VOLKSHOOP (15)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volkshoop - die boek

Ekonomiese stelsel en volkshuishouding

Oom Niklaas het vir die Boere ’n voorspoedige ekonomie voorspel. Vroeër in hierdie reeks het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ’n onafhanklike politieke orde met ’n onafhanklike of geslote ekonomie die antwoord sal wees teen die komende Wêreldoorlog. Met ander woorde ons sal vanweë die komende Wêreldoorlog genoop wees om ’n onafhanklike ekonomiese stelsel geïsoleerd van buitelandse investering en -handel daar te stel.

Omrede ons grootliks as gevolg van die impak van die komende wêreldoorlog vir ’n tydperk van minstens twee dekades in ’n staat van beleg (“a state of siege”) vasgevang sal wees, voorsien ons ’n oorlog-ekonomie (’n ekonomie wat voorbereid of paraat is vir oorlog). Ons is van mening dat die grootste gedeelte van die Derde Wêreldoorlog nie meer werklik die Boere se oorlog sal wees nie; dat dit in die vastelande van Europa, Noord-Amerika, Asië, Klein-Asië en Noord-Afrika sal afspeel. En die oorlog wat Siener dan 'sien’, sal dwarsoor die noordpool gevoer word, van Ysland na Moskou en van Groenland en Alaska tot daar in die verre Siberië.

Terwyl hierdie oorlog aan die gang is, sal die volkshuishouding hier na ons mening feitlik die enigste ekonomie in die Westerse wêreld wees wat vooruitgang sal toon. Tog sal die ekonomie immers voortdurend voorbereid moet wees om ’n toestand van oorlog ter enige tyd te kan hanteer.

Volgens Oom Niklaas sal ons wel met Westerse vlugtelinge te kampe sit, wat met hulle arbeid tot ’n groot mate stimulus aan die republiek se ekonomie kan verleen. Hierdie vlugtelinge sal met geen bates hier aankom nie, maar hulle sal na verwagting minstens goed-gekwalifiseerd wees.

Ons sal na verwagting ongekende ekonomiese groei en voorspoed ondervind. Die nuwe Republiek... word (volgens Siener) ’n baie vername land veral op industriële en ekonomiese gebied. Die land gaan geweldig ontwikkel word. Hier gaan alles opgerig word wat ’n staat nodig het — ons is nou vry van die bloedsuier en vampier — Engelsman en sy jingoe — geweldige fabrieke — so groot as in Europa en die VSA, en selfs geweldiger. Hier word alles gemaak. Groot wapenfabrieke vir allerhande wapens. Dit gaan die toekomstige land van die aardbol word en selfs die VSA oortref op ekonomiese en industriële gebied. Ons lê weg van al die gewoel en nasies — vyande sal nie sommer hier kom nie.  Hulle sal ook bang wees vir ons juis omdat ons ’n Godsdienstige volk sal wees.

Nie alleen voorsien ons dat die nuwe Republiek tot ’n ekonomiese reus sal ontwikkel nie, maar ook as ’n oorlogmasjien vir die Christendom (oftewel ’n supermoondheid) sal uittroon.

Ekonomiese doelwitte sal wees:

•Om ’n menswaardige bestaan te voer en God daardeur te verheerlik;
•Om ekonomies onafhanklik van die buiteland te wees;

•Om die Boer se magsbasis in die ekonomie te ver- skans;
•Om ekonomiese inhoud te verleen aan die Boere Empire of Ryk;
•Om die algemene welvaart van die Boerevolk voorop te stel;
•Om prysstabiliteit te bevorder;
•Om Boere-innovasie te bevorder, en
•Om volle indiensname van produksiefaktore na te streef.

Die aard van die ekonomiese stelsel

’n Ekonomiese stelsel vir die Boerevolk moet gebore word wat die toets van die tye sal deurstaan. In die geskiedenis was daar enkele voorbeelde waar ’n land selfs in vredestyd al sy ekonomiese beleid doelbewus bestuur het met die oog op ’n potensiële oorlog. Hier dink ons aan die PW Botha-era. ’n Oorlog- (of ’n “siege"-) ekonomie is deel van ’n land se totale strategie wat daardie land se totale aanslag definieer en deur die regering van die dag ooreenkomstig daardie strategie bestuur word. Ons aanvaar vanselfsprekend dat een van die vernaamste toetse wat aan die Boer gestel gaan word ná republiekwording, is dat hy as volk sy werklikheid so sal moet orden dat hy geïsoleerd van die buitewêreld moet voortbestaan.

