...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
DOELSTELLING VAN DIE ILLUMINATIE
"... deurdat hulle almal tot stutorganisasies van die Nasionale Party deur hierdie leiers verbuig is, verklaar nie net hoe dit dan gebeur het dat die Afrikaner sy eersgeboortereg ewe gelate weggeteken het met die aanvaarding van die Grondwet van 31 Mei 1961 nie, maar dit verklaar ook waarom die Afrikaner sedertdien by stembus na stembus mandate aan die Regering gegee het, wat neerkom op verkragting van die ideale van sy volk soos dit tot uitdrukking gekom het in die Christelik-nasionale lewensbeskouing van sy voorgeslagte."
Voorgaande kan slegs as die buitelyne van die verloop van sake op alle terreine van die volkslewe bestempel word en verdien om nader toegelig to word aan die hand van die hoofvereistes wat diegene agter die Nuwe Wêreldstaat-regeringstelsel stel, nl:
- Beëindiging van individuele ordelike nasionale regerings.
- Beëindiging van 'n erfreg.
- Beëindiging van private grondbesit.
- Beëindiging van patriotisme.
- Beëindiging van die gesinslewe as die kern waarom kultuur en beskaafdheid wentel.
- Beëindiging van die Christelike geloof en die vervanging daarvan met die ideologie van die Magte van die Duisternis in 'n totalitêre internasionale staat.
Die vrye kapitalistiese, demokratiese staatsvorm: Hoe dit in SA werk:
In die Verklarende Woordeboek vind ons die volgende definisie van partypolitiek: "Politieke leer dat 'n volk vir sy eenheid, bestaan en vooruitgang in mekaar-bevegtende groepe verdeel moet wees." Dit bring mee dat die party verabsoluteer word en nie die volk nie. En aangesien ekonomiese toestande, m.a.w. die materiële welvaart, deurslaggewend is in die kom en gaan van partye, verdwyn die ideologiese beginsel mettertyd van die toneel. Alles gaan mettertyd om die blote najaag van ekonomiese voorspoed, selfs al sou dit slegs oor die korter termyn wees.
Hierdie stelsel bring dan mee dat die kapitaalkragtige buitelandse maatskappye toegang kry tot en uiteindelik beheer verkry oor die rykdomme van die land. Sodra hulle dan daardie beheer het, word plaaslike politici blote lakeie in hulle eie land. Die politikus is dus uit en uit 'n beroepsman wat daagliks 'n moordkuil van sy hart moet maak, ter wille van die bevordering van die materiële welvaart, want dit, slegs dit alleen, bepaal bestendigheid in sy eie loopbaan.
Dit is in hierdie omstandighede dat die leuen die waarheid word en omgekeerd, al na gelang dit Meneer se party se stabiliteit kan bevorder.
Langs hierdie weg word die volk se sedes en tradisies, ja selfs Christelikheid afgetakel. Onthou dat die argitekte die kapitalistiese stelsel by uitnemendheid uit die geledere van aanhangers van slegs die Ou Testament ken. Hulle verwerp die Nuwe Testament en het gevolglik geen gewete nie. Dit volg logies dat 'n beroepspolitikus tegelyk 'n soort gelisensieerde en harde beroepsmisdadiger kan word.
Die stelsel werk dan ook in toenemende mate korrupsie in die hand. Ons hoef nie verder as die grense van Suid-Afrika te kyk om bevestiging vir hierdie stelling te vind nie.
