VOLKSHOOP (11)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volkshoop - die boek

Ons wys op 'n visioen wat Rick Joyner op 16 Mei 1993 en Koos van der Westhuizen gedurende Oktober-November 1964 gesien het, met betrekking tot Suid-Afrika in die tyd waarin ons nou leef:

Rick Joyner se visioen

Ek glo dat die situasie in Suid-Afrika nie op kalm politiese wyse opgelos gaan word nie maar afstuur op ‘n bloedbad van onvergeetlike historiese formaat en daardeur die wêreld se onverdeelde aandag op etniese konflik sal plaas.
Die gedeelte in die Woord van God aan my geopenbaar tydens hierdie gebeure was Matthéüs 24:7-8: “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is net ‘n begin van die smarte.” -  in Grieks die woord ‘ethnos’ is wat in Engels gebruik word as ‘ethnic’. Dit het my teruggevoer na die vraag wat die dissipels in Matthéüs 24:3 vir die Here Jesus by die Olyfberg gevra het oor wat die tekens van die tye sal wees in die voleinding van die wêreld.  Ek weet nou dat een van die mees prominente tekens van die einde van hierdie era oppad na die koms van die Here die etniese konflik sal wees wat voor ons oë aan die opbou is.

Op die 16e Mei 1993 het ek ‘n visioen gehad waarin etniese geweld ‘n onbeskryflike impak op die voortbestaan van Suid-Afrika en die hele wêreld gehad het. Swartes het  Blankes, en op hul beurt  Blankes weer Swartes by die duisende doodgemaak. Die regering het totale beheer oor die situasie verloor en daar het onkeerbare anargie dwarsdeur die land losgebars.

Ek het ook ‘n magtige Blanke leër in leiding gesien wat so uitstekend soos ‘n moderne weermag georganiseerd is en met die dissipline en strategie van ‘n weermag geveg het. Hulle was vol selfvertroue dat hulle in beheer is en ek het besef dat hulle almal en alles sal doodmaak wat nodig is om die geveg te wen. Ek kon aanvoel dat hulle nooit sou oorgee nie. Hulle was magtiger as wat enigiemand gedink het.

Die Swartes was deur opsweping en woede egter ook gedetermineerd om nie toe te gee nie en die konflik en geveg tot die dood het gegroei groter as enigiemand kon glo moontlik was. Die strategie was doodeenvoudig om soveel as moontlik van die ander dood te maak.

Die geweld was so erg en so wyd verspreid deur die hele land dat die Verenigde Nasies maar net hulle mageloosheid kon uitspreek. Niemand was in staat om hierdie bloedige geveg tot orde te bring of te stop nie.

Die hele wêreld het dag na dag in ongeloof toegekyk terwyl die berigte instroom van ‘n menseslagting erger as wat ‘n mens se verstand kon inneem, elkeen meer gruwelik as die vorige.

Al het die visioen slegs ‘n paar sekondes geduur het dit vir my gevoel of ek vir weke na die toneel gekyk het toe ek in die laaste oomblikke daarvan die gevolge op die res van die wêreld  aanskou. Wêreldleiers oraloor het die vlamme van etniese probleme wat skielik begin handuitruk het probeer doodslaan maar dit was te laat. In ‘n baie kort tyd is die bietjie vertroue wat daar deur dekades tussen Swart en Wit en ander volkere in die wêreld opgebou is, uitgewis asof dit nooit bestaan het nie.  ‘n Ongelooflike algehele rassevervolging het begin wat die hele aarde sou skud. Die vrees wat oral geheers het was van so groot omvang dat mense hartaanvalle gekry het en van angs beswyk het wanneer hulle skielik van aangesig tot aangesig met ander rasse gekom het.

Teen die tyd wat die visioen op ‘n einde was het ek die omvang van die verskriklike rassegeweld en wêreldwye doodskleed besef, ‘n dik swaar donker wat oor die hele wêreld sou sak.