Omrede die Boerevolk ’n ekonomiese orde sal moet aanvaar wat los staan van buitelandse handel en investering, moet ons besef dat die volkshuishouding alleenlik sal opereer op eie produksie en investering. Die klem van die ekonomiese stelsel sal eerder wees op weerbaarheid (primêr) as op sosiale welvaart (sekondêr).

Alles dui daarop dat die Boerevolk ’n verarmde ekonomie van die vorige regering gaan erf. Sommige interpreteerders van Siener van Rensburg sien dit anders. Oom Siener het voorspel: Die varke (kapitaliste) in Johannesburg sal in samewerking met die Boere se vyande oorsee, sy eiendom (die wors) van hom wegneem. Maar dit sal hulle niks help nie, want die Boere sal, deur die ingryping van Bo, weer die mag verkry (die wors aan die parlementstoele). Ook sal al die myne en minerale weer staatseiendom word en al die ou Republikeinse plase val terug en word onder die volk verdeel.

Daar is ’n stroom wat die ingryping van Bo saamlees met die herontdekking van die Krugermiljoene. Adriaan Snyman wys in sy boek Boodskapper van God op bladsy 213 daarop dat die Boer hulle hande gaan lê op die sogenaamde Krugermiljoene.  In een van die bronne uit die versameling van wyle oom Paul Prinsloo word vermeld dat die 'goud’ (die galery wat soos op die Tabernakel met goud beskryf word) verwys na die herontdekking van 'Paul Kruger se verlore goudstawe en munte' — die Krugermiljoene, wat op etlike plekke in mensgemaakte grotte versteek is.

Hierdie gebeurlikheid blyk plaas te vind kort nádie republiekwording. By beraming word die waarde van hierdie skat op meer as R300 miljard geskat.  Klaarblyklik sou die staat ingevolge die gemenereg ’n 50 persent aandeelhouding hê by die ontdekking van so ’n skat. Die oorblywende aandeel  sal gaan aan diesulkes wat die skat sou ontdek. Dit opsigself sal geleentheid skep vir ’n opkomende privaatsektor.

Indien die feit dat die vermelde skat ná republiekwording ontdek sou word geïgnoreer sou word, sou dit vir ons doeleindes wys wees om te aanvaar dat die Boere ’n verarmde ekonomie erf. Voorts moet in berekening gebring word dat die moraliteit van die plaaslike inwoners op die tydstip van republiekwording op ’n relatief lae vlak sal wees (oorwegend swak selfbeeld) en die ekonomiese deelnemers se ekonomiese vryheid sal uiters beperk wees. Geskiedenis het reeds geleer dat indien ’n staat nasionaliseer, hy in ’n gunstiger posisie is om te investeer as die plaaslike gemeenskap. Die staat sal derhalwe ’n belangrike deelnemer word in die volkshuishouding in so verre dit investering en produksie betref.

Aan die begin is dinge maar deurmekaar

In die begin is die dinge baie deurmekaar. Ons het vroeër daarop gewys dat die nuwe regering aanvanklik met knelpunte (soos heraktivering van die ekonomiese onderbou en die ekonomie, staatsfinansies, heraktivering van die staatsdiens, werkloosheid en verarming, produkte om die basiese behoeftes te bevredig en pensioengelde van pensioenarisse) te kampe sal sit. Ons verwag dat die nuwe regering waarskynlik praktiese antwoorde gaan vind om die knelpunte by te lê. Vir eers kan daar verwag word dat ’n nuwe regering die ekonomiese onderbou, die ekonomie en die staatsdiens sal aktiveer. Waarskynlik sal die staat tot ’n groot mate sy werkloosheidsprobleem wil bylê.

Die staat sal aanvanklik die dooies begrawe. Sommiges raam die syfer op tussen 20 en 40 miljoen en is van mening dat dit die staat tot sewe maande lank kan neem om dit uit te voer.  Ons voorsien dat die staat ook veral met die bou en opgradering van die infrastruktuur soos die paaie, spoorlyne, vliegvelde, skole, uitsaaitoring en ander staatsgeboue gaan poog om kapitaal in die ekonomie in te spuit. Uit die aard van die saak kan ons verwag dat sekere fabrieke, see- en lughawens en geboue voorlopig gesluit sal word totdat daar regverdiging bestaan om dit weer in gebruik te neem.

