Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
" Ons het nie geweet of NI beoog om ons te vermoor nie. In hierdie tyd het ek en my vrou, wat op daardie stadium steeds vir die diens gewerk het, ons kinders by vriende en familie gaan wegsteek."
Stem uit die Wildernis
In ’n onderhoud met die redakteur van Die Kerkbode, dr. Frits Gaum, het oudpres PW Botha ondubbelsinnig sy geloof in God en sy Verlosser, Jesus Christus bely, en daarna standpunt ingeneem teen die onrusbarende agteruitgang op kerklike, staatkundige en kulturele gebied in Suid-Afrika. Hy meen ook die Afrikanervolk was toe leierloos. "U vra my oor die kerk," het hy op 'n vraag van Gaum geantwoord: "Ek is nog lidmaat van die NG Kerk, ja. Maar dit lyk my die kerk het verskeie kere en oor verskillende sake van standpunt verander. Kerklike liggame neem soms standpunte in wat ’n mens vrae laat stel. Soos by Rustenburg. (Die Rustenburgse Kerkberaad, November 1990.) Ek het nie gehou van wat by Rustenburg gebeur nie en my daarteen uitgespreek...Die NG Kerk moes hom nie geleen het tot die belydenis oor apartheid by Rustenburg nie.
"Die Afrikanervolk laat my deesdae dink aan ’n motorkar met vier pap wiele en die spaarwiel is weg. Wat het van ons geloftes geword? En as jy nie jou geloftes betaal nie, as jy jou geloftes breek, dan breek God sy geloftes met jou—en dan is jy eensaam.
"...die kerk (is) deel van die pap wiele (en) gee nie genoeg geestelike leiding nie. En nou is ons in ’n doolhof van verdwaling in Suid-Afrika...
"...Ek sou Mandela uit die gevangenis laat kom as hy geweld afgesweer het...Ek sou nie na Kodesa gegaan het nie, dit was verraad. Ek sou nie die land op 'n skinkbord weggegee het nie. Ons stryd was fundamenteel 'n stryd teen die kommunisme...Kommunisme is nie dood nie, want Satan is nie dood nie.
"...Die kerk staan ook skuldig. Die mens en sy regte staan in die middelpunt—tipes humanisties!
"Ja, ek staan vir geregtigheid...Maar ’n mens moet in jou strewe na geregtigheid altyd getrou bly aan die grondbeginsel van ootmoed teenoor God. En geregtigheid staan teenoor geweld. Suid-Afrika betaal vandag die prys omdat geweld nie afgesweer is nie.
"Ons het boedel oorgegee. Die Afrikanervolk, Geloftevolk, het boedel oorgegee. Hy het sy roeping gemis...Maar ek wil in my graf gaan en voor my Meester staan as iemand wat nie omgedraai het op my ouers en op wat heilig is in my volk se lewe nie.
"En dan wil ek (die jongmense) waarsku: Moenie met Satan kompromieë aangaan nie. Hy wat met humanisme en Kommunisme kompromieë aangaan, is op ’n gevaarlike pad..."
MY SKORSING
Sonder die medewete van en konsultasie met die ander dienslede het Tobie Janse van Rensburg en Hendri Benade in opdrag van die Nasionale Intelligensiediens se Hoofbestuur gedurende middel 1993 met die ANC en die SAKP onderhandel oor ’n post-Apartheid-bedeling vir Intelligensie wat ná die April 1994-verkiesing geïmplementeer sou word. ’n Geïntegreerde Intelligensiediens wat die dienste van die PAC, ANC, SAKP en TVBC-state sou insluit, is in die vooruitsig gestel. Die Hoofbestuur van die diens, onder leiding van Mike Louw en George Grewar, het ’n strategiese dokument opgestel waarin die oorwegend Afrikanerkarakter van die diens as ’n probleem geïdentifiseer is. Daar is voorgestel dat hierdie karakter getemper moes word.
’n Konsepwet rakende die Uitvoerende Oorgangsraad is gedurende Augustus/September 1993 in die Afdeling waar ek werksaam was gesirkuleer. Die wet het voorsiening gemaak dat lede van NI ’n gedragskode moes onderteken as voorwaarde om in diens te bly. Dit is waar die regsprobleme tussen my en die diens begin het. Die regering het die vermelde konsepwet in Oktober 1993 ter tafel gelê. Om my probleem verder te kompliseer het dr. Ferdi Hartzenberg hom in die Parlement skerp teen hierdie wet uitgespreek. Omrede ek myself as ’n konserwatiewe Afrikaner ag en woonagtig was in Therasapark, Akasia, wat ’n moontlike hoofstad van die sogenaamde volkstaat sou wees, het hierdie oorlogpraatjies my bekommerd gemaak. Uit hoofde van my werksverbintenis met NI was ek bekommerd dat die persone wat oorlog praat, my vorentoe as ’n “Boereveraaier” sou etiketeer. Die diens het van my verwag om ’n wet te ondersteun wat moontlik tot oorlog kon lei. Verskeie volksgenote het ons redding in Viljoen en ’n Afrikaner Volkstaat gesien. In ’n relatief kort tyd het die Afrikaner Volkfront met sy krete van oorlog en ’n volkstaat daarin geslaag om ’n misleide patriotisme in die Afrikaner volkstaat-idee te skep. Gegrond op die visioene van Siener van Rensburg, was ek ernstig bekommerd dat Viljoen daardie GROOT VOLKSLEIER wou wees wat die Siener voorspel het wat ons as VOLK sal laat opstaan en ons as VOLK sal lei na ons NUWE BOERE-REPUBLIEK. Nou het my probleem ook ’n politieke been bygekry.