My vertolking van die visioen is dat hierdie gebeure nie in verre jare vorentoe wag nie maar in die nabye toekoms, en dat dit letterlik so sal gebeur, dat dit nie ‘n simboliese visioen was waaraan ander betekenisse geheg moet word as wat ek gesien het nie.

Die gedeelte in die Woord van God aan my geopenbaar tydens hierdie gebeure was Matthéüs 24:7-8: “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is net ‘n begin van die smarte.” - in Grieks die woord ‘ethnos’ is wat in Engels gebruik word as ‘ethnic’. Dit het my teruggevoer na die vraag wat die dissipels in Matthéüs 24:3 vir die Here Jesus by die Olyfberg gevra het oor wat die tekens van die tye sal wees in die voleinding van die wêreld.  Ek weet nou dat een van die mees prominente tekens van die einde van hierdie era oppad na die koms van die Here die etniese konflik sal wees wat voor ons oë aan die opbou is.

Lukas het in die 21e hoofstuk ‘n belangrike element hier bygevoeg: “En daar sal tekens wees aan die son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,  en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom, want die kragte van die hemele sal geskud word.” (verse 25 en 26).

Ek glo dat die situasie in Suid-Afrika nie op kalm politiese wyse opgelos gaan word nie maar afstuur op ‘n bloedbad van onvergeetlike historiese formaat en daardeur die wêreld se onverdeelde aandag op etniese konflik sal plaas.

Aldus  Rick Joyner.

Koos vd Westhuizen se visioen in 1964:

Die gesig sluit aan by Siener se visoene:

Aan my is ‘n gesig getoon soos ‘n prent op ‘n silwerdoek, met dié verskil: dit was soos in lewende lywe. ‘n Suid-Afrikaanse regering aan bewind met Afrikaanssprekende leiers het onder druk en deur eise van nie-Blankes, toegewings gemaak waardeur die regering so verstrik geraak het dat daar nie meer geweier kon word wanneer eise gestel is nie. Elke toegewing is so beplan dat die Blankes stadigaan al die veranderings gewoond geraak het en dit aanvaar het.

Ek het ‘n nie-Blanke agter die Eerste Minister sien staan met ‘n vlymskerp mes, gereed om hom dood te maak as hy sou waag om anders te doen as wat aan hom voorgeskryf word.

In die Weermag het slegs enkel Blankes aan die roer van sake gebly. Hulle het daar slegs as pionne in die hande van die vyand gebly. Die Blankes is in die hele samelewing deur nie-Blankes oorheers. Blankes is onder toesig van nie-Blankes geplaas om te werk. Hulle is nie toegelaat om met mekaar te praat of in aanraking met mekaar te kom nie, uit vrees dat die Blankes dalk die oorheersing kan beëindig.

As die toesighouer die minste rede gehad het om ontevrede te voel met sy arbeider, het hy hom summier doodgeskiet. Die Blankes het hierdeur in die grootste smart en ellende denkbaar geleef. Van organiseer om hulleself te red was daar geen sprake nie.

Na ‘n moeilike tyd het die Blankes teruggekeer tot die Here hulle God. Eers hierna is deur sy Genade kontak met mekaar gemaak deur op geheimsinnige wyse tekens aan mekaar te gee. So het hulle vir slegs tien minute vergader, ‘n tyd wat baie goed benut is.

Toe die vyand dit ontdek, is dadelik op hulle geskiet. Kort hierna het die Blankes skielik een nag saam in opstand gekom en beheer is weer oorgeneem. Hierdie oorhand het gepaard gegaan met verlies van baie bloed en lewens. In kort gestel: Ons het die beheer oor ons vaderland en onsself verloor sonder ‘n enkele geveg. Ons is onder nie-Blankes geplaas. Daarna het ons weer beheer gekry, maar eers nadat baie bloed gevloei het van die Blanke werker.

Hiervan moet ek melding maak aangesien dit ‘n uitstaande punt is wat ek opgemerk het: dat ons land nie gered is deur die teorieë of berekeninge van ons geleerdes nie, maar deur die werkende klas Blankes...