Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
"NI het sy geheime agente in die African National Congress (verwysende na Tambo Mbeki en Jacob Zuma) vir hierdie gesprekke beskikbaar gestel. Ons kan amper sê dat binne hierdie intelligensieraamwerk van NI, kollegas [spioene en agente van NI] met mekaar gesels en meegewerk het, om beslag te gee aan die NP se post-Apartheid politieke oorgawe."
WAAROM IS VOLKSVERRAAD GESKRYF?
Alles het begin by die Nasionale Intelligensiediens (NI) se koverte; betrokkenheid by die oorgaweproses en FW de Klerk se politieke oorgawe. NI het die koverte magstryd met Militêre Inligting (en meer bepaald Direktoraat Koverte Inligting) gewen toe FW de Klerk in Augustus 1989 sy staatsgreep op die PW Botha-bewind uitgevoer het. Toe MI tydens die PW Botha-bewind (1978-1989) die leidende rol in die Veiligheidsgemeenskap gehad het, is veiligheidsmaglede met ’n konserwatiewe agtergrond gewerf, soos ek byvoorbeeld. Ons is gewerf om die ANC, die SAKP, die PAC en die vreemde intelligensiedienste as vyande of opposisie van die staat te beveg. Met die oorgaweproses het die regering ons as Veiligheidsmaglede nie meer nodig gehad nie, omdat ons toe te 'konserwatief' was om in te pas in hulle profiele vir lede van die veiligheidsmagte. Naas hierdie ingrypende wending het ander faktore my ook aangedryf om Volksverraad te skryf soos:
- die persoonlike gesprekke met ’n vriendin, Christine Dippenaar;
- Adriaan Snyman se publikasie in ses volumes: Profeet vir sy volk, oor die visioene van die Boereprofeet, Siener van Rensburg;
- die stigting van die Afrikaner Volksfront, en
- my skorsing van nege maande by die Nasionale Intelligensiediens.
Na ’n telefoniese gesprek met ’n ou skoolvriend, Dries Raath (later professor by die Universiteit van die OVS), wat my teen genl. Tienie Groenewald gcwaarsku het, het ek besluit om my posisie te konsolideer en introspeksie te hou ten einde vas te stel wat werklik met my gebeur het. Min wetend waartoe dit sou lei, het ek alles opskrif gestel sover as wat ek kon onthou. Daarna het Volksverraad gevolg.
DIE NASIONALE INTELLIGENSIEDIENS SE ROL IN DIE NASIONALE PARTY SE POST-APARTHEIDS POLITIEKE OORGAWE
Die Nasionale Intelligensiediens (Nl) het ’n sleutelrol agter die skerms gespeel om politieke oorgawe te bewerkstellig. Daar was ’n multi-dimensionele aanslag teen die RSA om ’n swart ANC/SAKP-regering daar te stel. NI het ’n standpunt gehuldig dat die kernprobleem van die veiligheidsituasie in Suid-Afrika in die binnelandse politieke arena lê en dat dit by wyse van onderhandelingspolitiek bygelê kon word. Hierdie standpunt was die gees van NI se oorgawe-agenda wat streng geheim gehou is. Na mate NI se koverte onderhandelingsagenda veld gewen het (soos die sluiting van die Nkomati-verdrag), het hy toenemend oop kaarte met sy agenda begin speel. NI het dit as sy taak beskou om hierdie oorgaweproses te aktiveer en te beveilig.
NI se verraderlike deelname in die politiek moet beoordeel word teen die agtergrond van die Anglo-Amerikaanse aanslag teen die RSA. Binne die Anglo-Amerikaanse aanslag teen die RSA het die verraderlike proses van oorgawe ontwikkel. Vir die doeleindes van hierdie aflewering gaan ons slegs oorsigtelik na die Anglo-Amerikaanse aanslag teen die RSA kyk en NI se rol daarin in oënskou neem.
