2e GROOT TREK (2)

...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK

AHM Victor

Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek

"...ons voorste kultuur-, kerk- en sakeleiers op daardie  tydstip reeds op hoë vlak affiliasie gehad het met die United States-SA Leader Exhange Program (USSALEP), 'n Sionisties-geïnspireerde liberalistiese breinspoel-organisasie, wat uiteindelik ook groot politieke, maatskaplike en godsdienstige veranderings in Suid-Afrika sou teweeg bring...   ...en siedaar: die aanslag teen die Christelik-nasionale geestelike van die ware Afrikaner is vervolmaak. Die soort mens wat nooit deur die wêreldoorheersers wat uit 'n Sionistiese sameswering sou voorkom, regeer sou kon word nie, moes uitgedoof word in 'n proses van evolusie wat verhaas moes word deur die voorgaande breinspoelende masjinerie."
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...

Skaars onverwags aan bewind, sou die maghebbers meteens weer gekonfronteer word met die geploeter wat binne die raamwerk van die sg demokratiese Anglo-Joodse staatsvorm verwag kan word. Die NP was met 'n skrale meerderheid aan bewind. In sy geledere moes hy huishou met die Afrikanerparty van Klasie Havenga. Laasgenoemde party het steeds 'n stok in die wiel van die parlementêre koukus gebly waar dr DF Malan uitvoering wou gee aan die verwydering van die Kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslys en die uiteindelike afskaffing van die Kleurlingverteenwoordigers in die Parlement. Dr Malan moes die beste van sy bewindsjare afstaan aan die liefde van die Afrikanerpary vir die Kleurlinge en moes onnodige krag en geld verspil om kompromie op kompromie met die Kaaplanders in sy geledere te sluit, om nie sy skrale meerderheid in te boet nie. Die atmosfeer van Noord teen Suid moes maar immer getemper word.

Daar is gevolglik bloedweinig vordering gemaak op die gebied van die apartheidsmandaat gedurende dr Malan se bewindsjare as Eerste Minister. Só het kosbare tyd verstryk en geleenthede verbygegaan waarin aandag aan primêre sake, soos die wurggreep wat die internasionale geldmag op die Suid-Afrikaanse ekonomie het, bestee moes gewees het. Immers, aan die wortel van ons landsprobleme was steeds die houvas wat die buitelandse kapitalistiese magte op Suid-Afrika gehad het, en dit sou dus 'n voorvereiste wees om hierdie probleem die hoof te bied voordat effektief uitvoering gegee wou kon word aan die ideologiese aprtheidsmandaat, om nie eens van die vryheidsmandaat te praat nie!

Politieke magstrewe – al is dit oor die korter termyn – het, soos maar altyd die geval met demokrasieë is, almal se politieke denke oorheers. Om dit te bereik moes op die grondslag van samewerking (toe met die Engelssprekende) simpatie vir die NP gewen word. Dit was hier waar die Afrikaner se volks-organisasies, die Wagters op Sionsmure, toe geleidelik betrek is om Wolf te word. Ja, dit was vir die volk (toe nog die Afrikanervolk!) van belang dat die NP steeds sterker sou reageer. Wat egter ook waar was, is dat die partypolitieke magstrewe nie allesoorheersend sou wees en die ideologiese en normatiewe in die volk se strewe gevolglik daaraan geoffer wou word nie; iets wat inderdaad in die proses van politieke magstrewe gebeur het, soos later hierin aangetoon sal word. Waar skrywer in die branding gestaan het van die sosio-ekonomiese ('n Volk Red Homself) strewe wat in 1939 sy beslag by die Eerste Ekonomiese Volkskongres gekry het, en stiger en stigerslid in sakekamer, kultuurvereniging en skakelkomitees betrek is, was dit 'n wrede ontnugtering om as afgevaardigde by die FAK-kongres in September 1960, skaars twintig jaar ná die Eerste Ekonomiese Volkskongres, te moes aanskou tot welke mate hierdie oorkoepelende liggaam van die Afrikaner reeds geswig het in dienstigheid aan 'n politieke party ter wille van politieke magstrewe. Dít, in teenstelling met die feit dat hierdie kultuurbestel tot 1949 waghond oor die Party gespeel het; gewaak het teen die praktiese politieke versoekings binne 'n korrupte staatsvorm. 'n Waarskuwing van skrywer se afvaardiging teen 'n klemverskuiwing van : "Daar loop 'n goeie Nasionalis, want hy is 'n Afrikaner, diep in kultuuraarde gekoester", na "Daar loop 'n goeie Afrikaner, want hy is 'n Nasionalis", is kil deur die Kongres ontvang. Die klompie kinders wat by dié konfytpot betrap is en langogig swyend mekaar aangaap, was iets om te aanskou!.