Die Nasionale Party het in 1948 aan bewind gekom met die volhou van ideologiese ideale: apartheid, vrymaking binne die staatlike republiek, herrysenis van Afrikanerdom en -land. Wat waar is, is dat die volk waaruit die regering geskep is, die armblankedom was: die werknemer, salarisman en boer. Terselfdertyd was mineraalregte van sy land steeds in die hande van die buitelandse geldmagte. Om dus uitvoering te gee aan sy ideologiese eenheidsmandaat, sou ingrypende stappe deur die regering gedoen moes word; o.m. sou die nasionalisering van sekere sektore die bedryfswêreld wat deur buitelandse kapitaal beheer is, bewerkstellig moes word. Dit sou vanselfsprekend in insinking of vertraging in die ekonomie tot gevolg gehad het. Dit het die regering van aangesig tot aangesig gebring met sy oordrewe betragting jeens die Swartes, 'n verantwoordelikheid van oordrewe voogdyskap! Die Witman (Afrikaner), deur die momentum van sy vryheid, sou positief reageer om gordel in te trek en "te offer wat jy vra", maar wat van die Swartes wat dalk van honger gaan omkom? Nee, dit sou 'n te groot opoffering wees— dalk nog onchristelik ook! Maar hoe nou gemaak; die volk gaan mos kort voor lank vrae vra!
Die gewone man weet mos maar min van die werking van die ekonomie af, hy weet net daar is fout as hy dit aan sy lyf voel.
Kom ons maak solank apartheidswette, hou hulle gedagtes daarmee besig! Intussen kan ons plan maak met die vryheidsideaal deur dit langs die weg van breinspoeling met krete van samewerking te temper.
Intussen het die samewerking-knoeiery momentum begin kry. In sakekamer, kultuurvereniging, skakelkomitee, Rapportryersvergaderings, het die handhaaf-en-bou-wagwoord allengs begin kwyn onder aandrang van sekere sleutelfigure uit die geheime hierargie van Afrikanerdom — die Broederbond. Niemand sal mos hierdie stoere vegter vir Afrikanerdom se goeie bedoelings in twyfel trek nie! Ja, van die voorsitters en hoofbestuurslede uit die kultuur-hiërargie van die Afrikaner het teen die einde van die vyftigerjare reeds, met die oog op die breinspoelingsbeleid, tot op bestuursvlak in USSALEP affiliasies bekom om touwys te word in die bedrewenheid van breinspoeling.
Langs hierdie weg is die Afrikanerideale afgestomp, is hy met kultuurbestel en al deur die Party gevange geneem.
Dit het die Afrikaner verblind dat hy die verraad van die teoretiese onterwing van sowel sy historiese erfreg as sy veroweringsreg op Suid-Afrika in die Grondwet van die Republiek van 31 Mei 1961 nooit raakgesien het nie. Sedertdien is beroepspolitikus, kwasipolitikus, akademikus, ja selfs historikus, Broederbonder of nie, onophoudelik besig om aan die gewone man in die straat te kenne te gee dat die republiek wat hy nou het, inderdaad dit is wat hom belowe is op 26 Mei 1948! Die skokkendste leuen en misleiding van die eeu! Dit is gewetenlose verraad teen die Afrikanervolk! En wie het hierin die leeue-aandeel, die sleutelrol gespeel? Is dit nie die geheime liggaam wat met ritueel van brandende kers en oopgeslane Bybel mense 'n eed laat neem dat hulle nooit oor die doen en late van die liggaam sal uitpraat nie?
Dit is belangrik om in hierdie stadium daarop te wys dat die Broederbond aangekondig het dat hy voortaan minder geheim sou word! Dit nadat dit bekend geword het dat 'n boek of twee oor die Broederbond gaan verskyn vanuit die linkse kamp, en dit sou dan die trefkrag van die boeke kon temper! Intussen word aangekondig dat prof. A.N. Pelzer, 'n Broederbonder van die Universiteit van Pretoria, gereed sit met 'n boek oor die Broederbond, wat dan "outentiek" sou wees!
