Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
Die Nag van die Generaals
" Die nag van 17 November 1993, voordat die tussentydse grondwet in die World Trade Centre in Kempten Park onderteken is, het Joe Slovo gejubel: “Ons het die stryd om uitvoerende gesag op grond van ’n gewone meerderheid gewen—iets wat ons nooit verwag het nie.” Die volgende dag is die vermelde grondwet ondertekening... ... Die punt wat ons hier wil maak, is dat Pax Americana gewen het en nie die sogenaamde Super Afrikaners of die ANC/SAKP-alliansie nie. Anglo-Amerikaanse instellings domineer vandag Suid-Afrika se interne—en eksterne beleid. Suid-Afrika vorm nou as’t ware deel van die 'informele Anglo-Amerikaanse koloniale ryk'. Dit wil sê ons is onwetend ingetrek in ’n sataniese kultus wat denkbeeldige kettings of bindings op ons verstand plaas."
Die finale besluit van FW de Klerk om die ou weermag tydens die onderhandelingsproses te “suiwer” deur die summiere ontslag van 23 senior offisiere, is geneem nadat ’n klein groepie kabinetslede : 'n skerp meningsverskil daaroor gehad het. Die lede van die groepie—wat hulleself as ’n uitgesoekte “superkabinet” beskou het— was FW self, Kobie Coetzee, Hernus Kriel en Roelf Meyer. Gene Louw, wat toe vir ’n kort termyn minister van verdediging was, is uit hoofde van sy amp betrek, hoewel hy nie gewoonlik lid van die “superkabinet” was nie.
Die besluit om die ou weermag te “suiwer", is net voor Kersfees 1992 geneem na verskeie beraadslagings tussen lede van die “superkabinet ” en die destydse weermaghoofde, en het gevolg kort nadat genl. Pierre Steyn mededelings rakende derdemag aktiwiteite in die weermag aan die “superkabinet” gedoen het.
FW de Klerk het ’n vertroulike stafskrif rakende die aangeleentheid van Steyn ontvang. Kriel, wat toe minister van wet en orde was, Gene Louw en genl. Kat Liebenberg, wat toe hoof van die weermag was, het vasgeskop dat die offisiere ontslaan word voor ’n grondige ondersoek met gesubstansieerde getuienis gedoen is. De Klerk het die weermaghoofde ’n week gegee om die lede wat afgelê en geskors sou word, persoonlik in te lig waarna hy die media in kennis sou stel. Hierdie “suiwering” moes die Amerikaanse regering se goedkeuring wegdra.
Meyer het gedurende die middel van Desember 1992 die VSA in opdrag van De Klerk besoek. Tydens belangrike gesprekke gedurende die namiddag en die aand van 18 Desember 1992 tussen die regerings van Suid-Afrika en Amerika in New York, VSA, was De Klerk en Meyer twee keer met mekaar in verbinding. Die beoogde “suiwering” het in Amerika na die media uitgelek (waarskynlik as gevolg van meeluistering). Dit het De Klerk gedwing om reeds op die oggend van 19 Desember 1992 die aankondiging van die aflegging van die 23 offisiere—onder wie twee generaals—te doen. Dit staan sedertdien bekend as die Nag van die Generaals. Onder die 23 was genl. was Chris Thirion, genl. Hennie Roux, brig. Ferdi van Wyk, brig. Tolletjie Botha, brig. Oos van der Merwe, brig. Wouer Basson, kol. At Nel, kol. Mielie Prinsloo, Kommandeur Jack Widdowson, Deon van der Westhuizen [wat daarna glo selfmoord gepleeg het] en Glory “September ” Sedibe (wat sedertdien vermoor is).
