...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...
Die direkte aanslag deur politieke leiers-self:
Na gelang die breinspoeling deur voorgaande instansies die volk vanuit sy kern op sleeptou begin neem het, het die politieke leiers ook geleidelik al hoe meer kordaat na vore getree en uiteindelik luidkeels vanaf die politieke verhoog 'n verwoestende aanslag op die Afrikanergestalte geloods. Alles wat behoudend, Christelik-nasionaal, konserwatief en heilig vir ons Afrikanervolk was, is as "verkramp", "verwerplik", "middeleeus", 'n "laer mentaliteit" afgemaak. Ja, selfs 'n Engelse publikasie, The South African Observer, wat konserwatisme onder die Engelssprekendes propageer, is aangeval en sy redakteur uitgemaak as iets bedenkliks.
— Die Afrikaner-handhawers van taal en sedes is by die naam genoem en uitgemaak as onrusstokers en aanstootgeërs.
— Die Engelssprekendes is omverskoning gevra omdat hierdie mense hulle taal "in hul keelgate wil afdruk"!
— Elkeen wat trou aan sy volk voorop en party-affiliasie as sekondêr beskou het, is as verraaiers, onrusstokers, verdagmakers, ens., afgemaak. "Vernuwing" was die wekroep!
— 'n Toespraak in die Parlement oor Calvinisme versus Liberalisme, is op aandrang van die liberale Opposisie deur die leier van die NP gerepudieer; later in dieselfde jaar is die konserwatiewes wat bereid was om vir hulle beginsels uit te staan om getel te word, op die mees ondemokratiese wyse uit die NP gesmyt oor die gemengde sportbeleid; kort daarna is hulle en nagenoeg 800 ander, onder wie stigterslede, uit die Broederbond geskop toe hulle nie wou saamloop met die liberale geknoei in die eens konserwatiewe geheime organisasie van die Afrikaner nie.
_ Kort daarna is die grondwet van die NP gewysig om te lees "bolwerk vir 'n verenigde Suid-Afrikaanse nasie" (oop vir alle kleure en geure), waar dit eers "bolwerk vir Afrikanerdom" was! Dit het, terloops, die pad oopgemaak vir aartsliberaliste en lofliedsangers aan die Marxistiese handves van die Veiligheidsraad van die VVO!
— Daarna is die Rapportryersbeweging by geleentheid van hulle Landsberaad van hulle eie verhoog of deur hulle gasspreker, leier van die NP, gevange geneem toe by die organisasie, wat aan die hand van sy grondwet 'n outonome kultuurorganisasie was, opgevorder het tot stutorganisasie van die NP.
Terloops, die twee manne wat tydens voorgaande gebeure sitters van die Afrikaner-Broederbond en die Rapportryers was, is byna onmiddellik na die gebeure tot adjunk-ministers verhef! So verdien mens jou spore binne die raamwerk van die korrupte Anglo Joodse staatsvorm, 'n stelsel wat die beginsel verontagsaam en van mense vereis, om 'n moordkuil van hulle hart te maak — jellievisse ter wile van geld en status!
Ná die grondwetverandering van die NP is die grondwet van die FAK en sy affiliasies ook gewysig. Voortaan sou "Christelik-nasionaal" "Christelik en nasionaal", twee uiteenlopende begrippe wees, en so is die weg gebaan vir die "Bruin Afrikaners" wat saam met die Witman by sy Taalmonument se onthulling te Paarlberg verkeer het. Die res van die veranderinge, vernuwings, ontplooiings, ens., was maklik:
- Die saamaanbid-beleid van die NG Kerk in 1974 wat nou tot volledige oopgooi van die Kerk se deure onder luide gejuig ge het.
- Die wysiging van die Christelik-nasionale onderwysbeleid Christelik en nasionaal.
- Die oopgooi van parke, ontspanningsfasiliteite en sport en mode om veranderings as "deurbrake" en "opwindend" te stempel.
- Die vestiging van die gedagte dat détente en wegbeweeg van kriminasie Christelik is, terwyl dit inderdaad loutere Marxisme is, 'n godsdiens van humanisme; verheerliking van die mens en nie Christus nie, en 'n miskenning van volkere se andersheid (gelyk of nie gelyk aan mekaar nie).
- Les bes, die passiewe aanvaarding van 'n gemengde onchristelike regering deur mense wat hul tot onlangs toe as 'n Godvresende volk beskou en daarop geroem het! Mens kan wel vra wanneer bevind jy jou dan in die "kring van die spotters." Is dit weer 'n geval dat alles wat in die naam van politiek bedryf word, binne die raamwerk van sg. demokratiese, monargistiese, Anglo Joodse stelsel in die Naam van God geregverdig is?