In vooruitskouings in die pers word o.m. met trots beklemtoon watter deurslaggewende rol die Broederbond dan in republiekwording gespeel het. Ja, daar word steeds voorgegee dat die "Republiek" inderdaad die republiek is wat op 26 Mei 1948 aan die Afrikaners belowe is en wat 'n Blanke Volksrepubliek moes gewees het! Die misleidende propaganda, die leuen, word dus steeds in ere gehou. Wat egter vir die doeleindes van hierdie werk belangrik is, is dat die leser nou aan die hand van 'n Broer self bevestiging vind van die knoeirol wat hierdie liggaam agter die skerms gespeel het om die korrupte partypolitieke spel te bevorder en die verraad van o.m. die onterwing van die Afrikaner te verdoesel.
Let maar gerus op wie is tans weer die wegbereiders vir die afskaffing van die Ontugwet. Andermaal nie net politici nie!
Met Suid-Afrika se mineraalregte in toenemende mate in die hande van die buitelandse samesweerders van die Nuwe Wêreldorde, word toenemend van die Afrikaner geëis: wegbeweeg van diskriminasie (Marxisme!) gelykmaking, afstomping van ware patriotisme en nasionalisme, (verbruining van die Blanke vel).
En die Broederbond is die wegbereiders, sodat beroepspolitici hulle waardigheid nie by die stembus inboet nie, sodat die party as bewind kan bly, al is dit met PFP-beleid van mnr. Harry Oppenheimer!
Dit illustreer in voldoende mate hoe korrup die demokrasie op mense wat hulle op "Christelike etiek" beroep, kan inwerk.
Indien op die geskiedenis van die samesweerders om die Wêreldorde ingegaan word, vind ons dat hulle onder meer reeds teen die einde van die agttiende eeu op 'n listige wyse die geheime Vrymesselaars-organisasie binnegedring het en sodoende hierdie organisasie effektief gebruik het in hulle berekende korruptering van o.a. die Franse koningshuis wat die vonk in die kruitvat vir die Franse Revolusie was.
Dieselfde diaboliese prosedure is deur die internasionale geldmag gebruik om die Amerikaanse Revolusie, die val van Napoleon, as beplande voorspel tot die Russiese Revolusie, die Burgeroorlog in Spanje, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, te bewerkstellig. Die hoofdoel is nog steeds om lande se skuldlas te verhoog en dit dan te finansier om langs hierdie weg nie net lande se politiek te manipuleer nie, maar om beheer te verkry oor die rykdom van die ganse aarde en sy mannekrag, en stelselmatig volke se nasionalisme, patriotisme, die individu se bates, en ja, inderdaad sy selfrespek te ontneem. Slegs 'n karikatuur-mens na die gees, moet oorbly wat maklik beheerbaar in die uiteindelike Wêreldstaat sal wees.
Die feit dat die USSALEP 'n stigting van hierdie diaboliese geldmagte is, dat reeds teen die laaste helfte van die vyftigerjare deur vooraanstaande, gevierde Broederbonders uit die besture en voorsitterstoele van die Afrikaner se kultuur- en kerklike instellings (vertrouelinge van hulle volk), selfs tot op uitvoerende vlak in die liggaam betrek is. Dat die Afrikaner se eens "outonome" kultuurvereniging, Junior Sakekamer, Junior Rapportryers, ja, inderdaad tot by die Voortrekkerbeweging, gevolglik hulle kultuuroutonomie verbeur het deurdat hulle almal tot stutorganisasies van die Nasionale Party deur hierdie leiers verbuig is, verklaar nie net hoe dit dan gebeur het dat die Afrikaner sy eersgeboortereg ewe gelate weggeteken het met die aanvaarding van die Grondwet van 31 Mei 1961 nie, maar dit verklaar ook waarom die Afrikaner sedertdien by stembus na stembus mandate aan die huidige Regering gegee het, wat neerkom op verkragting van die ideale van sy volk soos dit tot uitdrukking gekom het in die Christelik-nasionale lewensbeskouing van sy voorgeslagte.
