NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Onthou, jou lewe is soos ’n tent.   Die storm van die dood waai dit in ’n oogwink weg.    Is jy reg vir die reis?   Om nie betyds vir die dood gereed te maak nie, is soos om tydens ‘n beleg op jou pos te slaap.   Jy kan dit nie bekostig nie!  Word wakker en kry jouself gereed vir die reis van alle reise!

REGSPLEGING IN TRANSVAAL

ONS BOEREVOLK DESTYDS

(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)

"Die landdros sê aan die bandiete wat laat buite gewerk het:  'Julle moet oppas. Ek sal dié keer nog vir julle die tronkdeur oopmaak, maar as julle weer so laat kom, sal ek julle buite uitsluit. ' ”

Die veldkornet

In die dae van die Groot Trek en die eerste tyd wat daarop gevolg het, moes wat regspleging betref, van gesonde verstand gebruik gemaak word.  Gelukkig was daar nog nie groot kwaaddoeners nie. Maar die Trekkers het dag na dag met die groot naturellebevolking in aanraking gekom.  Om hulle afkeurenswaardige dade in toom te hou, was straf die enigste middel om die reg te handhaaf.

Die gewone regter oor die swartes was die veldkornet. In die oorlog was hy die voorman om die burgers aan te voer.  In vredestyd het hy as regter opgetree by alle klein misdade. Die boer het die swarte wat by hom in diens was  en gesteel het, na die veldkonet gebring.  Hy het hom gestraf met ‘n plak of platriem van kameel- of seekoeivel gemaak.  Die aantal houe het afgehang van die misdaad. Die misdadiger is aan ‘n ingeplante paal vasgebind en het dan sy straf ontvang.

Die swartes het ‘n ongekende vrees gekoester vir die veldkornet in die wyk waar hulle was.  Sake is vinnig afgehandel sonder ‘n gesloer, soms binne ‘n paar uur en dan was hy terug in sy werk by sy baas.

Oor witmense het die veldkornet in vredestyd maar min regspraak uitgeoefen, maar dikwels as arbiter opgetree in geskille tussen twee persone en die vrede weer tussen hulle herstel.

 

Die landdros

As die sake met die swartes te moeilik was vir die veldkornet is die landdros se hulp ingeroep.  Elke distrik het ‘n landdros gehad.  Mense met gesonde verstand is as landdroste aangestel, al het hulle min skoolopleiding gehad..  Die landdros het vir sake of misdrywe een of ander boete opgelê wat binne ‘n aantal dae betaal moes word.  Die man wat die boete moes betaal, kom toe die dorp binne en hou met sy ossewa voor die landdros se huis stil en betaal sy boete in die vorm van koring, artappels, vleis en ander produkte.  Die landdros het wat hy nodig gehad het vir homself gehou en die ander op die mark laat verkoop!

 

Die tronke

Dit was eers maar eenvoudige klein huisies met ‘n grasdak en ‘n deur wat maklik oopgebreek kon word.  Soms was die dak maar ondig en het die gevangenes binne natgereën.  ‘n Gevangene het laat die aand uit die tronk gestap en na die landdros se huis gegaan om te kla oor die lekkery. Hy sê toe:

“Landdros, as dit langer so aanhou dat ek in die tronk nie ‘n plekkie kan kry waar ek droog kan slaap nie, dan sê ek vir jou dat ek regtig nie langer gaan bly nie, maar sal huis toe stap.”  Die landdros moes beloof dat hy die volgende dag die dak sou laat regmaak en toe stap die man tevrede terug!  Van konstabels en bewaarders het ‘n mens nie geweet nie.  Die landdros was vir alles verantwoordelik.

Op een van die dorpe was daar op ‘n keer ‘n klompie bandiete wat op die pad gewerk het en teen die aand teruggekom het tronk toe.  Langs die pad begin dit toe reën.  Hulle skuil langs die mure van die huise tot die bui oor was en stap toe weer aan, maar het na die sin van die landdros ‘n bietjie laat gekom.  Hy vra toe waarom hulle die aand so laat kom en kry as antwoord:  “Ons kon nie in die reën loop nie.  Ons moes skuil, want ons het nie droë klere om aan te trek nie.”  Die landdros sê aan die bandiete:  “Julle moet oppas. Ek sal dié keer nog vir julle die tronkdeur oopmaak, maar as julle weer so laat kom, sal ek julle buite uitsluit.”

Die respek en ontsag vir die landdros en vir die veldkornet was só groot dat niemand dit sou waag om te ontvlug nie, al was die kanse goed dat die persoon sou wegkom.

Dat so min mense in die tronk gekom het is te danke aan die groot skande wat iemand oor homself en oor sy hele familie sou bring, as hy tot tronkstraf veroordeel sou word en daarom het elkeen gesorg om homself so te gedra dat hy nie daar sou beland nie.  Persone wat miskien ‘n swaar misdaad gepleeg het, het soms oor die landsgrense gevlug, want daar was nog geen uitleweringstraktate met die aangrensende lande nie.

 

Landdros en heemrade

As ‘n man ‘n ernstige misdaad gepleeg het, het hy te staan gekom voor ‘n landdros en 12 heemrade.  Hulle het tot moorde ondersoek.  Die aangeklaagde persoon het die kans gekry om hom te laat bystaan deur manne wat as advokate opgetree het, al was hulle dit in werklikheid nie.  As hulle ‘n man skuldig vind aan moord, word die saak na die Volksraad verwys wat die beslissing moes vel en die doodstraf moes toepas.  Tussen die uitspraak van die vonnis en die volvoering daarvan kon die veroordeelde besoek ontvang van verskillende mense wat met hom kon praat, met en vir hom kon bid, en afskeid neem met die wens dat sy treurige einde nog salig mag wees.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 746 gaste aanlyn