NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As iemand jou 'n onreg aangedoen het en jy probeer hom terugkry –  daarom iets sleg aan hom terug te wil doen – dan is jy besig om in te meng met God se genade en vergifnis. As jy die saak nie in liefde kan skik nie, gee dit in gebed vir die Here en laat Hy dit op sy tyd hanteer sonder om Hom voor te skryf hoe, want jy het nie van beter geweet nie – Hy sal.

OP DIE KORINGVLOER

 Dr JP Botha

In ons reeks oor hoe ons ou Boerevolkie destyds geleef het kyk ons vandag na wat alles op die koringvloer gebeur het sodat daar meel kon wees vir brood en ander gebak.

Deesdae wanneer die graan ryp is en in miedens gepak is, moet dit gedors word.  Die dorsmasjien gaan rond om die een boer na die ander te help om die koring in die sakke te kry. Daar is vandag ook vooruitstrewende boere wat self sy eie dorsmasjien besit.   Behalwe die sekel om te sny, die wa om die koring aan te ry en die dorsmasjien, is daar maar min gereedskap nodig.  Maar ons voorouers het nie van masjiene geweet nie en het nie eers altyd streepsakke in die hande gekry nie.

Die koringvloer

Voordat hulle begin dors het moes hulle ‘n vloer maak.  Hiervoor het hulle ‘n mooi gelyk plek uitgesoek en die graspolletjies afgeskoffel.  Die vloer se oppervlak mag nie sanderig wees nie.  Daarom het hulle hom met klei uitplavei en al om die rantjie klippe gepak.  Die grootte van die vloer moes pas by die grootte van sy koringoes en die aantal perde wat sou trap.  Om die perde wat sou trap binne op die vloer te hou,  is rondom die vloer paaltjies ingeplant wat met rourieme verbind  is.  Daar was nie soos vandag draad om te span nie.  Hierdie paaltjie-heining het ook vee wat kon kom  pla op die vloer, buite gehou.

Die trap

Nadat die vloer heeltemal droog is, word die koring daarop uitgesprei.  Die gerwe word dan almal ewe dik gebind en langs mekaar gelê  Onderwyl een die gerwe aandra, is ‘n ander besig om die bande los te sny en die koring los te skud, wat met die hand gedoen word of met die gaffel.  Daarna kom die perde op.  Dis soms moeilik om jong perde op die koring te kry, maar hulle word met geleerde ryperde aangedryf en loskom is min.  Hulle leer gou as hulle eers op die koring staan en al in die rondte gejaag word.  Die hardloop op die koring maak die perde gou moeg, sodat hulle na ‘n rukkie gaan staan. Onderwyl hulle stilstaan, laat die boer die koring met gaffels omkeer of opskud en hy kyk of die korrels nie al amper uit is nie.  Hulle vee die kante ook weer mooi op en dan moet die perde weer draf en trap.  Nie lank daarna nie is die trapsel koring af.  Vandag se dorsmasjien moet baie goed werk om  die korrels so skoon uit te dors as wat ‘n klompie perde dit uittrap.  As die vloer klein is, of as die man min perde het, word dié wat hy gebruik aan mekaar gekoppel.  Die perd aan die binnekant word deur die baas aan ‘n riem vasgehou, en die ander moes met hierdie een saamloop.  Die buitekantste perd moes natuurlik die vinnigste hardloop en die man moes met die omgaan van die perde die riem gereeld van die een hand na die ander verwissel.  Om te versker dat die perde orals ewegoed trap, het hy sy staanplek kort-kort verskuif.  Die aanhoudende rondomtalie kon die perde duiselig maak en daarom moes hulle ‘n ruk regsom en dan weer linksom draai.

Beeste was vir die uittrap van koring ongewens want hulle kon nie aanhou met draf nie.  Hulle sou ook aanhou om van die koring te vreet.  Met die stadige stap sou die koring ook nie uitgetrap raak nie, maar in vaste koeke op die vloer bly lê.  Hulle het ook die koring bemis wat ‘n gemors veroorsaak het.  So gou as wat die trappery klaar was kon die perde afkom en begin die mense se werk op die vloer. Die vloer moet ingevee word en die strooi moet afgewerk kom.

Die skoonmaak van die koring

Om die strooi af te kry, word houtgaffels gebruik wat hulle self stukkie vir stukkie inmekaar gesit het. Dit was in werklikheid reuse vurke waarmee hulle die strooi van die koring afgemaak het.  Al die korrels met die kaf is na een kant van die vloer gewerk om skoongegooi te word.  Daarvoor het hulle houtskoppe gebruik wat hulle ook self gemaak het, meesal van stukke vaarlandswilgerbome wat hulle uitgehol het.

Om die koring teen die wind te gooi was moeilik.  Seuns moes dit van jongs af oefen.  As die wind sterk is, is al die kaf en stof uit met een- of tweekeer se gooi, maar daar was onsuiwerhede wat nie weggewaai het nie.  Tussen die koring het hier en daar stukkies mis van die gesmeerde vloer gekom, sowel as klein klippies, asook die korrels wat nie goed uitgetrap was nie, die dopkoring.

Die jaagbesem

Die stukkies mis, klippies en dopkoring waai nie met die kaf en stof weg nie, maar val bo-op die ronde hoop koring.  Dit het hulle met ‘n jaagbesem van die ronde hoop koring afgevee.   Hulle het die jaagbesem self gemaak van besemgras en  ‘n lang stok.

As dit windstil was, was dit moeilik om die koring uitgetrap en skoongegooi te kry. Hulle het egter genoeg geduld gehad om nie die oes af te skeep nie.

Die koring in sakke

Streepsakke om die koring in te bêre, was nie orals te kry nie.  Hulle het self sakke gemaak van gelooide skaapvelle.  ‘n Velsak was groter as ‘n streepsak.  Dit het gemiddeld tien emmer koring gehou.  By koring vir eie gebruik is die sakke goed volgemaak en dan toegewerk. As hy van die koring wil verkoop is dit in die sak ingemeet met ‘n maatemmer van tien pinkies.  By ‘n groot oes was ‘n maatemmer nie dienlik nie en het hulle ‘n skepelmaat gebruik. Dit was ‘n selfvervaardigde vierkantige bak. Drie skepelmate was ‘n mud.  Die maat het ore gehad waaraan dit opgetel kon word.  Nadat die hele hoop koring versorg is, moes die  dopkoring nog met stokke uitgeslaan en ook weer uitgewaai word.

Om broodkoring skoon te kry, is dit op ‘n tafel uitgegooi en klippies wat daarin was, met die hand uitgesoek.  Daarna is dit gewas.  Hulle het die koring deurgevoer in ‘n groot bak met water totdat dit skoon was.  Daarna moes dit ‘n dag of wat in die son lê om te droog.

Die oumense het metodies en netjies gewerk ten spyte van hulle primitiewe gereedskap.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 759 gaste aanlyn