Die Suid-Afrikaanse Stigting, wat die bron-aar van die Anglo-Amerikanse netwerk in die RSA is, publiseer gedurende September 1967 ’n dokument waarin onder meer aangedui word dat die Anglo-Amerikaanse netwerk die jaar 1980 as die begin van die era van die liberalisme (die jaar van ingrypende politieke veranderinge sonder ’n noodwendige verandering van regering) vir die RSA beskou.
Die Amerikaanse intelligensiediens, die CIA, was die dryfveer agter die stigting van NI se voorganger, die Buro vir Staatsveiligheid (BOSS) op 1 Mei 1969 (die John Vorster en Hendrik van den Bergh-era). Die interaksie tussen BOSS en die CIA het die grondslag gelê vir BOSS se voorliefde vir die detente-politiek (oftewel die onderhandelingspolitiek). Dit sou daartoe lei dat die Nasionale Intelligensiediens net soos sy voorganger, BOSS, geglo het dat die land se probleme net opgelos kon word indien die politieke probleme besweer word. Die ou BOSS lede binne NI [en meer spesifiek Mike Louw, toe Hoofdirekteur van Navorsing, en Pieter de Wit, toe Direkteur van Eksterne Skakeling en ’n uitvoerende bestuurslid van die South African Institute of Foreign Affairs) was die hoofdryfvere vir NI se koverte detente-agenda.
Die era van die liberalisme vir die RSA is in 1981 deur die Rockefeller Foundation in samewerking met die SA Stigting geloods. Die Aksieplan was daarop gemik om die oorwegend Afrikaans- sprekende Christelike orde omver te werp en ’n oorgawe aan ’n nie-rassige Kommunistiese bewind te bewerkstellig. Een van die eise van die Rockefeller Foundation plan was onderhandelings met die werklike leiers. Juis hierin het NI en FW de Klerk se verraad gelê.
Hierdie liberale aanslag het plaasgevind gedurende PW Botha se bewindsjare (1978 tot 1989). Dit moet ingedagte gehou word dat PW Botha se magsbasis gesentreer het rondom Militêre Inligting (Direktoraat Koverte Inligting). Militêre Intelligensie het ook toe die septer in die Veiligheidsgemeenskap (Staatsveiligheidsraad) geswaai. Soms word daar na die totale aanslag- totale strategie-empire verwys. PW Botha en sy magsbasis (Militêre Inligting) het geglo dat die kern van die veiligheidsprobleem die kommunistiese bedreiging is wat vanuit die buurlande aangevuur word, in teenstelling met NI se geloof in die onderhandelingspolitiek. Deur die buurlande te beheer en die kommuniste uit te roei, het PW Botha geglo, sou die land se probleme opgelos kon word.
Dit moet beoordeel word teen die agtergrond van die totale aanslag teen Apartheid [wat noodwendig die NP en die Afrikaner Broederbond impliseer], Om saam met die Pax Americana-stroom te beweeg het globalisme of internasionalisme vir die blanke kiesers van die RSA beteken. Die Afrikaner sou dus weg moes doen met sy geslotenheid oftewel nasionalisme. Die Afrikaner sou nou ’n wêreldburger van Pax Americana word.
In ’n internasionale Suid-Afrika, in Pax Americana verband [RSA as ’n neo-kolonie van die VSA], sou blankes weer (met hulp van vigs) teen die jaar 2010 dominansie in die RSA en die suidelike halfrond van Afrika geniet: “ Vigs as oorwegende faktor om die Swartbevolking se dominansie te stuit..." voer in die Afrikaner Broederbond-geledere die botoon om ’n finale besluit na links te neem. Volgens ’n Duitse wetenskaplike studie (titel onbekend) sou Suid-Afrika weer in die jaar 2010 deur Blanke dominasie gekenmerk word. (Onthou dat FW de Klerk in 1995 in die openbaar gesê het dat hy binne vyf jaar weer die land sou regeer.)