Die regering sal ook aan die begin met groot omsigtigheid kyk na Skriftuurlike voorskrifte vir die ekonomie. Na alle waarskynlikheid sal hulle daarvan opneem in ’n gekodifiseerde regstelsel, wat ons later na sal verwys. Hier dink ons byvoorbeeld aan die kwytskeldingsreël (skuld word elke sewende jaar afgeskryf) en die voorskrifte in verband met rykdom (erken God as bron daarvan; gebruik dit in diens van God; help armes; aardse rykdom is nie die belangrikste nie; moenie daarop vertrou nie; moenie geldgierig wees nie)

Nasionalisering en onderverdeling aan die Boere

Volgens Oom Niklaas se voorspellings is dit tog duidelik dat ons minstens aanvanklik ’n sterk staatsbeheerde ekonomie kan verwag. Die nasionalisering van rykdomme. Oom Niklaas het gesê 'ons slag die vark (kapitalis) hier’. Al die rykdomme sal aan ons en nie meer aan vreemdes behoort. Die VSA kan wel dan ons vriend wees maar geen sê oor ons hê nie.

Hulle sal ons wel help om te ontplooi.  Dit is nie al wat Oom Niklaas gesê het nie. Hy het voorts gesê: Al die myne en minerale word staatseiendom en al die ou Republeinse plase — ook dié wat uitvlug — se plase en eiendom word verdeel onder my volk. Ons is van mening dat die regering ’n nasionaliseringsraad in die lewe sal roep om sy beleid van nasionalisering te implimenteer.

Oom Klasie voorspel dat die Boer sy rykdomme uit vreemde hande sal terugvat. Die Boer sal sy rykdomme van die kapitaliste onteien. Volgens Siener se verklaring van die visioen, lyk dit of daar tog ’n einde gaan kom aan die jarelange buitelandse inmenging en roekelose toe-eiening van grond en minerale rykdomme deur buitelandse rowerbendes. Hy sê ook die Afrikaner (of Boer) wat dié keer uit die stof opstaan, gaan nie weer, soos 90 jaar gelede by Vereeniging, hoed in die hand voor sy vyand kruip nie. Soos by Bloedrivier gaan hy met God se hulp die stryd aanknoop totdat hy weer die volle mag in sy land verkry het, en hy ook alles teruggevat het wat van hom beroof is. Nasionalisering gaan dus wel plaasvind, maar nie deur die ANC of Kommuniste soos wat die meerderheid Suid-Afrikaners glo nie. Die inisiatief daarvoor sal van hulle (Boere) kant kom, maar (as oom Klasie reg het) sal dinge 'skielik’ verander en die Boer sal met die hef in die hand sit! Diamante-, goud-, koper, silwer- en tinmyne, sal genasionaliseer word, die buitelandse parasiete die land uitgejaag word, en al hulle vaste eiendomme soos plase, huise en erwe, sal na die Boerevolk toe terugval — soos dit van die begin af moes gewees het.

Ons kan verwag dat die ekonomiese stelsel ’n sterk sosialistiese gelaat sal vertoon wat die privaatbesit van die Boere sal erken. Oom Niklaas voorspel ’n staatsbeheerde mynbou, maar ’n geprivatiseerde landbousektor. Ons kan verwag dat die ekonomiese stelsel die welvaart van die Boere voorop sal stel. Na mate die welvaart van die Boere sal groei sal hulle ekonomiese vryhede ook verbreed.

Empiries leer ons van Fascisme in Italië of/en nasionaalsosialisme in Duitsland... were mushroom growths from the demoralization of World War 1... Cooperative socialism could appeal to small shopkeepers and low- salaried employees, ground between organized labor on side and big business on the other, and nationalism could attract larger industrialists and businessmen, who wished to be free from any effective pressure by labor and needed government support for commercial ventures abroad. Nationalist socialism thus came as near as possible to the politician’s dream of being able to promise everything to everybody; and this was indeed the strategy of both Mussolini and Hilter, until they had consolidated their power.

