Republiek opgehef en betrekkinge hervat. Diplomatieke betrekkinge is ook hervat. Daar was heelwat diplomatieke personeel van verskillende lande binne die Republiek en die Republiek het ook verskeie soortgelyke besoldigde personeel in die buiteland.

Die aanslag van die RNE was gemik om beleggingskapitaal en buitelandse hulp na die Republiek te lok. Handelsvennote is relatief goed uitgebrei. Nieteenstaande die feit dat die land aggressief poog om buitelandse fondse aan te moedig, slaag die RNE toe nie in sy doel nie. Beleggers volg toe ’n sien-en-wag-benadering.

Die RNE het in 1994 aangekondig dat die land ’n buitelandse beleid van onverbondenheid sou volg. Tog hou die RNE nie by hierdie beleid nie. Die verstewiging van betrekkinge met Kuba en Libië het Suid-Afrika se betrekking met die VSA versuur. Hierdie betrekking kon verder versleg indien Suid-Afrika ’n pro-sosialistiese beleidsrigting sou inslaan. Die ANC/SAKP se voortgesette implimentering van die beleid van regstellende aksies versuur ook Suid-Afrika se betrekkinge met Duitsland. Die aankondiging van die NP se breuk met die RNE om as amptelike opposisie die potensiaal daar te stel van ’n alternatiewe regering in die verre toekoms het egter ’n mate van die skokke absorbeer.

Die stand van die ekonomie

Die RNE het ’n ontwikkelende ekonomie geêrf met die dualistiese verskynsel van ’n formele ekonomie en ’n informele ekonomie. Die formele ekonomie was uitvoergerig met die klem op die uitvoer van grondstowwe na die nywerheidslande. Dit maak die Suid-Afrikaanse ekonomie tot ’n groot mate ’n neo-kolonie van die Eerste Wêreldlande (gevolglik ’n periferie-land). In soverre dit Suid-Afrika se nywerheidsektor betref, dra die uitvoer van plaaslike vervaardiging toe by dat Suid-Afrika se volkshuishouding tot ’n groot mate ingeweef is met die ekonomieë van die Suidelike Afrika streek. Veral die buurstate is op die Suid-Afrika-ekonomie aangewese vir hul behoefte na vervaardigde goedere.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is ’n oop ekonomie ook vanweë die land se invoer van veral masjinerie, onderdele en olie. Wat die internasionale handel betref, speel veral die mynbou ’n kardinale rol en is Suid-Afrika bekend vir die uitvoer van sy goud, platinum, steenkool en diamante. Suid-Afrika het die afgelope aantal jare ontwikkeling getoon in die wapenbedryf. Hoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie as ’n leidende ekonomie in Suidelike Afrika homself in terme van sy infrastruktuur (hawens, hospitale, telefoonlyne, spoorlyne en paaie), nywerheid-(konstruksiebedryf, boubedryf, motorvervaardigingswese, myntoerustings, chemikalieë, onderdele, brandstof, klerasie, skoonmaakmiddels, yskaste ensovoorts) en dienstesektore (handel, telekommunikasie-, bank- en versekeringswese) bewys het, is die Suid- Afrikaanse volkshuishouding veels te klem om werksgeleenthede vir sy eie werkloosheidsprobleem te skep.

Die informele ekonomie was in 1996  vir ongeveer ’n kwart van alle ekonomiese aktiwiteite in die land verantwoordelik. Dit sluit in vanaf handel in wettige besittings tot smokkelary in verbode dwelms en gesteelde goedere. Dit neig toenemend om te ontaard in ’n ondergrondse ekonomie. Hierdie sektor is verantwoordelik vir die werksgeleenthede van meer as 40 persent van die staat se werkersmag.

Die RNE het ook ’n ekonomie geërf wat tot ’n groot mate afhanklik is van buitelandse investering en kwesbaar was vir internasionale verwikkelinge/ontwikkelinge. Daarby is die ekonomie oorheersend in die hande van volksvreemde instansies. Tekens dat die RNE nie daarin sou slaag om vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie te bou nie het rentekoerse laat styg. Byna geen nuwe investering vind plaas nie, wisselkoerse versleg ernstig, valutareserwe handhaaf lae vlakke, pryse styg voortdurend, staatsbesteding ruk hand uit en skuld eskaleer buitensporig. Emigrasie is aan die orde van die dag, so ook geweld en misdaad. Hierdie toedrag van sake bring mee dat die Nuwe Suid- Afrika in 'n 'catch-22’-situasie (bose kringloop) verkeer, wat die RNE in ’n posisie geplaas het om nie sy ekonomiese knelpunte te kon omseil nie. Daar was ernstige aanduidings dat die staatsadministrasie besig was om in duie te stort Die agteruitgang van openbare paaie, misdaad wat hand uitruk (polisie en strafhowe) en die sluitingvan bepaalde poskantore is die mees sigbare verskynsels. Staatsfinansies het probleme ondervind om inkomste te vind vir die regering se buitensporige uitgawes.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan gebuk onder een van sy ergste depressie-toestande wat ernstigste maatskaplike probleme huisves. Dit dra in homself ernstige stabiliteitsprobleme weens die feit dat die oorgangsproses hoë verwagtings geskep het, terwyl die ekonomie uiters onvermoënd blyk te wees om aan die verwagtings te voldoen.

Om ekonomies verby hierdie dilemma te kan kom, moes die land se investeringsgeneigdheid ten minste met 10 persentasiepunte oftewel met R20 miljard toeneem. Aangesien plaaslike sparings tot abnormale vlakke gedaal het, was die land juis op die tydstip in ’n groot mate afhanklik van buitelandse investering. Die geweld en misdaadsituasie hou egter die buitelandse investering weg. Buitelandse valuta sou derhalwe vir minstens die korttermyn relatiewe lae vlakke bly handhaaf. Ekonomies gesproke was dit duidelik dat aanduidings bestaan dat die “bubble” reeds oor die korttermyn kon bars met weghol-inflasie, stygende gevalle van insolvensie en afdankings as die mees opvallende manifestasie daarvan.

Vervolg...