Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
[Hierdie uittreksel uit Volkshoop is voor die April 1994 algemene verkiesing geskryf. Die skrywer is anoniem.]
Die pad na ’n sosialistiese Suid-Afrika in 1999
Die doel van hierdie kort besprekingsdokument is om die aanleidende rol te verduidelik wat deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) gespeel word as die eerste fase van hulle twee programme om Suid-Afrika te verander in ’n sosialistiese staat.
“Rooi Gevaar”
Gedurende die drie jaar (1990-1993) het die SAKP dit reggekry om enige vorm van verwysing na ’n Kommunistiese bedreiging vir kapitalisme en demokrasie in die ’Nuwe Suid-Afrika’ belaglik te maak as suiwer disinformasie van die ’belaglike’ totale aanslag en die ’rooi gevaar’ -benadering van P W Botha.
Enigeen wat dit durf waag om die gevare van ’n SAKP-komplot in Suid-Afrika uit te wys, of dit waag om sinistêre bedoelings te koppel aan die SAKP se voorloperrol in die NDR en sy beherende invloed oor die ANC in die besonder, word dadelik gebrandmerk as ’n verkrampte wat probeer vasklou aan die voordele van Apartheid wat hy/sy geniet.Een van die onmiddellike doelstellings van die SAKP na sy ontbanning, was om die Suid-Afrikaanse inligtingsversamelvermoë te vernietig. Tot dusver het hulle hierdie doelstelling baie suksesvol hanteer deur die Nasionale Party Regering (NPR) te forseer om die meeste van sy elite-eenhede in die veiligheidsmagte te ontbind of te rasionaliseer. Die hoofdryfkrag agter hierdie doelstelling het ontwikkel ná die onthulling van die SAKP-meesterplan ’Operation Vula’ gedurende 1989/90. Die SAKP kan nie nog ’n onthulling van hierdie aard bekostig nie en daarom moet hulle hul beheer oor die Uitvoerende Oorgangsraad se subrade verseker oor inligting (Intelligensie), verdediging, wet en orde.
Die SAKP se doelstelling
Die SAKP maak geen geheim daarvan nie dat dit hulle doelstelling is om Suid-Afrika te omskep van kapitalisme na sosialisme op die kort na mediumtermyn, met die langtermyn doel om ’n ten volle klaslose Kommunistiese samelewing te vestig.
Wat is Sosialisme?
Dit is die oorgangs-, sosiale stelsel tussen kapitalisme en ’n klaslose, Kommunistiese samelewing.
Die sosialistiese stelsel wil die werkersklas die mag gee, sodat fabrieke, myne, land en masjinerie kollektief besit word eerder as deur private maatskappye.
Die vanguard-rol
Dit word dikwels as propaganda en disinformasie beskou wanneer politieke teestanders van die SAKP/ANC daarop aanspraak maak dat die SAKP ’n meerderheidsbeheer oor die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) en COSATU het.
Gedurende die SAKP Nasionale Strategie Konferensie wat in Johannesburg op 20 tot 23 Mei 1993 gehou is, het hulle amptelik hulle ledetal as net 40 000 verklaar. Sommige intelligensie-organisasies redeneer dat die SAKP invloed en bedreiging daarom onbeduidend en oorgepropageer is. Dit is presies wat die SAKP graag wil hoor, want vir hulle lê die klem glo op kwaliteit lidmaatskap en nie op kwantiteit nie.
Of jy dit nou wil glo of nie, die SAKP het ’n meerderheidsbeheer in die meeste, indien nie al die topstrukture, wat betrokke is by die NDR. Een van die leidende Kommuniste speel die klavier, terwyl duisende op sy deuntjie dans. In die SAKP-strategiedokument spel die SAKP die vanguard rol wat hulle speel in die veranderingstryd uit. Hulle maak openlik daarop aanspraak dat hulle die strategeringsmeganismes van die NDR beheer.
Tot op hede het die SAKP ’n eksklusiewe, geheime organisasie gebly, deur sommige vergelyk met die Broederbond. Die SAKP-lidmaatskap van sommige leidende ANC-, COSATU- en MDM-lede sal bes moontlik ’n geheim bly tot ná die verkiesing. Thabo Mbeki was vir baie jare deur die intelligensiegemeenskap geklassifiseer as ’n gematigde ANC Nasionalis totdat hy onlangs op ‘n televisieprogram verklaar het dat hy vir baie jare die algemene sekretaris van die SAKP en ’n lid van sy Politburo was.
’n Ander baie goeie voorbeeld van die SAKP se bevelsposisie in die NDR, is die onlangse benoeming van COSATU-verteenwoordigers vir die verkiesingslys. Uit die 20 wat genomineer was, is 14 SAKP-lede. Dit is nie verbasend nie, want inligting uit die binnekringe is ontvang dat die SAKP gevra is om die nominasies te koördineer en die lys van 200 name vir die ANC se nasionale verkiesingslys saam te stel.