My Afdelingsbestuur het lede uitgenooi om regsadvies in te win rakende die genoemde konsepwet en die onvermydelike verandering in diensbeleid. Ek het adv. Danie Bischoff, ’n ou universiteitsklasmaat, met toestemming van my Afdelingsbestuur gaan sien oor die saak. Ons het saam besluit dat Bischoff my regsprobleem vorentoe sal hanteer soos sake sou ontwikkel. Danie het vir my ’n afspraak by genl. Tienie Groenewald van die AVF gemaak om my politieke probleem te probeer bylê. Die afspraak is vir die 5e November 1993 geskeduleer. Ek wou vasstel hoe ernstig die leiers van die Afrikaner Volksfront is oor hulle oorlogopsie.
Aanvanklik het ek aan my bestuur by NI toestemming vir ’n gesprek met Groenewald gegee. Op 4 November 1993 is ek egter, sonder dat redes verskaf is, verbied om met Groenewald in verbinding te tree. Daar is ook geweier dat ek ’n dag verlof kon neem sodat ek hom in my vrye tyd kon gaan spreek. Toe NI sien dat ek ernstig was om Groenewald te gaan sien ten spyte daarvan dat hulle my verbied het, het Mike Louw my op 5 November 1993 geskors en in huisarres geplaas. Mike Louw en die res van NI se Hoofbestuur was hoofsaaklik ontsteld oor die feit dat ek hom, Neil Barnard, FW de Klerk en ander NP politici-konkelaars (binne die Vrymesselary en die internasionale intelligensienetwerke) volksverraaiers genoem het. Louw het nie, soos sy voorganger Neil Barnard, die durf gehad om my persoonlik in sy kantoor oor my aantygings aan te vat nie, maar het sy magsposisie op ’n agterbakse wyse misbruik om my te skors. Skorsing was vir NI die maklikste uitweg om van my ontslae te raak. Ek was vir nege maande geskors sonder enige interne verhoor. My sekerheidsklaring is ingetrek grootliks vanweë bewerings dat ek “beplan om ’n klag van hoogverraad teen lede van die diens en bepaalde politici te lê”.
Ek het opgestaan vir iets wat my na aan die hart gelê het. Patriotisme! Die prys wat ek daarvoor betaal het, was dat ek self verraai is deur saampraters wat saam met my gewerk het. Daarvoor het ek en my gesin deur hel gegaan. Die diens het by die minister aansoek gedoen vir my ontslag, maar hy het geweier omdat die diens volgens hom onbillik opgetree het. Na ’n senuoorlog van nege maande waaronder veral my vrou en kinders gely het was ek genoodsaak om ’n skeidingspakket te aanvaar. Die diens het intimiderend opgetree en ek en my gesin het gevoel dat ons lewens bedreig word. Hierdie intimidasie het onder andere gepaard gegaan met opsigtelike agtervolging, meeluistering en ander teistering. Toe ons op ’n keer uithuisig was, is ons vrieskaste en yskaste by die muurskakelaars afgesit en het die inhoud sleg geword. Twee van ons skou-Staffordshire Bulterriers is in die proses gedood. Ons kon dikwels in die oggend sien dat ons huis gedurende die nag betree is. Terwyl ons een nag geslaap het, is die TV in die gesinskamer skielik kliphard aangeskakel. By ’n ander geleentheid, ook in die nag, is ’n appel uit die vrugtebak op die etenstafel gehaal, gehap en op die tafel neergesit, terwyl die eetkamer skuifdeur ook oopgelaat is. Ons het nie geweet of NI beoog om ons te vermoor nie. In hierdie tyd het ek en my vrou, wat op daardie stadium steeds vir die diens gewerk het, ons kinders by vriende en familie gaan wegsteek.