Sou 'n mens na ander terreine van politiekbeoefening kyk, soos bv. dat ons aan openlik vyandige buurlande geld leen, daagliks treine vol lewensmiddele en dinamiet lewer, ja, selfs hulle hawens hulle bestuur; in die proses Russiese wapens, huursoldate, wat bestem is om teen die Blanke regerings in Suider-Afrika gebruik word, van skepe help afhaal, terwyl ons seuns vir terroriste teiken sit op ons landsgrense, dan kan daar min twyfel bestaan dat beroepspolitici binne hierdie onskuldige "vrye kapitalistiese" stelsel immuun is teen die moontlikheid om van verraad of hoogverraad beskuldig te word, laat staan nog om 'n "oordeel oor hulleself te eet en te drink".
Kan 'n mens verkwalik word indien jy bra skepties staan teen die danige Godvresendheid van sommige van ons politieke leiers wat soms in die proses van beeldbouende, mensverheerlikende artikels in ons koerante, tydskrifte, radio en televisie opgedis word? Verre sy dit van my om 'n oordeel uit te spreek, maar aan die hand van bepaalde norme van fatsoenlikheid en beginsels wat vanuit God's Woord van geslag tot geslag aan ons oorgedra is, veroorloof ek my self die vraag : Is ons nie besig om onder druk van omstandighede by die aankleef van 'n stelsel 'n bespotting van God en sy Gebod te maak, waarin die gewone man in die straat 'n niksverrnoedende medepligtige word nie?
DIE STATEBONDSKONFERENSIE
Enkele verblindende gebeure op die politieke terrein wat deurslaggewend sou wees tot 'n niksvermoedende volk se onterwing en geleidelike uitlewering aan die Magte van die Duisternis, dien hier gemeld te word.
Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond sou in die oë van die volk 'n held laat verrys het in die persoon van dr. H.F. Verwoerd en al die voorgenoemde media het nie agtergebly in die aandik van die gebeurde en die gepaardgaande beeldbouery nie.
Dit het dr. Verwoerd in staat gestel om by geleentheid van sy helde-ontvangs op die lughawe Jan Smuts dit onomwonde aan die volk te stel dat omstandighede sodanig verander het dat die volk moes afstand doen van sy Volkstaatrepubliek, en in die plek daarvan die Burgerstaat-republiek sou moes aanvaar!
Hierdie maneuver het onder meer die ondertoon van ekonomie gehad, 'n wesenlike vrees dat ons uittrede uit die Statebond en die gevolglike verval van konsessieregte en tariefooreenkomste 'n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se ekonomie sou hê. Dit was natuurlik ook 'n kompromie met tradisionele monargiste in Kaapland en die "Home"-mense in Natal. Wat egter soos 'n paal bo water sou staan, is: hier het die Afrikaner teoreties sy eersgeboortereg, sy veroweringsreg, ja, sy reg op vrywording begin wegteken. Meer nog, die Nasionale Party het langs hierdie weg sy hoofverpligting teenoor die Afrikanerkieser, nl. vrywording binne die Volkstaatrepubliek, ontduik. Op 31 Mei 1961 is die Afrikanervolk statutêr onterf aan die hand van sy eie Nasionale Party. Alle mense, Bruin, Swart, Geel en Wit, het teoreties mede-erfgename van die Afrikaner se land geword.
Die republiek waarna die Afrikaner oor verloop van jare gestreef het, was inderdaad die klip in plaas van die brood wat gevra en beloof is. Indien indringend genoeg gekyk word na die situasie wat later ontstaan het, sal dit ook spoedig vir die leser duidelik word dat met hierdie hoofontduiking van sy verpligting, die NP outomaties ook die res van sy verpligtinge wat uit die 1948-verkiesing voortgevloei het, gerieflik kon ignoreer. Slegs tyd was nodig om praktiese implementering van dit wat teoreties in die Grondwet vas gelê is, deur te voer om so 'n sware verpligting wat op die NP-regering se skouers geleun het uit hoofde van die 1948-mandate, te ontduik en terselfdertyd die waardigheid van die beroepspolitici te behou. 'n Tyd van breinspoeling, verdagmaking van diegene wat, trou aan hulle Afrikanervolk (nie aan 'n party nie), die sedes en tradies bly beklemtoon het en steeds die ideale waarvoor ons voorsate hul na die binneland van Suid-Afrika begewe het, bly nastrewe het, sou volg.
ABRAHAM FISCHER EN DIE RIVONIA-GEBEURE:
Mense wat tred gehou het met gebeure van die dag, sal weet dat hier 'n nes van kommunistiese sameswering oopgekrap is. Die oogmerk was kortliks om met geweld die regering van die dag omver te gooi en 'n kommunistiese bewind in Suid-Afrika te vestig.