Die nag van 17 November 1993, voordat die tussentydse grondwet in die World Trade Centre in Kempten Park onderteken is, het Joe Slovo gejubel: “Ons het die stryd om uitvoerende gesag op grond van ’n gewone meerderheid gewen—iets wat ons nooit verwag het nie.” Die volgende dag is die vermelde grondwet ondertekening. Min het die ANC/SAKP op daardie tydstip besef dat die NP/AB hulle basies met die eeue-oue Trojaanse perd-taktiek uitoorlê het. Die ANC/SAKP was onbewus van die toekomstige impak van Vigs op hulle magsbasis. Dit sou ’n kwessie van tyd wees dat die Vigs-bom moes bars om die ANC/SAKP bewus te maak dat hulle net deel van ’n AB binnekring skaakskuif was om in die oë van die wereld die illussie van “demokrasie” te wek. Die ANC/SAKP was onbewus daarvan dat hulle reeds met die ondertekening van daardie grondwet die eerste tree van hulle ondergang bewerkstellig het. Hoewel die ANC/SAKP sedert Mei 1994 politieke inspraak gehad het, was hulle ingebind op ’n nuwe politieke bestel waarbinne net 'n sekere aantal jare met die meerderheidstem sou kon regeer. Daarna behoort die politieke mag as gevolg van Swartsterftes weer in Blanke hande te kon wees. ’n Skuif wat in die Nasionale Intelligensiediens onder die leiding van dr. Neil Barnard en Mike Louw [in opdrag van die AB] ontwerp is en deur NI inisiatiewe deurgevoer is.
In hierdie Trojaanse skuif sou die laer- en middelklas Afrikaners geoffer word. Waar die AB voorheen vir hierdie soort Afrikaners omgegee het [deur te sorg dat daar vir hulle werksgeleenthede is], is hulle weerloos gelaat [met byna geen toekomsvooruitsigte op werksgeleenthede nie]. NI se dinktenk (wat onder leiding van Joe Claassen gestaan het) het in 1989 volksmoord, asook die vernietiging van die volkshuishouding geantisipeer as gevolge wat uit ’n Swart bewindsoorname sou voortspruit. Die Afrikaners wat uit hoofde van binnekring-inligting geweet het waaroor dit gaan, het hulle posisies betyds verskans. Die meeste van hierdie soort Afrikaners het intussen na ander wêrelddele geëmigreer en/of huwelike [en sakeverbintenisse] met volksvreemdes gesluit en hulle rûe gedraai op tradisionele waardes in ruil vir die van die Nuwe Eeuse Era.
Die punt wat ons hier wil maak, is dat Pax Americana gewen het en nie die sogenaamde Super Afrikaners of die ANC/SAKP-alliansie nie. Anglo-Amerikaanse instellings domineer vandag Suid-Afrika se interne—en eksterne beleid. Suid-Afrika vorm nou as’t ware deel van die “informele Anglo-Amerikaanse koloniale ryk”. Dit wil sê ons is onwetend ingetrek in ’n sataniese kultus wat denkbeeldige kettings of bindings op ons verstand plaas.
’n Emosionele Tertius Delport, toe die Oos-Kaapse leier van die NP wou ná die ondertekening van die grondwet uit die kabinet bedank omdat hy ontevrede was met die NP se hantering van die onderhandelingsproses. Hy het tydens ’n kort verdaging van die kabinet sy bedanking aan FW de Klerk in die Uniegebou aangebied. Na ’n gesprek van ’n halfuur, waartydens Delport glo baie emosioneel was, het hy tog besluit om in die kabinet aan te bly.
Die politieke omstandighede soos hierbo geskets het my ook direk geraak. Persone met ’n konserwatiewe agtergrond is tydens die PW Botha-era as lede van die Veiligheidsmag gewerf. Ons is gewerf om die ANC, die SAKP, die PAC en die vreemde intelligensie-dienste as vyande of opposisie te beveg. Met die oorgaweproses het die regering ons as veiligheidsmaglede nie meer nodig gehad nie, omdat ons toe te konserwatief was om in te pas in hulle profiele vir lede van die veiligheidsmagte. Ek het my persoonlike intriges binne en buite NI gehad wat later die skryf van Volksverraad tot gevolg sou hê. Ander faktore wat my ook aangedryf het om Volksverraad te skryf, is die persoonlike gesprekke met ’n vriendin, Christine Dippenaar; Adriaan Snyman se publikasie: Profeet vir sy volk, oor die visioene van die Boereprofeet, Siener van Rensburg; die stigting van die Afrikaner Volksfront, en my skorsing van nege maande by die Nasionale Intelligensiediens.