In ooreenstemming met die 'demoralized’-situasie na die Eerste Wêreldoorlog gaan die Boere gebuk onder ’n donker tydperk. Hy is met die wettiging van pornografie, satanisme en liberalisme ook tot ’n groot mate gedemoraliseer. Ons besef dat die Boerevolk ná republiekwording oorwegend arm sal wees. Wanneer die staat plase en huise onder die Boerevolk verdeel en skuld afskryf, is dit tog duidelik dat daar weer welvaart aan die Boere gegee word. Welvaart verteenwoordig ’n oppotting van kapitaal. Dit simboliseer surplusse en krediete. Hilter het gaan aanklop by groot nyweraars (soos die Rockefellers en die Fords) wat in sy ekonomie betrokke geraak het en werksgeleenthede geskep het.

Wat die land se posisie ná republiekwording betref, het ons reeds gemeld dat ons sonder buitelandse investering sal moet klaarkom. Dus sal die Boerevolk sy eie groot nyweraars moet kweek.

Op 12 Julie 1923 sien die Siener ’n gesig wat sê dat die Boerevolk ná republiekwording as geldmag na vore sal tree.

Die Siener se niks van die nywerheidsektor nie (buiten dat daar groot wapenfabrieke en ander geweldige groot fabrieke gaan wees). Skaalbesparing is juis die faktor wat staatsdeelname veral in ’n oorlog-ekonomie sal aanmoedig ten einde vervaardigde goedere in die mark beskikbaar te stel. Ekonome is dit eens dat die staat in die ekonomie betrokke raak waar privaatinisiatief ontbreek. Gevolglik voorsien ons dat die staat in verskeie fragmente van die industriële gebied sal deelneem soos die wapenindustrie, brandstof, motorindustrie ensomeer.

Tog sal dit vir die regering onwys wees om hierdie sektor uitsluitlik vir die staat toeganklik te maak. Terreine wat ruimte bied vir privaatdeelname is die vervaardiging van skoonmaakprodukte, meubelment, klerasie, skryfbehoeftes, speelgoed, koeldrank, huisbouery, stene ensomeer. Lesse van die verlede het geleer dat die staat in die ekonomie betrokke raak waar die mark misluk of waar privaatinisiatief ontbreek. Ons kan aanvaar dat daar veral in die begin feitlik op alle fragmente van die industriële gebied sprake sal wees van markmislukkings. Derhalwe voorsien ons dat die nywerheidsektor tog deur die staatsdeelname oorheers sal word.

Namate die Boere (privaatsektor) se finansiële posisie verbeter, sal meer fragmente van die industriële sektor na privaateienaars as ekonomiese deelnemers verskuif. In soverre dit die dienssektor betref, bied die Siener geen riglyne nie. Ons voorsien dat sleutelfragmente binne die dienssektor klaarblyklik deur die staat oorgeneem sal word. Hier dink ons aan lugverkeer-, die bankwese, versekering-, die telekommunikasiewese, elektrisiteit-, die poswese, die perswese, die uitsaaiwese, die regsbank, onderwys,  die vervoerwese, die gesondheidsdienste ensomeer.

Dit behels die skepping van en verbetering van ’n land se infrastruktuur byvoorbeeld paaie, brûe, spoorvervoer, waterskemas, ensomeer, onderwys en opvoeding, verdediging en justisie.

Prys en loonbeheer

Omrede prys- en loonbeheer wesenlik by ’n sterk staatsbeheerde ekonomiese stelsel aanwesig is, voorsien ons dat prysbeheer tot ’n groot mate toegepas sal word. Dit sal immers verbandhoudend wees met die staat se doelwit van prysstabiliteit. ’n Persentasie kriterium vir toegevoegde waarde (BTW is totaal onheilig en onbybels) sal ondersoek en vasgestel moet word om haalbare inkomstevlakke daar te stel teneinde ’n gesonde inkomsteverdelingsmeganisme in stand te hou. Nie alleen moet die burgers as tevrede produsent/werker en verbruiker in die mark deelneem nie, maar moet hy ook tevrede wees met sy spaargeld wat toeneem. ’n Haalbare formule sal derhalwe die staat se verantwoordelikheid wees. Ons voorsien verder dat die staat ’n prys- en loonbeheerraad in die lewe sal roep. ’n Goeie gedagte is dat die huidige prys- en loonstelsel met 100 persent gedepresieer word, bedoelende dat een duisend rand se kruideniersware nou slegs tien rand sal kos (netsoos lone — R500 loonarbeider sal nou net R5 kos). Hierdie stap sal ingrypend wees wat juis ’n aanduiding is dat die nuwe nie die bestaande sal aanvaar nie.

Monêtere beheer en slot van reeks... vervolg.