VOLKSHOOP (14)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volkshoop - die boek

Die opkoms van ’n Boere Empire (Ryk) in politieke verband

Die Boererepubliek sal nie staties wees nie maar een wat geskoei is op ’n visie wat berus op die opkoms van die Boer as die wêreldleier van die 21e eeu. Derhalwe moet besef word dat die Boer die leiding in terme van die politiek wat Afrika betref, sal neem. Die Boer sal ’n ordestelsel in die lewe moet roep wat sal tred hou met ’n gepaardgaande Boere-imperalisme.

Uit die aard van die saak moet ons ook die implikasies daarvan verreken. Die eise wat hierdie eiesoortige imperialisme aan ons Boere gaan stel, is feitelik soortgelyk aan die imperialisme wat die historici uitwys gedurende die Negentiende-eeuse Wêreldorde (1770/1815-1914). Hierdie imperialistiese visie moet gepaard gaan met ’n sterk Boerevolksgevoel en goed geïntegreerde Boerevolkstaat. Boere met hulle eie Moses se teokrasie sal geld.

Met ander woorde dit sal ’n direkte imperialisme wees waarin ons Volk die bordjies gaan verhang. Dit sal ’n Ryk of Empire wees waarin die Skrif die oorheersende rol sal speel in die formulering van die grondwet wat neergelê sal word. Dit sal nie aan ons voorgeskryf word deur Volksvreemdes soos wat ons sedert die einde van die Anglo-Boere oorlog in 1902 aan gewoond geraak het nie.

Seker die belangrikste middel om dit mee te bereik, is taal. Afrikaans sal die enigste amptelike landstaal en enkelvoertaal in die land wees. Rondom Afrikaans as enigste voertaal kan ons verwag dat die Grondwet van die nuwe Republiek, Boereskap sal verskans en partypolitiek sal uitskakel. Ons kan ook aanvaar dat ons Boere in die nuwe grondwet sal bou op Blankeskap en Ou Testamentiese Christenskap as ’n eksklusiwiteit vir burgerskap.

Naas hierdie Blankeskap, Afrikaans en Christenskap, sal die aanvaarding van die gevolgseed die voorvereistes wees vir burgerskap van die nuwe Republiek. Gaan die Ryk die versamelpunt van die verlore tien stamme van Israel word? Op hierdie vraag gaan Volkshoop nie ’n antwoord verstrek nie, omrede skrywer nie oor genoegsaam kennis beskik om hom daaroor uit te laat nie. (Hierdie aspek word volledig behandel in Francois Richter se nuwe boek, Teen die hele wêreld vry, wat in 1997 verskyn het). Al wat Volkshoop oor die Ryk kan sê, is dat ons geensins hier dink aan ’n Empire van Babel nie. “Weë hom wat nasies versamel.” Vir ’n Ryk om te slaag, is dit nodig dat die grootste moontlike eenheid tussen onderdane bewerkstellig moet word (- uit ons eie sal ons dit nie bereik nie maar wel deur 'n Godswonderwerk).

Grondgebied van die Boererepubliek

Wat die nuwe republiek se grondgebied betref, is dit nie nou moontlik om presies te sê welke buurstate ons sou bytrek by Suid-Afrika nie. Oom Niklaas ... het gesê die protektorate (Zimbabwe, Zambië, Botswana, Lesotho en Swaziland) sal in hierdie tyd by ons ingelyf word.  Al wat ons kan sê, is dat die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte in 1993 ’n streeksveiligheidsmag in die lewe geroep het wat al die state in die Southern African Development Community (SADC) insluit. Die state sluit in Suid-Afrika, Namibië, Tanzanië, Zambië, Angola, Malawi, Zimbabwe, Mosambiek, Swaziland, Lesotho en Botswana.

Indien ’n aanslag in Suid-Afrika uit regse geledere sou voorkom, sal die streeksveiligheidstruktuur dit interpreteer as ’n veiligheidstendens met streeksimplikasies. Hierdie boek soos u begryp, sou reeds onder hulle aandag kom. Enige globale regse poging om die swart meerderheidsregering omver te werp, sal outomaties ’n streeksmag aktiveer. ’n Streeksmag sal noodwendig impliseer dat al die state wat daaraan sou deelneem hulle soewereiniteit teen so ’n geweldadige Boereopmars, in gedrang bring. Ons kan verwag dat dit vir hulle daaroor sal gaan om hulle swart meerderheidsregerings te beskerm. Ons kan verwag dat al die SADC-state aan enige optrede teen ’n Boereopstand sal deelneem. Aanvanklik sal die landsgrense van die nuwe republiek beperk wees tot die grense van daardie vermelde state.

Namate die Boer ekonomies ontwikkel, sal sy landsgrense uitbrei.

