Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Die opkoms van ’n Boere Empire (Ryk) in ’n ekonomiese verband
Ons moet begryp dat die Boer ’n ekonomiese stelsel in die lewe sal moet roep wat sal tred hou met ’n gepaardgaande Boere-imperialisme. Uit die aard van die saak moet ons ook die implikasies daarvan verreken. Omrede die Boer oor ’n relatief kort periode ’n groot oppervlakte gaan bewoon, voorsien ons dat hy dit met ’n landbou-ontwikkelingsvisie moontlik gaan maak. Ons het reeds gesê dat die eise wat hierdie eie-soortige imperialisme aan ons Boere gaan stel soortgelyk is aan die imperialisme wat die historici uitwys gedurende die Negentiende-eeuse Wêreldorde (1770/1815-1914); die sogenaamde industriële imperialisme. Derhalwe verwag ons dat die Boere-ryk of Empire ’n drieledige verdeling sal hê, wat industriële kerne, semi-periferie- en agrariese periferiegebiede sal behels. Uit die aard van die saak kan ons verwag dat ons eers na ’n tydwyle so ’n drieledige verdeling duideliker sal sien. Namate nuwe fabrieke en myne geopen word, voorspel die Siener "Die kern van die groot republiek is die Transvaal, Oranje-Vrystaat en Kaap.” Dit impliseer dat die hoofaktiwiteite in die drie vermelde gebiede sal plaasvind. Dit sal waarskynlik die montering van vervaardigde produkte en die administrasie van die produksieproses insluit. Uit die aard van die saak voorsien ons dat sulke industrieë na meer landelike gebiede sal verskuif. Soos wat die behoefte groter word vir meer land of grondstowwe of water sal die Boere Empire vergroot.
Siener van Rensburg voorspel dat die land ná republiekwording ’n welvarende land word. “Dit gaan die toekomstige land van die aardbol word en selfs die VSA oortref — ekonomiese en industriële gebied.”
Volkshoop het getoon dat die geldmag tot op hede inligting betreffende die natuurlike rykdomme van die land geheim gehou het. In soverre dit die ekonomiese potensiaal van die land betref, blyk ’n visie van ekonomiese superioriteit nie ’n fabel te wees nie. Indien die Boere die staatsgreep sou uitvoer, blyk dit dat hulle ’n land kan oorneem wat ’n aardbol se geleenthede in homself huisves; vanaf kos tot die mees moderne tegnologie. Ekonomies gesproke kan ons ’n Boere Empire voorsien wat, net soos Siener dit voorspel, “selfs die VSA sal oortref".
Staatsadministrasie
Hier is weereens slegs ’n scenario. As ons die kennis gebruik wat ons het, die inligting en gegewens, en dit in die toekoms projekteer teen ’n agtergrond van ’n wêreld wat so te sê vernietig is deur ’n verwoestende oorlog, kan ’n mens by die moontlikheid van die volgende scenario uitkom:
Met die ideaal van ’n Boere Empire of Ryk sal die nuwe republiek in wese met ’n skoon blaadjie begin, alhoewel die nuwe republiek uit ’n groot gebied van die ontbinde SADC-state tot stand gaan kom. Die staatsadministrasie sal die hart van hierdie opkomende Ryk wees. Ons kan verwag dat die nuwe regering tog na die bestaande burokrasie sal kyk. Uit die aard van die saak sal hy wegdoen met Blanke- en Boerevreemdes soos die Jingos en anderskleuriges. Sentralisasie sal klaarblyklik die wagwoord in die algemene staatsadministrasie wees.
Die permanente bevolking in die afgebakende grondgebied organiseer homself volgens ’n voorafbepaalde grondwetlike bestel, met die een doel voor oë: om maatreëls te tref vir die voortbestaan van die bevolking. Maar die mens wil nie net voortbestaan nie, hy wil gesond wees, ekonomies welvarend, beskermd en opvoedkundig opgelei. Daarom kan ’n mens verwag dat die staatsowerheid en die uitvoerende instellings daardie aktiwiteite sal aanpak wat hierdie hoogste doelwit sal nastreef. Instellings soos departemente, afdelings, seksies en ander openbare entiteite word tot stand gebring om bepaalde voortbestaansfunksies te verrig.
