Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
NI het vals vlag vir baie spioene gewaai
Die spioenasieskrywer John le Carre se boek Little Drummer Girl is glad nie so ver verwyderd van die werklikheid nie. Die boek en 1984-rolprent is selfs deur die destydse Veiligheidspolisie as opleidingsmateriaal gebruik. Dit handel oor die sogenaamde 'vals vlag'-werwing van ’n Amerikaanse aktrise deur Israel om op die Palestyne te spioeneer, terwyl sy dink sy werk vir die Palestynse saak.
Gerugte dat senior ANC-lede deur middel van hierdie metode gewerf is as agente vir die apartheidsbestel, is glad nie vergesog nie, het ’n senior offisier in die destydse Veiligheidspolisie genoem. “Dit was maar een van die werwingsmetodes. Die blote aanbod van geld het dikwels die wenslike uitwerking gehad. Die ‘vals vlag’-metode behels die werwing van ’n persoon deur ’n intelligensie-agentskap onder die naam van ’n ander organisasie of moondheid om inligting in te samel vir eersgenoemde. Die agent is onder die indruk dat die inligting wat ingesamel word eintlik ’n ander, selfs regverdigbare doel dien."
Die gebruik van die metode was een van die gewildste metodes van werwing in die destydse Nasionale Intelligensiediens (NI) en moontlik ook die Veiligheidspolisie, het ’n oud-lid van NI gesê. Volgens die lid, wat self as werwer en hanteerder van agente opgetree het, is die metode nie uniek aan Suid-Afrika nie en word dit steeds met groot vrug wêreldwyd gebruik.
“Enige persoon het ’n prys en as die prys ideologies van aard is, is dit dikwels maklik om ‘vals vlag’-werwing te doen. So ’n agent, het destyds betaling ook ontvang, al was dit net om private koste te dek." Volgens die voormalige hanteerder sal ’n potensiële agent dikwels meer geneë wees om inligting aan byvoorbeeld die Amerikaanse inligtingsdiens te gee as aan ’n Suid-Afrikaanse agentskap. ’n Voormalige bevelvoerder van die Polisie se eenheid vir teenspioenasie het gesê die destydse veiligheidstak het dikwels persone onder die dekmantel van NI vir die Polisie gewerf. “Dit was algemeen bekend dat die kwaliteit van inligting wat aan NI verskaf is, dikwels hoër was omdat NI hul inligting nie vir doeleindes van geweld aangewend het nie.”
Nog ’n rede vir binnelandse werwing was ook om die sogenaamde gasheerdepartement te beskerm. "Indien die operasie sou skeefloop, word almal wat ondersoek instel, op ’n dwaalspoor gelei." Een van die fronte wat in die Weermag se ‘vals vlag’-werwingsveldtog gebruik is, was die risiko-analise-organisasie, Longreach. [Ons behandel Longreach later.]
Hierdie informasie word dan deur ’n span navorsers geëvalueer (vertolk). ’n Hele verwysingsprentjie word opgebou. Die informasie word vanuit ’n multi-dimensionele bedreigingshoek (polities, ekonomies en maatskaplik) geëvalueer. ’n Waarheidsgradering word aan die informasie toegeken. Die volgende kriteria word gebruik:
• 1 = waar;
• 2 = waarskynlik waar;
• 3 = moontlik waar;
• 4 = moontlik onwaar;
• 5 = waarskynlik onwaar;
• 6- onwaar.
Hierdie geëvalueerde of vertolkte informasie word dan inligting of intelligensie genoem. Intelligensie word amptelik in drie sekerheidsklassifikasies hanteer:
(i) vertroulik — wanneer inligting openbaar sou word, sal dit ’n verleentheid vir die staat meebring. Gewoonlik word ’n groen dossier vir sulke inligting gebruik;
(ii) geheim — wanneer inligting openbaar sou word, sal dit buitelandse betrekkinge verbreek. ’n Rooi dossier word vir geheime inligting gebruik en
(iii) uiters geheim — wanneer inligting openbaar sou word, sal dit ’n staat in oorlog dompel. ’n Rooi dossier met ’n kruis word vir uiters geheime inligting gebruik.