Gesprekke met Christine Dippenaar
Christine Dippenaar is getroud met Muller Dippenaar wat een van die hoofde was van die Nasionale Intelligensiediens se Hoofdirekoraat Klandestiene Operasies. Ek ken die Dippenaar-familie reeds sedert my hoërskoolloopbaan op Ventersdorp. Muller se vader was een van die predikante op die dorp. Dominee Dippenaar het in die sestiger- en sewentigerjare gereeld die skool met skriflesing en gebed geopen. Dominee Dippenaar se vrou was ons sangonderwyseres.
Gedurende 1991 het ek en Christine saam by NI gewerk. In die lig van die politieke onsekerhede wat daardie tyd geheers het, het NI lede baie met mekaar oor die situasie gesels. Ek en Christine het ook verskeie gesprekke oor die aangeleentheid gehad en daardie gesprekke het bygedra daartoe dat my Afrikanerpatriotisme herleef het. Hierdie vlam van patriotisme is veral tydens my hoërskool- loopbaan (1968-72) te Ventersdorp aangesteek.
Met hierdie herbegeestering om weer ’n trotse Boer te wees, het ek vroeg in 1992 ’n inisiatief gehelp loods om die NP hof toe te neem. Ek het die NP se mandaat vir hulle optrede bevraagteken. Dit het gelei tot die skryf van ’n memorandum aan die Hoofbestuurder Navorser (toe S.E.D. Hofmeyr) en die Direkteur Ekonomiese Bedreiging (toe Hans Kruger) om hulle in kennis te stel van my voorneme om die NP te dagvaar en hulle mandaat in die hof te toets.
AAN: Mnr.JA Kruger
VIR AANDAG: Mnr. SED Hofmeyer
MOONTLIKE REGSAKSIE TEEN DIE REGERENDE PARTY
Aard: Ek is betrokke by die samestelling van ’n regspan wat beoog om ondersoek in te stel vir ’n moontlike regsgeding teen die regerende party insoverre dit die Grondwet van SA (110/83) en die huidige konstitusionele hervorming betref.
Doel: My hoofdoel is om van regskanale gebruik te maak om die regerende party te dwing tot ’n algemene verkiesing.
Opmerking: By wyse van hierdie proses is ek nie besig om partypolitiek te bedryf nie maar bloot om aan die regsverkeer deel te neem.
Beweegrede: Die bestaande grondwet van Suid-Afrika is agv die konstitusionele hervorming in gedrang en die regerende party se huidige konstitusionele inisiatiewe (sonder ’n algemene verkiesing) kan as ’n tegniese staatgreep vertolk word.
PJ PRETORIUS
Terseldertyd was ek in gesprek met die KP-LV vir Losberg, Faan Jacobs, vir wie ek groot bewondering gehad het oor sy moed om politici soos Pik Botha in die openbaar aan te vat. Ek het aan hom voorgestel dat ’n regspan regskonstruksies moet bestudeer om die NP tot ’n Algemene Verkiesing te dwing en dat prof. Dries Raath van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat as voorsitter van so span nader getrek kon word. Gesprekke is onder meer met Jaap Marais, adv. Danie Bischoff, Martin Maree (AWB) en Corne Mulder gevoer. Adv. Bischoff wou die aangeleentheid ’n Toekomsgesprekskwessie maak. Corne Mulder was egter ’n groot teleurstelling in hierdie verband.
Binne die strukture van NI het daar groot bekommernis geheers.
Die bestuur van NI het besef dat ons ernstig was om met die aangeleentheid voort te gaan. Bogenoemde inisiatief, asook die feit dat die KP groot vordering in die tussenverkiesings getoon het, het FW de Klerk gedwing om ’n referendum uit te roep. Die aankondiging en die uitslag van die referendum van 17 Maart 1992 (die oorgrote meerderheid van die RSA kiesers was ten gunste vir die NP se onderhandelinge met die ANC en die SAKP) het die byt uit ons pogings gehaal. Kort ná die referendum het ek die Hoofdirekteur Navorsing, S.E.D. Hofmeyr gaan sien en meegedeel dat ek berus by die uitslae van die referendum aangesien ek geen ander keuse gehad het nie.
Visioene van Siener van Rensburg... vervolg...