Eerste-, tweede- en derdevlak regerings
Ons voorsien dat die President waarskynlik self leiers vir die eerste-, tweede- en derdevlak regering sal aanwys. Derhalwe verwag ons dat die staatsadministrasie op een staatsbegroting sal opereer. By die beoordeling hiervan moet daar in berekening gebring word dat die staat “in ’n toestand van beleg sal verkeer” en dat die Boerevolk nie oor veel welvaart sal beskik om ’n gedesentraliseerde staatsadministrasie te kan bekostig nie.
Intelligensiewese en staatsadministrasie
Die Nasionale Intelligensiediens sal as’t ware die rol van die Kantoor van die president oorneem. Die Blanke lede wat by die veiligheidsgemeenskap werksaam was, sal vir verdere aanstelling onderhewig wees aan streng veiligheidskeuring. Hierdie verantwoordelikheid sal waarskynlik dié van die nuwe president se Intelligensie-adviseur wees. Hierdie adviseur sal as’t ware die rol oorneem van die eerste minister soos ons dit tot en met die vroeë 1980's geken het. Die Nasionale Intelligensiediens sal dan nie net veiligheidsinligting bedryf nie, maar inligting in die breër konteks. Hierdie departement sal in die toekoms ’n koördinerende rol nie net in die staatsdiens nie, maar ook in die gemeenskap (privaatsektor) vervul.
Omrede ons ’n herhaling van die Dark Age van die Middeleeue (800-1500) vir minstens twee dekades internasionaal voorsien, verwag ons dat die staat (soos in die PW Botha-era) genoop sal wees om ’n Totale Aanslag en Totale Strategie-benadering te volg. Dit behels ’n eie politieke bestel met al die landsgrense, ’n eiesoortige ekonomie en ’n eie-soortige bevolking wat weerbaar is teen enige bedreiging of potensiële bedreiging van welke aard dit mag wees. Dit sal die departement se taak wees om die regering op alle vlakke in te lig oor enige kwessies wat die opkomende Ryk staatkundig, militêr, ekonomies, maatskaplik of kultureel binnelands of buitelands bedreig.
’n Moderne kompleks moet opgerig word waarvan die hart of middelpunt van die sentrum die grootste rekenaarstelsel denkbaar moet huisves. Hierdie kompleks moet op ’n sentrale plek naby lughawe-geriewe gebou word met oorvloedige spasie vir toekomstige uitbreiding. Die rekenaarstelsel sal nie alleen ’n netwerk tussen die staatsdepartemente van die regering behels nie, maar ook die van administrasie van die staatsondernemers, die streeksrade, die burgerrade en die buurrade.
Die voordeel daarvan is geleë in die feit dat ons die meeste mense se werksplekke na hulle woonhuise sal kan verskuif. Dit sal nie alleen die brandstofeise van die ekonomie verminder nie, maar besparing meebring in die instandhouding van duur staatsgeboue en skoonmaakpersoneel. Ons besef terdeëdat dit ’n hoë tol gaan plaas op die telekommunikasiebedryf.
Ekonomiese bestuur
Die Nasionale Intelligensiediens sal ’n hoofdirektoraat Ekonomie huisves wat verantwoordelik sal wees vir die ekonomiese bestuur van die land. Hierdie hoofdirektoraat sal statuur gee aan die land se ekonomiese ideale. Soos ons reeds gemeld het, sal hierdie hoofdirektoraat verantwoordelik wees vir die formulering en aanpassing van die land se ekonomiese strategie, wat ’n onderdeel van die land se totale strategie sal wees — dalk een van die belangrikste take in die hele land se staatsadministrasie. Hierdie hoofdirekteur moet dus alle ekonomiese beleidskwessies koördineer.
Staatsfinansies
Oom Klasie voorspel dat die nuwe Republiek niks skuld van die vorige regerings sal erf nie. Hierdie regering sal klaarblyklik sy inkomstebronne so struktureer dat hy sonder enige belasting of as dit nie anders kan nie met baie min belasting sy taak effektief sal kan verrig.