By dieselfde geleentheid is die kongresgangers se aandag deur ons afvaardiging daarop gevestig dat ons as Afrikaners ons toe reeds vereenselwig het met die voortsetting van die monargistiese staatsvorm (waarvan ons in 1949 wou wegkom), dat ons daarbinne dan ook sou afstand doen van ons historiese aanspraak op 'n veroweringsreg op 'n Blanke Suid-Afrika; dat ons politici met ingang 31 Mei 1969 beroepspolitici in die naakte sin van die woord sou word en derhalwe dan uit die bestuurs- en voorsitterstoele van ons kultuurliggame geweer sal moet word; dat die Afrikaner vir elke pennie wat hy tot dusver in sy party gepomp het, 'n sjieling in sy kultuurliggame sal moet stoot en opnuut sal moet oorgaan om die rol van waghond oor sy politieke party te vervul. Die saak wat ons afvaardiging uitgemaak het, is kil na die Dagbestuur verwys waar dit 'n vroeë dood moes sterf. Daar is nooit weer iets van verneem nie.

Eers baie later het skrywer die skokkende ontdekking gemaak dat van ons voorste kultuur-, kerk- en sakeleiers op daardie  tydstip reeds op hoë vlak affiliasie gehad het met die United States-SA Leader Exhange Program (USSALEP), 'n Sionisties-geïnspireerde liberalistiese breinspoel-organisasie, wat uiteindelik ook groot politieke, maatskaplike en godsdienstige veranderings in Suid-Afrika sou teweeg bring.

Getrou aan die verraderlike demokratiese staatsvorm het politieke magstrewe in toenemende mate die oorheersende oogmerk geword; is die oog afgewend van die ideologiese vryheids- en apartheidsideale van die Afrikaner, en die volk moes saamgesleep word, anders sou lastige vrae naderhand ontstaan. Politieke leiers het besef dat die saak vir hulle, as uit-en-uit beroepsmense, nie gewonne sou wees slegs deur die gevangeneming van die Afrikaner binne sy eie kultuurbestel nie, dog dat die honderde duisende wat nie direkte affiliasie met die georganiseerde kultuurbestel het nie, ook betrek moet word. Na baie saamknoeiery, sou die totale masjinerie met hierdie doel voor oë soos volg daar uitsien:

-     Politieke leiers gebruik hulle affiliasie met en invloed by die Uitvoerende Raad van die Broederbond. Laasgenoemde formuleer 'n beleid, soos die bekende gemengde sportbeleid, saambiddery, die "Bruin Afrikaner" of soos die voorgestelde gemengde regeringstelsel. Dit word mooi ingekleur met allerhande paai-motiverings. Die boodskap gaan vra distriksrade met 'n plaaslike monitor as medium na Rapportryerskorpse, Junior Rapportryers, Ruiterwagvergaderings, kultuurliggame en daarvandaan uit na skole, instansies, kerkrade, ens.

-     Redakteurs van Afrikaanse koerante word fyn gekies (hulle is sonder uitsondering Broederbonders). Hulle gebruik hulle koerante om die breinspoeling na die breëmassas deur te werk. Kyk na al die "vernuwings, veranderings, en 'sinvolle' ontplooiings-artikels" vanaf daardie tyd. Oral in hulle koerante het artikels ontpop, kompleet met hulle fototjies daarnaas – mense wat sosiale status verwerf het: predikant, akademikus, historikus, ens; sonder uitsondering Broederbonders of blindelingse partymeelopers, mense wie se Afrikanerskap setel in hulle partyverwantskap maar wat dikwels nog nie naby die volk se kultuurakker gekom het nie! Openbare figure word betrek om sulke liggame soos "Kontak" te stig waar Swart en Wit minsaam sosiaal verkeer (so opvallend lagwekkend kunsmatig dat jy daarvan 'n oorval kan kry).

Hierdie mense word dan ook gebruik kom sekere snob- en ander sosiale of klubbyeenkomste, ook jeugleierskursusse, toe te spreek – ja, om selfs Geloftefeeste te gaan besoedel met hulle breinspoeling. Almal veragtelike meelopers vir wie die Broederbond gedink het en wat dus geen gedagtes van hulle eie meer het nie.

Die SAUK en Beeldradio word ewe rojaal gebruik.  Nuus word aangebied wat hulle die mense wil laat hoor, nie wat werklik nodig is om te hoor of te sien nie. Mense wat geen werklike gesaghebbendheid op hulle terrein het nie, met soms weinig integriteit, word in programme en nuusmedia aangebied en voorgehou as helde (gewoonlik omdat hulle hul bruikbaar laat blyk het vir ander leiers op die politieke of ekonomiese vlak). Hierby die feit dat SAPA-Reuter en ander internasionale nuus- en reklamemedia in die hande van die Sionistiese internasionale geldmag setel en siedaar: die aanslag teen die Christelik-nasionale geestelike van die ware Afrikaner is vervolmaak. Die soort mens wat nooit deur die wêreldoorheersers wat uit 'n Sionistiese sameswering sou voorkom, regeer sou kon word nie, moes uitgedoof word in 'n proses van evolusie wat verhaas moes word deur die voorgaande breinspoelende masjinerie. Dit, ter wille van tydelike materiële gewin, 'n primêre voorvereiste vir politieke stabilieit in die "vrye kapitalistiese staat".

Die direkte aanslag deur politieke leiers self: vervolg...