Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Die poeierkwas
In die buiteland word daar bykans geen woord oor Suid-Afrika gerep sonder om die poeierkwas van demokrasie kwistig aan te wend nie. Buitelanders glo dat dinge hier aan die suidpunt van Afrika klopdisselboom gaan omdat demokrasie hier geseëvier het. Een-mens-een-stem was die towerstaf wat alles wat in ons land verkeerd was, reggemaak het. Maar het dit?
Die blink muntstuk het ook 'n dowwe keersy. Sedert die ANC aan bewind is, vrees blankes soos nog nooit tevore vir hulle veiligheid. Daarbenewens verarm hulle teen ‘n ontstellende tempo soos wat kundiges stelselmatig uit staatsdiens- en aanverwante poste gerangeer en deur onbevoegde swartes vervang word. Hierdie verfynde roof en nog talle ander onregte vind in die naam van demokrasie plaas!
2. Eerder sosialisme
Van ware demokrasie is daar weinig in Suid-Afrika te sien. Die ANC-regime is baie goeie toneelspelers en slaag meesterlik daarin om hul sosialistiese ideologie agter ‘n sogenaamde demokratiese masker te verberg. Ons land gaan in werklikheid onder die politieke filosofie van sosialistiese despote gebuk vir wie korrupsie, onreg en onbevoegdheid, standaard praktyk en geen vergryp is nie.
Die ANC het buitelanders lelik om die bos gelei deur hulle te oortuig dat sy stryd teen apartheid ‘n stryd vir die vestiging van demokrasie aan die suidpunt van Afrika was. Dit was alles ‘n leuen! Enersyds word die ANC deur die SAKP wat suiwer sosialisties is oorheers en andersyds strook swartes se opvatting van demokrasie glad nie met dié van die Westerse wêreld nie.
Swartes weet in werklikheid niks van demokrasie af nie! Dis vir hulle niks anders nie as getallepolitiek waar koppe getel in plaas van geweeg word. Sulke politiekery is onverantwoordelike demokrasie en waarborg staatkundige verval. Suid-Afrika kan daarvan getuig! Met sy onverantwoordelike demokrasie dwing die ANC alle landsburgers onder die bedompige vlerk van sosialistiese regeringsbeheer in.
3. ‘n Tirannie van die meerderheid
Niks breek ‘n land so vinnig af as om onder die tirannie van 'n onkundige, wrede, opstandige meerderheid te verval nie. Dis natuurlik een van die hoofredes waarom apartheid verwerp is – apartheid het nie aan die eis van ‘n tirannie van getalle voldoen nie!
Oral waar 'n bekwame minderheid voor 'n onbekwame meerderheid moes buig, het wanorde gevolg. Daarvan kan Afrika getuig! Spyt kom egter altyd te laat as mense nie leer wat om betyds te vermy nie! Afrika het honderde sg. demokratiese verkiesings sien kom en gaan. Feitlik almal het op getalle-diktature uitgeloop.
‘n Diktatuur het net so min met demokrasie as ‘n rioolplaas met ‘n parfuumfabriek te make! ‘n Diktatuur duld geen opposisie of alternatiewe idees nie en perk ook maklik die vryheid van spraak in. Vir swartes is demokrasie niks anders as ‘n magspel waar die wenner alles neem en verloorders maar moet aanpas of kwyn nie. Gevolglik vind Afrika nooit werklik oplossings vir sy politieke probleme nie.
Daar is 'n reuse verskil tussen demokrasie en 'n meerderheid diktatuur. Die eertydse Franse denker Jean-Jacques Rousseau het die grootste onsin kwytgeraak toe hy gesê het dat as 'n mens werklik vry wil wees, hy hom aan die wil van die meerderheid moet onderwerp. Die geskiedenis leer ons egter dat 'n regering wat bloot op grond van 'n meerderheidstem regeer, uiters gevaarlik is!
Ware demokrasie beskerm altyd minderheidsregte. Dis ‘n ononderhandelbare vereiste. En dis juis hier waar Afrika die pot lelik mis sit. Wanneer minderheidsgroepe hulle soos in Afrika in 'n meerderheidstirannie vasloop, ontstaan die versoeking om buite die stelsel van grondwetlike instellings op te tree en 'n weerstandsbeweging op die been te bring.
Swartes was nog nooit vir demokrasie in die werklike sin van die woord te vinde nie. Daarvoor is dwang en brutale intimidasie net te sterk in die Afrika-politiek. Ware demokrasie bied altyd die enkeling genoegsame ruimte van keuse. In Afrika word dit hulle ontneem. Afrika is eerder vir 'n outokrasie te vinde waar daar vir die enkeling besluit word. Dis, om die minste te sê, sosialisme. Gaan kyk maar: Al die ou etniese stamselsels was op sosialistiese beginsels gegrond.
Afrika se politieke oortuigingsmetodes sluit selde of ooit rede, barmhartigheid en regverdigheid in. Dis eerder op dwang en dreigemente geskoei. Vandag kan nie een van Afrika se leiers daarsonder regeer nie. Desnieteenstaande noem hulle hierdie karikatuur demokrasie!