Die Nasionale Intelligensiediens het hierdie verslag in die buiteland op instruksie van dr. Neil Barnard bekom en dit is deur die diens se vertalers vertaal. Dit opsigself was alreeds voldoende regverdiging vir die Afrikaner Broederbond om sy gesig na die linkse politieke spektrum te gooi. Tot tyd en wyl sou die Afrikaner maar die pad van liberalisme moes loop. Hierdie filosofie agterliggend tot Vigs is deur die Vrymesselaars misbruik om die Afrikaner Broederbond as orgaan van die Vrymesselaars die Britse troon te laat opereer. Liberalisme moes nou ten alle koste seevier.
Die Afrikaner Broederbond het in 1984 die beginsel van swart politieke deelname, ter wille van die oorlewing van die blanke Afrikaner, aanvaar. Dit het NI gepas. PW Botha moes subtiel geswaai (oortuig) word ten gunste van NI se koverte (onderhandelingspolitiek) agenda om hom sodoende van sy militêre magsbasis te skei. Kort daarna volg die verradelike oorgawe-agenda om PW Botha se totale aanslag-en- totale strategie- empire te vernietig.
Die eerste manifestasie van die afwyking in PW Botha se militêre opsie vir staatsveiligheid, vind plaas in Maart 1984 by die sluiting van die Nkomati-verdrag tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Dit was die eerste tree van die herimplimentering van die detente-beleid waarin Pik Botha van die Departement van Buitelandse Sake en Neil Barnard van die Nasionale Intelligensiediens ’n sterk hand gehad het. Jan Naude en Deon Vosloo van die Nasionale Intelligensiediens en kol. Cor van Niekerk van Militêre Inligting het die navorsingsprodukte geskryf wat sou lei tot die sluiting van die verdrag. PW Botha het die Nasionale Intelligensiediens opdrag gegee om Militêre Inligting se verbintenis met die Mosambiekse rebelle-groep, Renamo, te monitor. Ingevolge die vredesverdrag sou Suid-Afrika verdere wapenlewering aan Renamo stop. Hierdie eerste tree van detente sou later lei tot die onafhanklikwording van Namibië in 1989 en die instelling van 'n Regering van Nasionale Eenheid vir die Republiek van Suid- Afrika na die Algemene Verkiesing in April 1994.
Die Direktoraat Spesiale Take in Militêre Inligting het onder leiding van kol. Cor van Niekerk egter steeds voortgegaan om Renamo van militêre hulp te voorsien. Om hierdie koverte hulpverlening te verdoesel is die Wits-aktivis David Webster, in Mei 1989 deur Fredi Barnard van die Burgerlike Samewerkingsburo vermoor.
In die boek Anatomy of a Miracle gee die blondekop Amerikaanse joernalis, Patti Waldmeir krediet aan ’n agent van die Nasionale Intelligensiediens, Thabo Mbeki, omdat hy gedurende die middel-tagtigerjare vir Joe Slovo, die Russiese KGB-agent in die SAKP, oorgehaal het van ’n gevegsbenadering na ’n onderhandeling-strategie. “Kom ons stel die blankes gerus oor die toekoms. Kom ons betower en verwar hulle. Kom ons vervreem hulle van die regering. Oorlog kan dit nie doen nie”.
Die ANC/SAKP loods toe ’n strategie om onderhandeling te bevorder as deel van ’n magsoorname deur middel van rewolusie. Volgens ’n navorsingsproduk van die Nasionale Intelligensiediens se eertydse ekspert oor die Sowjetunie, Rassie Erasmus, het die Sowjetunie ook hierdie strategiese verandering aanvaar. Joe Slovo, die KGB-agent, het die Sowjet-kommuniste in die Kremlin tot hierdie dramatiese verandering laat instem. Dit moet ook in ag geneem word dat die Sowjetunie sedert 1985 'n ernstige fiskale probleme ondervind het.
