NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gebruik hierdie lang somersonskyndae na regte - maak nou genoeg hout bymekaar sodat jy in die winter by die vuur kan sit wanneer daar min tyd in 'n dag is.

HIER STAAN ONS!

Leiers en ons volk se selfrespek

Dr JJ Snyman

Mnr  Jaap Marais het tydens sy leeftyd by herhaling klem daarop gelê dat die Afrikanervolk se selfrespek herstel moet word. En nie om dowe neute nie. Hy het presies geweet wat  die gevolge sou wees van 'n volk wat in 'n skuldkompleks en 'n toestand van selfverwyt verkeer.

Reeds in Mei 1984 verklaar hy soos volg:

"'n Volk kan hom nie gedurig in die beskuldigdebank van die geskiedenis laat stel nie. As hy dit doen, kan hy nie reg wees nie. Sy lewe is gedoem tot selflikwidasie. En dit is wat hulle van ons wil hê: nie met wapengeweld nie, nie met konvensionele oorlog moet ons verower word nie, maar in 'n sielkundige proses waarin ons onsself sal likwideer in ons vertwyfeling aan onsself".

In Januarie 1996 stel hy:

"Solank Afrikaners ... hulle skaam vir (apartheid) ... sal hulle gebuk gaan onder 'n skuldbesef wat alle selfrespek en volkstrots sal onderdruk".

Kort voor sy dood in 2000 verklaar hy:

"Om Afrikaners se selfrespek te herstel, moet hulle tot die besef gebring word dat hulle nie hul vryheid weens slegtigheid verloor het nie, maar deur verraad".

In die lig van voorgaande is dit eenvoudig verstommend om te sien dat mense, wat tog sekerlik bewus moet wees van Jaap Marais se geskrifte, dag na dag verkondig dat dit die Afrikanervolk se skuld is dat ons in hierdie ellendige toestand verkeer. Dit is onwaar! Wat hulle egter nie besef nie, is dat hulle daardeur presies doen wat die Joodsbeheerde maghebbers wil hê die Afrikaner moet doen, naamlik om in 'n langdurige staat van skuldgevoel te verkeer, eerder as om in verset op te staan teen die onreg van hierdie toestand.

Sulke persone is, of hulle dit wil weet of nie, nie bevoeg en opgewasse om namens die vegtende Afrikanervolk te praat nie. Dit is generaal De Gaulle wat, toe vir hom gevra is of hy namens Frankryk praat, verklaar het: "Ja, vegtende Frankryk!". Jaap Marais het as woordvoerder van die vegtende Afrikaner geweier om te aanvaar dat dit die volk se skuld is dat ons in hierdie ellende beland het. Dit maak hom enig in sy soort. Die res, ten einde hulle eie skuld te verbloem, verskuif nou die skuld na die volk. Dit is 'n volksvernietigende uitgangspunt en stel hulle eie politieke onvermoë aan die kaak.

Predikante en mense wat oor die teologie bespiegel doen dieselfde as hulle dag na dag verkondig hoe sleg die Afrikaner is.  NP van Wyk Louw het gesê dat 'n volk se toekoms geskep word deur die magtige spel en stryd van tallose enkelinge— die kleiner groep (leiers) wat leiding gee. Leiding op die basis dat "as jy 'n trotse volk verkneg, word opstand teen die reg sy reg". Afrikaners moet eenvoudig Sondag na Sondag hoor hoe sleg hulle is. En gedurende die week word dieselfde ou rympie herhaal.  Die vyand se mag oor ons word eenvoudig versterk wanneer uit eie geledere verklaar word hoe sleg ons is. Daarby het dit 'n demoraliserende uitwerking en lei dit tot 'n toestand van selfhaat waarvan die resultaat is 'n verlies aan toekomsvisie. Verder, is dit regtig wat ons vir die jeug wil sê, naamlik dat ons mede-verantwoordelik was aan die ondergang van ons eie volk? Dit is tog nie waar nie. Hoeveel van ons het nie dag en nag ons volksgenote gewaarsku teen hierdie bedeling nie. Ja, ons tyd en geld opgeoffer om week na week te poog om die verraad van De Klerk en sy bende te openbaar nie!

Die individu is net skuldig aan dit wat hyself gedoen het, of versuim het om te doen. Die individu kan nie vir 'n volk of 'n gedeelte van 'n volk se skuld pa staan nie. Boonop kan die gewone Afrikaner hoegenaamd nie aanspreeklik gehou word vir die verraad van De Klerk en sy bende nie. Daar is boonop nie een voorbeeld in die ganse geskiedenis van ons volk (en ook die res van die wêreld) waar 'n leier dag na dag aan die volk verkondig het hoe sleg hulle was en op daardie wyse die volk tot verset teen die onreg aangespoor het nie. Het president Paul Kruger of dr Verwoerd ooit vir die volk vertel hoe sleg hulle is? Het Napoleon dit gedoen?

Ware Afrikaner-nasionaliste kan dus nie anders as om hulle te distansieer van enigeen wat op hierdie tema voortborduur nie. Verset is die wagwoord van nasionalisme en skuldbesef die siekte van die liberalisme — die gif wat hulle onder ons wil loslaat.

In my eie omgewing was daar iets soos sewe plaasmoorde die afgelope tyd gepleeg. Een jong boer veg vir sy lewe nadat 'n barbaar hom, soos verwag kan word van die lafaards, van agter oor die kop geslaan het. As hy bly lewe, sal hy breinskade hê. Is dit die Afrikaner se skuld? Hy wat elke dag swoeg en sweet om in hierdie Joodsbeheerde staat kop bo water te hou? Asseblief tog! Waar is jou selfrespek as jy dit wil glo?

Daar is beter dinge om in hierdie tyd te doen as om na Joodsbeheerde predikante en teoloë te luister (of hulle na te praat!) wat goed betaal word om die Afrikaner in die beskuldigdebank te hou. 'n Skuldkompleks vergiftig ons volk. Sonder selfrespek kan daar geen sprake van verset wees nie. NP van Wyk Louw het gesê dat 'n rebellie maar kan misluk, maar as een geslag sonder stryd verbygaan, is 'n volk gedoem tot uitwissing. Daar is al dikwels na die voorbeeld van Bloedrivier verwys. Ek lees niks van 'n skuldkompleks in die Gelofte nie. Ek lees wel van 'n geloof en 'n selfrespek wat hulle besiel het om te sê:

Hier staan ons!

 

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1072 gaste aanlyn