SWART VERNIELSUG ROEI WILD UIT

ONS BOEREVOLK DESTYDS

(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)

Eintlik gaan ons voorgeslag in hierdie artikel net toeskouers wees van hoe die swart inboorlinge veral in die 19e eeu die volop wild in ons land deur middel van georganiseerde jagpartye, uitgeroei het.

Die baie wild in die ou dae

As ons die oumense hoor vertel van al die wild wat hulle gesien het op die vlaktes en bulte van Transvaal, klink dit amper soos fabels.  Hulle vertel dat die bulte “gebuig” het onder die wild, dat springbokke, blesbokke, wildebeeste en al die ander soorte onuitroeibaar gelyk het. Ons is geneig om te dink dat hulle weggetrek het in plaas van dat hulle uitgeroei is.  Dit lyk onmoontlik dat so baie wild in so ‘n kort tyd doodgeskiet kon word.  Maar as ons hoor hoe die swartes te werk gegaan het om wild in die hande te kry, is dit verstaanbaar dat wild vandag in ons land skaars is.

 

In 1883 het hulle in die distrik Lichtenburg wild gevang by ‘n lap dorings, wat nou nog die Kamele genoem word, omdat daar hoë kameeldorings gestaan het.

Die vanggate

Die swartes het ‘n groot klomp vanggate gemaak, ses voet diep, drie voet breed en vier tree lank. Daar was ‘n hele ry langs mekaar, ongeveer agt of tien, net ‘n tree van mekaar af.  In die langwerpige gate is nog weer ronde gate gemaak waarin ‘n bok kon val.  Op ander plekke was die gate van bo af rond, langs en agter mekaar en ook ses voet diep.  Tussen die ronde gate is dan so min ruimte gelaat dat ‘n bok nêrens ‘n staanplek kon kry nie.

As die gate klaar is, kom die kaptein om die jagparty by te woon, want dit is dan die kaptein se jag.  Al die onderdane van die kaptein moet saamkom en selfs die meide mag nie agterbly nie. Almal moet help.  Hulle begin om takke van bome af te breek en steek dit in die grond, die eerstes weerskante van die gate en dan al verder weg in twee rye wat soos twee horings al wyer loop. Die rye takke vorm ‘n heining na elke kant van sewentig tot honderd tree lank.  Van die takke se eindpunte af verder laat hulle dan elke vyf tree ‘n swarte plat in die gras lê, sodat daar so min as moontlik van hulle gesien kan word.

As elkeen mooi op sy plek is, ry ‘n klomp perderuiters die veld in om die wild bymekaar te dryf in die rigting van die vanggate. Die verste punte van die lewendige horings is so ver van mekaar af dat daar ‘n groot ruimte is om die bokke daar tussen in te keer, met die groot aantal perderuiters wat agterna kom. As die voorste bokke tussen die uiterste punte van die driehoek kom, spring die eerste swartes aan weerskante op. Die bokke skrik en spring vorentoe Al die ander swartes spring agtereenvolgens op as die bokke naby hulle kom en maak lawaai. Hulle gil en skree die bokke heeltemal verbouereerd. Vlak voor die vanggate gaan daar dan ‘n afstootlike swarte staan, met skildvelle, asgaaie, vere om sy kop en ander snaakse goed om sy lyf en begin wild te spring en buig en dans en met sy arms te swaai, sodat mens daarvoor kon bangword.  Die perderuiters druk van agteraf al hoe meer en meer op en al wat swarte is gil en skree een stryk deur.

Die dood van die bokke in die vanggate

Die bokke kies na ‘n oomblikkie se weifeling die swarte wat sy kaskenades by die vanggate maak, en spring vorentoe. As hy sien die bokke kom, spring hy gou weg en die arme wild kom op die gate af.  Die voorstes spring die een na die ander in die gate in en kom soms só lelik op hul koppe af in die sesvoet diep gate, dat hulle dadelik dood is.  Die ander kom maar aan en hou maar aan kom tot die gate vol is.  Die agterstes spring oor die vol gate en ontkom. In die gate is daar gewoonlik baie wat nog lewe.

Die swartes kom nou aangehardloop en steek die lewendige bokke dood met asgaaie voordat hulle miskien op die been kan kom en ontvlug.  Die diere kerm en steun en kreun tot almal dood is, uit die gate gesleep en afgeslag is.  Nou kan die swart massa gaan feesvier, want die jag van die kaptein het goeie vrug opgelewer.  Met een so ’n vangs het hulle van driehonderd tot vierhonderd bokke afgemaak. Deur hierdie en ander metodes is die wild se getalle grootliks uitgedun.  Die swartes het op hierdie wyse die wild in duisende uitgeroei.

Baie blanke boere het natuurlik self van wild gelewe, hulle velle verkoop en die beste vleis gedroog vir biltong, maar hulle het nie die wild onnadenkend uitgeroei  nie.