In die lig van o.m. sekere beleidsrigtings wat vanuit die hiëragie van die Broederbond oor die afgelope jare aan die Afrikaner opgedring is, en wat direk in die kraam van die internasionale sameswering pas, wat dan, nadat die Broederbond-georiënteerde sg. Afrikaanse perswese, radio en beeldradio die nodige breinspoeling gedoen het, mettertyd amptelike regeringsbeleid word (let wel, die beroepspolitikus hoef nie sy kop oor aanvegbare beleid uit te steek nie!), ontstaan daar dan die vraag-: tot welke mate het die IIluminati met die oog op die bevordering van hulle diaboliese Wêreldstaat van die Antichris, via o.m. die USSALEP, hierdie geheime organisasie van die Afrkaner binnegedring.
Voordat die voorstel aan die hand van hierdie vraag as vergesog veroordeel word, moet eers besin word oor die volgende onmiskenbare feite;
— Suid-Afrika se rykdom is sedert die uitwissing van die twee republieke in 1902 in die hande van die internasionale geldmag.
— Dertig jaar se sg. Nasionale Regering aan bewind kon geen jota of tittel daaraan verander nie. Inteendeel, sedert 1948 het Suid-Afrika se skuldlas na buite tienvoudig toegeneem, en wie finansier dit? Die Eerste Minister bly steeds in gebreke om die Hoek-verslag openbaar te maak. Waarom?
— Die Nasionale Regering se beleid het van ver regs in 1948 tot ver links in 1978 geswaai soos vroeër aangetoon. (Watter organisasie het die sleutelrol gespeel deur die verblindende breinspoeling op die ovlk los te laat?) Dit was die enigste manier om aan bewind te bly.
— Daar is meer as 800 Broederbonders uit die beweging geskop wat nie wou genoeë neem met die verliberaliseringsformulerings wat die Uitvoerende Raad van die Broederbond in opdrag van die Partyhiërargie die lig laat sien het om die Afrikaner, ter wille van partypolitieke gewin, teen die agtergrond van die druk wat die buitelandse geldmag uitoefen, te kondisioneer tot lafhartige saamspeel, -eet, -drink, -slaap, -dans en ontspan nie. Laat staan nog die nuwe Bruin-Afrikaner-dimensie en les bes ook die voorgestelde nuwe onchristelike staatkundige bedeling. (Lg. is dan ook die in praktykstelling van die teoretiese onterwing van die Afrikaner soos dit in die 1961-Grondwet vervat is!)
Voeg hierby die feit dat baie afstammelinge van eertydse vyande van die Afrikaner op grond van hulle invloed in hulle gemeenskap vanweë hulle materiële vermoëns en die feit dat hulle saam met politieke windstorms lidmaatskap van die NP verwerf het, reeds in die vyftigerjare in die Broederbond opgeneem is — mense met weinig Afrikanerkultuur of politieke basis — maar politieke pragmatiste.
Neem in ag dat om lid van die organisasie te kon word in my jeug die volgende vereis het: Jy moet 'n volgehoue jarelange rekord hê van gemeenskapsdiens op uitvoerende vlak op die kulturele, kerklike en Afrikaner-politieke terrein. Tans sien ek mense wat aan die Broederbond en Ruiterwag behoort wat nog nooit naby sy volk se kultuurakker gekom het nie. Hoe kon hulle, waar daar geen outonome kultuurliggaam die afgelope tien tot vyftien jaar in Suid-Afrika bestaan het nie? (Die liggame wat daar nog mag wees, is deur die Broederbondelike pers en reklamewese verkarikatuur tot "militante" organisasies.) Enige Afrikaner-organisasie, hoe trou hulle ook al aan hulle volk mag wees, maar wat nie die Nasionale Party se seën het nie, is "uit die bose" -- militant of 'n frontorganisasie van 'n ander instelling wat reeds deur die breinspoelende media tot gaskamer of rioolsloot veroordeel is. Nee, die indruk wat ek het, is dat huidige Broederbonders en Ruiterwagters se hoogste kwalifikasies hulle akademiese titeltjies en 'n blindelingse trou aan die verworde Nasionale Party is — mense met min gedagtes van hulle is, vir wie gedink kan word, maar wat blink genoeg vertoon om andere to beïndruk en te mislei.