Die onderhandeling-strategie van die ANC/SAKP
Die volgende is in die strategie-dokument van die ANC/SAKP vermeld:
“Aan die een kant is dit ’n geregverdigde taktiek om met alle middele (wat ‘gesprekke ’ insluit) die opbreekproses van die regerende klas [in Suid-Afrika] te verhaas en sy meer rassistiese en politiek-reaksionêre sektor te isoleer ... Ons moenie in hul hande speel deur 'n kompromis uit te werk vir ’n hipotetiese onderhandelingstafel indien die kompromis die hoofdoeleindes van die nasionale demokratiese rewolusie verwater nie. Ons moet ook nie toelaat dat ons opregte begeerte om 'n openbare beeld van ‘redelikheid' te projekteer, ons verlei om die ware aard van die bevrydingsalliansie en sy rewolusionêre sosio-ekonomiese doeleindes te onderbeklemtoon nie... Maardie kwessie van onderhandeling ontstaan gewoonlik op ’n groot rewolusionêre hoogtepunt wat magsoordrag meebring, gegrond op massiewe krag van die volk se offensief. Die rewolusionêre greep na die mag bly die hoof-oogmerk van ons strategie ... Die klem in die stryd is op die toenemende momentum van die volksoffensief wat verhewig moet word met die doel om die volk (‘the people ) te bekom. Die vraagstuk van toekomstige onderhandelings (wat onderskei moet word van gesprekke) moet altyd op so ’n wyse gehanteer word dat die momentum nie afgewend of ontlont word nie. Ons moet dit baie duidelik stel dat die ‘bottom-line’ vir onderhandeling die oordrag van die politieke mag aan die meerderheid behels, in ’n verenigde demokratiese republiek van Suid-Afrika. Hierdie doel moet ons egter nie verhinder nie om die breedste moontlike strydfront tot stand te bring rondom onmiddellike basiese eise soos die vrylating van politieke gevangenes, die verwyderingvan troepe uit die Swart woonbuurte, die aftakeling van apartheid, die wettiging van die ANC, ensovoorts. Wanneer aan hierdie eise toegegee word, sal ’n beter klimaat vir onderhandeling ontstaan maar dit kan nie as ’n onderhandelingsdoel beskou word wat ons laat besluit om die volk (‘the people’) se offensief te vertraag of op te skort nie."
Die Aglo-Amerikaanse netwerk wou PW Botha nou uit hê of hy moes andersyds voortgaan met verdere ingrypende politieke hervorming. Pik Botha het PW Botha se Augustus 1985-Rubicontoespraak gebruik om PW Botha polities te sink. Dit het doelbewus gehandel oor die onvoorwaardelike vrylating van Mandela.
PW Botha wou dit nie doen nie. Volgens PW Botha moes Mandela geweld afsweer. Mandela het geweier. Hoewel PW Botha ’n voorstander vir politieke hervorming was, was hy nie bereid om toe te laat dat die “ruling power” uit Blanke hande gaan nie.
Intussen het die Afrikaner Broederbond ’n geslote onderhandelings-dokument gepubliseer waarin ’n swart meerderheidsregering en ’n swart president in beginsel aanvaar is. Die Statebond het in Februarie 1986 die Eminent Persons Group (EPG) gestuur om ’n politieke oplossing vir die geskil tussen die ANC en die RSA regering te probeer vind. Die SA Weermag het tydens die besoek van die EPG verskeie ANC kampe in Harare, Lusaka en Gabarone aangeval. Die EPG het toe dadelik sy besoek in die RSA gestaak. Die druk om Mandela vry te laat het verhoog en daar is in Maart 1986 deur die Staatsveiligheidsraad besluit om hom in die tronk te vergiftig sodat hy nie lank moes lewe na sy vrylating nie. Mandela se gesondheid het daarna stadig versleg.