Mynbou
“Al die myne en minerale word staatseiendom”. Voorts word gemeld dat “Diamante-, goud-, koper, silwer- en tinmyne, sal genasionaliseer word....” Oom Niklaas stel dit hier duidelik dat die staat die mynbou totaal sal beheer. Ons voorsien dat die ondergrondse regte dus aan die staat sal behoort. Dit het onder ons aandag gekom dat daar onontginde goudreserwes en ander strategiese minerale bestaan, wat tot op hede nie geopenbaar is nie.
Landbou en grondsake
Oom Klasie sêook ..."al die ou Republikeinseplase val terug en word onder my volk verdeel." Hy voorspel ook dat die landsgrense oor ’n groot oppervlakte gaan strek waarvan daar dele is wat tans nie deur Afrikaners bewoon word nie (Zimbabwe, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zambië, Malawi, Mosambiek en Angola). Die regering sal bes moontlik groot stukke grond gratis aan boere gaan gee in ’n poging om die landelike gebiede volkome te beset. Uiteraard sou die grond in die vermelde nuwe dele na verwagting onderverdeel moet word in plase (landmeter).
Die regering sal moontlik ’n stelsel van ’n grondregister (soos ons klaarblyklik van die Engelse Reg oorgeêrf het), bedryf. Dit impliseer grondadministrasie (Aktekantoor). Hierdie stelsel sal die plaaslike inwoners se reg op besit erken. Ons verwag dat die nuwe regering waarskynlik na ’n meer moderne en goedkoper stelsel sal kyk.
Waterwese en elektrisiteitsvoorsiening
Die staat het ’n verantwoordelikheid om die watervlakke van opgaardamme en die watervloei van riviere te monitor en waterkanale en opgaardamme te bou om watervoorsiening te administreer.
Telekommunikasiebedryf, die uitsaaiwese en rekenaarbedryf
Die staat sal steeds verantwoordelik wees vir die toeken van lisensies in soverre dit radiokommunikasie betref. Die telefoonwese sal by uitstek moet ontwikkel tot een van die voorstes ter wêreld. Tans sien ons dat daar stelselmatig weggedoen word van telefoon via telefoondraad. Mikrogolf en satelliettegnologie gaan 'n al groter rol speel. Hierdie nuwe tegnologie sal ons ook in ’n redelike kort tyd in staat stel om infrastruktuur te bied in afgeleë gebiede om te deel in die ekonomiese ontwikkeling van die Unifikasie van Afrika en ons nuwe Boere Empire. Hierdie onderneming sal na alle waarskynlikheid die moederonderneming wees in die vervaardiging van rekenaars.
Die radiowese sal ná republiekwording waarskynlik weer in die begin sy sentrale rol in die uitsaaiwese kry, omrede dit goedkoper is as TV-uitsendings (beperkte tye).
Poswese en vervoer
Die poswese-dienste behoort feitlik gratis of minstens teen ’n geringe koste verrig te word. Vliegtuie en skepe is tot ’n groot mate ingevoer. Op hierdie gebied is ons swak ontwikkel. Ons verwag dat ’n nuwe regering na die ontwikkeling in die vliegtuig- en die skeepvaartuig-konstruksiebedryf sal kyk. Wat motor- en trekkervervaardiging betref, word ook voorsien dat hierdie bedryf onder beheer van die regering sal kom. Namate die privaatsektor welvarend raak, kan dit verwag word dat van hierdie bedrywe geprivatiseer kan word, mits die veiligheidsituasie dit sou toelaat.
Die staat sal verantwoordelik wees vir die oprigting en instandhouding van hospitale en die navorsing om tegnologie te bevorder in soverre dit gesondheid betref. Hier dink ons aan entstowwe en vooruitgang in die mediese wetenskap (soos dr. Chris Barnard se hartoorplanting ensomeer).