Neem in ag dat twee van ons ministers, o.a. die Broederbonder Piet Koornhof, 'n spesiale toekenning van die Vrymesselaarsbeweging ontvang het! By geleentheid van die Broederbond se vyftigjarige bestaansviering het een van sy stigterslede in ekstase uitgeroep: "Die Broederbond is Godgegewe!" Hoe Christelik-gerig kan 'n liggaam wees wat hom inlaat met die duiwelse spel wat met politiek binne die raamwerk van die veelgeprese vrye demokratiese kapitalistiese bedrogspel gepaard gaan? 'n Stelsel waar daar agter die "skerms "diplomaties" gekonkel word; waar ter wille van stemme van verhoog tot, verhoog mislei, gelieg en bedrieg word? Waar die sogenaamde demokrasie hom van koukus tot koukus te pletter loop deurdat mense verplig word om ter wille van party-eenheid 'n moordkuil van hulle hart te maak?
So 'n stelsel kan slegs 'n bepaalde klas — oorwegend 'n swak klas — mens as politikus trek, oorwegend die wat 'n mislukking van hulle beroep gemaak het en 'n minderheid wat op grond van hulle materiële vermoëns dit kan bekostig om van politiek 'n heerlike stokperdjie te maak, 'n stelsel waarin die party, vir wie hy staan, se populariteit en nie persoonlike bekwaamhede nie, bepaal hoeveel stemme hy by die stembus trek!
Wanneer daar in die verlede dikwels net maar die voorstel was dat ek my op die politieke toneel moet begewe, het ek gegril by die gedagte aan so 'n moontlikheid. Niemand kan van politiek in so 'n stelsel 'n sukses maak sonder om maar net 'n pion op die skaakbord van die internasionale sameswering teen God, sy Gebod en sy Koninkryk te word nie.
Daar kan by niemand meer twyfel wees oor die feit dat die soort staatsvorm en Christendom onversoenbaar is nie. Lees die Afrikaner? Nee, hy kan nie, sien, hy is by uitnemendheid 'n werknemersvolk. Die base lees, maar hy moet werk. Is dit die rede waarom hy nie die onversoenbaarheid raaksien nie?
Hierdie onomstootlike feit verdiep die hele kwessie van die rol van die Broederbond: Hoe vang 'n mens die oog met die oog op bevordering, 'n goeie betrekking? 'n Mens moet gewild wees by die massa, maar veral by die baas en die party! Al weet jy ook voor jou siel die Rapportryerskorps is 'n blote stutorganisasie van die Nasionale Party, sal jy oor die beginsel heen knaend aspireer om lidmaatskap daarvan te verkry of te behou, want sien, dit is 'n soort voorportaal vir die Broederbond. Klim in by die takbestuur van die NP, sing saam in die koor 'n loflied aan die partyhiërargie en sekere leiers, en siedaar, jou toekoms is verseker! Daar is meer as 12 000 van hierdie soort partymeelopers in die Broederbond (om nie eens van die duisende Ruiterwagtertjies te praat nie) en in elke denkbare vergadering sit van hulle met hulle opdragte om die breinspoelingsboodskappe te rugsteun. Probeer nou net 'n beginselstandpunt inneem wat met die populêre of partystandpunt bots, dan waai jou kop. Van so 'n mens word dan gese: "Hy kon 'n toekoms gehad het!"
Dit is die soort staatsbestel en openbare lewe wat die Broederbond ten behoewe van die Regering help in stand hou. Dit is op geen morele gronde verdedigbaar nie.