Die Staatsveiligheidsraad het in Mei 1986 onder die voorsitterskap van PW Botha besluit om die Burgerlike Samewerkingsburo te aktiveer, met die oog op koverte derdemag aktiwiteite ter eliminering van die staat se vyande. Die BSB is voorafgegaan deur die Weermag se Spesiale Taakmag wat in 1980 gestig en wat toe reeds koverte operasie geloods het. Volgens Eugene de Kock, die gewese hoof van Vlakplaas, was die superspioen Craig Williamson (wat ook die Groot Meester van die Orde van Malta was) betrokke by die sluipmoord op die eertydse Sweedse eerste minister, Olof Palme. Palme is na bewering gedurende Februarie 1986 in ’n straat in die middestad van Stockholm in ’n Suid-Afrikaanse militêre operasie, Longreach, doodgeskiet. Craig Williamson was by DKI in beheer van Operasie Longreach; Palme is klaarblyklik vermoor om sy anti- apartheidsbedrywighede te stop. [Opmerking: Longreach is ’n risiko analise-organisasie en is een van die Weermag se fronte wat in sy ‘vals vlag’-werwingsveldtog gebruik is. Die organisasie is in 1986 deur die destydse ‘baasspioen’, Craig Williamson gestig en kort daarna vir nagenoeg R30 000 aan Militêre Inligting (MI) verkoop. Volgens ’n voormalige MI-lid is Longreach deur ’n oud- lid van die Veiligheidspolisie, Craig Williamson, wat by MI aangesluit het en ’n kolonel in die Weermag bedryf. Die naam is aan Beeld bekend. Longreach het tot ’n kantoor in Amerika gehad en inligting van persone wat gedink het hulle lewer ’n bona fide- bydrae tot ’n internasionale nuusbrief is dikwels vir die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte aangewend. Operasie Longreach was in 1991 as ’n geheime operasie gedeaktiveer en toe weer in 1993/94 geaktiveer.
Die Afrikaner Broederbond het sy eerste kontak met die ANC/SAKP (klaarblyklik met die hulp van NI) gemaak toe prof. Pieter de Lange (toe die voorsitter van die AB, Rektor van Randse Afrikaanse Universiteit en lid van die SA Stigting) en Thabo Mbeki (toe ANC se direkteur van Inligting) mekaar in 1986 by ’n konferensie van die Ford Foundation (deel van die Anglo-Amerikaanse netwerk) ontmoet het. Hierdie ontmoeting was met die samewerking van die Ford Foundation (en waarskynlik deur NI, MI6 en die CIA—agter die skerms) gereël. Met hierdie gesprek is pres. P.W. Botha geïdentifiseer as ’n remskoen in die politieke oorgangsproses. Die Anglo-Amerikaanse netwerk het toe ’n aanslag op PW Botha se magsbasis geloods.
Met behulp van die Mossad-KGB-agent, Kalmanovich, is genl. Magnus Malan met 'n "dirty trick” uitoorlê. PW Botha se mentor, Magnus Malan, se tande was as’t ware getrek en dit het Militêre Inligting se inspraak in die Staatsveiligheidsraad noodwendig ook laat verklein. Die regering het nou minder beheer gehad oor sy derdemag-faktor wat losser van politieke en burokratiese strukture begin funksioneer het. Hierdie derdemag het heeltemal van PW Botha vervreem geraak en as ’n eie entiteit begin funksioneer.
Intussen het die internasionale aanslag ernstig verskerp en het dit in die binnekringe van die internasionale veiligheidsgemeenskappe al hoe meer gelyk asof anargie die voorland is vir Suid-Afrika. In die Sunday Times van 22 Februarie 1987 het daar ’n berig met die opskrif Secret Airlift Plan for S.A. Brits, verskyn. Die Sunday Times het beweer dat tot ’n miljoen mense binne ’n kort tydjie deur see en lugdienste uit Suid-Afrika ontruim kan word indien nodig. Daar was toe reeds ’n groot lughawe by Gabarone gebou waarvandaan ’n massa passasiers deur British Airways verskuif kon word.
Frederick van Zyl Slabbert (voorheen die leier van die PFP) is in 1986 deur die Nasionale Intelligensiediens gewerf om in samewerking met Alex Borraine van Anglo-American Corporation (met die goedkeuring van Harry Oppenheimer) die Institute for Democratic Alternative for South Africa (IDASA) in 1987 te stig. IDAS A se doel was om as ’n buite parlementêre instansie die verskillende politieke denkrigtings met mekaar te versoen en groepe en prominente leiers met verskillende politieke oortuigings in gesprek met mekaar te bring.