Ons word (volgens Oom Niklaas) ’n baie groot republiek — groter as wat ons gedink het. Baie state van Afrika sluit by ons aan — party vrywillig, omdat hulle moederland in Europa [hulle voormalige kolonies van Engeland, België, Portugal, Italië en Frankryk ] tot niet of te swak geword het — ander onder dwang. Hulp van elders is hulle nie meer te wagte nie. Van die verste state in Noord-Afrika sluit vrywillig by ons aan — ongelooflik selfs Noord-Rhodesië (Zambië) — omdat hulle op die uithoeke by die gevaar is en hulle enigste veiligheid by die Boererepubliek is. Die wat teenstand bied teen die ander word onder dwang stil gemaak. Veral twee staatjies om ons. Die slang se kop word vir goed papgedruk. Die jingoe-element verdwyn totaal hier. Die swartes kom onder ons beheer... Baie Engelse ens. word 'ons’ goedgesind, want hulle kan ook nie anders nie. Hulle het geen hoop... Kyk asseblief die omsendskrywe van Advokaat Pirow, maak melding van die 'groot Suid-Afrikaanse Republiek’ wie se grense strek tot Suid van die Soedan en dan oos en wes.

Ons voorsien dat namate die Boererepubliek ekonomies vooruit gaan, ons kan verwag dat die landsgrense sal uitbrei na Zaïre, Madagaskar, Uganda, Rwanda, Burundi, Kongo, Kameroen, Tsjaad, Soedan, Kenia, Ethiopië, Somalië en Djibouti.

Samevatting

By republiekwording voorsien Oom Niklaas ’n Boereregering. Oom Niklaas wys ons daarop dat die Duitsers ons aanvanklik gaan voorskryf wat om te maak, maar hy maan ons om by die Skrif te hou. Hy sien dat ’n man met die bruin pak (’n opregte Boer) op die voorgrond verskyn. Dan sien hy die man in die gryspak (Godsman). Oom Niklaas voorspel dat ’n geestelike leier op die toneel verskyn om die verdeelde Volk bymekaar te bring. Ons vertolk hierdie visioen van Oom Niklaas dat die Boerevolk sy eie Moses kry om hom uit die donker tyd te lei. Hierdie geestelike leier lei ook die Boerevolk se teokratiese rewolusie. Wanneer die Volk byeen kom, vind die verootmoediging plaas en word die VERBOND MET GOD herstel.

In hierdie verband voorsien Volkshoop die moontlikheid dat die grootste Boerebyeenkoms ooit op ’n 16 Desember as gevolg van die gesiglose Boereherlewingsaksie, noord van Lichtenburg kan plaasvind wat by wyse van ’n nuwe verbond (gelofte) met God die wedergeboorte van die Boerevolk tot gevolg sal hê. Die Gelofte van Lichtenburg sal volg. Net soos die wedergeboorte van die Boerevolk, blyk dit dat die Boerevolk gaan wegbreek van die geykte konstitusionele pad soos ons dit vandag in sy huidige vorm ken. Die Boerevolk kry ’n teokrasie (’n Godsregering). Volkshoop verwag dat die president/ leier/koning die wet sal wees; net soos Moses. God sal hom aan die volk voorsien (die man in die gryspak). Die President sal waarskynlik ’n voorlopige Raad saamstel wat slegs daarop afgestem sal wees om sy oorlogspoging te ondersteun en hom by te staan.

By die totstandkoming van die Boererepubliek, sal ’n President as die hoogste gesag oor die Boerevolk heers, wat bygestaan word deur ’n wetgewende en uitvoerende raad. Die Staatspresident sal self hierdie raad saamstel en die wetgewende en uitvoerende gesag sal by hom berus.

Tussen 20 en 40 miljoen Swartes (dit kan selfs meer wees) gaan in die komende burgeroorlog sterf. Van die Swartes wat die oorlog sal oorleef, sal oor ’n paar jaar sterwe aan VIGS. Oom Klasie van Rensburg voorspel dat Indiërs, Jode en Jingos die land uitgesit word. Die land word skoongevee van volksvreemde invloede. Oom Klasie voorspel dat namate die wêreld gewikkel sal word in sy sogenaamde Derde Wêreldoorlog, kan ons ’n instroming van Westerse vlugtelinge te wagte wees. Die syfer word rofweg op 30 miljoen geskat.

Hierdie vlugtelinge sal met geen rykdomme hier aankom nie. Hulle sal in tente hier kom woon. Die Boere sal ’n ordestelsel in die lewe moet roep wat sal tred hou met ’n gepaardgaande Boere-imperalisme. Die Boer sal die leiding in terme van die politiek wat Afrika betref, neem. Derhalwe moet die visie vir die Boere Republiek nie staties wees nie, maar in visie geskoei op die opkoms van die Boer as die wêreldleier van die 21-ste eeu.

Ons het reeds in hoofstuk twee gesien dat ná die Derde Wêreldoorlog, die Westerse Wêreld vernietig sal wees. Die beskawing sal dus Afro-gesentreerd wees. ’n Nuwe magsfaktor met ’n teokratiese bestemming sal uit die ou wêreld ontwikkel weg van Illuminati-reëls en praktyke.

Wat die nuwe republiek se grondgebied betref, verwag ons dat dit sal strek tot Angola, Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek, Lesotho en Botswana, terwyl die Duitsers Namibië en Tanzanië weer sal beset. Oom Klasie voorspel dat die landsgrense mettertyd selfs sal uitbrei tot by Soedan.

Ekonomiese stelsel en volkshuishouding... vervolg.