Sport
Sport soos ons dit vandag ken het handuitgeruk. Ons mense het sportmal geword. Dit het in so ’n mate ontaard dat ons mense sport feitelik verafgod. Sportboikotte was deel van die aanslag teen Suid-Afrika om die land op sy knieë te bring vir oorgawe aan ’n Swart meerderheidsregering. Sport het ons volk se vyande ’n wapen gebied om hom ter wille van sy liefde vir sport sy beginsels, sy godsdiens en sy land op die altaar te laat plaas. Ons voorsien dat die sportbeleid van die nuwe regering ’n omwenteling gaan ervaar. Sport sal na verwagting geag word as 'speel met die doel om te ontspan’. Sport opsigself is onproduktief. Ons verwag dat die nuwe regering geen erkenning gaan gee aan professionele sport nie. Derhalwe is ’n verbod op enige inkomsteverdienste uit sport te wagte. Dobbel op renperde en beroepsport sal gestaak word. Amateursport sal na alle waarskynlikheid beoefen word. Sosiale sportbyeenkomste om deelname vir almal te bevorder sal soos van ouds weer ’n natuurlike verskynsel word. Dit sal die taak van plaaslike owerhede wees om ontspanningsfasiliteite vir sy inwoners daar te stel.
’n Doeltreffende stelsel van toesig oor arbeiders word voorsien om bedelary, boemelary en leeglêery lam te lê. Uit die geskiedenis van suksesvolle Ryke leer ons dat die bevolking verplig was om volledige rekords van hulle werksmobiliteit te hou; hulle moes te eniger tyd bewys aan amptenare kon toon dat hulle wel in diens was. Vakbonde en stakings word ook verbied, maar raadplegende liggame sal aangewend word om arbeidsprobleme te hanteer.
Daar sal wel ’n tekort aan bepaalde beroepsgroepe in die arbeidsmark wees. Siener van Rensburg het inderdaad voorspel dat groot hoeveelhede Europeërs hulle hier kom vestig. Sommiges raam die syfer op nagenoeg 30 miljoen mense.
Weermag en Buitelandse Beleid (die Unifikasie van Afrika)
Die nuwe republiek sal teen die agtergrond van ’n komende Wêreldoorlog tot stand kom. Die Weermag sal nie alleen vir die doeleindes van verdediging belangrik wees nie, maar ook om die imperiale gebied van die land uit te brei. Ons voorsien dat die land se imperiale beleid geskoei sal wees op die Blanke unifikasie van Afrika.
Ons voorsien dat ons aanvanklik byna geen buitelandse vennote (behalwe vir die Duitsers in Duitswes en Duitsoos) sal hê nie maar dat namate ons bewys lewer van die erns waarmee ons ons imperialistiese missie bejeën, ons meer buitelandse vennote sal aantrek. Hier moet ons steeds die Boer se belange vooropstel. Derhalwe verwag ons dat geen politieke betrekkinge aangegaan sal word net op grond van finansiële en kommersiële oorwegings nie, en dat geen vriendskapsbetrekkinge afhanklik sal wees van geldskenkings of lenings nie. Geen buitelandse politieke inmenging sal na alle waarskynlikheid deur die nuwe regering geduld word nie. Derhalwe voorsien ons dat die Weermag ook ’n gevaarlike aanvalsmag sal ontwikkel.
Ons voorsien dat elite eenhede in die Magte (Leër, Vloot en Lugmag) gevestig sal word om ’n vorm van bevoorregting in die Weermag te huisves. Hierdie Weermag moet deur nasies gevrees word. Dit sal ’n hoë standaard en streng dissipline vereis. Navorsing op die gebied van wapentegnologie sal slegs vir plaaslike gebruik voortgaan, terwyl ons steeds sal voortgaan om wapens vir eie gebruik te vervaardig. Die Magte sal immers met die mees moderne wapentuie toegerus moet word. Die Siener sien ook gesigte van groot wapenfabrieke.
In soverre dit immigrante of vlugtelinge betref, verwag ons dat die nuwe regering tot ’n groot mate toegang tot die land sal beperk. Immigrante sal ook moet trou sweer aan die eenheidstrewe van die Boer. Die nuwe regering sal na waarskynlikheid die invloei van immigrante sodanig hanteer dat daardie invloede nie later die Boere se kulturele waardes ondermyn nie.