IDASA is gebruik as ’n spieëlbeeld van die Anglo-Amerikaanse intelligensie, wat deur NI help skep is, om as skakel tussen veral die Afrikaner Broederbond en die Anglo-Amerikaanse netwerk (soos die Amerikaanse stigtings, die CIA, MI6, Anglo- American maatskappy en die Vrymesselary) te dien. Selfs die Britse intelligensiediens, Military Intelligence Department Six (MI6), het ook ’n rol gespeel om die klimaat vir onderhandelingspolitiek te bevorder. Die stigting van IDASA moet beoordeel word teen die agtergrond van veral ekonomiese maatreëls wat in daardie tyd teen die RSA ingestel is. Die eliminering van die ekonomiese aanslag teen die RSA was vir die AB, die NP, die Staatsveiligheidsraad, die S A Reserwebank en die Suid-Afrikaanse geldmag die hoogste prioriteit. IDASA het sporadies buitelandse hulp ontvang. Die monitering van hierdie hulp is deur Leonard van Vuuren van NI (later werksaam by die Potchefstroomse Universiteit se Vaaldriehoekkampus) behartig. Internasionale befondsing van IDASA was vir NI en die regering ’n aanwyser van hoe aanvaarbaar daardie politieke instrument van NI (die Afrikaner Broederbond en die NP) vir die internasionale gemeenskap was. Die Koördinerende Intelligensie Komitee (onder leiding van NI) het opdrag aan MI en die Veiligheidspolisie gegee dat hulle alle koverte insamelingsoperasies rakende IDASA moet staak.
Op aanbeveling van IDASA is ’n klimaat vir die onderhandelingsproses geskep. Talle geheime ontmoetings tussen Suid-Afrikaanse sakelui, akademici en politici en die ANC se “duiwe ” (voorstanders van onderhandeling) het daarna gevolg. NI het sy geheime agente in die African National Congress (verwysende na Tambo Mbeki en Jacob Zuma) vir hierdie gesprekke beskikbaar gestel. Ons kan amper sê dat binne hierdie intelligensieraamwerk van NI, kollegas [spioene en agente van NI] met mekaar gesels en meegewerk het, om beslag te gee aan die NP se post-Apartheid politieke oorgawe. Nelson Mandela is ook, oor ’n tydperk van twee jaar, deur die Nasionale Intelligensiediens “gebreinspoel” met die idees van die New World Order om hom vir die onderhandelingsproses voor te berei. Soos wat Mandela vordering getoon het om die idees van die New World Order sy eie te maak, is bepaalde toegewings aan hom verleen. Hy is selfs in die tronk toegelaat om per faks met die ANC in Lusaka, Zambië te kommunikeer.
Om die klimaat vir onderhandelingspolitiek in die RSA te bevorder, het die Vrymesselaarbeweging [en die Anglo-Amerikaanse netwerk] se Aspen Institute in 1988 en in Maart 1989 konferensies in Bermuda gehou waarin politici van die Black Sash, die United Democratic Front, die ANC en die Konserwatiewe Party (wat die regse politiek in Suid-Afrika moes verteenwoordig) genooi is om hulle standpunte voor ’n groep linkse Amerikaanse politieke figure te stel. Die Nl-agent, Koos van der Merwe het die KP in 1988 by die konferensie verteenwoordig en dr. Willie Snyman in 1989. Met hulle deelname het bepaalde KP-LP’s hulle bereidwilligheid aangedui om vorentoe met die ANC te onderhandel oor die toekoms van Suid-Afrika.
Namate koverte onderhandelings ’n werklikheid geword het, het NI besef dat die derdemag sy koverte agenda kon verongeluk. Derhalwe het NI die derdemag as nuwe vyand, waarvan informasie ingesamel moes word, geteiken. Agente soos Dries [of Brood] van Heerden en Willie Nortje is gewerf om die derdemag-eenhede, Vlakplaas en die Burgerlike Samewerkingsburo, te infiltreer. Soos wat informasie ontvang is, het NI dit laat publiseer in sy georkestreerde nuusblad, die Vrye Weekblad. Derdemagaktiwiteite is toe geopenbaar om negatiewe publisiteit daaraan te verleen.