4. ‘n Regering deur die gepeupel
Vir die handhawing van demokrasie is burgerlike veiligheid van uiterste belang. Waar misdaad hoogty vier, kom demokrasie nooit tot sy reg nie. Misdaad is meer as net moord, roof of verkragting. Dis dwang en ontneem burgers die reg op 'n eie keuse. Dit maak hulle bang om te leef. Mense hou op om normaal te funksioneer.
Ware demokrasie draai nie uitsluitlik om die as van getalle nie. Besluitneming is van uiterste belang. Daarvoor is kundigheid, bekwaamheid en uitvoerbaarheid absoluut noodsaaklik. As dit ter wille van getalle prysgegee word, is die resultaat 'n ellende-skeppende getalle-diktatuur. Afrika het genoeg aanskouingslesse hiervan. Hoeveel kundiges is nie al in Afrika voor die vuurpeloton van 'n onkundige, ongekwalifiseerde een-mens-een-stem kieserskorps tereggestel nie! Duisende! Suid-Afrika en Zimbabwe is seker die twee lande met die slegste rekord in hierdie verband!
As daar slegs by wyse van getalle regeer word, heers die gepeupel. En dis ‘n resep vir die dood. Sodra die gepeupel daarin slaag om een saak te skaad, begin hulle ook op ander gebiede druk toe te pas. Demokrasie werk beslis nie so nie!
Die sogenaamde demokratiese Suid-Afrika is allermins ‘n demokrasie. Dis veel eerder ‘n regering deur die gepeupel of tewel, die proletariaat – die massas. Minderheidsgroepe word blatant geminag omdat hulle die verloorders is. Nee, ware demokrasie word eerder deur goeie orde as deur getalle ondersteun. Daarom verkies ek eerder ‘n opgevoede outokratiese regering bo een wat deur ‘n onbevoegde meerderheidstem aan bewind gehou word.
Brutale intimidasie en 'n ontvlugting in getallepolitiek is eie aan Afrika. Van ware demokrasie word daar net so min as die tandemuis gesien! Kyk maar net wat dwang en getallepolitiek nie van ons eens voorspoedige land gemaak het nie! Ons is besig om in 'n Derdewêreldland vol ellende en bedelbakke te versink!
Swart vakbonde sorg dat die ANC na die sosialistiese gepeupel se pype dans. Die meeste van hierdie vakbondleiers verstaan geen snars van 'n vryemark-ekonomie nie. Desnieteenstaande doen hulle hul altyd as demokrate voor. Dit bewys een ding: ‘n Gepeupel kan 'n swak regering dwing om ander te dwing; nie omdat dit noodwendig reg is nie, maar omdat die meerderheid dit eis. Dan word sulke politieke stoomrollery kwansuise demokrasie genoem!
5. Demokrasie sneuwel
Ware demokrasie skep vir opposisiepartye die nodige ruimte om hulle insette te lewer en tot volle ontplooiing te kom. Daarsonder stort demokrasie in duie soos in Afrika gesien word. In Afrika wil minderheidspartye al hoe minder saamwerk omdat hulle niks teen die massa vermag nie. Sulke magteloosheid gaan dikwels in 'n beleid van openlike dwarsboming oor en lei in baie gevalle selfs tot burgeroorlog.
'n Onbevoegde meerderheidsregering waarby 'n kundige minderheid teësinnig moet inval, oorspeel altyd sy hand. 'n Goeie voorbeeld hiervan was die swart rassehaters van die Noordwes-regering wat ná die destydse skoolonluste te Vryburg die betrokke skool se demokraties-verkose beheerliggaam wederregtelik ontbind het.
Afrika het soveel probleme dat ‘n mens nie weet watter een die grootste is nie. Een daarvan is dat dit nie oor ‘n demokratiese kultuur beskik nie. Swartes se aptyt vir chaos en korrupsie is net te oorweldigend dat demokrasie ooit in Afrika tot sy reg sal kom. Ten spyte van die demokratiese verkiesings wat gehou word, is daar van 'n ware demokratiese kultuur hoegenaamd geen sprake nie. Vir swartes is politiek altyd ‘n magspel waar die wenners alles vat terwyl die verloorders maar moet inval of die pad vat!
Wie die magspel speel, moet hom nie as ‘n voorstander vir demokrasie voordoen nie. Magspel is nie demokraties nie, maar sosialisties. Die ANC se demokratiese vertoon is ‘n masker waaragter 'n sosialistiese gedrog skuil. Die regeringsvoertuig skyn ‘n demokratiese bakwerk te hê, maar onder die masjienkap dreun 'n sosialistiese masjien wat deur die brandstof van chaos en wanorde aan die gang gehou word.
Slotopmerking
Die ANC-owerheid gryp op eg sosialistiese wyse op die daaglikse lewe van die Boerevolk in. Let maar net op die duisende politieke aanstellings wat ons land op die glybaan van agteruitgang laat beland het - almal mense met sterk sosialistiese rekords! Hulle kom egter nie vir altyd met hul slenter weg nie. Op ‘n stadium kry hulle hul sosialistiese ysterklou nie meer in die katoenhandskoen van die demokrasie weggesteek nie!