Volksregister
Daar sal ’n volksregister bestaan waarin geboortes, sterftes, huwelike, egskeidings, migrasie (vreemdelinge-beheer) ensomeer aangeteken sal word.
Onderwys, Kuns en Wetenskap
Primêre (laerskool) en sekondêre vlakonderwys (hoërskool) sal gratis gaan wees. Ons voorsien dat onderwys nader aan die oorspronklike Skrif sal beweeg. Ons verwag dat Hebreeus en Grieks opsioneel as skoolvakke ingevoer sal word. Klaarblyklik sal wegbeweeg word van ’n kerkdogma na die oorspronklike Skrif (fundamentalisme). Dit sal tot gevolg hê dat die kerkgangers die Hebreeus en Grieks van die oorspronklike Skrif self sal verstaan. Die kerk en die onderwys sal nader aanmekaar beweeg.
Nuwe simbole
Siener noem slegs die Vierkleur, maar nie die Vrystaatse vlag nie. Ons voorsien dat naas die Vierkleur die nuwe regering minstens die Boerevolk se eie feesdae amptelik sal vier.
Justisie, polisie en gevangeniswese
Ná republiekwording sal die regstelsels ’n gedaanteverandering ondervind, alhoewel daar steeds onderskei sal word tussen die kriminele en siviele regsgeding. Gegewe die wanbalans wat die regsprofessie in die hedendaagse lewe meegebring het, bestaan die verwagting dat die staat minstens oorweging sal skenk om die hele regsprofessie onder die staatsadministrasie op te neem.
Tans ken ons geen vertroue op feitlik enige terrein in Suid-Afrika nie weens die huidige krisis van hoë misdaad- en korrupsiesyfers. Uit die aard van die saak sal dit die taak van die regering wees om die vertroue/orde in hierdie nuwe land te herstel. Die burgery wil vry wees van tralies voor hulle venters en deure. Daarom sal dit nie deug om moordenaars, kindermolesteerders, verraaiers, leeglêers, boemelaars, verkragters, bedrieërs en diewe toe te laat om vryelik rond te beweeg nie. Kriminaliteit is so oud soos die satan self. Daar sal altyd ’n polisiemag in stand gehou moet word.
Die staat sal waarskynlik nie tronke in hierdie land wil hê nie. Ons stel voor dat so ’n regering moet kyk na die moontlikheid van ’n strafkolonie met Madagaskar as basis. Voorts stel ons voor dat diesulkes wat hulle aan bepaalde misdrywe sou skuldig maak of nie rehabiliteerbaar is om ’n normale dagwerk te verrig nie vir die res van hulle lewe op daardie eiland sal moet deurbring. Ons voorsien dat die doodstraf heringestel sal word.
Samevatting
Die staatsadministrasie sal die hart van hierdie opkomende Ryk wees. Sentralisasie sal waarskynlik die wagwoord van die algemene staatsadministrasie wees. Ons voorsien dat die Nasionale Intelligensiediens die hart van die staatsdiens sal word. Die sukses van die verwesenliking van die Blanke Unifikasie van Afrika as deel van die Boere Empire sal swaar rus op die skouers van die Nasionale Intelligensiediens. Ons voorsien dat die staat genoop sal wees om ’n Totale Aanslag en Totale Strategie-benadering te volg. Dit behels ’n eie politieke bestel, ’n eiesoortige ekonomie en ’n eiesoortige bevolking wat weerbaar is teen enige bedreiging of potensiële bedreiging van welke aard ookal. Hoewel dit aan die begin uiters eenvoudig sal wees, sal dit daarin slaag om die politieke bestel statuur te gee. Komitees sal noodwendig aangestel moet word om elke terrein volledig uit te trap. Vroeër in hierdie reeks is deelnemende politieke bestuur gemeld. Uit die aard van die saak is bogenoemde bespreking nie onbuigsaam nie. Dit lei bloot ’n nuwe denkrigting in en laat die veld oop vir verdere besprekings.
SLOT VOLG...