Om moontlike vervolging as die ANC aan bewind sou kom vry te spring, het Dirk Coetzee verskeie onthullings oor Vlakplaas bedrywighede deur die Vrye Weekblad gemaak. Een van NI se belangrike informante, Jac Pauw het hier ’n belangrike rol gespeel. Dirk Coetzee sou as beloning vir sy verraad ’n aanstelling as Afdelingshoof by die Nasionale Intelligensie Agentskap kry.
NI het met die stigting van IDASA ’n monster help skep wat tot die Afrikaner se ondergang sou lei. Sedertdien het IDASA al hoe meer voorskrifte aan NI (in soverre dit die bestuur van die veiligheidsituasie betref) gemaak wat toe slaafs deur die Suid- Afrikaanse Veiligheidsgemeenskap nagevolg is. NI het in 1987 die funksie van die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad oorgeneem en was toe reeds klei in die hande van vreemde intelligensiedienste. Die stert het nou die kop geswaai.
Ná die vrylating van Mandela het daar verskeie beraadslagings plaasgevind wat die klimaat vir onderhandeling moes bevorder. Een van hierdie berade is deur die Anglo-Amerikaanse netwerk se Aspen Institute georganiseer en in April 1991 gehou. Dit was ’n geheime beraad wat onder meer deur die SAKP, die ANC, die Council on Foreign Relations (CFR), IDASA, die NP en verskeie ambassade- en intelligensie-personeellede (NI, MI, die KGB, MI6 en die CIA) bygewoon is. Die vergadering is deur die Carnegie Corporation of New York befonds. Verskeie insette is gegee oor die moontlike inhoud van die onderhandelingspad vorentoe. F W de Klerk het Suid-Afrika in ’n toespraak voor die vergadering daartoe verbind dat die oorgaweproses sal eindig by die inskakeling van Suid-Afrika by die Nuwe Wêreldorde-konsep van ’n Verenigde State van Afrika as suborgaan van die Verenigde Nasies [eenwêreldregering].
SELFS DIE REGSE BEDREIGING HET AANDAG GENIET. In dié verband is die moontlikheid van politieke geweld voorsien. IDASA en NI het toe reeds met die oplossing vorendag gekom. Dr. F. van Zyl Slabbert van IDASA het dit aan die beraadgangers gestel dat die regering besig was om die magsbasis van die regses te ondergrawe en regse politiek in die breër Suid-Afrikaanse politieke lewe te herintegreer. [Opmerking: Die Nasionale Intelligensie het onmiddellik werk daarvan gemaak om streeksontwikkeling ’n werklikheid vir Suid-Afrika te maak en by wyse van sy dinktenk (wat toe onder leiding van Joe Claassen gestaan het) en het selfs teikendatums in die vooruitsig gestel waar Suid-Afrika binne die Nuwe Wêreldorde sou staan. NI was toe reeds ’n handlanger van die Anglo-Amerikaanse netwerk.]
Die derdemag binne die veiligheidsgemeenskap het egter Van Zyl Slabbert fyndop gehou. Van Zyl Slabbert se gewese vrou is deur die Veiligheidspolisie gebruik om informasie ten opsigte van IDASA aan hulle te verskaf.
IDASA se belangrikheid vir NI het gedurende die vroeë 1990's in so ’n mate toegeneem dat FW de Klerk gedurende Januarie 1992, vir Van Zyl Slabbert die pos van Direkteur-generaal (DG) van die Nasionale Intelligensiediens aangebied het toe Neil Barnard as DG van Staatkundige Ontwikkelingsdiens (SOD) oorgeplaas is. Van Zyl Slabbert het dit van die hand gewys en Mike Louw is toe as DG van die Nasionale Intelligensiediens bevorder. IDASA as navorsingeenheid het toe ’n strategiese rol in Nasionale Intelligensie se politieke post-Apartheidspolitiek begin te speel.
Vervolg...