DIE TELEFONIESE GESPREK MET MY VRIEND DRIES RAATH
Dries Raath is ’n ou matriekklasmaat van my. Ons was beide skoliere aan die Ventersdorpse Hoërskool (1968-1972). Ek het Dries in Januarie 1994 as advokaat en as regsdeskundige oor die staats-administrasiereg genader. Ons telefoniese gesprekke is deur NI meegeluister en op band opgeneem. Ons gesprek op 22 Maart 1994 het my erg ontstel. Die Vryheidsfront was pas gestig en het hulle intrek in hul nuwe kantore geneem. Dries het Constant Viljoen se nuwe kantoortelefoonnommer gesoek.
Pieter: En dit is hulle kantoornommers, ek was nog nie daar nie. Ek weet nie hoe dit lyk nie, Ek verstaan dis indrukwekkend. Die ouens vra vrae. Hulel weet nie hoe die ouens so vinnig geld kon gekry het nie...
Dires: Wel, el het my vermoede, Piet.
Pieter: Ja (lag).
Dries: Ek het my vermoede, Piet.
Pieter: Ek ook nou meegedeel dat hierdie ouens kuier gereeld daar by Niel Barnard, jy weet... ek... dit was nie vir my baie...
Dries: Ek vertrou die wêreld nie en ek sê dit vir jou beslis as 'n feit dat Tienie Groenewald het beslis bande met die CIA, hoor.
TOT HIERTOE EN NIE VêRDER NIE – DIE SKRYF VAN VOLKSVERRAAD
Ná hierdie telefoniese gesprek het ek besluit om my posisie te konsolideer en introspeksie te hou ten einde vas te stel wat werklik met my gebeur het. As Dries reg sou wees, is dit geen wonder dat NI teen my opgetree het nie. Die CIA is immers 'n opposisie van NI. Tydens my saak teen die Nasionale Intelligensie gedurende Maart 1998, het NI se regspan gesuggereer dat om met genl Tienie Groenewald te praat sou net so goed wees as om met die CIA te praat. NI kon, ingevolge die Wet op Meeluistering, slegs toestemming by 'n regter kry om my telefoongesprekke af te luister indien 'n vreemde intelligensiediens ter sprake was. Dit was 'n ope geheim in die diens dat NI se Hoofbestuur in daardie tyd gereeld skakeling met die CIA gehad het. As gevolg van hierdie skakeling met die CIA het NI se Direkteur-generaal Mike Louw, sy Adjunk-Direkteur-generaal George Grewar, sowel as sy koverte Hoofbestuurders, Mike Kühn en Maritz Sparwater, as't ware in belang van die CIA opgetree. NI het tog gekontroleerd opgetree deurdat sekere inligting teruggehou is. Groenwald sou dan egter, volgens NI, buite hierdie kontrole staan. NI was bang dat interne inliting buite sy kontrole-sfeer die CIA kon bereik. Genl Groenewald meen dat ek deur NI self gemanipuleer is om te glo dat hy vir beide die veiligheidsgemeenskap en die CIA teen die regses se versetpoging opgetree het. Intelligensienavorsing is objektief en klinies. Minwetend waarna dit alles sou lei, het ek sonder enige bevooroordeling alles wat met my gebeur het op skrif gestel sover as wat ek kon onthou.
Daarna het ek 'n inligtingsprent begin bou deur feite wat ek vanuit publikasies en vanaf ander bronne gekry het, saam te voeg en te rangskik. Ek het aanvanklik gekonsentreer op die verwikkelinge rondom die AVF, die Vryheidsalliansie en die Vryheidsfront. Ek het gesien dat 'n soorgelyke verskynsel tydens die 1940's voorgekom het met die opkoms van die Ossewa-Brandwag. Dit het meegebring dat ek wyer as die 1990's gekyk het. Ek het toe alle feite wat ek oor die jare sien gebeur het en wat ek uit my dienservaring kon onthou, ook op skrif gestel het. Toe ook daardie gebeurtenisse wat ek as 'n dienspligtige by Militêre Inligting ervaar het.
Ek het van regse koerante gebruik gemaak om die bedreiging van links te tipeer. Slegs enkele berigte uit die Patriot (die KP se koerant) was bruikbaar. Die koerant het op daardie stadium nie die bedreiging aangespreek nie. Nieteenstaande hiervan wil ek graag meld dat daar mense met die regte gesindheid in die Konserwatiewe Party se kantore gewerk het. My ervaring was dat hulle opreg en vriendelik was.
Die Afrikaner, koerant van die HNP, was egter, intelligensie-gesproke, 'n beter koerant as die Patriot. Hierdie koerant het direk na die vermelde bedreiging gekyk en daarby het dit ook tendense opgevolg. Dit het vir my tot 'n groot mate verduidelik waarom die HNP tot op hede oorleef het. Ek sê hierdie woorde uit 'n suiwer a-politiese hoek. Ek was by geen politieke party ofbeweging geaffilieer nie. Vir my gaan dit suier oor die belange en die oorlewing van die Boerevolk.
Vervolg...