BESETTING EN BESMETTING

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Trek laer, my volk!

1.   ‘n Droewige prentjie

Hoe vergelyk ons stedelike veiligheid met die van twintig of dertig jaar gelede?  Is daar waarneembare verskille?  Net ‘n dwaas sal dit ontken!  Dis om die waarheid te sê ‘n droewige toneel.  Ons stede was vir baie jare betreklik vreedsaam, ordelik en skoon.  Mense was bv.nie bang om saans lang ente te gaan stap nie.  Vandag is dit ‘n ander prentjie en neem jy jou lewe in eie hande as jy dit sou waag!  Die kans dat jy deur ‘n swarte beroof, aangerand of vermoor kan word, is baie goed.

Misdaad vier hoogty in ons land en ons stede loop veral deur.  Blankes vermy die sentrale stedelike dele so ver as moontlik omdat dit al hoe swarter en gevaarliker word   Talle blanke ondernemings wat jare lank in ons stede besigheid bedryf het, het na April 1994 óf gesluit óf na veiliger voorstede verskuif.

2.   ‘n Reuse flater

Die opheffing van instromingsbeheer was naas die vernietiging van apartheid die onsinnigste ding wat blanke politici Suid-Afrika ooit aangedoen het.  Kon hulle dan nie die katastrofale gevolge van so 'n stap voorsien het nie? Of was dit eerder ‘n geval van kruiperige onderdanigheid aan die bose mag agter die skerms?   Hierdie politici het soos ‘n onverskillige masjinis die rooi sein moedswillig veronagsaam en die veiligheidstrein laat ontspoor.

Toe instromingsbeheer opgehef is sonder om dit met enige ander beheermaat-reël te vervang, het baie van ons ouer stedelike gebiede in reuse plakkerskampe ontaard!     Vandag is dit die spreekwoordelike hooimied waarin enige gesteelde voorwerp, selfs so groot soos 'n vragmotor, weggesteek word.  Dit word hoofsaaklik deur onwettige swart immigrante beset wat vir die meeste van die plaaslike dwelmhandel en baie van die geweldsmisdade in ons land verantwoordelik is.

Wat na die opheffing van instromingsbeheer in Suid-Afrika gebeur het, het ook in Namibië gebeur.  Die Windhoek Observer van 23 Augustus 1997 skryf as volg: "Ten years ago Windhoek was an orderly town where no squatting was allowed.  Today almost 60 percent of the capital's population are squatters and loavers".

3.    Plakkerskampe

Plakkers en leeglêers beset en besmet ons stede teen ‘n skrikwekkende tempo en daar word weinig gedoen om hierdie onooglike, onhigiëniese gehuggies op te ruim.  Dit word selfs van elektrisiteit en water voorsien en deur wetsgehoorsame burgers se verhoogde munisipale tariewe ruim gesubsidieer.  Die opheffing van instromingsbeheer noodsaak gedwonge subsidiëring.   Eienaars van grond wat onwettig beset word, moet dikwels groot regs-onkostes aangaan om plakkers te laat verwyder.  In sommige gevalle slaag hulle nie daarin nie.

Oral waar plakkerskampe opskiet, neem misdaad drasties toe en daal nabygeleë eiendom se waarde.  In die hengel-tydskrif Stywe Lyne verskyn daar onlangs 'n advertensie van 'n nuwe ontwikkeling by die Vaalrivier.  Die adverteerder probeer voornemende kopers met die volgende opmerking gerusstel: "Daar is nie 'n plakkerskamp in die nabyheid nie en eienaars wat reeds gebou het, sê hulle het nog geen probleme met diefstal of persoonlike veiligheid gehad nie" (April 1999,p.57).

Slotopmerking

Getalle en armoede vorm 'n bose kringloop.  Dit veroorsaak broodgebrek omdat daar te veel monde vir te min voedsel is.  Dis die bron van werkloosheid omdat daar te veel hande vir te min werkgeleenthede is.  Dit laat plakkerskampe tot stand kom omdat daar te veel lywe vir te min huise is.  Dit laat epidemies ontstaan omdat daar te veel siekes vir te min dokters is.  Les bes veroorsaak dit landwye wanadministrasie omdat daar te min kennis in te veel koppe is!