Omstandighede wou dat die vorige Eerste Minister, mnr. B Vorster, afkomstig uit mnr. Havenga se Afrikanerparty (o.a. teenstanders van die verwyderiing van die Kleurlinge van die gesamentlike kieserslys en beëindiging van Kleurlingverteenwoordiging in dr Malan se tyd), toe Minister van Justisie was.
Die oopkrap van die Rivonia-sameswering sou weldra ook met behulp van pers- en radio-basuingeskal hierdie politikus tot glansbeeld en held verhef wat die volk so sou verblind dat die versnelde tempo van onterwing van die Afrikaner aan sy vaderland, onopgemerk sou kon plaasvind. Nie eens die glips deur sy Departent met die toelating van Tsafendas in die Parlement, wat die sluipmoord op dr. Verwoerd moontlik gemaak het, sou afdoen aan hierdie glansbeeld nie. Met niks wat hierdie man daarna gedoen of gesê het, kon die volk fout vind nie.
Die omstandighede waarin en die wyse waarop dr. Verwoerd om die lewe gebring is, het aan sy herinneringsbeeld die verdere verblinde luister verleen van 'n held wat geval het. Dit sou die volk 'n langer termyn verblind vir die teoretiese onterwing van die Afrikaner wat verskuil was in die Grondwet van die "Republiek" van 31 Mei 1961. Die Afrikaner sou dus veel langer onder waan lewe dat by in sy "Republiek" sy vryheid verwerf het.
Só kon beroepspolitici voortgaan met hulle knoeiwerk, met die immer breinspoelende rugsteuning van die pers- en reklamewêreld. Die sameloop van omstanstighede om 'n verblindende uitwerking op - die Afrikanervolk te hê, staan steeds bevraagteken te word. Elkeen wat vir homself dink en nie toelaat dat andere vir hom dink nie, behoort bedenkinge op die gebeurde na te hou. Was dit alles so onskuldig as wat die ongeluk dit wil laat lyk? Watter magte het agter hierdie gebeurde geskuil? Het die Hoek-kommissie se ondersoek na die Oppenheimer-empire dalk hierin 'n deurslaggewende rol gespeel? Indien nie, waarom het dr. Verwoerd se opvolger volhard om nie die Hoek-verslag te publiseer nie? Daar is toentertyd beweer dat die seekatagtige kloue van die Oppenheimerorganisasie so ingewikkeld en so ineengeweef en verstrengel is in Suid-Afrika se ekonomie, dat geen ekonoom van formaat dit sou kon ontsyfer nie. As dit dertien jaar die posisie was, hoe verwikkeld en verwarrend sou daardie seekatarms tans daar uitsien en watter rol sou hierdie magte in ons hedendaagse, vir die Witman apologetiese, politiekvoering speel? Destyds is in 'n persberig daarop gewys dat wat waar te neem was van die Oppenheimer-ryk, eintlik maar net die puntjie van die ysberg is!
Hoe dit ook al sy, dit staan soos 'n paal bo water dat daar verblindende beelde voor die geestesoog van die volk sou bly wat hom sou verhinder om betyds die verraad teen die Afrikaner, sy onterwing aan sy vaderland aan die hand van sy eie beroepspolitici, raak te sien. Materiële gemaksug en vrede tot elke prys sou steeds in toenemende mate al te aanloklik bly.
Benewens die breinspoelende faktore wat kortliks hierbo aangestip is, staan die tydperk tussen 1961 en vandag in die teken van die direkte aanslag op die volksiel vanuit die geledere van die beroepspolitici (voorheen vertrouelinge van hulle mede-Afrikaners uit Afrikanerkultuur-konstellasie — nou daar om almal se belange te bevorder). Hierdie aanslag van beroepspolitici is doeltreffend aangevul met die hulp van die sg. Afrikaanse pers, verhoog met die aanstelling van sekere redakteurs uit die Broederbondgeledere. Alles wat hierdie redakteurs in die naam van "verandering", "moderne eise", "sinvolle ontplooiing", "vernuwing" en "verligtheid" in hulle koerante aangebied het, het klokslag mettertyd dan ook regeringsbeleid geword. Met ander woorde, wat regeringsbeleid agter die gordyne word, word eers langs hierdie weg as die kastige opinie van die redakteur of sy rubriekskrywertjies aangebied; die een neem by die ander oor en netnou maar het jy 'n koor wat daagliks in die man in die straat se oor beier, en sodra die breinpoeling sy gang gegaan het kondig 'n minister aan dat gemengde sport nou beleid is, vind jy dat 'n Kleurling 'n "Bruin Afrikaner" is; dat saambid, -eet, -drink en -slaap "noodsaaklike aanpassings" is.
So is dit dat ons Afrikaanse koerante louter propaganda-stukke vir die gelykskakelende internasionale politieke manipuleerders, diegene agter die wêreldstaatbeweging - die Sionistiese geldmag - geword het.
Vervolg...