Geen geheime inligting is altyd volkome korrek nie. Geheime verslae van die Amerikaanse intelligensiediens, die Central Intelligence Agency (CIA) het onder meer aangetoon dat die CIA teen die einde van die Koue Oorlog die Sowjetunie se goudvoorraad, en gedurende die Golfoorlog van 1990/91 die magsposisie van Saddam Hoessein van Irak, oorskat het. In intelligensiekringe bestaan daar ’n internasionale konvensie dat alle geheime dienste hulle operasies en inligting ontken en verswyg indien dit sou uitlek.
STAATSVEILIGHEID, STREEKSVEILIGHEID EN INTERNASIONALE VEILIGHEID
’n Staat bestaan uit sy bevolking, sy politieke bestel, sy grense en sy ekonomie. ’n Streek bestaan op sy beurt uit ’n kombinasie van state. Ons streek is Suidelike Afrika, wat bestaan uit Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzania, Zambië en Zimbabwe. Die wêreld word volgens die Verenigde Nasies (VN) se streeksprogram in verskillende streke en substreke opgedeel, wat deel vorm van die Anglo-Amerikaanse wêreldbedeling (dit wil sê die Nuwe Wêreldorde). Die Nuwe Wêreldorde is ’n begrip van die Vrymesselary en die Anglo-Joodse Illuminati wat dateer uit die 18de eeu en amptelik in 1991 tydens die VN se aanval teen Irak deur die eertydse president van die VSA (ook die voormalige hoof van die Amerikaanse Central Intelligence Agency (CIA) en ’n Vrymesselaar), George Bush, vir die eerstekeer gebruik is om die eenwêreld-wordingsproses aan te dui.
Pogings word sedert die 18de eeu deur die Anglo-Joodse Illuminati geloods om die wêreldpolitiek in streke te federaliseer tot een- wêreldorde en een-wêreldregering vir die komende millennium oftewel die New Age.
Staatsveiligheid kom ter sprake wanneer enige van die komponente (bevolking, wet-en-orde, landsgrense en ekonomie) bedreig word of die potensiaal bestaan dat dit bedreig kan word. Streeksveiligheid kom ter sprake wanneer enige staat of state se komponente (bevolking, wet-en-orde, landsgrense en ekonomie) bedreig word of die potensiaal bestaan dat dit bedreig kan word. Dit was die taak van die Suid-Afrikaanse Veiligheidsgemeenskap om teen die agtergrond van al die komponente van die staat informasie in te samel en te evalueer ter bepaling van hoe veilig die RSA, Suidelike Afrika en die Nuwe Wereldorde inderdaad is en strategies te loods om bedreigingsfaktore in staats-, streeks- en internasionale verband die hoof te bied. Derhalwe word daar deur die Suid-Afrikaanse Veiligheidsgemeenskap gekyk na die stand van die Nuwe Wereldorde en die strategiese rol van Suid-Afrika asook Suidelike Afrika daarin. Tendense word uit die verwikkelings bepaal en daar word vooruitskattings gemaak. Daar word ook gekyk na die veiligheidsimplikasies van die tendense en hoe dit die Nuwe Wêreldorde, Suidelike Afrika en Suid-Afrika raak. Scenarios word gebou. Die inligting word in navorsingsprodukte vervat wat op ’n moet-weet-beginsel aan die kliente van die intelligensiedienste uitgereik word. Op grond van die inligting of intelligensie sal die regerings of die beleidmakers strategieë en teenstrategieë loods. In dié verband kan geheime agente ook meehelp dat die strategieë of teenstragtegieë geimplementeer word.
Geheime dienste moet voortdurend op hulle hoede wees vir die opposisie [vyande van die staat en vreemde inligtingsdienste] wat hulle staat se geheime kan steel. Derhalwe gebruik hulle teen-intelligensie om hulle inligtingsprosesse te beskerm. Wanneer hulle die opposisie se geheime spioene in hulle inligtingsprosesse betrap, poog hulle altyd om vas te stel wat so ’n spioen weet en nie weet nie, ten einde die omvang van hulle skade vas te stel. Hier dink ons aan die rooi spioen, Dieter Gerhardt, wat in 1983 deur die Amerikaanse FBI in New York in hegtenis geneem is en in ’n veilige huis in Washington deur die CIA ondervra is. Gerhardt het toe al 21 jaar lank teen Suid-Afrika en die Weste vir die Sowjetunie gespioeneer.
Die Anglo-Amerikaanse Netwerk Vervolg...