Die fases van verandering
Die SAKP stel drie hooffases in die vooruitsig in hulle stryd om Suid-Afrika te verander vanaf kapitalisme na volwaardige Kommunisme:
A. oorgang na ’n meerderheidsbeerde ’demokrasie’ deur middel van die NDR.
B. oorgang van hierdie 'demokrasie’ na ’n sosialistiese demokrasie.
C. op die lange duur oorgang van sosialisme na kommunisme.
Oorgang na 'demokrasie'
Ons staan op die drumpel van hierdie oorgang. Hierdie oorgangsperiode het begin in 1912 toe die ANC gevorm is. Hierdie hele proses word genoem die Nasionale Demokratiese Rewolusie. Dit betrek alle strukture, organisasies en vorms van die stryd om ’n einde te bring aan die RNE. Die verkiesingsooreenkoms wat gevorm is deur die bevrydingsbewegings/strukture het hulle dit ten doel gestel om ’n ANC oorheersde regering te vestig. ANC oorheersing is sinoniem met SAKP oorheersing ... Die enigste doel van die SAKP in hierdie fase is om hulleself in die regering in te kry onder ANC-kleure. Vanaf hierdie magsposisie kan die volgende fase onmiddellik begin word.
Oorgang na Sosialisme
Die duur en sukses van hierdie fase sal baie afhang van die uitslag van die verkiesing en watter persentasie of verhouding van verteenwoordiging die SAKP/ANC sal hê in die tussentydse regering (TR) en Regering van Nasionale Eenheid en Rekonstruksie (RNER)
Gedurende hierdie fase sal baie klem gelê word op die konsensus wat alreeds bereik is oor die nodigheid van grootskaalse (majority) herstrukturering van die ekonomie, politieke en sosiale stelsels in Suid-Afrika.
Vir die SAKP is hierdie rekonstruksie deurslaggewend en dit sal die tyd van oor drag na sosialisme bepaal.
Groot besigheid en kapitaal (business and capital) baseer hul vertroue (commitment) op die rekonstruksie, maar veral op regstellende aksie wat stabiliteit op werkersvlak kan bring en uiteindelik hulle eie winste ’n hupstoot gee.
Dit is hier waar die SAKP glo hulle het die meesterplan waarvolgens hulle skielike verandering teweeg kan bring. Hulle glo, en het rede om te glo, dat hulle bevel oor die meerderheidsbeheer in ’n toekomstige regering sal hê. Deur gebruik te maak van al die hulpmiddels van regering en massastryd, sal hulle probeer om ’n rekonstruksieprogram in te stel wat die massas die mag sal gee en meer spesifiek die werkerskorps/unies.
Die arbeidersbeweging behoort die leidende mag te wees vir die rekonstruksie en hernuwing volgens die beginsels wat die weg na ’n sosialistiese oorgang sal baan.
Ons moet tussenbeide tree in die krisis van kapitalisme, nie om kapitalisme te red nie, maar op so ’n manier om die leidende rol van die werkersklas te ontwikkel, om daar rondom ’n blok van sosiale magte te bou en Suid-Afrika ’n nuwe politieke leierskap te gee en ’n proses van indringende hernuwing en verandering te inisieer.
Dit is rondom ’n belangrike rekonstruksieproses, gesamentlik gedryf deur ’n demokratiese volkstaat, die nasionale bevrydingsbewegings en deur ’n wye verskei- denheid massa hervormingsformasies, geanker aan die breë werkersmassas, dat die korrekte pad vorentoe (na sosialisme) uitgekap kan word.
Diegene wat steeds wil glo dat enige toekomstige herkonstruksie die belange van ’capital’ sal dien, moet hulleself die vraag vra: wie sal in bevel van ’n toekomstige regering wees om die herkonstruksieprogram te stuur en in watter rigting?
Indien die huidige proses by die MPNF nie drasties verander nie, sal die SAKP hulle sin kry.
Indien die SAKP/ANC dit regkry om die meerderheidsbeheer oor die toekomstige regering te beveilig na die verkiesing, sal die totale rewolusionêre masjinerie tot sy volle potensiaal losgelaat word om ’n oorgang na sosialisme in die kortste tyd moontlik te verseker.
Een van die hoofdoelwitte van die SAKP/ANC gedurende hierdie fase sal ook wees om teenmaatreëls teen die implimentering van sy program te verwyder of te beheer. Die vinnige en dramatiese rekonstruksie van die veiligheidsmagte en die staatsdiens sal een van hulle eerste doelwitte wees nádie verkiesings. Die verdedigingsmagte sal verklein word en sal nie teen die NDR- magte gebruik word nie. Die polisie sal konsentreer op misdaad en die bedwing van die reaksionêre magte (Freedom Alliance).
Vervolg...