Kom ons kyk na die jongste klassieke voorbeeld van die Broederbond (die wolf in skaapklere) se diaboliese rol:
Getrou aan die opdragte afkomstig van sy USSALEP-geaffilieerde predikante, het die NG Kerk andermaal 'n kastige kommissie aangestel om ondersoek in te stel na die "Ontugwet" en die Wet op Gemengde Huwelike. Die masjinerie kom in werking in 'n kort beriggie in die koerant:
— die redakteur, 'n Broederbonder, brei daarop uit, verwys na wat een of ander belangrike (!) politieke figuur of figure onlangs ten gunste van die afskaffing daarvan gesê het;
— skryf terselfdertyd 'n hoofartikel oor hoe onmenslik so 'n wet dan kwansuis is;
— 'n geleentheid word geskep waar 'n professor in 'n rede die afskaffing bepleit, en komende van 'n opvoedkundige dra dit nogal gewig. Niemand sê egter vir die vergadering, of die koerant vir die leser, dat dit terselfdertyd die voorsitter van die Broederbond is wat die saak bepleit nie! Die volgende dag lees ons dat professor so en so by geleentheid van die sekondering van die jaarstate van United Building Society! (let wel, by 'n suiwer sake-aangeleentheid!) nie nalaat om met omhaal van woorde Sela te sê op wat die voorsitter van die Broederbond die vorige dag te sê gehad het nie. Die koerant sê ook nie dat lg. sekondant 'n lid van die UR van die Broederbond is nie!
Dit is die werkmetode van die "Godgegewe" Broederbond - nogal in die naam van Christelikheid. Dit illustreer hoe Christelikheid in die hand van die mens maklik tot humanisme ( 'n mens verheerlikende godsdiens) verbuig kan word.
Wat verder in bostaande verband vooruit voorspelbaar is in die lig van ondervinding oor die afgelope dekade, is dat die Algemene Sinode van die NG Kerk baie waarskynlik op een of ander tydstip ten gunste van die afskaffing sal besluit, waarna die politici hulle weg sal oopsien om dit by die lang lys van beleidsveranderinge te voeg en die "sinvolle ontplooiing van apartheid" sal betitel.
Dit sal dan nog 'n toevoeging wees tot die lys van toegewings van byna twee dekades wat die NP-regering aan die samesweerders om die Nuwe Wêreldorde gemaak het!.
'n Mens kan byna van 'n eufemisme beskuldig word as die gevolgtrekking gemaak word dat die toedrag van sake op 'n bespotting van God en sy Gebod neerkom!
Sal daar nie ook van ons gesê kan word nie: "Laat hulle staan: hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val". (Matt. 15:14.)
Staan al hierdie menslike manipulasies nie maar net in die teken van 'n wêreld wat in kleingeloof verval het nie?
"Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van geregtigheid aan, en as skoene aan jul voete die bereidheid vir die evangelie van Vrede.
Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus ... " (Efes. 6.)
Laat ons ook onthou dat Jesus nie net die ander wang gedraai het nie. Hy het met die gesel die geldwisselaars uit die tempel gedryf en daarmee te kenne gegee dat daar nie net gebid sal word nie, maar aktief gewaak sal word teen die magte van die duisternis.
Danksy 'n weerligstraal wat in 1784 die dood van 'n rapportryer te Ratisbon (Frankryk) veroorsaak het, kon die Christendom kennis neem van die feit dat die aardse trawante van die "geeste in die lug", die "addergeslag" fisies in die "Illuminati" verpersoonlik is — 'n paar ryk families wat met die hulp van gekorrupteerde regerings dag vir dag ryker word en al nader aan hulle beplande oorheersing van die wêreld kom. Ons mag hieraan geen aandeel hê nie!
"... en as die lig dan duisternis is.... "
Ons met ons sport
Ons met ons Spele -
die Slimkoppe se poppe ...
die spot van vele!
Vervolg...